PERMITTE
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: PERMITTE
Dawie
Gister met Gideon Viviers gepraat. Hy was op die RPO en NWKV vergadering en hulle gaan CN laat weet dat die terugvoering eers einde Maart gedoen gaan word. Te min tyd om al die dinge soos Advokaat opinies ens reg te kry vir 27ste. Die 2008 jagproklamasie word as die korrekte een aanvaar tot tyd en wyl die goed uitgesorteer is. So jy sal spoedig die notules ens kry.
Daar is oral roeringe sover ek kan vasstel, ooskaap, noordkaap en nasionaal. Ongelukkig word dit weereens nie nasionaal gekoordineer nie.
Groete
Heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: PERMITTE
Dawie
Eerstens dink ek regtig ons mors ons tyd en energie om met hulle oor bewarings aangeleenthede te redeneer.
Die gemene reg en die grondwet het baie ho?r gesag as die provinsiale wet/ordinansie. Dit sal nogal lekker wees (ek weet 'n ou mag jou nie verlustig in 'n ander se val nie) om te sien hoe skarrel hulle om die boere se skade uit hulle eie rekeninge te betaal nadat hulle persoonlik, gesamentlik en afsonderlik vir die skade gedagvaar word. Dit mag dalk 'n verandering in hulle vooropgestelde idees bring.
Die siviele reg is makliker as kriminele reg. By eersgenoemde is net op 'n oorwig van waarskynlikhede gegrond waar laasgenoemde bo redelike twyfel moet wees.
Sinario:
Hulle weet hulle kan nie 1000 permitte binne 24 uur uitreik nie. Boere kan nie jag nie agv hulle onvermo? om die permitte uit te reik. Volgende skades volg. Weereens hoop die permitte en skades op. Kan nogal 'n aardige bedraggie raak. Daar is 2,5 miljoen skape in die weskaap, met 'n verlies van slegs 5% is die skade 62,5 miljoen rand per jaar teen R500-00 per lam. (Eina).
Daar is meer as 7000 kleinvee boere in die weskaap. As 50% in die karoo is en 3500 boere doen gesamentlik aansoek vir permitte, dink net die chaos. Onthou sekere boere het ook nie net een plaas nie en moet meer as een permit uitneem en so vang verskillende jakkalse ook op een plaas, so weereens meer permitte.
Dit lyk my maar na ondeurdagte besluite.
Laat hulle maar die boere kwaadmaak, dit kan 'n lekker geveg raak.
Groete
heinrich

-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: PERMITTE
Heinrich
Dis vir my ook oulik hoe die klem en vereistes vir permitte al verskuif het, van "moenie doodmaak nie ens." tot "data insameling", 2 weke na 3 maande, met inspeksie na sonder inspeksie en "eers skade bewys" na voorkomend.
Beweeg dinge tog in 'n rigting of verbeel ek my?

- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: PERMITTE
Rule nr. 1..... Don't get caught.
Rule nr. 2..... Never admit.
Wat is die kans dat CN sal weet van daai kat of jakkie oor die naweek? Selfs in die week? Klap hom en bly stil. Die meeste kriminele wat gevang word, word gevang omdat hulle begin spog oor hulle gewoontes. Ons is nie kriminele nie, maar die res gaan vir ons ook geld.

Winners never quit - Quitters never win.
-
Ambessa
Re: PERMITTE
Hallo Dawie/Projag/Heinrich/Kruger/en al die ander op hierdie onderwerp
Daar is onlangs gewys op die een (DEAT nasionaal) plus nege (provinsiale natuurbewaringsdepartemente). Is die ander departemente nie in dieselgde bootjie as CN nie? As daar na die forum se briewe gekyk word, lyk dit of daar net een party is, naamlik CN? Was CN nie net die enigste wat die voortou geneem het met die plasing van hulle Hunting Notice nie? Wat dink julle?
Dawie het 'n rede gegee waarom CN nou permitte will gebruik? Dit is baie edel, maar is dit prakties? Wie gaan dit beheer? En dan natuurlik, wat is die werkswyse/standpunt van die ander provinsies? Dit is darem gevaarlik stil. Watter klank moet gemaak word om hierdie ou grotes ook te laat uitkom en antwoord?
Daar is prosesse onderweg om die veebedryf uit een mond te laat praat, spesifiek met die owerhede. Dit is eers onlangs wat die nodige inligting (feite en skietgoed) beskikbaar is om die saak met die owerhede te onderhandel. Die skade (soos deur H bereken) is eintlik nog veel groter.
Dit is so dat die twee groepe departemente (DEAT's en NDA aan die bopunt nasionaal) en die twee groepe van nege provinsiale departemente (omgewingsbewaring en landbou/grondsake) eintlik geen sake in gemeen het nie - altans dit is wat hulle dink en dit is hoe boere hulle ervaar. Pogings word voortgesit om hulle beide by die proses van roofdierbestuur betrokke te kry.
Ons sal die bedryfsorganisasie (rooivleis en vesel - moenie van wild vergeet nie) moet kry om self duidelik(er) te stel hoe die saak benader word. Glo my die saak word in die hoogste kringe deur hulle gesteun en bevorder. Ongelukkg is daar van die "verde" ouens wat poog om die veeboer in baie slegte lig te stel. Boere gebruik "barbaarse" metodes (lees slagysters) om wilde diere dood te maak. Diegene wat van hierdie siening verskil is outomaties kroonwild vir wilde vervolgings - maar moenie worrie nie, dit word hanteer. Feit is, die saak van die boer word geskaad. Daarom moet die saak nie in die openbare oog geveg word nie. Onthou promosie van die boer se produk (vleis en vesel) moet wel deurgaans en met goeie smaak in die openbare oog bevorder word. Om egter by die "verde" ouens se negatiewe veldtog betrokke te raak of dit in die openbaar te pobeer beveg is nie die moeite werd nie. Ander metodes moet bedink word om hul impak te neutraliseer. Daar is reeds sulke pogings aan die gang.
Hoe lyk dit?

Hallo Dawie
Hoop my antwoord sal reaksie uitlok. Stem saam daar moet meer deur meer gedoen word.
Nag dit is reeds na 12.
Ambessa
Hoop my antwoord sal reaksie uitlok. Stem saam daar moet meer deur meer gedoen word.
Nag dit is reeds na 12.
Ambessa
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: PERMITTE
Hallo Ambessa
Persoonlik dink ek daar sal van vooraf nugter met alle rolspelers gepraat moet word, daar's duidelik 'n baaaaaaie groot komunikasie gaping en suspisies oor intensies. Sal aanhou met my gesprekke met CN, miskien kom daar iets positiefs daarvan. Wat CN moet besef is dat hulle die boer en jagter aan hulle kant moet h? as hulle hoegenaamd enige iets wil bereik.
Heinrich
Kan ek vir Deon s? van wat Gideon Viviers vir jou eergister ges? het of moet ek eerder slapende honde laat l???

- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: PERMITTE
Jakkals wp
Miskiem moet jy daardie WP verander na iets anders dit is 'n belediging vir enige jakkals.

- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: PERMITTE
laas toe ek gekyk het was en is dit nogsteeds my plaas, en diere op my plaas behoort aan my, en so sal ek op eie diskresie besluit wat word uitgedun en wat bly.......... einde van storie
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: PERMITTE
Yalair/projag
Ek stem volhartig saam met wat julle s?. Ek het amper begin dink dat ons boere die krimenele is in die saak. Ons HET 'n reg en bestaansreg op ons plase.
Christo

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Pieter E
Re: PERMITTE
Dawie en almal
Ek vermoed georganiseerde landbou is besig met stille diplomasie (ek het dit al gese), maar hulle het nog nie agter gekom wat met Mbeki in Zim gebeur nie.
Ek sien die Probleemdierforum se manne vra ons moet met werkbare positiewe voorstelle kom. Wat stel julle manne voor, kan ons daar gaan deurgee?

Hein
Gaan jy nie na die vergadering (20 Maart) in Port Elizabeth toe nie? Ek sien nie jou naam op die lys nie?
Pieter E
Gaan jy nie na die vergadering (20 Maart) in Port Elizabeth toe nie? Ek sien nie jou naam op die lys nie?
Pieter E
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: PERMITTE
Pieter
So dit word nie hierdie jaar in Bloem gehou nie maar in PE. Ek is nog deur niemand genooi of verwittig nie. Ek het reeds die middag van die 20ste tot 22ste 'n afspraak so ek glo ook nie ek sal dit kan maak nie, sal maar sien wat daar besluit word. Ek sal ook voor daardie tyd my aanbeveelings op die forum geformuleer h?.
Groete
Heinrich
So dit word nie hierdie jaar in Bloem gehou nie maar in PE. Ek is nog deur niemand genooi of verwittig nie. Ek het reeds die middag van die 20ste tot 22ste 'n afspraak so ek glo ook nie ek sal dit kan maak nie, sal maar sien wat daar besluit word. Ek sal ook voor daardie tyd my aanbeveelings op die forum geformuleer h?.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: PERMITTE
Projag
Dit is hoekom ek die "DCA norms en standaarde" as 'n aparte "Board" opgesit het vir kommentaar dat ek die ouens se insette kan kry. Ek sal my voorstelle ook daar plaas vir kommentaar maar ek wag nog vir insette. Lyk net of dit stadig inkom en ek dink nie die mense besef die erns van die saak nie. Ek wil ook nie die forum oorheers nie want dit was nie my doel dat dit "my" forum is nie. Ek het net die plek en geleentheid geskep vir die forum en probeer dit skoon hou.

Ja, blykbaar het hulle besluit om dit vanjaar in PE te hou (weet nie regtig hoekom nie, ek het ook oorspronklik verstaan dit sal in Bloemfontein wees). Ek het die afgelope week kennis gekry daarvan. Moet ek hulle vra om jou op hoogte te hou?
Dit sal goed wees as ons iets van die forum af kan saamvat of deurgee, hetsy as algemene voorstelle van die forum of as jy bv direk voorstelle wil maak kan ek ook sorg dat hulle dit kry.

rednat
Re: PERMITTE
Verwys laaste korrespondensie onder Noord-Kaap.
My Boerevereniging is net so in die duister soos ek.

Thinus
Re: PERMITTE
MEERKAT
DIT HET NOU AL SO BAIE DAAR GEREEN DAT JY SEKER BESIG IS OM NUWE JAG BAKKIE TE SOEK.LOS DIE PILLE SKAPE SAL MODDER VET UIT DIE VELD ROL NA 14 DAE.KOOP VIR ONS NUWE "NIGHTSCOPE" EK SAL HOM NAWEKE KOM LEEN.
JAKKALS WP

DIT HET NOU AL SO BAIE DAAR GEREEN DAT JY SEKER BESIG IS OM NUWE JAG BAKKIE TE SOEK.LOS DIE PILLE SKAPE SAL MODDER VET UIT DIE VELD ROL NA 14 DAE.KOOP VIR ONS NUWE "NIGHTSCOPE" EK SAL HOM NAWEKE KOM LEEN.
JAKKALS WP
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: PERMITTE
Pieter E
Jy is welkom om enige inligting van die forum te gebruik. Ek het ook 'n kommentaar geskrywe wat jy in die "Download" Afdeling - http://jaracal.com/index.php?action=downloads - kan gaan aflaai en gebruik, dit is in Word formaat. Jy kan ook idees bysit en ek wag nou op verdere kommentaar van hierdie forum se lede.
Hoop ons kan dit gou kry.
Heinrich
Jy is welkom om enige inligting van die forum te gebruik. Ek het ook 'n kommentaar geskrywe wat jy in die "Download" Afdeling - http://jaracal.com/index.php?action=downloads - kan gaan aflaai en gebruik, dit is in Word formaat. Jy kan ook idees bysit en ek wag nou op verdere kommentaar van hierdie forum se lede.
Hoop ons kan dit gou kry.
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Pieter E
Re: PERMITTE
Heinrich
Dis reg so, ek het klaar afgelaai, maar dan wag ek vir die verdere kommentaar. Daar is darem nog heelwat tyd. Sal ek dit dan voorl? as kommentaar van jou?
Groete
Pieter E
Dis reg so, ek het klaar afgelaai, maar dan wag ek vir die verdere kommentaar. Daar is darem nog heelwat tyd. Sal ek dit dan voorl? as kommentaar van jou?
Groete
Pieter E
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: PERMITTE
Pieter E
As ons nog insette kry en die ouens van die forum stem saam kan jy dit as deel van die forum se insette voorle. Daar is ook nog my verslag van die DEAT vergadering by downloads wat jy ook kan bylees.
Groete
Heinrich
As ons nog insette kry en die ouens van die forum stem saam kan jy dit as deel van die forum se insette voorle. Daar is ook nog my verslag van die DEAT vergadering by downloads wat jy ook kan bylees.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: PERMITTE
JAKKALS WP
Jy draai seker nou net op jou ander sy.
Pak goeters uit, weer lyk mooi. Goggas gaan rond hardloop vanaaand.
Vorige mooi aand 16 goggas afgeknou in totaal. Kyk of jy ietsie vanaand gaan kry.
Knou hulle af

EK SAL MAAR TV KYK DIE WEER HET ONS AMPER WEER GEVANG.
EK DRAAI NOU OP MY ANDER SY!!!!!!!!

Last edited by Thinus on Fri Feb 27, 2009 8:25 pm, edited 1 time in total.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: PERMITTE
Hallo
Maandag was daar 'n vergadering van die werkgroepie, wat gekies is 9 Feb se vergadering op Beaufort-Wes, op Prins-Albert. Ek het Dinsdagaand gehoor dat Piet Lodder(KK Agri) met Agri Weskaap se bestuur gepraat het en daar is glo besluit dat die bogenoemde werkgroepie nou deur Agri W afgevaardig(as mens dit so mag noem) is om die "saak" verder te vat.
Cheers

Lyk my daar is net roeringe in die Weskaap? Ook maar stadig? Of is ek verkeerd?
Is daar nie nuwe nuus uit die ander provinsies nie? Hoe lyk dit?

- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: PERMITTE
Ambessa
Vrystaat het al 'n konsep Nuwe Provinsiale Wetgewing, maar die boere hier kan gerus slaap, daar is geen drastiese veranderinge wat probleemdierbeheer betref nie. Hein het 'n afskrif van die Konsep Wetgewing as enige van die Blikore wil weet hoe dit lyk.
Caller

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.