Page 4 of 10
Re: 404Jeff
Posted: Wed May 29, 2013 7:57 pm
by Gert Odendaal
Re: 404Jeff
Posted: Thu May 30, 2013 8:21 am
by Alwyn
More More
Gert ek het die vraag oor herlaai data vir die 404 Jeff ook gan vra op die Reload SA se website:
http://www.reloadsa.co.za/Members/viewt ... =10&t=1367
Ek sal ook hier oor die naweek die data wat ek sover het post en ook die data dat Deon my kan help met n QL
Lekker Dag
Re: 404Jeff
Posted: Thu May 30, 2013 8:23 am
by DWB
Ek dink ek gaan die topic probeer vermy, laat my net sondig!

Re: 404Jeff
Posted: Thu May 30, 2013 8:26 am
by Alwyn
Deon
Al wat jy nou kort is n geduldige bank bestuurder

Die res kan ons mee help

Re: 404Jeff
Posted: Thu May 30, 2013 7:08 pm
by Gert Odendaal
Dankie Alwyn ek glo daar is manne wat ons moontlik kan help. Ek dink die matryse gaan miskien `n probleem wees. Dit gaan `n soektog van epidermiese porporsies tot gevolg he. Maar dit kan nie so moeilik wees nie . Ek gaan in Zimbabwe begin soek, en dan na Botswana toe beweeg. Daar was die Jeffery baie algemeen gebruik. Ek gaan vanaand vir Rhozenthal Wapens skakel in Kaapstad en Windhoek en hoor vir doppe en matryse. Daar is vriende wat die items vir ons behoort aan te stuur. Sal jou op hoogte hou, ek moet in elkegeval vir Deon `n .404 Jeffery soek want anders gaan hy net weer met my geweer die heeltyd wil skiet en my nie `n kans gee nie...

Re: 404Jeff
Posted: Fri May 31, 2013 8:37 am
by Wouter Roets
Gert
Dit sal verseker n bou projek van bou projekte wees! Ek hoop jy besef waarvoor jy jou inlaat. Ek moet se as ek n dubbel oorweeg sal dit net in een kaliber wees en dit sal in 500 NE wees.
Groetnis
Wout
Re: 404Jeff
Posted: Fri May 31, 2013 12:45 pm
by Frederik
500 NE Al die pad jy slaan nou die spyker op die kop !
Nou die dag toe sien ek 'n pakkie Safari Ammunisie met 500 NE staan by Formalito dit rondte lyk maar net of hy kan en hulle skiet ook baie lekker.
Re: 404Jeff
Posted: Fri May 31, 2013 7:27 pm
by Gert Odendaal
Wouter ek begin oplees en kyk na projekte wat al gedoen is. Ek sal graag soveel as moonlik die klein onderdele self wil maak. Soveel dele van die geweer self wil bou. Ek gaan dit net eenkeer in my lewe doen, dan kan ek dit goed doen. Ek gaan myself tot drie jaar beperk, van die dag dat ek fisies begin bou tot die dag so naby as mootlik aan drie jaar.Ek sal die projek in dele bou, eerste die aksie , dan die lope, dan die kolf , die fyn afwerking en die aan mekaar sit en regulering van die twee lope. Johan greyling sal die bou-projek saam met my doen.
Ek glo dit is haalbaar, dit sal die moeite werd wees, soos ek dit reeds verduidelik het, ek sal dit net een keer in my lewe doen, dan het ek iets gedoen wat min ander mense kon doen...ek wil nie `n .500 bou nie want ek wil dit geniet om die geweer te skiet, ek wil nie al die moeite en werk in `n projek sit dan hou ek nie van die produk wat al my tande los skiet nie, nee, dit moet soos my .404 Jeff wees, `n plesier om hom te skiet...
Re: 404Jeff
Posted: Sat Jun 01, 2013 6:57 am
by Frederik
Gert, daardie 500 skop baie minder as 'n 470 NE hy stoot jou terug gaan kyk ook die verskil tussen die 470 en die 500 die 470 se patroon is ook amper half duim langer. Gaan skiet met 'n 500 wat jou pas eers voor jy daardie groot besluit neem.
Re: 404Jeff
Posted: Sat Jun 01, 2013 3:34 pm
by Gert Odendaal
Dankie Frederik
Ek het nie die nodige kennis rakende die groot kalibers nie, ek het nou genoeg kennis om te weet waaroor die .404Jeffery gaan. Ek ken nou alles van die .404Jeffery. Ek gaan maak soos jy se, sal weer met jou skakel.
Re: 404Jeff
Posted: Fri Jul 05, 2013 3:41 pm
by DWB
Manne, ek deel graag met julle mee dat ek 'n "leap of faith" gevat het en die deposito vir die bou van my eie 404 Jeffery oorbetaal het. Dit gaan nou nog 'n lang pad wees, maar die wiel is aan die rol!
Re: 404Jeff
Posted: Fri Jul 05, 2013 3:48 pm
by Beer (Christo)
Geluk ou maat
Hoop jy kry 'n bitter lekker roer.
Re: 404Jeff
Posted: Fri Jul 05, 2013 3:53 pm
by matewis
Mooi man Deon, laat weet maar as ek daai Fullstock moet oorneem voordat hy roes optel

Re: 404Jeff
Posted: Fri Jul 05, 2013 5:45 pm
by NEGE3
Baie geluk. Hou hom aan die rol.
Groete.

Re: 404Jeff
Posted: Fri Jul 05, 2013 11:23 pm
by Gert Odendaal
Baie geluk Deon, dit is `n stap in die regte rigting, hier is `n gedig wat vir jou sal laat dink aan daardie mooi .404 Jeffery wat jy bestel het, het dit op Accurate Loading forum gekry, vir die manne wat nog aan die Eerste Gevaarlike Wild Slot aksie geweer ter wereld , die .404 Jeffery aka die eerste .40 kaliber wat in 1904 gebou is: '".40, 04" geselskap wil behoort......
Grandpaw’s Jeffery
It rested between the Ivory
That hung on Grandpa's wall
It's finally checked and yellowed
Like the tusks it helped to fall
It's barrel smooth and polished
From a hundred bearers hands
It reflected the light warmly
Like campfires flickering brands
The stock of English walnut
Chewed and clawed a bit
It still showed a trace of checkering
an a dent where a horn had hit
Stamped on the barrel lightly
Was a name and not much more
A single word "Jeffery"
"Jeffery .404"
If that rifle could only talk
And take us back once again
With grandpa in Africa
A time of Buffalo,Elephants and men
But that day has set it's sun
And the rifle speaks no more
Oh what I'd give for one last time
To hear it's mighty roar
Grandpa's Jeffery
His Jeffery 404"
Vir die manne wat meer van die .404 Jeffery se geskiedenis wil weet volg die skakel, jy sal agterkom dat daar `n baie groot ondersteunings groep vir die .404 is...
http://forums.accuratereloading.com/eve ... 038851/p/1
Re: 404Jeff
Posted: Sat Jul 06, 2013 5:33 pm
by Gert Odendaal
Deon, ek het vergeet om te vra, sal jy vir die SABI manne vra dat hulle fotos neem van elke stukkie werk wat hulle doen, dat ons `n storie kan maak van jou .404 Jeffery.
Re: 404Jeff
Posted: Sat Jul 06, 2013 8:52 pm
by DWB
Dankie Oom Gert, maar ek twyfel of hulle deur die moeite sal gaàn.
Ek is meer gepla oor die stories wat ek en hy saam gaan maak.
Maar dis nog 'n lang pad (2-3 jaar) voor ons daar kom!
Re: 404Jeff
Posted: Mon Jul 08, 2013 11:12 am
by Wouter Roets
Deon
Baie geluk man! Soos laas vir jou gese n droom beteken net iets as jy n plan het met hom. Jou plan het nou n deposito op hom so hy is sterk op pad na wording.
Groetnis
Wout
Re: 404Jeff
Posted: Mon Jul 08, 2013 11:15 am
by DWB
Dankie Wouter! Waardeer dit!
Re: 404Jeff
Posted: Mon Jul 08, 2013 7:31 pm
by Alwyn
Deon
Die dag as jy hom kry moet jy ma JHB toekom dat die 404's saam kan praat..........
Baie bly vir jou ou maat!!!!! Dis die wag werd!!!!!!!
Groete
Re: 404Jeff
Posted: Mon Jul 08, 2013 7:33 pm
by DWB
Dankie Alwyn, ek het gesien ek gaan nie jou arm gedraai kry nie
Ja dit gaan 'n tydjie wees maar ek glo dit gaan elke sent en dag werd wees!!!
Re: 404Jeff
Posted: Thu Jul 11, 2013 9:23 am
by Gert Odendaal
Deon, ek dink soos dit nou aangaan kan die .404 Jeffery bende miskien die .303 bende verbyvat...

Alwyn skiet jy jou .404 Jeffery gereeld?
Re: 404Jeff
Posted: Thu Jul 11, 2013 9:50 am
by Alwyn
Gert nie so gereeld wat ek graag sal wil nie......
Maar as ek baan toe gan om die ander te zero dan gan die 404 saam om ook so ietsie deur die loop tesit...
Re: 404Jeff
Posted: Wed Jul 24, 2013 6:31 am
by Umshwati Boy
http://guntree.co.za/index.php/ad/ZA/11 ... ser-action
Het niks met die man te doen nie. Het net op Guntee gesien, toe dog ek hier is miskien mense wat so iets sal belangstel.
Re: 404Jeff
Posted: Wed Jul 24, 2013 7:42 am
by Alwyn
Lyk nog mooi... Prys ook nie terof nie......
Deon moet dit net nie sien nie LOL