WHISKY LOUNGE

Enige iets pas hier/ discuss anything here
User avatar
moemin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 84
Joined: Wed Jan 12, 2022 6:47 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by moemin »

Manne, ek drink graag. Dalmore cigar malt. Beste wat ek nog ooit gehad het.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Chevvy SS »

Manne, ek drink graag.

'n Man so na my hart!
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Francoisv »

Iemand al Auchentoshan probeer? Lowland single malt. Uit die boonste rak.

Shoot straight

Francois Vogel
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Toxxyc »

Ek het al hulle Triple Wood een probeer maar dit proe maar soos mens dink 'n bek vol saagsels sal proe. Dis net hout, bitter min karakter.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Wouter Roets »

Boys

Hulle is nou van die mark af, maar Johnny Walker se Explorers Edison reeks was vir my briljant. Jy kon dit net op Duty Free winkels kry. Ek het nog een of twee bottels oor en bewaar dit soos goud. Smaak is kenmerklik sag maar met ongelooflike ondertone. As julle ooit een raakloop koop hom sonder om te skroom.

Groetnis
Wouter
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by cassie_calvinia »

Wouter Roets wrote: Tue Mar 29, 2022 9:47 am Boys

Hulle is nou van die mark af, maar Johnny Walker se Explorers Edison reeks was vir my briljant. Jy kon dit net op Duty Free winkels kry. Ek het nog een of twee bottels oor en bewaar dit soos goud. Smaak is kenmerklik sag maar met ongelooflike ondertone. As julle ooit een raakloop koop hom sonder om te skroom.

Groetnis
Wouter
Ek verjaar amper.
elke saterdag
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Geno »

Wouter Roets wrote: Tue Mar 29, 2022 9:47 am Boys

Hulle is nou van die mark af, maar Johnny Walker se Explorers Edison reeks was vir my briljant. Jy kon dit net op Duty Free winkels kry. Ek het nog een of twee bottels oor en bewaar dit soos goud. Smaak is kenmerklik sag maar met ongelooflike ondertone. As julle ooit een raakloop koop hom sonder om te skroom.

Groetnis
Wouter
Ek het 'n Spice Road gekoop 'n paar jaar terug en ek stem saam, hy was verskriklik lekker!
My skoonpa versamel swaar peated whiskeys en het my vir 3 weke lank elke aand een laat proe toe ons in Australie gekuier het by hom. Ek sukkel nogal daarmee!
Hy het my ook 'n bottel Shackleton gegee om terug te bring huistoe wat ons seker sal knak wanneer hy later vanjaar kom kuier.
Bederf my eerder met 'n sterk Jameson en water!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Capt. Yoda »

Ja nee, Jameson lang glas met baie ys en soda dankie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Wouter Roets »

Geno

Dit is juis een van die bottels wat ek nog oor het. Ek en Ronnie het hulle die eerste keer gekoop op Beitbrig se Duty Free met ons eerste buffel en olifant jag saam in Zim en Moz, so die sentment help seker ook met die smaak. Erens moet daar nog n kas of twee agter in iemand se drankwikel staan.

Groetnis
Wout
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Francoisv »

Toxxyc wrote:Ek het al hulle Triple Wood een probeer maar dit proe maar soos mens dink 'n bek vol saagsels sal proe. Dis net hout, bitter min karakter.
Die naam Tripple Wood is nogal 'n giveaway. Ek is nie baie lief vir whisky met te veel karakter (peat, hout, charcoal), verkies hom 'smooth' soos die American Oak of Johnny Walker Black. Oor die duur en eksotiese kan ek ongelukkig nie 'n positiewe bydrae maak.


Shoot straight

Francois Vogel
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Jackalsniper »

As dit warm is en ek dors is drink ek Grants met ys en soda en as ek bietjie stout raak gooi ek coke by...
Maar my gunsteling whiskey is Tulemore dew 50/50 met water en n ysie.
Ek het noudie dag Glen Grant se 10 jaar getry was sjap gewees.
EK hoor hulle se Santori Yamazaki is n whiskey wat jy moet probeer voor jy eendag dooi...
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Toxxyc »

Ja ek het hom op 'n stadium gekoop met die idee dat hy meer karakter sal hê. Ek verstaan "triple wood" behoort jou 'n idee te gee van wat daar aangaan, maar dis glad nie snaaks vir whiskies, veral Scotch whiskies, om verskillende tipes hout te kry deur sy leeftyd nie, so ek het iets meer smaaklik verwag. Ek is erg, ERG teleurgesteld in daardie whisky.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Toxxyc »

Jackalsniper wrote: Tue Mar 29, 2022 1:11 pmEK hoor hulle se Santori Yamazaki is n whiskey wat jy moet probeer voor jy eendag dooi...
Ek het nou al so een of twee Japanese whiskies probeer, en dis baie lekker maar dis bietjie duur. Onthou Japanese whiskies trek hulle inspirasie baie baie sterk vanaf die Speyside Scotch whiskies af, so as jy daarvan hou kan jy maar vir jou 'n Speyside single malt gaan koop. As jy van die smooth, subtiel en sagte Japanese whiskies hou, sal jy vrek oor iets soos Dahlwhinnie 15YO ook.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Wouter Roets »

Boys

Dalk moet ons een of ander tyd bymekaar kom met jou allerdaagse whiskey onder die een arm en jou smart een onder die ander. Dan proe ons nou bietjie behoorlik aan die goed. Ek kan my kroeg hier by die werk maklik opoffer vir so n eksperimentjie. Wie weet meskien praat ons nog guns en jag ook later...

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Capt. Yoda »

Ons kan somer Wout se bus vat na die tyd en bq loop dorp kyk, ek sal driver wees dan kan julle lekker rustig agter sit en gesels
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Capt. Yoda »

Nou ma cheers boys laat hy loop so opi Dinsdag, so met soda en ys
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Francoisv »

Capt. Oblivious wrote:Nou ma cheers boys laat hy loop so opi Dinsdag, so met soda en ys
Kom die son op of sak hy darem al daar in die agtergrond CappieImage

Shoot straight

Francois Vogel
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by joe rocket »

Capt. Oblivious wrote: Tue Mar 29, 2022 6:13 pm Nou ma cheers boys laat hy loop so opi Dinsdag, so met soda en ys


Al weer Harrier😂
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Frederik »

Wouter Roets wrote: Tue Mar 29, 2022 1:40 pm Boys

Dalk moet ons een of ander tyd bymekaar kom met jou allerdaagse whiskey onder die een arm en jou smart een onder die ander. Dan proe ons nou bietjie behoorlik aan die goed. Ek kan my kroeg hier by die werk maklik opoffer vir so n eksperimentjie. Wie weet meskien praat ons nog guns en jag ook later...

Groetnis
Wouter
Dit is mou nou die beste plan wat ek nog die jaar gesien het.

Lank terug voor ek nog Pa was in Brooklyn Mall so whiskey tasting aand gehad wat Chivas Regal aangebied het en paar groot name het onder die bus geval en paar van die alledaagse whiskeys het tops gekom.

Maar moet se van daar het my smaak in whiskey verander.
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Ockert1992 »

cassie_calvinia wrote: Fri Feb 25, 2022 9:12 am
Gaan kuier by die Devon Valley Hotel net buite Stellenbosch. Hulle het n magdom whiskeys wat n man daar kan proe.
Dit sal jou hele whiskey lewe verander.

Groete
Andre
[/quote]
ek gaan hulle volgende vrydag besoek
:D
[/quote]
Cassie,

Hoe het jou Whiskey besoek by Devon Valley toe afgeloop?

Groete
Ockert
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Andre308 »

Ek dink nie Cassie het nou geld oor vir data na daai kuier nie.

Daai plek kan n man se sak lelik pak gee.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by cassie_calvinia »

Nee, het nie daar uitgekom.
safari het my bietjie gebriek...
dinge het deurmekaar gehol daai naweek.
maar hopelik is glock se lisensie kaartjie naby. dan sal ek plan maak
HOU HOM DAAI DIKTE
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: WHISKY LOUNGE

Post by Andre308 »

cassie_calvinia wrote: Fri Apr 08, 2022 2:38 pm Nee, het nie daar uitgekom.
safari het my bietjie gebriek...
dinge het deurmekaar gehol daai naweek.
maar hopelik is glock se lisensie kaartjie naby. dan sal ek plan maak
Jy kon van Safari af soon toe gestap het, so naby is dit.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by cassie_calvinia »

Andre308 wrote: Fri Apr 08, 2022 3:14 pm
cassie_calvinia wrote: Fri Apr 08, 2022 2:38 pm Nee, het nie daar uitgekom.
safari het my bietjie gebriek...
dinge het deurmekaar gehol daai naweek.
maar hopelik is glock se lisensie kaartjie naby. dan sal ek plan maak
Jy kon van Safari af soon toe gestap het, so naby is dit.
Weet jy wat maak safari met 'n budget... dan is jou kinders ook nog daar
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: WHISKY LOUNGE

Post by cassie_calvinia »

het die naweek highland park se viking scars probeer.
heel ok, maar nie mal oor die spice nie.
ek soek maar die laphroaig...daai sout, see, met die heavy peat is net doeksag
HOU HOM DAAI DIKTE
Post Reply