Kaapse Vos/Draaijakkals
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
5 raak geroep. Donderdag aand 7/11/2013 = Parys area (3). Saterdag aand 9/11/2013 = Edinville area (2)
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Nie self gesien nie, maar ek het einde Julie gaan boogjag by n plaas in die Kroonstad distrik en volgens die dame daar, het hulle n paar van die vosse. Syt ons self gewaarsku om seker te maak as een hide toe kom dat dit n vos is en nie n jakkals nie, want jakkalse mag jy skiet.
Too many to mention ;-)
-
Groukat
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Nie geweet hul is bedryg nie, by my is baie. Ek skiet hul nie, hier by my ken hul hul plek in die natuur.
Ek vang ook gereeld in my hokke van hulle.
Ek sal van nou af getalle dop hou, maar hier by my is baie, het laas naweek 4 in geroep, Vrede Standerton omgewing.
Ek wonder of die capefox en jackal baklei nie by my wondere gaan verrig nie, sal hom probeer.
groete

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Sal graag wil weet of die draaijakkals en die bakoorjakkals een en dieselfde spesie is.
Sommige bronne beweer dit is dieselfde, ander weer nie.
Wat sê die kenners?
Sommige bronne beweer dit is dieselfde, ander weer nie.
Wat sê die kenners?
- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Areas het verskillende benamings vir die vosse. Ek het dit die draaijakkals en silwerjakkals/kaapse vos is een en dieselfde ding. Bakoor jakkals is net bakoor.
.
.
-
Groukat
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Ek het dit dieselfde as Armand.
bakoor is bakoor. kaapsevos is dieselfde as silvervos (silvervos kry sy naam agv van die kleur van sy rug, bakoor kry sy naam agv sy ore)
by my is geen bakore nie of ek het in my jare nog nooit gesien nie.
bakoor is bakoor. kaapsevos is dieselfde as silvervos (silvervos kry sy naam agv van die kleur van sy rug, bakoor kry sy naam agv sy ore)
by my is geen bakore nie of ek het in my jare nog nooit gesien nie.
-
Groukat
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
terloops, draaijakkals is 'n boerenaam vir 'n silvervos/kaapsevos dit het die dier gekry agv van sy groot stert wat hom instaat stel om baie vinnig skerp draaie te maak as honde hom jaag, toe gee boere hom die bynaam.
groete
groete
-
oom jaap
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Tue Nov 23, 2010 12:31 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Middag manne
Ek en Keith het in Maart in Dordrecht geroep ons het daai aand op 4 pare vosse afgekom.
Groete
Oom Jaap
Ek en Keith het in Maart in Dordrecht geroep ons het daai aand op 4 pare vosse afgekom.
Groete
Oom Jaap
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
'n Draaijakkals is eintlik 'n bakoorjakkals.
Silwervos is 'n Kaapse Vos.
Groete
Dawie
Silwervos is 'n Kaapse Vos.
Groete
Dawie
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Nee.Dawie Malan wrote:'n Draaijakkals is eintlik 'n bakoorjakkals.
Silwervos is 'n Kaapse Vos.
Groete
Dawie
Bakoor is bakoor.
Draaijakkals is Kaapse Vos, Silwervos etc.
http://showme.co.za/lifestyle/a-flash-o ... -cape-fox/
Goed, beter, 6millimeter!
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Geno
Ek het ook altyd so gedink omdat almal so praat op die forum.
En toe lees ek dit in 'n boek oor soogdiere
Kyk ook hier:
http://af.wikipedia.org/wiki/Draaijakkals
Groete
Dawie
Ek het ook altyd so gedink omdat almal so praat op die forum.
En toe lees ek dit in 'n boek oor soogdiere
Kyk ook hier:
http://af.wikipedia.org/wiki/Draaijakkals
Groete
Dawie
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Dankie vir die inligting, Ludwig.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Dawie,Dawie Malan wrote:Geno
Ek het ook altyd so gedink omdat almal so praat op die forum.
En toe lees ek dit in 'n boek oor soogdiere
Kyk ook hier:
http://af.wikipedia.org/wiki/Draaijakkals
Groete
Dawie
Wikipedia is nie altyd 100% reg nie. Kyk hoe maklik is dit om enige Wikipedia artikel te wysig:
http://af.wikipedia.org/w/index.php?tit ... ction=edit
Click om groter te maak.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/miscellaneous/Draaijakkals.JPG
Goed, beter, 6millimeter!
-
Groukat
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
bakoor is bakoor.
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Dis soos Geno se, bakoor is bakoor en draaijakkals is kaapse vos, silver vos.
Ek glo daar kan ander streke wees waar hulle weer ander name het, so is daar baie diere met hul eie streeks name.
Groete Alex
Ek glo daar kan ander streke wees waar hulle weer ander name het, so is daar baie diere met hul eie streeks name.
Groete Alex
-
uitenwaj
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Manne is ek reg as ek se die jakkals op die fotos is ñ draai jakkals? Het die fotos met my trail cam geneem. Het verlede jaar 2 teel pare rooi jakkalse op die plaas geskiet en van toe af het daar 2 van die jakkalsies hulself tuis gemaak.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Ek sou sê 100% reg, kyk ook die swart merke op die haakskeen.uitenwaj wrote:Manne is ek reg as ek se die jakkals op die fotos is ñ draai jakkals?
-
Groukat
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
uitenwaj wrote:Manne is ek reg as ek se die jakkals op die fotos is ñ draai jakkals? Het die fotos met my trail cam geneem. Het verlede jaar 2 teel pare rooi jakkalse op die plaas geskiet en van toe af het daar 2 van die jakkalsies hulself tuis gemaak.
Sonder twyfel, dit is verseker silvervosse.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Ek dink ook dat Dawie se informant die kluts kwyt is. Sien dat hy selfs nie "jakkals" eers kan korrek spel nie. As 'n man "jakkels" spel, wil my broek vuil word.
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
My soogdier boek sê vir my dat die maanhaar jakkals se voorvoet is kleiner as die agtervoet, so bronne is nie altyd reg nie.
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Ek is bewus daarvan dat internetbronne soos Wikipedia verander kan word, maar soos ek reeds gesê het, het ek my inligting nie aanvanklik daar gekry nie.
In ouer woordeboeke soos die Groot Woordeboek en Kritzinger en Labuschagne(1936) verwys hulle albei na Draaijakkalse as ‘n term wat vir Bakoor- en Silwerjakkalse gebruik kan word. My afleiding is dat “Draaijakkals” as ‘n los term gebruik was vir albei spesies en baie gebiedsgebonde gebruik was. Soortgelyk vind ons terme wat steeds gebruik word soos Sonkyker, Boskraai en Karkoer wat verskillende betekenisse het in verskillende streke van Suider Afrika. Omdat daar in die Karoo verwys was na ‘n Silwervos as ‘n Draaijakkals en die vaders van jakkalsjag meestal van daardie area gekom het, het die gewoonte waarskynlik oorgevloei na hierdie forum.
Ek het twee lektore in wildbestuur genader aan die Universiteit van Pretoria en TUT en albei is eens dat ‘n bakoorjakkals en ‘n draaijakkals een en dieselfde dier is. Maar kom ons kyk wat sê hedendaagse gesag. Die Handleiding vir Afrikaanse Taal (HAT)sê dat die Draaijakkals ‘n Bakoorjakkals is en verwys ook na ‘n Bakoorjakkals as ‘n Langoorjakkals. ‘n Draaijakkals was oorspronklik genoem ‘n Draaigatjakkals en my afleiding is dat die gewoonte eerder ‘n Bakoorjakkals as Silwervos pas om sy agterent te draai. Burger Cillié se boek Die Soogdiergids van Suider Afrika, wat geag die Roberts van Voelgidse of die Skelton van Visse te wees, bevestig dat die Draaijakkals wel die bakoorjakkals of bakoorvos is. Ek haal hom aan: “ Die benaming “Draaijakkas” kom van die vinnige draai – en tolaksies wat hulle uitvoer om ‘n agtervolger af te skud. Bakoorvosse is skadeloos en vang nie skape of lammers nie. “
Ek kon nêrens ‘n betroubare bron opspoor wat pertinent bevestig dat ‘n Draaijakkals ‘n Kaapse Vos is nie. My gevolgtrekking is steeds dat 'n Draaijakkalse is dus Bakoorjakkals en die Silwervos is die Kaapse Vos.
Ek dink dit is belangrik dat ons as voorstaanders op die gebied van jakkalsjag in Suid Afrika nie deur gesag en akademici weerspreek word nie en omdat ons bedryf so kontroversieel van aard is, moet onkunde nie aan ons kant bewys word nie.

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Dawie
'n Draaijakkals is nie 'n Bakoor in die volksmond nie, ek nie nie om wat die geleerdes in hul boeke vir jou probeer vertel nie. Nêrens op die plase in Namibië en selfs die Noord Kaap het ek nog gehoor dat 'n Bakoor beskryf word as 'n Draaijakkals nie.
Is die volksmond nie maar die maatstaf waarteen die korrekte Afrikaans (of enige ander taal) gemeet moet word nie? Of is dit in die hande van geleerde professore in lugverkoelde kantore?
Mooiloop
Louis

mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Onder karnivore soogdiere van suider afrika word daar onderskeid getref tussen Vosse en jakkalse! Die silvervos of kaapse vos is die enigste "ware" vos in ons substreek. So die silvervos kan nie "draaijakkals" genoem word nie!? Nes soos die ou mense luiperd, tier genoem het verseker nie reg is nie? Die bakoorjakkals "bat-eared fox" word dan ook verwys as die draaijakkals wat volgens my korrek is.Die probleem is dat die kaapse vos ook silverjakkals genoem word? Die bakoor in engels bat-eared fox nl draaijakkals!
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Nou wat van 'n Maanhaarjakkals? Dis beslis ook nie 'n jakkals nie, maar word so genoem. Of is dit nou ook verkeerd?
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Kaapse Vos/Draaijakkals
Louis,
Die maanhaarjakkals word ook 'n aardwolf genoem maar wolf is hy ook nie...
Die maanhaarjakkals word ook 'n aardwolf genoem maar wolf is hy ook nie...
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter