PMP Koeels
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: PMP Koeels
Flip se berekening laat my dink aan die twee manne wat gaan vis vang het in Namibie.Hulle besluit n mens moet met n 4x4 gaan en koop toe een teen R300.000.Hulle stokke is ook nie goed nie en koop toe nuwes teen R15000 per persoon .Slaap plek ,petrol, kos ,drank,huur van n handlanger en wat nog R100.000 verder.Na die twee weke se vis het hulle toe net 6 visse gevang.Aand om die vuur se die een ,die visse kos ons nou omtrend R71,000 stuk.Reken die ander man dit is ook goed ons het nie meer gevang nie.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
-
neghedrie
Re: PMP Koeels
Goeiedag aan al julle versorgers van die voortbestaan van ons wonderlike wildlewe, julle wat so lief is vir gewere en die boslewe. Hierdie is nou maar eers die tweede keer dat ek op hierdie forum 'n inset lewer, aangesien ek maar eers wyd oor die sprektrum gelees het om 'n idee te vorm van die verskeidenheid van besprekingspunte en die manne se aktiwiteite.
Baie geluk met hierdie forum. Dit is duidelik dat dit dien as 'n belangrike skakel tussen geweermense en dat hier baie potensiaal is vir die uitbou van jag- en skietsake.
Ek moet beklemtoon dat daar nogal soms 'n moedswilligheid in die gesprekke insluip wat miskien, soos die Dok versoek het, privaat hanteer moet word. Maar, natuurlik is dit ons reg en ons plesier om van mekaar te verskil, alhoewel dit soms oordrewe kan raak. Nogtans moet ons dankbaar wees vir die onderlinge verskille, want ek glo mos as dit nie was vir hierdie verskil van mekaar nie, het ons sowaar almal vandag nog onder in die Kaap gesit. (Geen kwade bedoelings teenoor die wat nog die twee kolonies bewoon nie) Jule moet erken dat dit groot hardkoppigheid gekos het om waens te pak, die res agter te laat en die binneland in te vaar net omdat ons voorvaders nie meer die Britte en die res se twak wou vat nie. Gee ons self 'n klop op die skouer daarvoor. Waar sou Curriebeker rugby gewees het as dit nie vir die Groot Trek was nie.
Sover dit die taal en die termologie betref glo ek dat dit van uiterste belang is dat ons die "vaktaal" van die jagter moet bevorder, want ons taal is mos ons trots. Dat dit soms vir groot frustrasie en irritasie sorg is te wagte. Maar ek dink ons het elkeen 'n plig om ons taal te laat groei.
Ek wonder of die Dok nie dalk 'n ander podium binne hierdie forum wil skep waar ons die taal afsonderlik kan hanteer deur insette te lewer oor die Afrikaanse vaktaal van die jagter en die dinge binne sy kultuur nie. En dit kan ons doen sonder om die roer teenoor mekaar op te neem.
Gedurende die afgelope paar dekades het ek wyd gereis in hierdie wonderlike land van ons, en het ek met baie duisende jagters en geweerliefhebbers te doen gekry. Wonderlike mense, met elkeen sy eie manier van dinge kwytraak. Ek wil julle verseker ons het 'n wonderlike Taalskat wat wag om ontgin, vasgepen en bewaar te word.
Net 'n voorbeeld: Vra jy vir 'n man wat se geweer het hy, dan gee hy vir jou die kaliber: "Haai Kleinjan, wat se geweer het jy?" "'n 30-06!" "O, goed, en wat se bakkie ry jy?" "'n Toyota" sal hy antwoord. Maar eintlik wou jy weet wat die maak van die geweer is, Musgrave of Krieghoff of wat ookal. En hoekom, toe jy hom vra wat se bakkie hy ry, het hy nie geantwoord: "'n Twee liter" nie?
Ek let nou die dag op oor die manne wat praat oor die PMP produkte dat die een man noem die pryse van PMP is nou onlangs met 15% op. Maar ek weet dat PMP se laaste prysverhoging gedurende Januarie 2011 was. Nog nie weer een gewees nie. Daai man moet miskien met die handelaar gaan praat sodat hy kan verduidelik.
En die manne wat probleme ervaar met die PMP produkte moet direk met PMP skakel. Die deur staan oop en die wet is aan julle kant. Uit eie ervaring weet ek dat PMP klagtes wat by hulle aangemeld word deeglik ondersoek, terugvoer gee en regstellings maak.
Moet nou eers jaag vir proviand vir die naweek. Lekker dag aan almal, en hou asseblief duim vas vir die Leeus. Onthou, julle is hoofsaaklik landdieragters.

wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: PMP Koeels
neghedrie
Ou Maat, as jy laat op 'n "topic" opklim doen jy dit behoorlik! Ek het jou bydrae geniet, maar wonder tog of jy nie net 'n plek gesoek het om daai trop welpies van jou van jou se lof te besing nie!