Leupold VX-3i LRP

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Leupold VX-3i LRP

Post by Wouter Roets »

Sangoma (IAN) wrote:Is vandag se Leupold se intree en middel klas scopes dieselfde kwaliteit as donkie jare terug?

Of het Leupold dalk soos Tasco ook baie goeie scopes gehad en toe uit die bus geval toe hulle die scopes China toe skuif?

Ek verwys nie na hulle top tier scopes nie want ons almal weet hulle is goed.

VX5HD
VX6HD
MK8
etc.














Ek trek solank my bullet proof vest aan.....
Hallo Ian

Ek het twee Freedom teleskope vir my kinders se nuwe gewere gekoop. Tot nou toe nog net deur hulle gekyk en sal hulle nog deur hulle passies sit. Glase is retig baie helder veral as jy in ag neem wat hulle gekos het. Om eerlik te wees het ek regtig hard gedink oor die kopie aangesien my kinders gewoond is aan die teleskope op my gewere wat begin met VX3's, maar ek het gevoel ek moet ent kry aan die bederf met hulle. So groot was my verbasing toe ek hulle monteer en hulle eerste woorde was Pa hulle is baie helder. Tyd sal natuurlik leer, maar ek het darem nog vertroue in Leupold se lewens lange waarborg. Ek het ook natuurlik nog die opsie om hulle te verkoop oor n paar jaar vir meer as wat ek hulle voor gekoop het. ;)

Groetnis
Wouter

Ps. Schalk baie waar wat jy se, dit kom neer op die KISS beginsel van Keep It Simple Stupid.
Post Reply