Is iemand besig om ons te.....

User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Is iemand besig om ons te.....

Post by Ashley »

Ek het vir die 1ste keer in n jaar of wat gesien wat Boretech Eliminator kos by S&O... :):
Ekt in Jan 2015 laas gekoop vir R450 of so iets.
Kos nou al net onder R800!
Dit mik mik na 100% styging in onder 2 jaar.
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
M98mauser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Sat May 10, 2014 10:44 am

Re: Is iemand besig om ons te.....

Post by M98mauser »

So my gevolgtrekking is dus ons word gespyker. Veral deur die manne met die mooi winkels. Hulle markup is 100% plus.
Die ding is nou so lank as wat ons by hulle koop gaan hulle pryse nie afkom nie geldtjies laat die oe blink.
Ek dink ons moet nou maar so n post begin waar ons goeie pryse kry dit te lys sodat ander manne kan sien en ook dalk n ietsie goedkoop te kry, op die manier gaan die kleiner ouens meer begin verkoop en hooplik sal hulle dan nie ook gierig raak nie en hulle pryse billik hou.
Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Is iemand besig om ons te.....

Post by Ashley »

M98mauser wrote:So my gevolgtrekking is dus ons word gespyker. Veral deur die manne met die mooi winkels. Hulle markup is 100% plus.
Die ding is nou so lank as wat ons by hulle koop gaan hulle pryse nie afkom nie geldtjies laat die oe blink.
Ek dink ons moet nou maar so n post begin waar ons goeie pryse kry dit te lys sodat ander manne kan sien en ook dalk n ietsie goedkoop te kry, op die manier gaan die kleiner ouens meer begin verkoop en hooplik sal hulle dan nie ook gierig raak nie en hulle pryse billik hou.
+1
Daar is sekere dinge wat n mens weet jy bietjie voor gaan betaal...
Maar die sommige ouens ruk die dam darem heeltemal onder daai arme eend uit ???
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Jakkels 223
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm

Re: Is iemand besig om ons te.....

Post by Jakkels 223 »

Middag Almal,

Die beste is maar soos al hier gese is, is om pryse te vergelyk en dan maar koop waar jy dit die goedkoopste kan kry.
Bel vandag rond om pryse te kry vir 6.5 Lapua Scenars 139gr - groot man se prys R839 en by ons plaaslike wapen winkel R643 (ou voorraad??? weet nie)
Dan hoef ek ook nie te ry om dit te gaan koop nie

Groete
Jackie
Post Reply