Page 4 of 5

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Wed Jul 20, 2016 2:08 pm
by Bushwack
LoveHenties wrote:
Bushwack wrote:
LoveHenties wrote:Dit word tyd dat standaard kontrakte gepubliseer word, wat ordentlik deur alle rolspelers ondersoek kan word. As jy afwyk as boer of jagter, is dit op jou risiko.
wel, dit is wat ons doen met die buitelanders...hoekom dan nie met binnelanders?
Ek dink jag verenigings het 'n rol te speel hier.
LoveHenties,

so weet ek van "groot manne" wat verenigings rule omdat hulle geld het...en van diè einste boere is wat jagters instuur veld toe wat sukkel met die skiet yster...

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Wed Jul 20, 2016 2:09 pm
by LoveHenties
Bushwack wrote: LoveHenties,

so weet ek van "groot manne" wat verenigings rule omdat hulle geld het...en van diè einste boere is wat jagters instuur veld toe wat sukkel met die skiet yster...
Ek hoor jou. Maar ek het nie raad nie...

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Wed Jul 20, 2016 3:38 pm
by Koos Barnard
Bushwack
Jou opmerking oor groot manne wat verenigings reël (verenigings) is vir my interessant. Dit plaas dadelik alle verenigings onder verdenking. Hoe rule die manne die verenigings? Ek het 'n taamlike goeie kennis van my vereniging en ek is nie bewus dat enigiemand byvoorbeeld daardie vereniging kan RULE nie.
Mooi loop

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Wed Jul 20, 2016 4:00 pm
by Carl
Ons kan lank debateer en gaan niks bereik nie. Jag behelps die neem van 'n dier se lewe - 'n God geskape skepsel.

Ek voel absoluut niks vir iemand wat nie bevoeg is om 'n te kan skiet/jag nie en dan nogsteeds opdaag. Maar dis soos baie dinge deesdae almal is mos geregtig op als. Ek het geld, 4X4, Sniper camoes, ek het pelle ek is geregtig om iets te skiet soos ek wil wanneeer ek wil. Vir die naweek behoort die plaas aan MY!

Nee wat indien jy integriteit, leierskap, eerlikheid, trots en al die ander goeie karakter eienskappe het, daag jy op met die volle vermoë om effektief en akkuraat die dier te dood.

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Wed Jul 20, 2016 4:08 pm
by JPS
Carl wrote: Nee wat indien jy integriteit, leierskap, eerlikheid, trots en al die ander goeie karakter eienskappe het, daag jy op met die volle vermoë om effektief en akkuraat die dier te dood.

En tog kan jy, al het jy al die bogenoemde eienskappe, nog steeds kwes.....

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Wed Jul 20, 2016 4:11 pm
by FHM
Carl wrote:Ons kan lank debateer en gaan niks bereik nie. Jag behelps die neem van 'n dier se lewe - 'n God geskape skepsel.

Ek voel absoluut niks vir iemand wat nie bevoeg is om 'n te kan skiet/jag nie en dan nogsteeds opdaag. Maar dis soos baie dinge deesdae almal is mos geregtig op als. Ek het geld, 4X4, Sniper camoes, ek het pelle ek is geregtig om iets te skiet soos ek wil wanneeer ek wil. Vir die naweek behoort die plaas aan MY!

Nee wat indien jy integriteit, leierskap, eerlikheid, trots en al die ander goeie karakter eienskappe het, daag jy op met die volle vermoë om effektief en akkuraat die dier te dood.
Wil by jou aansluit met n 'ietsie wat ek raakgelees het vandag asb Carl.
"as jy n kitaar of twee in die kas het, is dit nie te se jy is n musiekant nie"
Na so ongeveer 35 jare se jag-ondervinding kom ek dit nogsteeds tee dat manne wat hulle eerste roere aanskaf nou skielik voel hy is n jagter, want die geweer kos so baie en die koels soveel en hy skiet sulke groeperings op die skietbaan. Lyk my hoe meer die nuwe eienaar betaal vir sy toerusting hoe beter jagter voel hy sommer dadelik. En dit is dieselfde met manne wat reeds lank jagwapens besit en net 1-2 keer elke jaar of 2 of 3 op die skietbaan kom en 10/20 rondtes afgooi en dan gaan jag.

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Wed Jul 20, 2016 4:16 pm
by Carl
JPS wrote:
Carl wrote: Nee wat indien jy integriteit, leierskap, eerlikheid, trots en al die ander goeie karakter eienskappe het, daag jy op met die volle vermoë om effektief en akkuraat die dier te dood.
En tog kan jy, al het jy al die bogenoemde eienskappe, nog steeds kwes.....
Nee ek praat nou nie meer van kwes nie. Patrick/Bushwack vra mos nou oor manne wat opdaag op 'n plaas en nie kan skiet, en wat doen die boer en wie knyp oë toe ens. >:(

Ons almal kwes of gaan nog kwes ;)

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Wed Jul 20, 2016 4:59 pm
by JPS
Carl wrote:
JPS wrote:
Carl wrote: Nee wat indien jy integriteit, leierskap, eerlikheid, trots en al die ander goeie karakter eienskappe het, daag jy op met die volle vermoë om effektief en akkuraat die dier te dood.
En tog kan jy, al het jy al die bogenoemde eienskappe, nog steeds kwes.....
Nee ek praat nou nie meer van kwes nie. Patrick/Bushwack vra mos nou oor manne wat opdaag op 'n plaas en nie kan skiet, en wat doen die boer en wie knyp oë toe ens. >:(

Ons almal kwes of gaan nog kwes ;)

Stem saam ;)

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Wed Jul 20, 2016 9:27 pm
by PWV
Smaak my hierdie post is nou gekwes! ???

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Thu Jul 21, 2016 12:47 pm
by Bushwack
Koos Barnard wrote:Bushwack
Jou opmerking oor groot manne wat verenigings reël (verenigings) is vir my interessant. Dit plaas dadelik alle verenigings onder verdenking. Hoe rule die manne die verenigings? Ek het 'n taamlike goeie kennis van my vereniging en ek is nie bewus dat enigiemand byvoorbeeld daardie vereniging kan RULE nie.
Mooi loop
Koos,

Ek het nie aangedui dit is jou vereniging nie...moes nie gepraat het in die plural nie...maar daar is

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Thu Jul 21, 2016 12:48 pm
by Bushwack
Carl wrote:Ons kan lank debateer en gaan niks bereik nie. Jag behelps die neem van 'n dier se lewe - 'n God geskape skepsel.

Ek voel absoluut niks vir iemand wat nie bevoeg is om 'n te kan skiet/jag nie en dan nogsteeds opdaag. Maar dis soos baie dinge deesdae almal is mos geregtig op als. Ek het geld, 4X4, Sniper camoes, ek het pelle ek is geregtig om iets te skiet soos ek wil wanneeer ek wil. Vir die naweek behoort die plaas aan MY!

Nee wat indien jy integriteit, leierskap, eerlikheid, trots en al die ander goeie karakter eienskappe het, daag jy op met die volle vermoë om effektief en akkuraat die dier te dood.
Ditto

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Thu Jul 21, 2016 1:19 pm
by OosKaapJagter
Stuur daardie "jagters" wat glad nie kan skiet nie uit saam met daardie gidse wat altyd lyf wegsteek. Julle ken mos daardie wat jy nie kan afdank nie net oor die arbeidswetgewing. Gee opdrag dat hy so raserig as moontlik die man van koelteboom na koelteboom moet vat op die dele van die plaas waar amper nooit wild is nie. Die gids hoef dan nie eens iets af te slag nie, wat vir hom net so goed sal uitwerk.

Die "jagter" sal later sy pelle vra om vir hom iets te skiet.

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Thu Jul 21, 2016 3:14 pm
by VdWalt
Ek my ondervinding met julle deel, ek het al 2 bokke gekwes wat ek nie kon kry nie. (albei van die bakkie af - ek skiet nie meer van 'n bakkie af nie, ek dink die groepsdruk is te veel vir my) Dit was so 10 en 15 jaar terug en die bokke spook nou nog by my. So ek het besluit ek los nooit weer 'n bok in die veld nie. Ek jag ook 99% van die tyd alleen, as ek aanjaag is dit op my gewete en vir my sak. Wel reel toe jag saam met die skoonfamilie want ek is mos nice. Ek het nou al lekker verhouding met die plaas opgebou en geniet dit regtig daar. Lekker naweek en ons ouer 2 manne skiet lekker. 3 bwb en rooibok later is ons klaar vir die naweek. Saterdagaand besluit een van die jonger manne hy wil ook iets skiet voor ons more terug ry. Hy sal my geweer leen want hy het nie geweer nie.
Ry so draai die oggend en ek sit sommer voor saam met die boer. Klop die manne daai dak 'n duik in, bwb !! Ek klim uit en vat die stokke en geweer vir mannetjie. Loop so entjie en kry oop skoot maar die bwb staan reguit na ons en kyk. Sit hom op en wag dat die bok dwars draai. Boom loop die skoot voor die bwb nog beweeg het. Die bwb hop hoog en die koeel klap mooi. Ons loop toe maar kry nie bloed nie. Ons 2, 2 werkers en die boer. Na so 15 minute sê hy nee wat dit was mis. Ek sê toe &*%^&^%^& DIT WAS RAAK. Ons sal soek. Nog so 15 minute later kry ek plassie bloed. Roep die boer en gaan haal my geweer uit die bakkie. Hier sit die mannetjie rustig en wag vir ons om terug tekom. Vat my geweer en saam met die boer vat ons 2 daai druppel vir druppel spoor. Dan raak hy weg dan kry een van ons hom weer dan gaan ons aan. Ons het daai af poot bok 3 en half ure later en paar km verder geskiet terwyl die mannetjie en 2 werkers nogsteeds op die bakkie gesit en wag het. En wragtig vat hy die geweer en gaan sit by die bwb vir 'n kiekie. Volgende jag sal seker maar weer alleen wees.

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Thu Jul 21, 2016 3:37 pm
by Riaan Kriel
VdWalt wrote: En wragtig vat hy die geweer en gaan sit by die bwb vir 'n kiekie.
Dit is die deel van die familie wat jy seker net so 1x per jaar wil sien - en dan op 'n foto >:D ++>: ++>:

Sulke gedrag maak dat jy nie weer so persoon wil saamnooi nie. Goed gedoen om die bok te kry en te dood.

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Thu Jul 21, 2016 3:39 pm
by Mellies
VdWalt wrote: Ek sê toe &*%^&^%^& DIT WAS RAAK. Ons sal soek. Nog so 15 minute later kry ek plassie bloed. Roep die boer en gaan haal my geweer uit die bakkie. Hier sit die mannetjie rustig en wag vir ons om terug tekom. Vat my geweer en saam met die boer vat ons 2 daai druppel vir druppel spoor. Dan raak hy weg dan kry een van ons hom weer dan gaan ons aan. Ons het daai af poot bok 3 en half ure later en paar km verder geskiet terwyl die mannetjie en 2 werkers nogsteeds op die bakkie gesit en wag het. En wragtig vat hy die geweer en gaan sit by die bwb vir 'n kiekie. Volgende jag sal seker maar weer alleen wees.
RESPECT!

Met n vleisie...

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Thu Jul 21, 2016 5:59 pm
by PWV
VdWalt wrote:Ek my ondervinding met julle deel, ek het al 2 bokke gekwes wat ek nie kon kry nie. (albei van die bakkie af - ek skiet nie meer van 'n bakkie af nie, ek dink die groepsdruk is te veel vir my) .
VdWalt, dis nie elke ou wat die "skills" het om van 'n bakkie af te skiet nie. ;)
Dit is veral bokkoorsmanne wat moet wegbly van 'n bakkie af. Hulle moet in elk geval eerder gaan visvang. Dan het ons minder kwesbokke!

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Thu Jul 21, 2016 6:02 pm
by Balljoint
LoveHenties wrote:
Bushwack wrote:
LoveHenties wrote:Dit word tyd dat standaard kontrakte gepubliseer word, wat ordentlik deur alle rolspelers ondersoek kan word. As jy afwyk as boer of jagter, is dit op jou risiko.
wel, dit is wat ons doen met die buitelanders...hoekom dan nie met binnelanders?
Ek dink jag verenigings het 'n rol te speel hier.
Die jagverenigings se stilte hieroor is oorverdowerend. Hulle verteenwoordig ons wel ja, maar ten opsigte van die wet en lisensies ens. Ek stem dat hulle met boere en wildtelers dalk so 'n standaard ooreenkoms beding?
Ons het so-iets in die boubedryf genaamd die JBCC. Standaard kontrak vir enige aspek in die boubedryf.

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Thu Jul 21, 2016 8:58 pm
by tripodmvr
Balljoint, ons het 2 skiete per maand in 'n tak met meer as 1000 lede. Met skietdae is dit dieselfde ongeveer 100 skuts wat keer op keer opdaag. Jy kan beroepe doen soveel as wat jy wil en selfs kontrakte opstel, maar mnr en mev Hardegat gaan hulle nog steeds aan jou afvee.

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Fri Jul 22, 2016 9:05 am
by Carl
tripodmvr wrote:Balljoint, ons het 2 skiete per maand in 'n tak met meer as 1000 lede. Met skietdae is dit dieselfde ongeveer 100 skuts wat keer op keer opdaag. Jy kan beroepe doen soveel as wat jy wil en selfs kontrakte opstel, maar mnr en mev Hardegat gaan hulle nog steeds aan jou afvee.
Oom Marius, ek sal wat wou gee om die aanlyn stelsel se data te analiseer. Ek weet een ding die manne wat se goed 100% reg is, is die betrokke ouens, wat skiet dae bywoon of help, vergaderings bywoon of bestuur, jagte invul, oefening invul ens. ;)

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Fri Jul 22, 2016 9:26 am
by Springkudu
PWV wrote:
VdWalt wrote:Ek my ondervinding met julle deel, ek het al 2 bokke gekwes wat ek nie kon kry nie. (albei van die bakkie af - ek skiet nie meer van 'n bakkie af nie, ek dink die groepsdruk is te veel vir my) .
VdWalt, dis nie elke ou wat die "skills" het om van 'n bakkie af te skiet nie. ;)
Dit is veral bokkoorsmanne wat moet wegbly van 'n bakkie af. Hulle moet in elk geval eerder gaan visvang. Dan het ons minder kwesbokke!
Hier kan ek nie saamstem nie oom, ek kry ook maar lekker bokkoors. Ek dink almal kry op 'n mate bokkoors, is daar enige ou hier wat vir my wil sê as jy in die veld is en daar kom 'n Meneer Kudu agter 'n bos uitgeloop jy so rustig is soos 'n Sondag oggend diens? Ek twyfel, ek dink jy moet weet wanneer jy gemaklik is om te skiet en wanneer nie, wanneer ek bokkoors kry besluit ek op daai oomblik of ek gemaklik is om te skiet al dan nie. Ek dink as elke ou eerlik is met homself en nie skiet wanneer hy nie 100% gemaklik is sal daar ook minder kwesbokke wees. Visvang, nee dankie, gee my maar die veld met 'n paar bokke 8) 8)

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Fri Jul 22, 2016 10:04 am
by Capt. Yoda
tripodmvr wrote:Balljoint, ons het 2 skiete per maand in 'n tak met meer as 1000 lede. Met skietdae is dit dieselfde ongeveer 100 skuts wat keer op keer opdaag. Jy kan beroepe doen soveel as wat jy wil en selfs kontrakte opstel, maar mnr en mev Hardegat gaan hulle nog steeds aan jou afvee.

Ons het gister oor dieselfde ding gepraat, "my" tak het so by die 600 lede en dit is altyd net dieslefde manne wat jy al ken wat by die dae uit val. Vroer toe net jou skiet getel het vir jou toegeweide status was dit altyd dieselfde manne tot die laaste 2 skiet dae as die manne agter kom hul kort nog n stamp of 2 dan lyk dit soos n Toyota skou daar op daai baan soos die manne se bakkes staan sodat hy kan skiet vir sy stamp, nou dat die vergaderings en alles tel is daar nog minder manne.Uit daai 600 is daar op avg maar 80 manne wat jy gereeld by die dae sien en dan is 20 van hulle nog in of in aanraking vir die A en B distrik skiet spanne ook so hy wil so veel moontlik skiet om te oefen.

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Fri Jul 22, 2016 1:08 pm
by Balljoint
Die naam se dit tog: JAG verenigings, nie SKIET verenigings nie.
Waarom kan die vereningings nie die jagters behulpsaam wees met 'n kontrak wat vir beide die wildplaas eienaar en die jagter aanvaarbaar is nie?
Daar bestaan reeds so-iets lyk my as ek reg hierbo gelees het, met oorseese jagters?
As die jagter dan sy plek bespreek by 'n plaas dan weet beide die jagter en die plaas eienaar presies waar hulle staan en het beide gemoedsrus.
Ek dink dis juis die 80 uit 1000 lede wat gereeld skiet dae bywoon wat NIE aanjaag op 'n plaas nie en die res wat hulle dan nie gebonde voel aan enige reels of etiese maniere van jag nie en wat dan seker maar wil wegkom van die vroue af en wil uithaak - ten koste van die plaas boer se eiendom en wild natuurlik.
Wanneer die lid 'n navraag voor bespreking doen kan die boer net navraag doen by die vereniging en sal dan weet dis of n' man wat hy op sy plaas kan toelaat en vertrou of dis 'n perd wat maar eerder moet wegbly.
Ek woon self 80% van skiet dae by en stem saam: dis maar dieselfde mense wat daar kom oor en oor.

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Fri Jul 22, 2016 1:32 pm
by Carl
Balljoint

Ek weet SAJWBV het nog jag in die naam. Maar dit is lank nie meer dit nie. Dit is 'n Skiet of Vuurwapen belange groep met Jag, Bewaring, Skiet (alle soorte) en privaat vuurwapen besit hul hoof doelwit.

1. Die vereniging kan nie lede 100% verfieer nie. Ek skiet nie op skietdae nie want ek hou nie van hoe die kompetisie werk nie - dis my eie opinie. Ek jag met gewone gewere en gewone skiet stok. Nie die spesialis goed nie. Maar ek skiet en jag (of loop in die veld rond opsoek na 'n bok) gereeld. Ek kan sê ek het 100 bokke geskiet en oefen elke naweek op die plaas. Hoe reguleer hulle dit?

Kontrakte. Dit begin 'n saak te raak waar die koste en moeite vir die boer van so aard is dat hy nie meer biltong jagters wil toelaat nie.
2. Ons het groot op ons pryslys - Geen jag van voertuie af nie. En elke paar naweke sal die manne nog vra om dit te doen.

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Fri Jul 22, 2016 1:43 pm
by Frederik
Ek gaan nou nog 'n klippie of twee in die bos gooi oor die draad. Toe ek nog profesioneel gejag het, het ek seker in 10 jaar oor 1000 stuk wild laat skiet deur kliente en ek kan seker al die wild wat gekwes en verloor was op al my vingers tel. Dit kan dalk miskien meer as 10 wees maar definitief nie 20 of meer nie as ek alles probeer onthou.

Wat ek probeer se is dit nie dalk die spesifieke gids of ph wat beter net 'n jagter moet werk en seker maak hy kry 'n goeie kans op 'n skoot as die normal "shoot ! Shoot!" Sodra hulle teiken bok gewaar? Dit plaas druk op die jagter en natuurlik wil hy nie met Lee hande weg stap en huis toe kom nie en die boer wil ook geld maak. Maar met 'n bekwame gids wat sy werk ken sal die bokke maklik met minder moeite ook slagpale toe kom.

Nou ek weet ook dat dit is waar ondervind in as 'n jagter 'n groot rol speel en jy ook nie met die hand gelei wil word nie maar 'n bekwame gids sal vinnig agter kom of jy jou storie ken of nie?

Re: Kwes bok 2016 - Jagplase se ondervinding

Posted: Fri Jul 22, 2016 1:46 pm
by Capt. Yoda
Frederik wrote:Ek gaan nou nog 'n klippie of twee in die bos gooi oor die draad. Toe ek nog profesioneel gejag het, het ek seker in 10 jaar oor 1000 stuk wild laat skiet deur kliente en ek kan seker al die wild wat gekwes en verloor was op al my vingers tel. Dit kan dalk miskien meer as 10 wees maar definitief nie 20 of meer nie as ek alles probeer onthou.

Wat ek probeer se is dit nie dalk die spesifieke gids of ph wat beter net 'n jagter moet werk en seker maak hy kry 'n goeie kans op 'n skoot as die normal "shoot ! Shoot!" Sodra hulle teiken bok gewaar? Dit plaas druk op die jagter en natuurlik wil hy nie met Lee hande weg stap en huis toe kom nie en die boer wil ook geld maak. Maar met 'n bekwame gids wat sy werk ken sal die bokke maklik met minder moeite ook slagpale toe kom.

Nou ek weet ook dat dit is waar ondervind in as 'n jagter 'n groot rol speel en jy ook nie met die hand gelei wil word nie maar 'n bekwame gids sal vinnig agter kom of jy jou storie ken of nie?

Deesdae is elke melker of draatspanner n PH/Tracker wat daar deur die bosse sukkel in sy gumboots, dan moet jy nog R300 of wat n dag betaal vir die man se dienste sodat hy vir jou kan skree om te skiet as daar n bok voor julle staan. Hulle vertel darem nou en dan n oulike stories so tussen al die watsapps en oproepe op die foon deur