Page 4 of 9
Re: Oop visier bende.
Posted: Sat Mar 07, 2020 5:13 pm
by Pappabeer
Dankie Deon en Ruaan
Re: Oop visier bende.
Posted: Sun Mar 08, 2020 7:51 pm
by tripodmvr
Re: Oop visier bende.
Posted: Sun Mar 08, 2020 8:58 pm
by Rudi Fischer
Re: Oop visier bende.
Posted: Sun Mar 08, 2020 9:44 pm
by Eduard Venter
Nou dat ek hierdie draad raakloop kom ek agter hoe min jag fotos ek werklik geneem het oor die jare. Dis iets wat ek sal moet regstel.
Ek skiet 99,9% van die tyd met 'n teleskoop maar het al 'n paar diere omgedop met oopvisiere:
Vlakvarke: haelgeweer, 9mm en .22
Ystervarke: haelgeweer en 9mm
Rooibok: haelgeweer
Rooikat: haelgeweer
Jakkalse: haelgeweer en .22
Dan het ek ook al baie gekweste diere opgevolg en gedood met die 22 en 'n paar met die 9mm ook. Ek het ongelukkig nie 'n lekker oop visier jaggeweer nie so vir tyd en wyl gebruik ek maar met die haelgeweer en slugs as ek lus is vir 'n lekker uitdaging.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Mar 09, 2020 10:46 am
by Henna308
My niggie se man het ons in Augustus 2018 genooi op by hom te kom jag. On the house. Ek was bitter geseënd gewees en het hierdie meneer saam met sy 3 vriende raakgeloop in die bos. Dit is die eerste dier wat ek oopvisier gejag het.
LRG-DSC00723.JPG
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Mar 10, 2020 3:23 pm
by tau
Lekker Manne. EK gedink net ek en Dewald wat so lief is vir oopvisier jag. Ek geniet meest vorms van skiet, maar oopvisier jag is verseker die mees bevredigstemorsiglekker as daardie dier val.
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Mar 10, 2020 4:17 pm
by pietskiet
Sjoe Henna308, wat n pragtige bul is dit nie. Mooi man!
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Apr 17, 2020 12:45 pm
by saswart
Met Deon wat so lekker spog het ek hierdie thread onthou... Ek weet niks amper niks van m-rad, windleesen verder as 200m skiet nie maar ek hou van oop visier. Van links na regs. 458 Express Brno ZKK 602, .22 Mauser, 243 Mannlicher Schoenauer (Hy moet wel scope kry iewers in toekoms - voorstelle welkom) en 12Br Breda
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Apr 17, 2020 12:52 pm
by DWB
Lekker man!!!!!!!!
My 9.3 en 450 Rigby moet ingelyf word die seisoen.
Oop visier.
Sal maar hier die foto opsit waar die sniper bende nie die draad sal oorneem nie!

Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Apr 17, 2020 12:52 pm
by Supacow
Daai Maanligter en Schoeman sal maar net n Smit en Bennade moet kry
Re: Oop visier bende.
Posted: Wed Jun 17, 2020 3:17 pm
by tau
Heerlike paar dae saam met pelle in die Oos-Kaap gejag. Die ou grote het my weer ontglip, of te wel ek het nooit een gesien wat die een gewen het nie. Die soeke gaan aan vir die monster oopvisier. Om hulle op oop plase met net skaapdraad te jag raak interesant. Jy het net eenkans en dan is hy weg twee plase verder.
Die bok het ook sommer gedink dit sou my dag van lesse wees. EK het nog nooit Koedoe's vreeslik "taai" gerate nie. BWB, Gemsbokke en Springbokke was volgens my nog altyd baie taaier.....
Ek het die bok op 70 meter quartering towards geskiet.Dit het vrek vinnig gebeur en die .375 Ruger en 265gr GS Customs het volgens my die merk perfek getref. Die bok het so 20 meter gehol en toe hoor ons net bosse wat bars soos hy val. Gee hom toe so minuut en aanvaar die gehol is ander bokke wat saam met hom gestaan het. Ons kom toe by plek waar daar dam bloedrooi bloed lê. Ons het bok 2.3 km gevolg op bloedspoor wat skokkend was om te sien die hoeveelheid bloed wat die bok gegooi het. Ek het by die bloed poel 'n stuk been ook gekry. Die bok is toe basis dood gevind ek het maar coup d'grace gegee oor ons naby grensdraad was. Dit is toe dat ek besef die stuk been kom uit die agterbeen. EK moes 'n tak getref het tussen my en die bok. Dit is een van die gevare van bosjag en veral oopvisier jag dat jy nie takke en goed sien tussen jou en bok nie. Die wond op blad is die ingangs wond. Die bladbeen is verpletter en die longe ook. Ek het gister die vel verwyder en eers die vleis gewerk en die ribbes het geen skade nie!!!!
Nou daar is baie te sê oor GS Custom se kliente diens in die verlede, maar die HV's werk bitter goed. Ek kon nog nooit een herwin wat ek op 'n bok gebruik het nie. Ek vermoed ek het 'n lekker droë stuk tak geslaan en koeël het begin tuimel en die helse ingangs wond veroorsaak. Die longe en regter blad is alles dieselfde jelly gemors. Hoe die bok 2.3 km kon beweeg met die toestand van sy longe en blad is vir my skokkend en weereens 'n teken dat selfs 'n Koedoe vir jou 'n plaas kan wys. Die regter agterbeen vermis 'n stukkie been wat dieselfde is as wat ek by plek gekry het saam met poel bloed. Dalk het die stuk tak of stukkie koeël scrapnel geword en agterbeen so beskadig. Elkgeval seker baie meer dramaties as wat dit hoef te wees die bok is dood en my biltong hang.
Re: Oop visier bende.
Posted: Wed Jun 17, 2020 5:23 pm
by Capt. Yoda
Lekker Johna
Re: Oop visier bende.
Posted: Wed Jun 17, 2020 5:26 pm
by DWB
Lekker Tau
Re: Oop visier bende.
Posted: Wed Jun 17, 2020 5:58 pm
by Apie
Lekker!
Ek gaan volgende naweek daar in Kathu se wêreld ‘n gemsbok probeer oopvisier van die voet af jag met my 416 Rigby met 400gr Claw gelaai teen 2285fps.
Met die Black Moose 1-6 teleskoop skiet die lading so 1.5duim op 100meter oor die skietstokke wat vir my baie aanvaarbaar is!
Sal net die oopvisiere se kalibrasie/zero eers gaan bevestig
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Oop visier bende.
Posted: Thu Jun 18, 2020 7:22 am
by tau
Apie wrote: Wed Jun 17, 2020 5:58 pm
Lekker!
Ek gaan volgende naweek daar in Kathu se wêreld ‘n gemsbok probeer oopvisier van die voet af jag met my 416 Rigby met 400gr Claw gelaai teen 2285fps.
Met die Black Moose 1-6 teleskoop skiet die lading so 1.5duim op 100meter oor die skietstokke wat vir my baie aanvaarbaar is!
Sal net die oopvisiere se kalibrasie/zero eers gaan bevestig
Sent from my iPhone using Tapatalk
EK doen ook lading ontwikkeling met my 3-9 x40 Leupold. Jy moet darem weet jou roer en die lading wat jy skiet is vriende. Dan skiet ek papier borde vir oefen oopvisier
Oop visier bende.
Posted: Mon Jul 13, 2020 10:39 am
by tau
Het die laaste paar dae in Noordkaap gejag. Was Oupa en kleinseun jag en ek en my swaer was gelukkig my Pa het ons maar saam geneem. Was nie regtig my beurt om te jag nie, maar ek het gesê as almal hulle bokke geskiet het sal ek graag 'n Waterbok oopvisier wil skiet.Die wind en koue was baie erg. Ons het vroeg oggende probeer jag, maar teen 11:00 dan pomp die wind. Dit was maar bakkie jag, Oupa skiet nie van die voet af nie. Dit is een-ding om die wind in aanmerking te neem vir koeël skuif, maar as die wind die bakkie begin ronddruk terwyl jy probeer mik raak dit rof. Ons was baie gelukkig en my Suster se seuntjie kon sy eerstebok sommer Donderdag middag plattrek en my Swaer ook sy Gemsbok. My Pa en my seun het ook hulle bokke sommer Vrydag klaar geskiet. Die Waterbok wat ek kon jag was ongelukkig kleiner as wat ek nou sou wou skiet as my "oopvisier troffe" nie dat ek horings meet nie, maar die bok moet darem volwasse wees.
Ek het Laat Vrydag middag met my 7mm RM in mal wind 'n Rooibok geskiet net om die wa vol te kry. Ons kwota was amper vol en dit nadat ek gehoor het party ou manne van die Paarl en Kaapstad sit in jaghuise en wag vir die wind om te sak. Die eienaar vra toe of ek nie 'n Gmesbok of BWB saam met hom op voet wil jag nie aangesien ons nou tyd het. Ek was natuurlik dadelik in.
Ek is toe Saterdag oggend 07:30 uit veld toe op die voet met my .375 Ruger en baie warm klere. Ek het nog nie in sulke weer gejag nie. Koud, wind en sommer so vlaag reën elke nou en dan. Ons het seker binne 30 min 'n alleen loper gemsbok gesien en kon met die wind al langs 'n koppie nader aan die Gemsbok kom. Toe ek oor die klippe loer saam met die eienaar toe sien ons hier lê 2 goue gemsbok koeie tussen my en die bul en nog 'n koei. Daar was geen bome of helling om nader te kom nie, toe besluit ons om maar bietjie te wag. Nie 2 min later nie staan die bul op en stap nader aan die koeie. op 140meter toe gaan staan hy plankdwars. Ek wil nie graag so vêr skiet nie, maar moet sê dat die grys agtergrond van die Gemsbok het baie gehelp om my voorste korrel op die bok te kry. Hy het so bietjie quartering away gestaan. Ek het 30cm voor blad gemik op die bok. Die manne wat in die veld was die naweek kan getuig die wind het soms sulke 40km/h + rukke gemaak. Toe die skoot klap weet ek dit is raak. Die hoek van die bok was groter as wat ek gedink het maar na 50m het hy gaan lê. steeds helemal onkundig vanwaar die brand kom. Verseker nie my moeilikste oopvisie jag nie, helemal teen wat ek gedink het.

Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jul 13, 2020 11:12 am
by tau
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jul 13, 2020 11:17 am
by Capt. Yoda
Netjies John, is n mooi bul daai en n man skiet nie somer elke dag n gemsbok so sonder n scope nie
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jul 13, 2020 11:22 am
by joe rocket
Mooi bok Johna in moeilike omstandighede. Baie geluk.
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jul 13, 2020 11:26 am
by DWB
Baie geluk Tau! Welgedaan! Self die naweek baie amper 'n eland bul met die 450 en oop visier omgedop! Maar toe begewe my moed my!
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jul 13, 2020 11:47 am
by Wouter Roets
Geluk ou Blaar!
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jul 13, 2020 1:17 pm
by Koos Barnard
Netjies John!! Baie geluk.
Mooi loop
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jul 13, 2020 1:23 pm
by Frederik
Tel Red dot met gee vergroting as oop visier?
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jul 13, 2020 1:43 pm
by Koos Barnard
Amper maar nie heeltemal nie. Dis 'n bietjie makliker met red-dot.
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jul 13, 2020 2:19 pm
by Eduard Venter
Ek dink hier moet maar 'n red dot bende ook begin word. Dis verseker 'n baie uitdagende manier van jag!
Sent from my SM-A520F using Tapatalk