Page 4 of 21

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jun 04, 2013 7:19 am
by JTM
Daai kapasitor is belangrik om die motor aan die draai te kry sodra jy krag opsit. Dit skop ast ware die motor aan die gang. Ek dink vir die draadkleure is dit dalk makliker om 'n wasmasjien herstel winkel in jou omgewing te bêl. Ek reken die extra draad is om die motor andersom te laat loop. M.A.W. een Neutral draad, een Live vir voorentoe en een Live vir agtertoe.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jun 04, 2013 7:34 am
by Jacquesb
Dankie Mater!

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Thu Jun 06, 2013 4:15 pm
by PaulM
Christo,

Hier is foto's van ons Jagtersvereniging se "Dueling Tree". Met die selfoon geneem in swak lig, so ek hoop jy kan sien wat
aangaan. Dis eintlik heel eenvoudig, die plate swaai heen en weer om 'n vertikale as wat agter 'n stewige stuk hoekyster
weggesteek is. Die hele affêre leun effens oor in die rigting van die skut, om te probeer verhoed dat die plate omswaai en
weer terug van waar dit gekom het (veral as 'n .45 hom bykom), maar dit is nie altyd 100% effektief nie. Ek glo dat dit
verbeter kan word met 'n bietjie verbeelding.

Sien uit daarna om jou weergawe hier te sien!

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Thu Jun 06, 2013 7:47 pm
by LongWolf
Die hele affêre leun effens oor in die rigting van die skut, om te probeer verhoed dat die plate omswaai en
weer terug van waar dit gekom het (veral as 'n .45 hom bykom), maar dit is nie altyd 100% effektief nie. Ek glo dat dit
verbeter kan word met 'n bietjie verbeelding.

Paul

het julle al probeer om die voorentoe le hoek nog te vergroot: dit sal dan makliker daar bly en verminder
die kans dat lood sal terug spat of op spat.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Fri Jun 07, 2013 7:57 am
by PaulM
LongWolf wrote: het julle al probeer om die voorentoe le hoek nog te vergroot: dit sal dan makliker daar bly en verminder
die kans dat lood sal terug spat of op spat.
Toe ek saam geskiet het, het hulle wel die leunhoek vergroot deur 'n plankie onder die agterste pote te sit, wat verseker
gehelp het.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Sat Jun 08, 2013 4:30 pm
by LongWolf
PaulM wrote:
LongWolf wrote: het julle al probeer om die voorentoe le hoek nog te vergroot: dit sal dan makliker daar bly en verminder
die kans dat lood sal terug spat of op spat.
Toe ek saam geskiet het, het hulle wel die leunhoek vergroot deur 'n plankie onder die agterste pote te sit, wat verseker
gehelp het.

Paul

dan moet dit die antwoord wees.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jun 18, 2013 1:21 pm
by Chris Swart
JTM wrote:Ook in dieselfde lyn as Junglejulian se gadget. Ek en my broer het ook 'n paar jaar terug ons eie tumbler gebou. Selfde fan soos Julian, plastiek bak en vir basis 'n ou Beatle voor briek drom.

http://i1283.photobucket.com/albums/a554/JTM77/20130424_210052-1_zpsb1931f83.jpg

http://i1283.photobucket.com/albums/a554/JTM77/20130424_210100-1_zps6f9dd7b7.jpg

http://i1283.photobucket.com/albums/a554/JTM77/20130424_210107-1_zpsf9ceaee9.jpg

Vinnige vraag.

Watse springs het julle manne gebruik om die tumblers op te mount?

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jun 18, 2013 2:18 pm
by JTM
Daai springs is sommer algeme DIY springs wat die hardeware plek daar in hulle rakkies gehad het. Dit was nie 'n spesifieke tipe juis nie.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jun 18, 2013 2:26 pm
by Chris Swart
Dankie,

Ek sal gaan kyk wat ek kan kry.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jun 18, 2013 2:27 pm
by Chris Swart
Ek is besig om 'n Tumbler te bou, maar hy gaan bietjie anders lyk/werk as die twee hier bo.

Ek sal fotos neem en probeer laai as ek klaar is.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jun 18, 2013 2:31 pm
by PWV
Chris Swart wrote:Ek is besig om 'n Tumbler te bou, maar hy gaan bietjie anders lyk/werk as die twee hier bo.

Ek sal fotos neem en probeer laai as ek klaar is.
Werk hy dalk met 'n slinger? ::)

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jun 18, 2013 2:35 pm
by Chris Swart
Pieter Willem Vorster wrote:
Chris Swart wrote:Ek is besig om 'n Tumbler te bou, maar hy gaan bietjie anders lyk/werk as die twee hier bo.

Ek sal fotos neem en probeer laai as ek klaar is.
Werk hy dalk met 'n slinger? ::)

Nee oom Pieter ek het nie genoeg geduld vir iets wat ek met 'n slinger moet draai nie. ;D

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Wed Jun 19, 2013 8:21 am
by wlm
Die wat bloedskenk kan die plastiek-"trays" waarin die proefbuisies verpak word vir die personeel vra. Dit maak 'n lekker houer om jou patroondoppe in te sit wanneer jy herlaai.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Wed Jun 19, 2013 8:31 am
by JTM
My neef het 'n ou wasmasjien drom gevat en teen 'n hoek gemonteer soos 'n sement menger amper. Hy dryf dit aan met 'n wiper motor. Dit werk lekker vir groot maat doppe skoon tuimel.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Wed Jun 19, 2013 8:51 am
by BRNO (Pierre)
JTM wrote:My neef het 'n ou wasmasjien drom gevat en teen 'n hoek gemonteer soos 'n sement menger amper. Hy dryf dit aan met 'n wiper motor. Dit werk lekker vir groot maat doppe skoon tuimel.
Ek het n ou was masjien hier as iemand sou belangstel. Posgeld vir die ontvanger :angel:

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Wed Jun 19, 2013 8:54 am
by Chris Swart
JTM wrote:My neef het 'n ou wasmasjien drom gevat en teen 'n hoek gemonteer soos 'n sement menger amper. Hy dryf dit aan met 'n wiper motor. Dit werk lekker vir groot maat doppe skoon tuimel.

Ek dink nie ek het genoeg doppe om 'n wasmasjien vol te maak nie.

Ek werk aan een met 'n 5 Liter emmer.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Thu Jun 20, 2013 7:11 pm
by Christo
Ek soek net die stainless steel drom van 'n frontend loader wasmasjien.

ASSEBLIEF. Groot asseblief.

Ou stukkende wasmasjien s'n.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Fri Jun 21, 2013 7:57 pm
by Christo
https://dl.dropboxusercontent.com/u/60613964/fietsraam1.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/60613964/fietsraam%203.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/60613964/fietsraam%202.jpg

My nuutste ontwerp. Kon nie glo wat kos hulle as jy een moet koop nie. Nou kan die seuns bietjie fietsry innie woestyn

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jul 02, 2013 8:27 am
by muismaree
Hierdie is nie soseer 'n gadget nie, maar dit maak dinge vir my makliker. Dis 'n staander wat ek gemaak het vir my powder measure. Dis gemaak uit 10mm plaat uit, wat dalk 'n overkill is, maar dit pas by Redding se filosofie van soliede yster! Dis bitter stewig, ek het egter 'n gaatjie geboor om dit aan die herlaaitafel te kan vasbout ook, so hy staan asof hy aan die aarde self vas is. Daar is reeds gate in die tafel waar ek die case trimmer en ander dinge aan vasbout, so ek hoef nie spesiaal gate te geboor het daarvoor nie. Die staal is offcuts wat by die stoor rondlê. Moet dit nog net verf.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jul 02, 2013 8:46 am
by Eugene
Muismaree, ek het dieselfde konsep as jy, alhoewel dunner staal;) en ek het die powder measure op 'n los stuk plank vasgesit, omdat ek een vir elke kaliber het, maak dit dit maklik om net daardie plank na voor te skuif en die kruit te gooi. As ek klaar is met daardie kaliber, kan ek die oortollige kruit in die blik teruggooi en die PM uit die pad uit skuif en die volgende een nader skuif. die plank is groot genoeg dat ek sommer my balkiekaal bo-op die plank kan neersit om dit naby aan die PM te hê.

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jul 02, 2013 11:33 am
by Johan Nel
Muismaree,
Ek is bly om te sien jy het vir jou 'n ordentlike pers ook aangeskaf.
Groete,
JHN

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jul 02, 2013 11:36 am
by JTM
Ek het vir my weer 'n hout staander gemaak uit twee stukke balk plank afsnitte. Werk ook heel lekker

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jul 02, 2013 11:48 am
by smitjs
Manne, ek het nie 'n gadget nie, ek soek een. Wat sê julle vir iets om die Leica afstandmeter aan die geweer vas te maak sodat dit moontlik is om die geweer aan die skouer te hou terwyl deur die afstandmeter gekyk word? Die groot probleem met die afstandmeter is die beweging. As mens dit stil kan hou, werk dit wonderlik.
Groete
Johan Smit

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jul 02, 2013 11:58 am
by Chris Swart
smitjs wrote:Manne, ek het nie 'n gadget nie, ek soek een. Wat sê julle vir iets om die Leica afstandmeter aan die geweer vas te maak sodat dit moontlik is om die geweer aan die skouer te hou terwyl deur die afstandmeter gekyk word? Die groot probleem met die afstandmeter is die beweging. As mens dit stil kan hou, werk dit wonderlik.
Groete
Johan Smit

Gaan die recoil nie daai rangefinder breek nie?

Re: "Gadgeds" 'n Boer maak 'n plan.

Posted: Tue Jul 02, 2013 12:06 pm
by Eugene
smitjs wrote:Manne, ek het nie 'n gadget nie, ek soek een. Wat sê julle vir iets om die Leica afstandmeter aan die geweer vas te maak sodat dit moontlik is om die geweer aan die skouer te hou terwyl deur die afstandmeter gekyk word? Die groot probleem met die afstandmeter is die beweging. As mens dit stil kan hou, werk dit wonderlik.
Groete
Johan Smit
Die oom in Klerksdorp wat KD's bou, het 'n gewone stuk hoekyster aan sy 270 se kolf vasgebout en sy rangefnder weer daarop vasgebout. Hy jag van die bakkie af in Namibie en sê hy kan nou aanlê, vinnig range en dan net deur teleskoop kyk en skiet....

Lyk besonder rof en ek sal dit nie doen nie, maar hy beweer dit werk...