Herlaai data 243 Winchester

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by tripodmvr »

Met ons besoek aan PMP is 'n syfer van 12vps genoem wat hulle as norm gebruik d.w.s. 'n strek van 25vps van hoogste na laagste spoed vir 'n Lot ammunisie wat met een besending kruit gelaai word. Het iewers gesien dat 'n 50vps verskil tussen twee skote verwys na 1 duim verskil op 300 meter.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Leroi
Full Member
Full Member
Posts: 238
Joined: Mon Jun 11, 2012 6:59 am

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by Leroi »

Hi manne,

ek wonder of julle n bietjie kan uithelp?

Ek het begin rondspeel met my 243 Win, ek't eers 85gr Hornady interbonds probeer maar was nie heetemal tevrede nie, so nou vir die 2de probeerslag wil ek 90gr Nosler Ballistic tips, saam met CCI 200 Primers probeer. Ekt van tevore S365 (Lot64) gebruik. Die geweer is 'n Remington SPS en het n 24 duim loop met 'n 1:9.25 twist.

Watter poeier/ladings sal julle aanbeveel?

Dankie ;)
243 Win Remington 700 SPS DM 30-06 SPRG CZ550 222 Rem Savage Mod 3407mm Rem Mag Howa 1500 22LR Savage Mod II
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 388
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by Reghardt »

Hallo hein

Ek laai 75gr v-max op n 243 sako forester:

S365 42gr
TPL  67,5mm

Groepeer sommer baie mooi!!!
CZ 550 308 laminated varminter
CZ 550 22-250 laminated varminter
Howa 6.5 CM
Howa 6mm CM
Sako Forester 243
CZ P10F
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by Hein M. »

Regard

Jy is reg.  Die 75 greiners loop ook mooi met S365.  Laasgenoemde poeier is eintlik die 243 se kos, maar met die ligter punte is daar beter opsies.  Veral met 70gr en ligter...
Ek gooi die 80gr koeels ook met 42.5 gr S365 - met uitstekende resultate.

Ek neem aan jy klink jakkies met daai V-Max koeels.  Ek skiet deesdae 70gr Nosler Ballistic Tips met 41.8gr S355.  Die resulate is aanskoulik.  Jy kan sommer hoor dit is 'n ander tipe skoot as wat ek met die 80gr koeels en S365 skiet...

Mooiloop!

Hein
Last edited by Hein M. on Sat Jul 07, 2012 10:06 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by Hein (Haan) »

Kan iemand my asb help.
Ek het nou begin laai vir my 243 en sien toe in die somchem boek wat ek het dat met 90gr koeel en 365 so 38.5 tot 40.4 gr kruit sal gebuik, ek wil die 87gr v-max'e laai. Ek het bietjie op die internet rond gesoek en gesien op jj wapens se site is die somchem data weer 40.1 tot 44.5gr  ??? . Ek lees op die forum dat julle ook so 40 tot 44.5gr laai.
Moet ek maar die boek net los en die 40 tot 44.5 laai en net kyk vir druk soos ek op gaan?

Baie dankie vir die hulp ek leer graag :D
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by Hein (Haan) »

Sorry amper vergeet ek, kan ek sommer die wat ek nou al klaar gelaai het gebruik om die loop in te skiet?

baie dankie
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by BRNO (Pierre) »

Hallo Haan. gebruik die wat jy klaar gelaai het om die loop in te skiet, en neem terselfde tyd die spoed van elke lading. kom dan terug hiernatoe, sit al jou geweer se gegewens hier op, en een van die gawe QL manne sal jou help met n baie meer akurater lading.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by Hein (Haan) »

Baie dankie sal so maak.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by BRNO (Pierre) »

Ek het hulp nodig. Volgens QL het ek n berekining gedoen vir my Brno en die volgende gekry:

[img width=560 height=350]http://i1251.photobucket.com/albums/hh5 ... kinJPG.jpg[/img]

Vanmiddag gaan skiet ek vyf verskillende lengtes enkry die volgende spoed ens:
69.5mm Gem spoed=3520 ES=16f/s
69.3mm Gem spoed=3538 ES=28f/s
69.1mm Gem spoed=3506 ES=18f/s
68.9mm Gem spoed=3518 ES=15f/s
68.7mm Gem spoed=3523 ES=41f/s

Al die bog patrone is darrem op die teiken, maar met die laaste een sny al vier feitlik mekaar. Maar kyk wat se QL, en dit is wat my bekommer. Ek dink nie ek het data verkeerd ingesit nie, maar is ook maar mens.

[img width=560 height=350]http://i1251.photobucket.com/albums/hh5 ... eetJPG.jpg[/img]

Kan die verskil tussen die QL berekining en die werklikheid regtig so groot wees?
Last edited by BRNO (Pierre) on Fri Oct 05, 2012 4:25 pm, edited 1 time in total.
Veiligheid eerste manne!
HJA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 329
Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by HJA »

Hallo,

Kan iemand my dalk help met die herlaai data van PMP se 100gr fabrieks ammo.
TPL
Lading

Dankie
Henk
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by BRNO (Pierre) »

Hierdie is hoe ek dit het:

PMP Bruin boks 99gr 25.7mm (koeel lengte) 68.45 (TPL) 42.7gr S365 (vermoed ek)
Veiligheid eerste manne!
HJA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 329
Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by HJA »

Pierre,

Baie dankie. Ek wil net graag die verskillende ladings teen mekaar op weeg.
Ek het op n stadium 39.8gr gelaai tpl 68mm en het nie te sleg gegroepeer nie.
Dalk moet ek terug gaan daarna toe.

Dankie
Henk
User avatar
Hingsding
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Fri Mar 09, 2012 10:54 am

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by Hingsding »

Dag se manne.

Wil graag weet of een van julle vir my kan help met n begin lading vir n 243 Howa, looplengte 22" weet nie wat die twist rate is nie.

Wil n 85gr Sierra Varminter te skiet.

Baie dankie.
458 Win Mag Winchester model 70
375 Ruger Howa
303 Lee Enfield no4 mrk 2
243 Win Howa
9mm CZ75 x 2
Smith & Wesson M910
38 Webley
357 Rossi lever action
22 Semi outo Voere
22 Beretta model 71
12 Gauge CBC Pump action
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by tripodmvr »

Hingsding wrote: Dag se manne.

Wil graag weet of een van julle vir my kan help met n begin lading vir n 243 Howa, looplengte 22" weet nie wat die twist rate is nie.

Wil n 85gr Sierra Varminter te skiet.

Baie dankie.
Begin veilig en dan met 40gr S365 met magnum primer. Om jou verder met berekeninge te help sal jy moet kyk wat die post vir QL onder herlaai aanbeveel. Jy moet die spoed kan waarneem om berekeninge te kan doen - skiet dus oor chronograaf.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by andre007 »

Middag manne,

Wil ook n ladingsversoek rig.  Ek't ook n 243 Musgrave RSA Lyttleton aksie (Vrystater), het ladings vir GSC 69gr HV en wil begin ontwikkel vir 80gr Nosler Ballistic Tips (die wat s & o op hulle bulk bullet sale gehad het).  Is daar ouens wat al met hulle gewerk het, my komponent besonderhede is soos volg:

243 Musgrave RSA Lyttleton aksie
25" Loop
1-10 spiraal
S365 Kruit (lot 63)
"Russian" Large Rifle Primers (Rooi Boksie)
Winchester Doppe

Luister graag na julle idees!
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by Danie01 »

Halo Andre,

As jy dalk jou tpl en dopkapasiteit kan gee, sal die ouens jou beter kan help. Om dit meer akkuraat te doen het hul ook so 3 skote geskiet oor chrony nodig met spesifieke lading en tpl. Sonder hierdie inligting kan hul nie n akkurate voorspelling doen nie.

Groete
Danie
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by Vaalboer »

Hi

Ek sien julle laai graag S365 op die 243. Ek het egter nou al 'n geruime tydjie S385 gelaai met groot sukses. My gunsteling lading is tans Nosler 95 grein BT, Norma doppe met 44,0 grein S385 met Federal LR Match slagdoppe. Spoed hardloop 2972 vps met 'n SD van 15.

Met 70 grein Nosler BT's en 47,0 grein S385 kry ek 3250 vps uit Lapua doppe (sd van 26). Nie so vinnig nie maar bitter akkuraat.

My geweer is 'n Ruger m77 mkII VT met 'n 26 duim loop en 'n 1:9 twist.

Verder probeer ek om die hele nek van die dop te gebruik om die koeel vas te hou. Met die 95 greiners is ek so 0.5 mm van die groewe af.. 70 greiners kom nie naby die groewe nie..

Hoor graag wat julle dink...
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by James Wright »

ek het onlangs begin laai vir 'n 243 Howa Varmint wat in my skoot geval het.

ek skiet 70gr BT's.CCI 200 primers,winschester doppe en 45gr S365. ek laai die BT's .3mm van die lande af en kry baie mooi groepe.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by Hein M. »

James Wright wrote:ek het onlangs begin laai vir 'n 243 Howa Varmint wat in my skoot geval het.

ek skiet 70gr BT's.CCI 200 primers,winschester doppe en 45gr S365. ek laai die BT's .3mm van die lande af en kry baie mooi groepe.
James

Probeer ook 41.2 tot 41.8gr S355 met daardie kombinasie. Jy sal dalk verbaas wees.

Hein M
JWO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Wed Mar 30, 2011 12:22 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by JWO »

Watter spoed kan 'n mens verwag met die 70 gr BT's met S355? Ek het 'n 1 : 8 twist loop vir swaar koeëls, maar wil graag goedkoper BT's probeer vir oes.

Groete
Jacques
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by Carl »

Jacques, het jy klaar koeëls gekoop? Ek is nie 100% seker nie maar wonder oor 70 in so loop. Ek weet daar is 95 gr NBT beskikbaar in groot maat.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
JWO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Wed Mar 30, 2011 12:22 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by JWO »

Ek het klaar een pakkie gekoop om te toets. Ek sal darem seker 'n ander baas vir hulle kry as dit nie werk nie. Die 95 gr NBT se BC is net swakker as die 95 gr Berger VLD's wat ek tans gebruik. Hierdie Bergers is egter onbekombaar tans en sal baie duur wees indien ons weer van hulle kry.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by Carl »

Ek weet nie of dit beskikbaar is nie want my geweer is 1:10. wat van die Nosler CC dis gemaak vir jou twist http://www.nosler.com/Bullets/Custom-Competition.aspx en volgens Safari is daar voorraad. 100 of 250.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by Vaalboer »

Hi

Die 70 greiners werk goed in my Ruger met 1:9 twist. skiet hulle so 3200 vps - nie so vinnig maar styf op 100m (17mm) 5 skote
JWO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Wed Mar 30, 2011 12:22 pm

Re: Herlaai data 243 Winchester

Post by JWO »

Ek het begin by:
39.5gr S355 = 3285 fps met 11.7mm 3 skoot groep op 100m
40.0gr = 3332 fps met 13.2mm
40.5gr = 3350 fps met 26.4mm (een flyer @ 3279fps wat groep oopmaak)
41.0gr = 3390 fps met 12.2mm

Lyk my die Krieger kan enigiets gevoer word en ek het nog nie eers met seating gespeel nie!!!

Met die 105 Nosler Custom Competition doen hy nog beter:
42.5gr S365 = 3100fps met 'n 6mm groep.

Lekker as dit so werk!!!
Post Reply