Ek het al by 'n paar verskillende manne werk laat doen, en my ondervinding was net so uiteenlopend.
By nr wil ek my geweer inboek vir "bedding", die manne sê dit sal +/- 'n maand vat. Ek sien hoe word my naam en werk in die boek geskryf (maar kry geen verwysing nommer). Na 6 weke bel ek om te hoor of my geweer klaar is, toe moet die manne skarrel om die inligting in die boek op te spoor, en toe "nee, ons sal jou geweer oor 2 weke klaar hê". Na twee weke bel ek weer, weer die geskarrel, "nee, jou geweer sal oor 2 dae klaar wees". Drie dae later my geweer gaan haal, en nooit weer by die smit/winkel iets gekoop.
Nr 2 - laat boek my Pa se 270 daar in, my Pa sms "job card" nr vir my en sê ek moet bel en verduidelik wat ek gedoen wil hê. Bel hulle, gee job card nr, praat met smit self en verduidelik wat ek genoem wil hê. Hy noem hulle is baie besig, dit mag tussen 2 weke en maand vat. Presies 2 weke later kry ek oproep geweer is klaar. Die koste is HEELWAT MINDER as wat ek verwag het. Ek reël om per EFT te betaal, maar noem my Pa is die betrokke dag in stad, kan hy maar dieselfde dag geweer kom haal. Hul stem in (en hul weet nie eers of ek wel betaling gemaak het nie). Ek het wel gesorg dat ek dieselfde dag hul geld betaal.
Geweersmit 3 - wil vir 'n geweer groefdraad vir knaldemper laat sny. Bespreek terwyl ek daar is om .22 ammo koop die proses met smit self. Hy noem dat ek geweer moet inboek, maar dat werk dalk eers oor maand gedoen sal word (soos Ralph ook verduidelik het). Moet nog die werk laat doen, maar dit is lekker om 'n "time-frame" te hê.
Geweersmit 1 het "over promise and under deliver", en ek het ook vermoede dat daar ander werk voor myne ingedruk is. So het hulle 'n kliënt verloor. Nr 2 het "under promise en over deliver" so ek sal hom met graagte weer gebruik (as hy nie meer as 300km van my was het ek my eie goed ook daar laat doen). Nr 3 hoop ek is op dieselfde standaard as nr 2.
Soos in die oorspronklike pos genoem, as jy voor die tyd vir my die proses verduidelik, dan gee ek nie om om meer te betaal of lank te wag, maar speel van dag 1 oopkaarte.
Mooi dag,
CCC
Paar vrae oor geweersmede....
-
Rysmier
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Fri Feb 10, 2012 1:16 pm
Re: Paar vrae oor geweersmede....
Christiaan
22 lr Stirling arms
223 Rem Howa 1500 Varminter
243 Win Musgrave Mod 90
6.5x55 Howa 1500
303 British Lee Enfield No1 Mk3
303 Epps P14 ERA
338 Win Mag Remington XCRii
22 lr Stirling arms
223 Rem Howa 1500 Varminter
243 Win Musgrave Mod 90
6.5x55 Howa 1500
303 British Lee Enfield No1 Mk3
303 Epps P14 ERA
338 Win Mag Remington XCRii
-
Ralph Gunsmith
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Mon Feb 18, 2013 12:06 pm
Re: Paar vrae oor geweersmede....
More Manne'
Ek is Ralph snr die geweersmid. Ek het aangesluit om julle bietjie te help met die kwelvrae oor ons smede. Ten eerste wil ek se dat so gesprek wel nodig is. Geweersmidwerk is n spesialiteitsveld. My dag bestaan nie net uit 3 gewere wat in die kluis staan om reg te maak nie. My foon lui gemiddeld 30 keer n dag. ek doen al my werk self en het nie n verkoopman by die toonbank wat beloftes maak nie. ek beplan elke week my werk , maar dinge verloop nie altyd soos ek beplan nie. Ek verduidelik bietjie laasweek vir julle. Beplan my week, maar dit begin reen, ek moet die herblouwerk uitstel, ek begin met silencers, besig op die draaibank en die foon lui. moet als afskakel en vir n halfuur raad gaan gee. die ou hou my besig en vrae baie, dan besluit hy dit is nie die moeitewerd nie en lui af. (geen besigheid) ek begin weer werk. klient kom in. hou my besig vir n uur. hy gee sy geweer in en ek gee n datum. ek begin weer werk op draaibank. Polisie kom in met 30 de-aktiverings. Ek vra my vrou om hulle te help. Ek begin weer werk. foon lui. Dis die ou van vanoggend, hy het besluit ek moet nog iets ekstra doen.intussen word gewere afgeskuur vir herblou , n kolf word gemaak deur die assistent, die ander assistent skuur n ander kolf) Nog twee oproepe van kliente wat se hul lisensies is goedgekeur ek kan hul gewere begin bou , en hulle wil dit voor die jagseisoen he GROOT ASB. 9Aangesien ek pasmaak gewere bou, begin ons eers as die lisensie goedgekeur is want anders sit ek met 'n geweer wat vir niemand pas nie, of niemand se smaak is nie...of die lisensie vat lank ...ens ens) Ek doen klein herstelwerkies terwyl ek wag dat die sparkeroder en wirecutter parte uitsny. My vrou antwoord geduldig die foon en neem boodskappe want ek het die draaibank al 7 keer af en aan geskakel om kliente se oproepe te antwoord. As n motor ingaan vir n diens weet die garage watse parte om aan te hou en dis n standaard prosedure, daar is n ontvangsdame en niemand pla die werktuigkundige nie.Elke geweer is anders , ek moet met die eienaar self praat en soms is die fout nie eers wat hulle dink dit is nie , en ek moet dit toets , weer probeer, weer toets ens. Ek moet bel vir parte, wag vir koeriers, parte maak wat nie meer beskikbaar is nie. Hierdie verg handewerk van sny, saag, vyl , boor en tap. ek probeer om almal tevrede te hou maar almal is altyd haastig. 'n maand voor die jagseisoen dan bring almal hul gewere en ek is n nice ou en wil graag help. In my werkswinkel kan ek nie altyd by die datum hou nie, al probeer ek. ek werk tans van 6 tot 19H00, elke naweek en het die laaste 10 jaar slegs tussen kersfees en nuwe jaar gesluit vir n vakansie (en dan werk ek steeds telefonies - met graagte) Ek gesels graag met my kliente en gee raad en hoor watse probleme hulle ondervind. Hulle reis ver en ek spandeer tyd met mense wat moeite doen om na my toe te ry. Ek kan nie voorsien hoe my dag gaan verloop nie. Ek kan ook nie net op spesifieke tye afsprake maak om kliente te sien nie. Dan staan als in elk geval stil. Geweersmede werk hard en onder baie druk. Ons luister na almal en gee raad en ek het gekwalifiseerde mense wat vir my werk. ek kan nie nog mense aanstel nie want daar is nie geweersmede daar buite wat nie werk het nie. ek stel nie enige persoon aan nie. ek het ook nie tyd om iemand te leer nie. Daar bestaan n wanpersepsie oor die tyd wat sekere werk neem. Ons toerusting en gereedskap en chemikaliee is duur. Arbeid is duur. My vrou is waardevol in my besigheid. Sy verstaan die bedryf, die druk, die kliente en gewere. Dit is soms nodig om my oproepe terug te hou en boodskappe te neem. Anders kry ek nie al my werk klaar nie. dis moeilik om elke klient gelukkig te hou. Een word kwaad omdat sy goed nie betyds klaar is nie, n ander word kwaad omdat ek nie dadelik sy oproep kan beantwoord nie. Iemand wil NOU he ek moet saam skietbaan toe gaan om n fout op sy geweer te soek ens ens. Dis onmoontlik om my deure te sluit en net te werk en geen oproepe of besoeke te kry nie. Hoop julle verstaan dat ons elke geweerliefhebber die nodige aandag en diens wil gee, maar terselfde tyd ook n besigheid wil bestuur. ek het nounet n halfuur getik...iemand gaan nou bel om te hoor of sy geweer al klaar is...

- Ralph Badenhorst
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Re: Paar vrae oor geweersmede....
Eugene wrote:
Ralph, ek wil graag 'n versoek rig en weet nie of dit haalbaar gaan wees nie, maar sal dit moontlik wees om 'n lys te maak van die algemeenste take wat deur 'n geweersmid gedoen word, met 'n geskatte tydsduur daarvan. Iemand het hierbo genoem dat dit omtrent 30min vat om die draaibank op te stel. Ek het dit nooit geweet nie, omdat ek nie kennis het met draaibanke nie. Ek dink bovermelde, sal ten minste die ouens op die forum, bietjie beter laat verstaan hoe lank seker take, wat ons dalk as maklik beskou, werklik neem. Ek bedoel nie hier pasmaak gewere bou en so aan nie, ek praat van die eenvoudiger goed, soos skroefdraad sny en visiere afsweet, ensovoorts!
Middag manne
Ek't my olifante opgespoor en is reg om hul kontrasepsie te gee woensdag
Ek gaan probeer om elke persoon se boodskap te quote en hul eie antwoord gee.
Kom ons begin by Eugene
Ek dink dit is n goeie plan, let wel hierdie is ons metodes en tydsduur en sal verskil van wapensmede maar kan sal n goeie aanduiding wees.
Herblou slegs
Tydperk: tussen 3 en 5 dae
Rede:
1) n wapen moet kompleet uit mekaar gemaak word, parte word in n houer geplaas en gemerk (voorkom om parte te meng)
2) die parte word gepolleer en eenige krappe, stampe moet reg gemaaak of verwyder word , voorsorg moet getref word om nie die hoeke rond te polleer nie. By ons word elke liewe part met die hand gepolleer tot n poller-skuurpapier (600 grit) afwerking en ge"buff" tot n spiel afwerking - kan tot 2dae neem afhangende van kondisie van metaal en tiepe metaal
3) weereens om dit bekostigbaar vir beide partye te maak , sal ons 4 wapens op n slag doen en dus eers ander wapens ook voorberei. Die koste van herbloumiddels is ongelooflik duur en moet ons ook ekonomies ons middels bestuur, JA mens maak nie nuwe herbloumiddels (chemikalia) aan vir elke werk nie maar daardie soute kan ook nie n leeftyd hou nie - n proses moet tog die metaal swart maak dus word dit opgebruik.
4) Nadat die wapens geherblou is word elke liewe part geinspekteer vir eenige foute ens. Die herblou parte word dan vir n dag gelos om te stabiliseer en aan die metaal te klou voordat ons dit met ons hande kan hanteer.
5) die wapen word weer aanmekaar gesit en aandag moet gegee word om nie die klient se wapen te krap nie
6) Die wapen word skoon gemaak en verseker dat eenige herbloumiddels nie op die parte wegkryp nie en verder roes veroorsaak nie
7) al ons wapens word persoonlik ingeskiet in ons 85meter binnehuis skietbaan om te verseker dat die klient se wapen reg is en in die kol is.
Paar redes wat hierdie tydsduur kan vertraag:
1) As dit reen of daar n hoe voginhoud in die lug is , kan ons nie herblou nie - alle parte roes onmiddelik rooibruin
2) verskaffer van herbloumiddels het aflewering vertraag
3) keuse n glans of dowwe(matt) afwerking verskil van tyd
Skroef-draad
Tydperk: tussen 1 dag tot 5 dae
Om skroef-draad te sny is nie so maklik soos wat baie "ingeneurs" voorskryf nie
Omdat ons perfeksioniste is op ons werk vat die skroefdraad prosedure aleenlik amper 2 ure om te sny.
Rede:
1) wapen moet uitmekaar gehaal word - loop en aksie word nie losgemaak nie
2) 99% van die kere moet ons die voorste visiere verwyder en terugskyf of verwyder - wapen moet geherblou word hierna
3) die loop word dan opgelyn en ge-clock gauge tot op n paar duisendstes van n mm. - neem tussen 20min en 40min afhangend van loop profiel
4) daarna word die spoed verstel van die draaibank tot slegs n paar honder revolusies per minuut - skroefdraad moet ongelooflik stadig gesny word om nie hittestres op die kroon te veroorsaak nie
5) die skroefdraad-"pitch" word gekies in lyne per duim en diepte van die skroefdraad
6) die skroefdraad word gesny in snitte met elke snit sleg is paar microns van n mm afneem - neem tussen 1.5 en 2.5 ure vir hierdie proses
7) indien die klient sy kneldemper saam gee moet na elke snit dit opgeskroef word om te vereker dat die skroefdraad nie te styf of te los is nie en perfek seel
9) wapen word weer aanmekaar gesit
10) ons skiet weer die wapen met EN sonder die kneldemper om te verseker datdie wapen in die kol skiet en advies te kan gee oor moontlike ladings, verstelling op teleskoop ens.
Restorasie van huidige kolf
Opknap van jou huidige kolf tot n mooi handafgewerkte olie afwerking
Tydperk: 2 weke
Rede:
1) wapen word uitmekaar gehaal
2) die "varnish of harde afwerking" word verwyder asook natuurlike hou olie - neem een volle dag - na elke "was" moet die kolf eers goed droog word en kyk vir nog plekke waar olie deurslaan
3) elke liewe duik, krap en stamp word uitgelig soveel moontlik - neem nog n dag
4) die chekering word skoon gemaak van eenige varnish
5) die kolf word dan geskuur en elke oorblywende merk word verwyder - begin by n 600 grit en werk deur tot n 1200 water grid skuurpapier - geen microskopies krapie in die sonlig moet sigbaar wees nie
6) die kolf kry dan n alkohol was om die patrone en karakter van die hout uit te bring - kolf moet kurkdroog wees voor daar verder ann gewerk word
7) die kolf word weer afgeskuur tot n 1200 grid
9) stap 8 word herhaal vir 5 tot 14 keer afhangende van spesie hout.
10) die checkering word weer skerp en oorgesny
11) die kolf word opgevryf tot n glas afwerking en dan gelos om te kuur vir n dag - die cherkering word ook behandel en beklemtoon
12) wapen word aan mekaar gesit en geskiet
Basis en ringe
Tydperk: 2-4 dae
Volgens ons is hierdie die werk wat die meeste konsentrasie en geduld verg van wapensmede - jou kolf kan gekrap wees of die herblou werk verweer wees maar as jou visier of teleskoop nie korrek is nie gaan jy jou diere of teiken mis skiet en vertrou verloor.
Rede:
1) wapen word uitmekaar gehaal - slegs aksies, slot en loop word gebruik
2) wapen fabrikate verskil in hule monterings ontwerpe -party sako's het n "getaperde" basis om met recoil te hanteer ens
3) die groote van die basise word gemeet en metaal blokkies word in dimensies gesny.
4) soos bv mauser aksies - moet die blokkies halfronding gefrees/mill word om sondoende te kan vastrek op die ronding van die aksie
5) om die halfronding te kry word n " verstelbare fly cutter" gebruik - net soos skroefdraad word die halfronding in snitte gefrees/sny - na elke snit word die "fly cutter" gestel
6) die basis/blokkie word kort kort gepas om te verseker dat di halfronding perfek is met die aksie asook geen gate sigbaar is nie
7) die basis word dan vas getrek teen die aksie d.m.v skroef - die skroef moet strategies geplaas word om nerens teen die slot/grendel te druk nie ens.
9) die keuse en ontwerp van ringe word dan gemonteer - nog n lang proses wat ek nie gaan verduidelik nie
10) teleskoop word gemonteer
11) wapen word ingeskiet en die nodige verstellings word gemaak aan die basis
12) basis blokkie word geherblou en weer monteer
13) wapen word aan mekaar gesit en weeer geskiet
Kroon oorsny
Tydper: 1-3 dae
1) wapen moet uitmekaar gehaal word - loop en aksie word nie losgemaak nie
2) 99% van die kere moet ons die voorste visiere verwyder en terugskyf of verwyder- soms moet ons n duim van die loop afsny agv skade - wapen moet geherblou word hierna
3) die loop word dan opgelyn en ge-clock gauge tot op n paar duisendstes van n mm. - neem tussen 20min en 40min afhangend van loop profiel
4) die kroon word dan terug gesny tot na die skade
5) die kroon ontwerp word gesny - ronde kroon, match 90 grade kroon ens.
6) visiere word terug geplaas
7) wapen word aanmekkar gesit en geskiet
9) wapen word geskiet
My tyd het ongelukkig opgeraak ek sal nog post vanaand.
Jammer oor my mengsel van afrikaans en engels maar party terme is net beter verstaanbaar in die konteks van wapensmede in engels
Ek beantwoord die ander se vrae vanaand
Groete
Ralph
- Ralph Badenhorst
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Re: Paar vrae oor geweersmede....
Nou het die baas gepraat :-)
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Paar vrae oor geweersmede....
Dankie Ralph, ek sien klaar ek was oor-optimisties oor hoe lank sekere items sou vat, omdat ek nie die prosedure verstaan het nie...
Aim small, miss small
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Paar vrae oor geweersmede....
Manne ek oordeel nie een smit nie maar as julle daai tannie bel wat Eugene die probleem mee het sal julle heeltemal verstaan. Dit is selfs moeite om as jy wil uitvind watse koels of doppe of enagiets wat hulle in voorraad het dit ordentlik terug te hoor. Amper asof mens die idee kry van jy hoef nie hier te koop nie koop iewers anders.
Om vriendelik en ordentlik op n telefoon te wees kos geen geld nie en my verstand wat seker maar aan die dowwe kant is se vir my eerder dat dit meer kliente kan bring wat meer geld kan inbring. Ons praat nog nie hier van die diens wat gelewer word nie net die klient interaksie.
Om vriendelik en ordentlik op n telefoon te wees kos geen geld nie en my verstand wat seker maar aan die dowwe kant is se vir my eerder dat dit meer kliente kan bring wat meer geld kan inbring. Ons praat nog nie hier van die diens wat gelewer word nie net die klient interaksie.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Paar vrae oor geweersmede....
Dankie!BLOK wrote:Manne ek oordeel nie een smit nie maar as julle daai tannie bel wat Eugene die probleem mee het sal julle heeltemal verstaan. Dit is selfs moeite om as jy wil uitvind watse koels of doppe of enagiets wat hulle in voorraad het dit ordentlik terug te hoor. Amper asof mens die idee kry van jy hoef nie hier te koop nie koop iewers anders.