Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ludwig wrote:
Henk, ek stem saam met alles wat jy sê, behalwe, ek sal nooit roids gebruik nie. Eendag pluk mens daai vrugte en dan gee jou organe in, en alles lei daaronder. Maar passop. Kreatien is 'n blikslaer. Solank as wat jy reg eet en reg oefen, het hy sy voordele. Maar as jy om een of ander rede skielik moet ophou gym, kan kreatien verantwoordelik wees vir 'n skielike toename in gewig. Ek het dit eerstehands beleef en nie geweet wat fout was nie, totdat ek dit by 'n PT eendag gehoor het. En toe maak dit baie sin.
Baie waar Ludwig. As jy nie oefen nie, los die kreatien en gebruik liewerste 'n proteien shake en dieet. kreatien is om te bou, maar as jy nie oefen nie, help dit niks...
Ek stem, ek sal ook nie roids gebruik nie. Dis te riskant..
Ja die sterk manne het baie vet bo oor daardie spiere, as hulle "cut" sal jy sien hoe goed hulle eintlik lyk. Maar glo my hulle gebruik ook juice geen twyfel.
Kreatien het defnitief n effek om langer te hou en beter te recover. Ludwig het jy nie gewig aangesit agv niks meer oefen nie of het jy nogsteeds geoefen terwyl jy die gewig aangesit het?
Henk daardie program wat jy op die eerste bl gesit het is dit wat jy nou tans doen?
Ja dit doen verhoog water retensie maar natuurlik gaan jy spiere verloor as jy nie oefen. Met minder spiere verbrand jou liggaam minder vet en so tel jy dan ook gewig op jy oefen dan nie eers nie 9 kg in 8-10 maande is glad nie sleg nie in elk geval.
Die geheim is dieet. As jy ophou gym moet jy jou dieet ook aanpas, want daar is nou n ekstra 700-1000 calories wat erens moet verbrand word of om die maag gaan sit.
Ja, die program op bladsy 1 is wat ek volg, ek wissel hom maar af, 1 week baie swaar (6 reps max), volgende week ligter met 12 reps en die week daarna nog ligter met 25 reps. Dan weer terug na baie swaar toe. Skok die spiere die heel tyd en hulle kan nie gewoond raak aan oefen nie.
Henk ek sien jy doen nie deadlift eerste as jy rug doen nie. Toe ek dit nog gedoen het het ek geleer moet jy dit heel eerste doen want as daardie lats eers stukkend is is dit moeilik om nog n swaar bar op te hou want die voorarms en hande is ook nog moeg na die lat oefeninge. Ek sien jy doen bors op n vrydag is dit omdat maandag internasionale borsdag is en die ouens staan tou vir die bench?
nee, bene is die ergste, dus doen ek hulle Maandag. Niemand doen bors Vrydae nie, dan is die benches oop.
Oor die deadlifts, ek warm op met my optrekke en strekke om die rug en spiere lekker warm te kry. Dan as ek deadlift sit ek maksimale krag in en ek hoef nie te worry oor rug en spiere wat nog koud is nie. .Deadlift werk op glutes, hammies, bene en erector spinae spiere van die rug, ander spiere as wat mens doen met die ander oefeninge.
SV MAD (Henk) wrote:

Ek werk ook gat oor kop en sukkel nie regtig nou met wag vir benches nie.
SV MAD (Henk) wrote:
Ek kan jou 'n briefie gee dat daar baie gym werk daar in is. Die enigste rede dat hy so goed lyk is dat sy BF% ongeveer so 8-10% is
Ek het baaaaiiieee lank terug vir 'n ruk geboks en kom ek sê jou, daardie oefeninge is nie 'n man se maat nie! As ek dit vandag moet doen, is ek dood binne 20 min. Kyk maar hoe vinnig raak twee bierpense in 'n kroeggeveg se stoom op, dan lyk dit soos twee hangkaste wat dans...
Eugene wrote:

'n Pel van my se pa het jare geboks. Hy's nou naby 70. Ek was nou die dag by sy huis toe wys hy my hoe werk n bokser van 70 met n springtou. Ek was verstom! Ek sal myself skaapvang met daai tou!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Hierdie topic het op net die regte tyd gekom.My seun is nou 16 en net gat en grate en wil graag bietjie lyf kry vir die jaar se rugby.Al die ander seuns is nou groter as hy.Rugby is nie meer dieselfde as toe ons kinders was nie.Ek dink Henk se program behoort hom mooi te kan help.
Groete.
Born2Late wrote:

Pasop net vir te vinnig te veel op jou seun se ouderdom. As hy nou iets doms aanvang, gaan hy vir die res van sy lewe sukkel! Laat hy aanvanklik saam met 'n PT oefen wat hom touwys kan maak en leiding kan gee!
Last edited by Eugene on Thu Jan 17, 2013 2:07 pm, edited 1 time in total.
Ek stem saam. Ek glo ook aan ligter gewigte en n goeie vorm.Gelukkig wil hy nie knoppe bou nie,net bietjie lyf kry en sterker word.Ek was nogal verbaas oor wat al die aanvullings kos.Vir die ernstige manne kos dit seker n aardige bedraggie elke maand.
Wees maar versigtig vir van die produkte. Les wat ek geleer het is om dalk 'n bietjie meer te betaal en jy weet wat op die label staan is binne die blik. 1 so 'n produk is SSN. Google hulle maar, hulle is van die beste en hulle pryse is dieselfde as USN ens.
Ludwig wrote:
Daar is bitter groot geld in daai aanvullings. My sussie het op 'n stadium vir USN gewerk. Jy moet sien wat hulle die produkte kosprys voor kon kry. Maak mens kwaad as jy dan die pryse in die winkels sien. Daai manne maak maklik 300% wins op elke produk wat verkoop word.
Ek kan net nie verstaan, waarom hulle sulke groot houers moet gebruik nie? Het gister vir die eerste keer van die goed gekoop en amper elke houer is net half vol, maar in 'n mam@erse houer!

Ag, dis soos die houers se gebruikers. Hulle lyk net so groot, maar is nie eintlik nie!