Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
FHM wrote:
Great dankie Jaco.
Gedink jy moet miskien maar voorlopig daaraan dink en laat ons vorentoe hoor by die lede, of ons nie maar elke 6 maande (2 x p/jaar)) so skenkings fonds- kompetiese kan hou nie. Daai kinders het nie net Des maande n behoefte nie, en elke duisend rand wat Jaracal insamel en skenk help n paar kinders deur diep waters. Net n idee wat draai in my kop.
FHM,
Ek het juis vir Jaco op 'n soortgelyke vlak 'n PM gestuur.
Ons is vinnig om al daardie ou klere wat nie meer pas nie aan die bediende/tuinhulp te gee, want dit is nou maar net in die pad en ons wil vinnig daarvan ontslae raak.
Asook wat word van al daardie ou speel goed waarmee die kinders nie meer wil speel nie. Ek dink dat ons al daardie goed kan skenk aan die te huis, so elke 6 maande. So kan ons deur die jaar nie net 'n fonds insameling hou nie maar ook ons eie ongewenste items skenk aan die huis.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Dankie, ons kan maar later 'n stemming hou daaroor maar ek voel dat eenmaal 'n jaar genoeg is, die Jaracal manne steek hulle hande diep in hulle sakke en kan ons nie dit misbruik nie. Ons moet ook in gedagte hou dat daar nog Dag van Sonskyn jag ook weer kom wat ons ondersteun en voel ek dit is vir eers genoeg. Elke man/dame doen sekerlik sy deel op ander plekke ook deur die jaar. Ek voel ook net dat indien ons dit volgende jaar weer doen moet ons kyk na ander instansies ook.
Daar was 'n vraag van 'n lid vanoggend oor of hulle ander tipe skenkings soos klere ens sal vat, ek glo so maar vra elkeen wat dit wil doen om direk met die Sekretaresse te skakel haar naam is Vera en haar nommer is 082 vier 42 9826.
Skuus ek kan nie nou aan dit aandag gee nie.
Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Teen hierdie tyd het elkeen wat sover ingeskryf het sy nommers gekry, as jy nie het nie moet jy my asb PM stuur sodat ek dit weer kan stuur.
Wat volgende gebeur is dat vir elke 4 kaartjies wat jy gekry het sal jy nou 1 nommer kry met G vooraan, hierdie G nommers sal opmekaar volg en nie "random" wees soos die ander nie. Hierdie G nommers word dan afsonderlik in 'n houer gegooi en slegs persone wat G nommers het sal in aanmerking kom vir die groot prys. Hierdie is m.a.w 2 kompetisies in een en sal die trekking gedoen word direk na die eerste klomp pryse getrek is.
Om enige onduidelikheid uit die weg te ruim, almal se kaartjies word in houer gegooi vir eerste 3 pryse se trekking daarna is daar 2de houer met G nommers in vir Grootprys.
As daar enige onduidelikheid is vra my gerus.
Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
By nou moet almal wat meer as 4 kaartjies gekoop het hulle G nommers gekry het, as jy nie het nie kontak my asb. Die manne wat nog nie by 4 is nie, julle kort nie baie om ook in aanmerking te kom vir groot prys nie maar is dit elkeen se besluit.
Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Hier kan 'n paar manne nog vir hulle self 'n lekker kersgeskenkie los woel!
As jy 'n bok op die grond wil he moet jy lood in die lig sit, as jy 'n vis aan die hoek wil he moet jy aas aansit, as jy een van die pryse wil wen moet jy 'n kaartjie koop. As jy nie die pryse nodig het nie, koop dan net 'n kaartjie, die kinders wen dan ten minste iets.
Ek mis nog 'n hele paar staatmakers hier
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Ek lees gister 'n teleurstellende nuusberig van 'n kinderhuis wat nie fondse vanaf groot maatskappye af kry nie omdat hulle te wit is ? 70% van die kinders is blank waar gaan ons wereld heen. BEEE gemors
Daar is presies een week oor vir hierdie kompetisie en vra ek almal wat kan om deel te neem, hierdie is goeie pryse en is verseker die moeite werd om aan deel te neem.
Aan die mense wat al deel geneem het baie dankie daarvoor.
Gaan groot
Groete
Jaco
Last edited by Jakkalsgat on Mon Dec 10, 2012 10:59 am, edited 1 time in total.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Ek is trots op dit wat ons al gekry het en is daar nog 'n week oor ons gaan nie op enige iemand se gevoel speel of hierdie kompetisie in hulle kele afdruk nie.
Soos Goose se chill kwagga
Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Jaco
EK sal paar rand by jou kom aflaai maar wil iie kaartjies he nie. DIe geld kan julle maar net bysit by die fonds
Sien later in die week
Dis n baie mooi gebaar -- great stuff
JB