Page 23 of 24
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu May 29, 2025 5:45 am
by Apie
Mareetsane omgewing
Albei gejag met 300WSM met 165gr Federal Fusion kafee ammo.
Bokke is lekker vet, karkas gewigte
Rooibok 33.3kg
BWB 120.4kg
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jun 18, 2025 7:55 am
by jdpretorius
Dit was weer n groot voorreg om die jaar, uiteindelik, my eerste eland by Eduard te kon jag... ons het sommer baie lekker daar by hom gekuier, en Eduard het baie moeite gedoen om almal n kans te gee om n vleisie huis toe te vat.
Die veld het baie reën gehaad, en n ou het n hele klomp kilometer moes stap, deur baie ruig veld, om dalk die skaam elande te kon opspoor.... ek dink iemand het hulle vertel ons is daar om hulle Pretoorsdorp toe te vat.
Die groot koors het my genadiglik nie te woes gepak nie, en die 165gr AB uit die kort loop Howa 30-06 het sy werk perfek gedoen.... dit voel vir my ek en die geweerkie is besig om groot pelle te raak. Ek het virseker nuwe respek & liefde vir die kaliber.
Die lekker vleis koei het 183kg uit geslag.
Ons kon ongelukkig nie die koeël herwin nie, en ek dink die het dalk saam met haar computerkie uit geval.
20250614_115318.jpg
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jun 19, 2025 8:16 am
by Toxxyc
Eduard is die boer by wie jy gaan jag en dan bly jy pelle. Ek weet hy het genoem hy wil sy elande afhaal, bly om te sien hy lyk of hy daarby uitkom. Ek dreig juis die hele week al om hom 'n boodskap te stuur. Ek maak sommer nou so, dankie.
Pragtige vleisies daardie, geniet haar!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jun 19, 2025 11:30 am
by heywillie
Mellies wrote: Wed May 28, 2025 5:11 am
Kerels dit lyk of niemand meer jag nie...
Ons is oppad Zeerust toe.
Blouwildes
Rooibok
Streepdonkies
Modderbok
Met n vleisie...
Was einde Mei in Baltimore se omgewing.
Tussen die drie van ons het die volgende geval:
12 rooibokke
7 varke
1 waterbok bul
6 sitbokke
Hiermee 'n paar fotos
Rooibok.jpg
Vark 2.jpg
Vark.jpg
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jun 19, 2025 12:45 pm
by jdpretorius
Toxxyc wrote:Eduard is die boer by wie jy gaan jag en dan bly jy pelle. Ek weet hy het genoem hy wil sy elande afhaal, bly om te sien hy lyk of hy daarby uitkom. Ek dreig juis die hele week al om hom 'n boodskap te stuur. Ek maak sommer nou so, dankie.
Pragtige vleisies daardie, geniet haar!
Baie dankie Toxxyc ! ....ja,ons kuier altyd lekker by Eduard.
Daar loop darem nog 10 lekker vleis elande wat ons nie kon plat maak nie

Maak jouself net reg vir baaaie stap, daai elande is lekker skelm. Die grasveld is so ryg dat dit voel of jy op n matras loop en n ou weet nie waar kruip slang se kind weg nie.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jun 19, 2025 1:29 pm
by Stephan86
Ek was die eerste week van Junie in Alldays. Kyk dit is baie ruig en die gras is lank. Al wat jy sien is die rooibokke se koppe wat uitsteek.
Ek het hard gesoek na 'n koedoe, maar die wind was die week op sy kop en het al 3 dae erg gewarrel.
Ek was wel gelukkig genoeg om 5 rooibokke en 'n varkie te skiet.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jun 19, 2025 1:32 pm
by Stephan86
Nog so twee
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Jun 20, 2025 10:21 pm
by Fanta300
8fde6fe5-ca40-413d-9faa-0f0662a1524a.jpeg
Vanmiddag op Platberg naby Klerksdorp.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Mon Mar 09, 2026 1:30 pm
by Capt. Yoda
Met die lekker koel wind in die ogend wanne begin die manne jag?
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Mon Mar 09, 2026 7:30 pm
by Lapua
Gesin jag is geboek vir paas naweek. 1ste April is 26 jaar getroud en die 4de is my Wyfie se verjaarsdag.
Ek luister wie ook oppad is.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Mar 10, 2026 2:01 pm
by JAGTERSREG-JRM
Hoe se hulle......As die koel liggie so begin waai DAN ruik mens al die biltong!!!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Mar 11, 2026 7:20 pm
by Eduard Venter
Gaan vir die eerste keer in my lewe betaal om te jag hierdie jaar. Bietjie kalahari toe einde April, ruik al die biltong soos Kobus hier bo gesê het!
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Mar 11, 2026 7:46 pm
by snakker
Eduard Venter wrote:Gaan vir die eerste keer in my lewe betaal om te jag hierdie jaar. Bietjie kalahari toe einde April, ruik al die biltong soos Kobus hier bo gesê het!
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Dis baie beter. Nou kan jy skiet wat en soveel jy wil en hoef nie te voel die boer doen jou n guns nie
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Mar 11, 2026 8:40 pm
by Rudi Fischer
Ek is darem al so 3 Buffels in vir die jaar.
Manne, maar die bosluise is rof die jaar.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Mar 12, 2026 8:46 am
by tripodmvr
die bosluise is lief vir my en Bayticol het 'n nare reuk en kan irriterend op die vel wees. Ek het gevind dat Peaceful Sleep baie effektief by my werk. Ek spuit op my ontblote vel en onder om my skoene as ek langbroek dra. Om die middel keer ook vir kruipers.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Mar 12, 2026 9:06 am
by TFDADD
by tripodmvr » 12 Mar 2026 08:46
die bosluise is lief vir my en Bayticol het 'n nare reuk en kan irriterend op die vel wees.
Marius, Bayticol spuit mens op jou jagklere en skoene - skoene, kouse, broekspype, baadjie moue en skouers - werk so uitstekend en net nodig om elke derde dag só aan te spuit.
Glad nie bedoel om aan jou vel aan te wend nie - as ek reg onthou staan die ook so op gebruiksaanwysings.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Mar 12, 2026 9:39 am
by tripodmvr
Dit is wel die aanbeveling, maar die middel raak tog aan jou vel. Die reuk is egter iets uit die bose en jy asem dit in. Ek gebruik liefs die PS wat lekker ruik, goedkoper is en makliker aangewend kan word.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Mar 12, 2026 1:07 pm
by Eduard Venter
Stem saam met oom Marius, peacefull sleep werk mooi en ek het altyd in my bakkie daarvan.
Indien niks anders beskikbaar is nie werk n diesel lappie nogal. Weet egter nie hoe goed of sleg dit vir mens is nie, is seker maar beter as bosluiskoors
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Mar 12, 2026 1:16 pm
by JAGTERSREG-JRM
Bayticol dag voor die tyd aan jou klere en kouse en dag later is reuk weg. Om hom vars te spuit is ma rof. As ek reg onthou is hy effektief 2-3 dae en dit maak helse verskil
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Mar 12, 2026 1:22 pm
by Capt. Yoda
Daai Flumethrin gaan julle stingels laat af val as julle hom direk op die vel spuit
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Mar 12, 2026 1:31 pm
by JAGTERSREG-JRM
Capt. Yoda wrote: Thu Mar 12, 2026 1:22 pm
Daai Flumethrin gaan julle stingels laat af val as julle hom direk op die vel spuit
Lekker lag ek nou........
Sommige manne doen ma snaakse goed en bang vir n bosluis
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Mar 12, 2026 7:26 pm
by Mellies
tripodmvr wrote: Thu Mar 12, 2026 8:46 am
die bosluise is lief vir my en Bayticol het 'n nare reuk en kan irriterend op die vel wees. Ek het gevind dat Peaceful Sleep baie effektief by my werk. Ek spuit op my ontblote vel en onder om my skoene as ek langbroek dra. Om die middel keer ook vir kruipers.
750ml Captain Morgan die aand voor die jag.
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sun Mar 15, 2026 8:10 pm
by Apie
Capt. Yoda wrote:Daai Flumethrin gaan julle stingels laat af val as julle hom direk op die vel spuit
Yes
Bayticol net gebou om op jou klere te spuit..
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Mon Mar 16, 2026 8:43 am
by toxicsox
Die goed stink so ek het al gedink ek moet 'n Bravecto chase met 'n shot Jagermeister voor ek gaan jag.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Mar 17, 2026 3:00 pm
by tau
toxicsox wrote: Mon Mar 16, 2026 8:43 am
Die goed stink so ek het al gedink ek moet 'n Bravecto chase met 'n shot Jagermeister voor ek gaan jag.
Dan byt jy die bokke ipv. hulle skiet!!!
Die Kaap brand nog so uit ek kan nie aan jag dink nie!!!