Page 3 of 3
Re: ALGEMENE VERSORGING,BOERE RATE en TIPS.
Posted: Tue Oct 12, 2010 8:41 am
by Meyan
Kamakasi,
Ek stem saam met jou. Aandag en baie liefde vir n hond maak defnitief n verskil.
Ek het self n paar honde wat ek seker volgende week wil opsit.
Groete
Meyan
Re: ALGEMENE VERSORGING,BOERE RATE en TIPS.
Posted: Tue Oct 12, 2010 11:02 am
by KAMAKASI
Hello Meyan,
Ja,sit hul asb op dat ons kan sien! Die wardering en respek vir goed versorgde honde en mooi diere gaan oor die grense van n ras!
Re: ALGEMENE VERSORGING,BOERE RATE en TIPS.
Posted: Wed Oct 13, 2010 12:41 pm
by GREYHOUND
GROEI TEMPO VAN N WINDHOND????
Ek het oor die jare altyd my windhonde se groei op grafieke geplot en het nou n goeie idee teen watse tempo n windhond groei. Ek praat nou meer oor reuns as tewe. N reun wat +- 45kg weeg as hy uitgegroei is sal min of meer so gewig aansit vanaf speen +- 6 weke tot op 1 jaar ouderdom.
6 weke = 3kg
2 mde = 5-6kg
3mde = 11-12kg
4mde = 18-20kg
5mde = 24-25kg
6mde = 28-30kg
7mde =33-35kg
8mde =37-39kg
vanaf 8 maande tot en met n jaar sal hy maar so 6tot8 kg optel. Wat dit vir ons se is dat die groei kurwe drasties afplat na hy 8 maande oud word, en dit is vir my n windhond se belangrikse tyd ten opsigte van voeding in sy lewe. Ek dink dat n mens die beste kos wat jy kan bekostig moet gee vir daai eerste 8 maande van n windhond se lewe, om teen hierdie tempo te kan groei moet hy n hoe protieen dieet kry met die regte kalsium fosfor inhoud. Sy hele ligaam ontwikkel teen n helse tempo, gewrigte, spiere, ligamente, bene ens en as hy nie die regte kos kry om dit te voed sal hy nooit ten volle ontwikkel en jy sal die vrugte later pluk met allerhande probleme, spiere wat trek, gewrigte wat altyd pla, die hond is altyd mank(krippel) ens. Dit is my siening en ek hoor graag van die ander manne ten opsigte van kos en groei tempo?????
Groete Greuhound
Re: ALGEMENE VERSORGING,BOERE RATE en TIPS.
Posted: Wed Oct 13, 2010 5:32 pm
by KAMAKASI
Beste Greyhound!
n Kleinwindhondjie R2000
n sak eukanuba puppy large breed R580
Hierdie talks van jou Louis,
PRICELESS!!!!
Manne die man verstaan dit,nie ne top talks nie,op merierte!!!
Re: ALGEMENE VERSORGING,BOERE RATE en TIPS.
Posted: Wed Oct 13, 2010 6:37 pm
by GREYHOUND
Kamakasi
Ek is besig om 2 van puma se kleintjies groot te maak, hulle is tans op royal canin maxi growth kos en ek het nog nooit sulke groei uit n hond gekry nie, die een het vanaf 3mde tot 5 mde 14 kg gewig aangesit. Daar kan twee redes wees vir die vreeslike groei, eerstens die kos en tweedens dat hy dalk hier by die 50kg+ gaan draai as hy uitgegroei is. 14000 gr in 60 dae is n average van 233gr per dag wat hy optel, hy het omtrent 600gr van die kos per dag geeet en as jy kyk na die voer(kos) omset in gewig is dit eintlik astronomies. Nog n ding van so n windhond is dat hy op 4 tot 5 maande ouderdom meer eet as wat hy op 1 jaar ouderdom eet. Dit is hoekom ek hulle 3 of 4 keer op n dag voer tot op 8 maande om sodoende nie sy spysvertering te oorlaai en dit eerder oor n langer tyd te versprei en minder op n slag te gee. Jy sukkel ook baie minder met los magies op die manier.
Groete Greyhound
Re: ALGEMENE VERSORGING,BOERE RATE en TIPS.
Posted: Thu Oct 14, 2010 8:04 pm
by Foxhound