Page 3 of 6
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Fri Sep 17, 2021 7:24 pm
by Muishonde
Mellies wrote: Fri Sep 17, 2021 6:38 pm
n 22-250 met 26” loop spoeg n 55gr net duskant 3900voete met CFE223.
Aangesien jy n howa met 24” loop wil aanskaf kan jy n 50gr boontjie tot net ander 3900voete jaag met CFE223.
Ek gebruik n 222 met 40gr boontjies. N120 jaag hulle aan @ 3550voete.
N 223 met 24” pyp spoeg n 40gr boontjie @ 3600voete.
n 222/223 gaan jou heelwat langer hou vs bg 22-250 se aanwending. Dis net my opinie.
Hoop dit help.
Met n vleisie...
Dink dis baie mooi opgesom dankie.
Moet se daai 222 van jou gee n bitter mooi spoed.
Ek waardeer almal se insette baie !
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Fri Sep 17, 2021 7:27 pm
by Muishonde
Gee die 22-250 regtig net 1800 skote ?
Sal hom seker darm nie rooi warm skiet op n slag nie...dis darm nie n kompetiesie waar baie skote agtermekaar geskiet word nie.
Hoeveel skote het julle manne al gekry met n 22 250 ??
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Fri Sep 17, 2021 8:45 pm
by joe rocket
Man ek weet van n 308 1200 skote loop klaar. 243 Ackley Improved 850 skote klaar. As jy die goed soos n f1 kar ry gaan hulle een of ander tyd groet. 223 AI meer spoed laer druk. Daai een is die nr.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Fri Sep 17, 2021 9:48 pm
by Dumbluck
https://www.habitatafrica.co.za/product ... ed-action/
Die 1-8 twist Howa 223's is hier, en hy is klaar draad gesny ook.
Ongelukkig nie stainless nie.
Tikka ook nie 'n slegte prys nie.
https://www.habitatafrica.co.za/product ... n-varmint/
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 6:05 am
by Malan123
Stainless loop roes ook maar as jy nie na hom kyk nie. Persoonlik verkies ek cerakote.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 7:33 am
by tripodmvr
Ek het 'n boek hier in my besit waar die Amerikaanse skrywer voorhou dat hy die volgende gevind het met die skiet van hul klein ongediertes.
Sy stelling is dat die 223 'n 500 jaart en die 308 'n 800 jaart geweer is. Sy verwysing is na normale jaggewere in die twee kalibers. Sy ervarings het hom die gevolgtrekking laat maak en dit spruit uit twee waarnemings :-
1. Die 223 se oemf raak op teen 500 jaarts en daar is nie 100% doodskote nie. 'n Wildemakou is bietjie taaier as hul "prairie dogs".
2. Die 308 se akkuraatheid verder as 800 jaarts verseker nie die 100% doodskote nie.
Die 6mm kalibers lewer die ekstra oemf wat vir die groter watervoëls nodig is, veral as die afstand verder gerek word.
'n Vriend van my het na die vinnige .22s as ertjiepit gewere verwys. Meer krasser het hy die koeëltjies pisdruppels genoem.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 8:07 am
by Lategan1
Stem saam, ek beperk my afstand tot 450m met my .223. Verkieslik nie bo 400m. Sien die syfers, die ‘oemph’ is min daar by 450m vir Makou.
Nou gaan ek verder fire form met my 9.3x62 in ‘n storm sterk wind. Dalk sit daar ‘n makou op 50m.
Beste.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 9:07 am
by Muishonde
Gaan daai 1/8 n 53gr v-max of 55gr v-max stabliseer hier op seevlak ? Ja ek weet die swaarder punte gaan meer geskik wees vir 1/8 , maar ek soek iets wat platterig kan skiet onthou.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 9:10 am
by Muishonde
Malan123 wrote: Sat Sep 18, 2021 6:05 am
Stainless loop roes ook maar as jy nie na hom kyk nie. Persoonlik verkies ek cerakote.
Ek besef stainless steel roes ook, en mens moet hulle ook oppas, maar dis darm heelwat beter as carbonsteel.
Hoe is cerakote? Hoe goed is dit en wie doen dit ordentlik ?
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 9:21 am
by Muishonde
tripodmvr wrote: Sat Sep 18, 2021 7:33 am
Ek het 'n boek hier in my besit waar die Amerikaanse skrywer voorhou dat hy die volgende gevind het met die skiet van hul klein ongediertes.
Sy stelling is dat die 223 'n 500 jaart en die 308 'n 800 jaart geweer is. Sy verwysing is na normale jaggewere in die twee kalibers. Sy ervarings het hom die gevolgtrekking laat maak en dit spruit uit twee waarnemings :-
1. Die 223 se oemf raak op teen 500 jaarts en daar is nie 100% doodskote nie. 'n Wildemakou is bietjie taaier as hul "prairie dogs".
2. Die 308 se akkuraatheid verder as 800 jaarts verseker nie die 100% doodskote nie.
Die 6mm kalibers lewer die ekstra oemf wat vir die groter watervoëls nodig is, veral as die afstand verder gerek word.
'n Vriend van my het na die vinnige .22s as ertjiepit gewere verwys. Meer krasser het hy die koeëltjies pisdruppels genoem.
Ek besef die 223 se oemf is uit op 500 y of 450m, vandaar ek het gevra wat wen jy met die AI weergawe.
N 55gr v-max pisdruppel teen 3800fps +- gaan n makou mooi omdop dink ek...dis net looplewe lyk my

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 9:30 am
by tripodmvr
Muishonde wrote: Sat Sep 18, 2021 9:07 am
Gaan daai 1/8 n 53gr v-max of 55gr v-max stabliseer hier op seevlak ? Ja ek weet die swaarder punte gaan meer geskik wees vir 1/8 , maar ek soek iets wat platterig kan skiet onthou.
Gaan loer by bergerbullets.com. Hulle het 'n twist rate calculator.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 9:36 am
by Muishonde
Ek sien nou die 20" varmint barrel 223 is 1/9 en die 24"BB gee hulle as 1/8 . Die 22 250 sien ek gee hulle as n 1/12 twist aan, ek dog al die 22-250 is oor na 1/9 van 2014 af, dan nie ? Of was dit nou wee net sekere gewere ?
Wie iemand wanneer verwag hulle die nuwe shipment ?
En kan julle asb uitbrei op cerakote en prys asb ?
Dankie vir almal se insette en replies, waardeer opreg !
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 9:39 am
by Arnold
Daar was net een batch 9 twist howa gewere in 22-250.
Kry vir jou n 22-250 en skiet n 53/55gr
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 9:40 am
by Muishonde
Dankie oom Tripod, ek gaan loer bietjie daar...ek is maar net altyd bekommerd oor die seevlak ding , gewonder of iemand hier onder in sonnige Suid Afrika ondervinding het met dit ? Daar bo in donker Afrika is dit n perd van n ander kleur, hehe
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 9:48 am
by Muishonde
#Arnold . Jong dit lyk almeer na die antw. ,dalk moet mens hom Ackley en die aksie laat blueprint van die begin af ?
Wie is die beste in die Ackley bedryf en wat kos dit +- ?
Dalk cerakote oorweeg as ek nie SS kan kry nou nie ?
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 12:52 pm
by Dumbluck
Muishonde wrote: Sat Sep 18, 2021 9:07 am
Gaan daai 1/8 n 53gr v-max of 55gr v-max stabliseer hier op seevlak ? Ja ek weet die swaarder punte gaan meer geskik wees vir 1/8 , maar ek soek iets wat platterig kan skiet onthou.
Ek gaan nog duiwelsadvokaat speel en 'n laaste vergelyking maak, hieronder is die 70gr RDF teen 2980fps en 'n 53grVmax teen 3400fps en 'n 5mph dwarswind.
Ja die vmax het die trajek voordeel tot by 500m, ma hoeveel? 'n maksimum van 8cm op 400m. Dit is sy enigste voordeel.
Op 400m het hy oor die 9cm meer windskuif as die RDF.
Energie 434ft/lbs teenoor 675ft/lbs op 400m.
As mens die 53gr by 3800fps kan kry raak die trajek voordeel baie groeter ma ek dink nie 'n 223 sal daar uitkom sonder druk probleme nie.
22250 sal dit seker doen ma dan gooi jy 10gr eksta kruit, duurder doppe, korter loop lewe, duurder punte ens. Dan koop ek liewers 'n 6mm creedmoor
70gr RDF 2980fps.jpg
53gr Vmax 3400fps.jpg
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 2:43 pm
by Gawie(13mm)
....en daar gaan die lig vir Adriaan aan.
Daar is 'n paar van ons wat uit eie ondervinding praat.
'n Wilde Makou is die buffel van die voël-wereld. Ek het al 'n tonnel deur een geskiet met my 7mm en hy het nog steeds gevlieg.
Ek sê nie dat 'n .223 of .22-250 nie die pyp sal rook nie, maar jy wil die voël doodskiet en nie net raak skiet nie. Nes met enige ander tipe jag is al die hulpmiddels tot jou beskikking net goed genoeg as jy die voël dood kan gaan optel.
Vergeet van "recoil", hoeveelheid kruit en koël gewig teen watter spoed en hoeveel skote jy uit die loop gaan kry.
Die vraag is: "Wat is die ideale makou kaliber?"
Die antwoord is eenvoudig. Dit is die een waarmee jy die meeste makoue gaan raak skiet en dan vir dood gaan optel.
Muishonde, my tyd is nou bietjie min, maar jy is welkom om my te kontak, dan reël ons iets aan die kant van die berg of ek en 'n paar man bring ons "jag-kar" en roere en ons dood 'n paar "bombers" soos Rainier sê.

Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 5:16 pm
by Malan123
Muishonde wrote: Sat Sep 18, 2021 9:10 am
Malan123 wrote: Sat Sep 18, 2021 6:05 am
Stainless loop roes ook maar as jy nie na hom kyk nie. Persoonlik verkies ek cerakote.
Ek besef stainless steel roes ook, en mens moet hulle ook oppas, maar dis darm heelwat beter as carbonsteel.
Hoe is cerakote? Hoe goed is dit en wie doen dit ordentlik ?
Cerakote werk baie goed, vra my ek is lui 3uur in die oggend na 'n lekker jakkals sessie. Izak Hatting van Trueworx doen al my roere
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 6:04 pm
by Arnold
Om eerlik te wees dink ek Howa se blou gewere is meer roesbestand as die stainless gewere. Ek sal nie sommer die ekstra betaal vir n stainless Howa nie.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sat Sep 18, 2021 9:53 pm
by joe rocket
Arnold wrote: Sat Sep 18, 2021 6:04 pm
Om eerlik te wees dink ek Howa se blou gewere is meer roesbestand as die stainless gewere. Ek sal nie sommer die ekstra betaal vir n stainless Howa nie.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Netso
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sun Sep 19, 2021 12:56 pm
by Muishonde
# Dumbluck ...Dankie vir die mooi uiteensetting, so tabel wys dinge mooi uit.
# Gawie... Ons is naby aan mekaar, sal graag eendag wil saamskiet en julle "jag kar" met ons "makou kar" wil vergelyk ,hehe
#Malan ...Ek het al van goeie goed gehoor van Izak se werk, sal beslis hom in gedagte hou...dalk kry hy binnekort 2 gewere.
#Arnold...Ek het dit nie geweet nie, baie interesand. Ek weet wel my swaer se 6.5 x55 Tikka SS het beter geroes toe ons onder die kolf kyk eendag, en hy is in die Oos Rand.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sun Sep 19, 2021 1:05 pm
by Muishonde
Moet se ek is bitter lus vir n mooi nuwe roer....gelukkig dink my vrou ek het net 3 ysters, hehe
Dis egter jammer die Howa 22-250 's kom nou nie meer met n 1/9 twist uit nie...dink hulle bied" beste of both worlds " !
Dan sit n man met die liksens ding ook nog ,ai.
Het iemand nou onlangs iets laatbou ? Tyds gewys neem dit nog langer as net aansoek doen vir n roer ?
Ek sit met n RSA enkelskoot aksie en dit laat nog n paar opsies oop ?
Ding Geno skiet n wille 6mm dan nie ?
Geno kom in asb ?
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sun Sep 19, 2021 1:26 pm
by BenJacobs
Die 243 en 223 het hulle self mooi gedra vandag.
Het vandag weer gesien, dat ek nie 'n ander geweer as by 243 wil gebruik vir die ganse nie! Hulle het geval soos vrot velle.
Groete Ben
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sun Sep 19, 2021 5:52 pm
by Muishonde
BenJacobs wrote: Sun Sep 19, 2021 1:26 pm
Die 243 en 223 het hulle self mooi gedra vandag.
Het vandag weer gesien, dat ek nie 'n ander geweer as by 243 wil gebruik vir die ganse nie! Hulle het geval soos vrot velle.
Groete Ben
Goeie werk !
Watse punte skiet jy in die 243 ?
87gr V-max het al mooi gewerk vir my in die verlede.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sun Sep 19, 2021 5:59 pm
by Malan123
Muishonde, jy gaan sien. Hierdie gesprek gaan 6 rondtes hardloop en elke skoot terugkom na 'n lekker 6mm....