Page 3 of 5
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 2:22 pm
by tafjak
Arnold
Arnold wrote:
Taffie, met 'n groter dop teen dieselfde druk behoort jy meer spoed te kry. Die groter dop gaan stadiger brandende dryfmiddel gebruik, die vorm van die druk kurwe gaan verskil (alhoewel maksimum druk konstant kan bly). Die vorm van die druk kurwe (lees area onder die kurwe) is wat die spoed verskil teweeg gaan bring.
Weereens ... appels word nie met appels vergelyk nie en omdat daar so baie verandelikes is is dit ook moeilik om te doen.
..........die vet gedrukte deel is waar ek en Ludwig haak! Die kleiner dop het vinniger brandende kruit nodig om die dieselfde gewig koe?l teen dieselfde spoed as die groter dop/kamer te skiet. Dit is(volgens die slimmanne) dan nie raadsaam om kleiner dop met dieselfde kruit as groter dop te skiet met dieselfde koe?l nie, iewers gaan iets op die grond val, of die dop gaan nie meer volume h? vir nog kruit om by die verlangde druk uit te kom nie of andersom. Dit speel seker met akkuraatheid?
Die volgende rede wat ek so hammeragtig is, is die feit dat doppe van verskillende fabrieke(ons gaan die 26ste van hierdie maand sien) nie dieselfde is nie en ook nie dieselfde drukvlakke kan hanteer nie.
Aksies het 'n invloed op spoed as ek na "tripod" luister.
Daar is nie 2 gewere van dieselfde kaliber, kamer en loop dieselfde nie. Verskille moet raaksgesien word en daarvolgens moet gehandel word tydens herlaai.
Fabrieke (veral nie Amerika nie) sal nie naby topdruk kom met hulle fabrieksammo nie, sou ek reken .
O ja, hier is seker 'n paar dinge wat ek noem wat nie onder hierdie hofie hoort nie, maar is hier ter sprake.
Ek dink tog dit is 'n uitstekende topic en baie goeters in die herlaai kan hier uit gestryk word. Regtig!
Mooiloop
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 2:32 pm
by Jagtersdok
tafjak wrote:
Die volgende rede wat ek so hammeragtig is, is die feit dat doppe van verskillende fabrieke(ons gaan die 26ste van hierdie maand sien) nie dieselfde is nie en ook nie dieselfde drukvlakke kan hanteer nie.
Daar is nie 2 gewere van dieselfde kaliber, kamer en loop dieselfde nie. Verskille moet raaksgesien word en daarvolgens moet gehandel word tydens herlaai.
Mooiloop
Oom Taf die is groot waarhede. Ek glo dat die tipe brass en wand dikte absoluut rol gaan speel as dit kom by wat max druk is wat dit sal kan hanteer.
Heeltemal reg dat geen twee gewere ook dieselfde is nie, so miskien kan een geweer dalk meer druk hanteer, maar om binne veilige specs te bly glo ek bly jy binne wat getoets is.
Hehehe ek glo nie tipe aksie gaan spoed verander nie, maar wel bepaal watse druk hanteer kan word. Dus nou ja ek dink nie dit sal wys wees om 308 op Lee Enfield aksie teen 65000 Psi
te laai nie
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 2:32 pm
by tafjak
Neels
Ja, die groter dop vir dieselfde spoed as kleiner dop is tog seker die groot beweegrede gewees in die Wild Catters se gedagtes. Dinge begin nou vir my baie duidelik word.

Tog moet daar nie veel aan die inhoudsmaat gepeuter word nie, eerder net so 4-8% en dan moet ook net aan die skouers en taper gewerk word, anders verander die dop heeltemal. So lyk dit vir my.
Verder lyk dit of begindruk of anders gestel: Die peak druk nie gou moet wees nie en die lengte van die loop eerder gebruik word. Hoe kleiner die dop, hoe gouer die peak druk!

Natuurlik om die selfde spoed te haal. Looplewe! Doplewe! ag, en sommer 'n klomp goete!
Vraag:Hoe kouer die vlam begin, hoe langer die looplewe?
Mooigesels
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 2:40 pm
by Arnold
Hoe vinniger die kruit, hoe langer die loop lewe ...
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 2:41 pm
by raychell
Neels
Dus is die veilige area om die max druk te verlaag, maar ek glo dat die max druk van die oorspronklike dop wel veilig haalbaar is.
Hoekom moet jy die maks druk verlaag of dieselfde hou by die AI as dit verhoog word met die PPC wat maar net 'n Imp .220Rus is ?
Taffie
Ek het nou die hoogste spoed haalbaar met Somchem produk vir die kalbers bereken dopvulling van meer as 105% is uitgegooi en druk is 60160psi of so naa as daaran.
.243Win 3546vps S365
6mmTub 3616vps S355
6mmRem 3599vps S355
6mmBr 3419 vps S355
Raynie
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 2:43 pm
by Frikkie Coetzee
Koos Barnard wrote:
Iets wat ek ook gereeld teekom is dat sommige mense nie kan verstaan dat koe?lsnelheid kan fluktueer met temperatuurskommelinge nie. Op warm dae styg die druk en die koe?lsnelheid en soms gebeur dit dat gewere lelik bont skiet met 'n sogenaamde akkurate lading.
Oom Koos
Baie waar. My 243 is BAIE gevoelig vir tempratuur. Ek het maar my ladings verminder anders kan ek nie in die somer skiet nie, veral as die patrone voor in die kajuit was nie.
Die son maak daai rondtes baie kwaad vir my.
Dit was vir my aanduidend dat my ladings van die begin af te warm was.
Snaaks dat met die selfde punt skiet n vriend van my se 243 met n heelwat hoer lading teen aanvaarbare druk, somer en winter. Wys jou net weer wat "is good for the goose is not always good for the gander".
Mooiloop
Frikkie
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 2:44 pm
by tafjak
Neels
Heeltemal reg dat geen twee gewere ook dieselfde is nie, so miskien kan een geweer dalk meer druk hanteer, maar om binne veilige specs te bly glo ek bly jy binne wat getoets is.
Hehehe ek glo nie tipe aksie gaan spoed verander nie, maar wel bepaal watse druk hanteer kan word. Dus nou ja ek dink nie dit sal wys wees om 308 op Lee Enfield aksie teen 65000 Psi
te laai nie
Die vetgedeelte: Ja, maar kan ook nie tot by maksimum gaan as die dop nie gaan hou nie, of die kamer nie gaan hou nie. Maak seker die aksie/lope is diensbaar. Net dinge wat kan verander.
Mooiloop
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 2:48 pm
by Jagtersdok
raychell wrote:
Neels
Dus is die veilige area om die max druk te verlaag, maar ek glo dat die max druk van die oorspronklike dop wel veilig haalbaar is.
Hoekom moet jy die maks druk verlaag of dieselfde hou by die AI as dit verhoog word met die PPC wat maar net 'n Imp .220Rus is ?
Raynie
Die rede wat ek dink hier is, is bloot maar omdat die AI nie so extstensive getoets is nie. Sal eintlik great wees as hulle wel voledig getoets word. Ek wil my verstout en s? dat ek dink hulle ho?r drukke met gemak sal kan hanteer
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 2:51 pm
by Jagtersdok
tafjak wrote:
Neels
Heeltemal reg dat geen twee gewere ook dieselfde is nie, so miskien kan een geweer dalk meer druk hanteer, maar om binne veilige specs te bly glo ek bly jy binne wat getoets is.
Hehehe ek glo nie tipe aksie gaan spoed verander nie, maar wel bepaal watse druk hanteer kan word. Dus nou ja ek dink nie dit sal wys wees om 308 op Lee Enfield aksie teen 65000 Psi
te laai nie
Die vetgedeelte: Ja, maar kan ook nie tot by maksimum gaan as die dop nie gaan hou nie, of die kamer nie gaan hou nie. Maak seker die aksie/lope is diensbaar. Net dinge wat kan verander.
Mooiloop
Ja kyk as daai aksie mee gee, gaan die kamer dimensies verander en dus gaan die dop nie genoegsaam gestut word nie en sal jy case failure kry
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 2:52 pm
by raychell
Ludwig
maar tog weet ons dat 'n lading kan alreeds oor maks druk wees terwyl daar geen eksterne tekens van druk is nie, en dan is dit slegs spoed wat vir ons 'n riglyn in terme van die druk kan wees.
As dit moontlik is wat is die waarde van maks druk as ons dit kan oorskry sonder enige tekens ,wat is dan nadelig daarvan ek het vir 16 jaar my CHeetha 17 000 psi oor maks gedruk volgens Quickload en duisende skote met twee verskillende aksies geskiet en geen nadelige uitwerking gesien behalwe vir die goed wat daai koeel getref het nie.
Raynie
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 2:54 pm
by tafjak
Arnold
Hoe vinniger die kruit, hoe langer die loop lewe ...
...........sal jy so gaaf wees om te verduidelik? My 243 kry warm jong!
Mooiloop
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 3:01 pm
by raychell
Neels
Die 6mm Dasher is ook 6260psi meer as die 6mmBR so ek dink alle AI doppe kan so +- 6200 psi "veilig" vir wat dit werd is gelaai word.
Raynie
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 3:28 pm
by tafjak
Raynie
H?l, maar die spoede is naby aan mekaar!
Lyk ook dat spoed nie parallel met druk loop nie, so spoed gaan nie regtig die werklike druk aandui nie en weer moet maar die doppe gecheck word vir die opvolgende skote. Wanneer doppe begin primers blaas,
sal die druk te hoog wees. Gelukkig sal doppe blaas voordat(hopelik) die aksie sy alie sien. So lyk dit vir my.
Weereens, elke roer is uniek!
Ook al gesien(veral 22-250 in Remtington aksie) dat die slotgesig en die loop v?r van mekaar is(weet ook nie of dit maar net spesifieke gun smith is nie) en die doppe gouer blaas as by ander aksies. Sulke gewere sal moeilik volhoubaar kan operate by maksimum druk. So lyk dit vir my.
Arnold, is jy nog daar?
Mooiloop
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 3:32 pm
by raychell
Taffie
Ek dink pasmaak gewere wat reg aanmekaar gesit is sal ook die druk beter kan hanteer
Ek wag ook vir Arnold.
Raynie
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 3:37 pm
by Jagtersdok
tafjak wrote:
Lyk ook dat spoed nie parallel met druk loop nie, so spoed gaan nie regtig die werklike druk aandui nie
Nee oom Taf
In elke spesifiekie kaliber is druk eweredig aan spoed, MAAR NIE TUSSEN KALIBERS NIE
Weereens die verskil in kalibers bepaal hoe die druk aan gewend word en dit bepaal die spoed wat behaal sal word.
Neels
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 3:40 pm
by tafjak
Raynie
raychell wrote:
Ek dink pasmaak gewere wat reg aanmekaar gesit is sal ook die druk beter kan hanteer
.........veral as dit op 'n Lyttleton is, darie afstandjie tussen die slotgesig en kamer se kop is lekker kort. Seker omdat daar geen versinkte gesig op die slot is nie. Lyk maar vir my net so! Wat volgens my(sukkel maar nog met die terme, help Gerard) weer beter doplewe veroorsaak.
Mooiloop
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 3:44 pm
by tafjak
Neels
"Oom" se gat! Ek lyk maar net so sleg.
In elke spesifiekie kaliber is druk eweredig aan spoed, MAAR NIE TUSSEN KALIBERS NIE
Weereens die verskil in kalibers bepaal hoe die druk aan gewend word en dit bepaal die spoed wat behaal sal word.
.........ai tog, daar val ek weer vannie wa af.
Tussen verskillende kalibers, meenende tussen verskillende doppe/kamers(243 teenoor 6mmRem) of tussen 6mm en 7mm?
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 3:49 pm
by raychell
Taffie
Die Dasher behaal 3560vps met S321 vir dieselfde druk die loop behoort te hou S321 is mos vinnig nie waar ?
Raynie
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 3:49 pm
by Jagtersdok
Oom Taf
Vat 2 fluite.
Blaas beide met druk van 10bar
Een sa gat is 5mm groot en teen 30grade hoek
Die ander se gat is 10mm met 50grade hoek
Die een se toon hoogte is ho?r want die lug vloei vinniger al is die druk dieslefde.
Hier verskil die spoed vloei van die lug al is die druk dieselfde
Maar in dieselfde fluit verkil die toon hoogte ook en neem toe met al hoe ho?r die druk gaan
Hier is die vloeispoed van die lug direk eweredig aan die druk wat dit voort dryf.
Ek weet nie hoe om dit meer eenvoudig te probeer uitbeeld nie. Maar dit is hoe kan
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 3:55 pm
by Jagtersdok
tafjak wrote:
Neels
"Oom" se gat! Ek lyk maar net so sleg.
In elke spesifiekie kaliber is druk eweredig aan spoed, MAAR NIE TUSSEN KALIBERS NIE
Weereens die verskil in kalibers bepaal hoe die druk aan gewend word en dit bepaal die spoed wat behaal sal word.
.........ai tog, daar val ek weer vannie wa af.
Tussen verskillende kalibers, meenende tussen verskillende doppe/kamers(243 teenoor 6mmRem) of tussen 6mm en 7mm?
Dit sal in beide gevalle geld. Verskillende dop vorms en soos jy s? 6mm en 7mm
Die dimensies wat verskil maak heeltyd dat die vrystelling/aanwending van die krag verskil en dus die spoed wat haalbaar is.
Nou ook die shape van die dop/brass materiaal en al die ander variables gaan weer bepaal wat die max druk sal wees wat die dop kan vat
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 4:05 pm
by raychell
Neels
Kyk na die post waar ek vir Taffie die maks spoed vir selfde druk bereken het en voeg die Dasher by behalwe vir die Br is die verskil maar baie min
Raynie
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 4:05 pm
by tafjak
Neels
Ek weet nou nog nie of die druk en spoed parallel in 5mm's is nie, of parralel tussen 22Dasher en 22-250 nie of net tussen dieselfde kamers nie.
Ek wou nog vra: As ek nou ertjie voorin die fluitjies druk, watter een die vinnigste gaan vlieg teen 12bar druk nie.
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 4:13 pm
by tafjak
Neels
Onthou: Oom se gat!. Moenie dat ek nou sukkel met jou nie.
[ Binne dieselfde dop kan mens druk opstoot terwyl spoed afkom, deur net die poeier te verander./quote]......? - Gerard
So nee, spoed is nie in daardie mate parralel aan druk verbonde nie, maar indien ALLE komponente, insluitetende die kruit, konstant binne 'n verhouding bly, sal druk toeneem soos wat spoed toeneem in 'n redelike linieere kurwe. Ek s? redelik, want soos reeds al genoem in hierdie onderwerp deur Neels en Arnold, kan mens soms die lading verhoog terwyl spoed baie min of amper glad nie toeneem, terwyl druk nogtans gestyg het. Op 'n stadium sal druk baie skielik meer begin toeneem (spike) soos wat die spoed toeneem. Gevaarlike situasie! Die ontbrandings eienskappe by 'n geslote omgewing (dop + koeel + kruit + primer) kan nie werklik vergelyk word met 'n windbuks waar die koeeltjie + lugdruk die enigste komponent is nie. Die ontbrandings eienskappe van kruit en die reaksie met verskillende primers, maak dit 'n heel ander ballgame.
.........? - Ludwig
Ek weet nou minder as vanm?re. Toemaar, sal alles weer opswot.
Mooiloop
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 4:26 pm
by raychell
Taffie
Die ding raak nou goed deurmekaar
Die Br het kleinste dop en laagste spoed,3406vps 37.8gr kapasiteit
Die Dasher 3544vps 41gr Kapasiteit
Die 243Win 3546vps 54gr Kapasiteit
Die 6mmRem 3599vps 54.4 kapasiteit
die Tub 3616vps 49.7 kapasiteit
Behoort die 6mmRem nie die hoogste spoed te bereik met dieselfde druk nie?
Raynie
Re: SPOED en miskonsepsies
Posted: Wed Jan 04, 2012 4:36 pm
by tafjak
Raynie
Behoort die 6mmRem nie die hoogste spoed te bereik met dieselfde druk nie?
Die dinge is te sqaure vir my ronne koppie. Iewers is 'n skroef los, maar ons gaan hom kry en weer vasmaak. Ek kyk bietjie die dinge uit, maar sien nog niks. Miskien moet ek maar so bietjie gaan rus en weer dink(wat ook gevaarlik kan wees

).
Sien julle m?re as als goed loop.