Page 3 of 3

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Fri Aug 21, 2015 7:39 am
by Smit@50
Hulp asb manne het nou die program gekoop kan ek hom op twee rekenaars installeer op my desktop en dan weer op die lap top.
Ek is net bang ek installeer hom op desk top en dan kan ek hom nie weer installeer op die lap top nie .
ek gaan nog baie hulp soek as ek begin werk met die program hoop nie julle gee om nie .

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Fri Aug 21, 2015 8:26 am
by tripodmvr
Lees die instruksies maar deeglik synde dit moontlik net een installasie moontlik maak. Met 3.6 was veelvuldige installasies moontlik.

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Sun Aug 23, 2015 2:05 pm
by Smit@50
Het iemand dalk al die waardes van s335 lot 706 van 2014 wat julle gebruik op quick load . Ek kry die Ratio of specfic heats op 1.2350 dit stem ooreen met my spoed wat ek met my ladings kry. Quick load gee dit as 1.2240 aan. Is ek op die regte pad. Help asb.

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Sun Aug 23, 2015 3:32 pm
by tripodmvr
As al jou data vir die geweer reg is verstel jy net die BRF om te kalibreer.

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Sun Feb 21, 2016 10:10 pm
by Bennie Bester
Hallo Ludwig,

Ek probeer die HIERDIE excell file Stap by 2 opmaak, maar sonder sukses. Kan enige iemand my help?

Dankie Bennie

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Mon Feb 22, 2016 7:52 am
by Geno
Bennie Bester wrote:Hallo Ludwig,

Ek probeer die HIERDIE excell file Stap by 2 opmaak, maar sonder sukses. Kan enige iemand my help?

Dankie Bennie

Probeer HIERDIE EEN

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Mon Mar 14, 2016 8:43 pm
by FrankV
Naand Manne

Ek is effe verlee want ek het n groot blaps gemaak met my ql powder file. Ek het die waardes verander vlgs Somchem se spesifikasies, nog n file oopgemaak om te save ens ens en toe die hele powder file uitgevee. Die idee was om net die dryfmiddels wat ek gebruik in n nuwe poder file te he. Nou die affere.
Kan iemand asb vir my se hoe ek die neukspul moet regmaak. Sal enige hulp waardeer.
Groetnis
Frank

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Mon Mar 14, 2016 11:06 pm
by Gian_dP
Jy kan die powderfile wat Tripod saamgestel het by die skakel aflaai.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?p=529581#p529581

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Tue Mar 15, 2016 6:13 am
by ArnoRoux
Ek kan glad nie die eerste Post van Ludwig sien nie. Weet iemand dalk of dit uitgevee is of maak ek dalk net 'n fout?

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Tue Mar 15, 2016 6:48 am
by ArnoRoux
Jammer. Lyk my ek moes net meer gelees het. Het iemand dalk nog Ludwig se skrywe oor Quickload?

Nog 'n vraag. As julle met ql 'n lading uitwerk. Gebruik 'n mens 'n node in die wit, geel of pers gedeelte van die druk grafiek?

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Tue Mar 15, 2016 6:52 am
by Capt. Yoda
Die kleur due op jou lading se druk, rooi is max of dan oor max druk, pers is n hoer druk maar nog veilig onder max en dan geel en wit is soos die druk nou laag is. Solank jy onder die rooi is sal daar nie fout wees nie. Oor die algemaan gebruik ons maar die hoogste veilige node (hoogste node onder rooi)

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Tue Mar 15, 2016 7:11 am
by ArnoRoux
Dankie Captain

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Tue Jan 16, 2018 9:16 am
by SinWolf
Goeie dag...

Ek sien glad nie die "Tutorial" waarna al die posts verwys nie... Is dit geskuif of verwyder ?? Het iemand dalk die tutorial in PDF format ??

Baie dankie

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Tue Jan 16, 2018 10:28 am
by Gawie(13mm)
SinWolf wrote:Goeie dag...

Ek sien glad nie die "Tutorial" waarna al die posts verwys nie... Is dit geskuif of verwyder ?? Het iemand dalk die tutorial in PDF format ??

Baie dankie
Klik op die skakel:QL inleiding

Re: Quick Load Tutorial - Inleiding vir die gebruik in die O

Posted: Tue Jan 16, 2018 10:30 am
by SinWolf
Gawie(13mm) wrote:
SinWolf wrote:Goeie dag...

Ek sien glad nie die "Tutorial" waarna al die posts verwys nie... Is dit geskuif of verwyder ?? Het iemand dalk die tutorial in PDF format ??

Baie dankie
Klik op die skakel:QL inleiding

Baie dankie !! Ek het nie geweet of dit dieselfde tutorial was nie, want ek het geen "screenshots" gesien nie...

Ek sal deur dit werk dankie.