Page 3 of 3

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Posted: Sun May 10, 2020 9:42 pm
by Beer (Christo)
Die geweer wat ek vinniger verkoop het as wat die lisensie aansoek was’n Ruger 10/22 varmint / bull barrel. Dink die ligste wat ek die trigger pul kom stel was so 8 pond. ‘N nuwe drop in trigger set was ampler die prys van die geweer.

My ou tweede handse Brno mod 2 het 10 keer beter groepe geskiet.

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Posted: Sun May 10, 2020 10:25 pm
by Supacow
8 pond is rof. Lyk na lekker roertjies maar dis woefipoefi snellers wat n pakkie bederf.

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Posted: Mon May 11, 2020 4:00 am
by Vissie
Eksen Arms Mka 1919 bedoel vir IPSC Haelgeweer Ope Divisie. Hy was 2 dae na die lisensie goedgekeur is, ingeruil by die geweer winkel. Wat ‘n mors van tyd en moeite.

Ek glo maar nogsteeds dat 12 boor haelgewere nie uit doos magasyne uit moet voer nie.

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae van te wees nie

Posted: Mon May 11, 2020 5:51 am
by toelie
Bighero6.5 wrote: Sun May 10, 2020 12:01 am
toelie wrote:
Bighero6.5 wrote: Fri May 08, 2020 1:59 am
Ek het nou vir my ñ .375 Sako gekry in die plek van die 416 rigby. Ek het hom nognie geskiet nie maar ek beplan hom vir ñ kat jag. Ek hoop hy kan dieselfde werk doen as die 416, behalwe dat hy nie my stopsels in my tande sal los ruk nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek dink daai Sako van jou gaan net so hard skop:)
Toelie hoekom sê jy so. Wat is my ander opsie?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Soos die manne alreeds gemeld het, ou Sako skop lelik, ek het wel nog nie met die nuuter modelle geskiet in groter kabibers nie. Vertrou maar dan die ander se woord om te se dat die 85 model nie meer skop soos n terpentyn donkie nie

Re: Watter geweer/kaliber is jy NIE spyt om ontslae te wees nie

Posted: Mon May 11, 2020 9:38 am
by Hein M.
Koos Barnard wrote: Wed May 06, 2020 10:50 am Die .243 waarvan ek ontslae geraak het, het ek ook 90gr Speers gelaai. Die geweer was baie akkuraat, maar die kolf het my nie gepas nie en die hele geweer was net lomp. Toe smous ek hom aan 'n man in Noord-transvaal wat baie gelukkig was met hom. Sommer eerste week al bosbok geskiet.

Wat sukkel julle manne so met die .270? My Blaser vreet alles vir soetkoek op. Net die 110gr maak so 'n bietjie oop, 1.25MOA op 100m.
Mooi loop
Jammer om te vra. Is dit die beroemde RSA wat oorgedoen is?