Kaapse Vos/Draaijakkals

User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Caller »

Tobie

Ja, draaijakkalse vang wel baie-klein lammertjies in ge?soleerde gevalle, maar die skade is onbeduidend in vergelyking met di? van rooijakkalse en rooikatte en kan vir alle praktiese doeleindes ge?gnoreer word. Hulle (draaijakkalse) word gewoonlik deur die nageboortes gelok en die probleem hou gewoonlik op as die ooie klaar gelam het.

Hulle word egter nou Nasionaal beskerm (reg of verkeerd) en moet daar maar ander metodes gebruik word om hulle van die skaap af weg te hou, todat die lammer te groot is vir hulle.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
tobie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by tobie »

caller
ek het seker n paar jaar terug n probleem met hulle gehad.sedert lam ek op lande wat baie goeie draad om het.niks pla my in lam tyd behalwe katte nie.ons het n jag klub(plus minus 60000ha)wat elke week jag,as iemand probleme onder vind.so voor my ooie lam word die rooijakkals van kant gemaak.die top skut en jagter in die klub (joonie du rant) het al 15 (sal net seker maak)in die laaste 6 jaar op die selfde plek geskiet.as daar nie n kat is nie lam ek feitlik sonder probleme.darm 1 voordeel van klein boer. as daar nog klubs is wat voor jag doen laat weet .
dankie
tobie :-*
Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Caller »

Tobie

Ek ken nie vir Jonie persoonlik nie, maar weet van hom. Ek het 'n artikel van hom (J.J. Du Randt) wat in '96 in die Man Magnum verskyn het, waar hy sewe jakkies op een staanplek gekap het met 'n bonzai'tjie (.22-250).

Groete

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Coenie (Swift)
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Coenie (Swift) »

Tussen Jacobsdal en Koffiefontein sien gereeld.
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Geno »

10 September 2011 het ek 5 draaijakkalse gesien in die Balfour Mpumalanga distrik.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Dirkie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Dirkie »

More manne,

15 Noveber 2011 n nes gekry,ma en pa rondom die nes so 50m,kon net 1 kleintjie sien. In Prieska Noordkaap. Hier by ons is hulle nog baie.

Groete Dirkie
Ou honde loop laat...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Gerhard »

Het hulle gereeld in geroep in Bronkhorstpruit distrik 2005 tot 2007

Van 2009 nog nie weer een gesien nie.

Het wel een in geroep tussen Ermelo en Bethal.

Hulle word nou redelik skaars op die Hoeveld.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
fiela

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by fiela »

My huis is bo op n klein randjie. Die draaijakkalsies hou van om hier tussen die bosse te broei.
Skaars in die veld vandat die witrug so oorgeneem het.
(Bultfontein)
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Lamtjop »

Naand almal.
Ek het so maand terug draaijakkals nes langs my pad huistoe gekry, het toe trailcam opgesit ma toe skuif hul dadelik, kry toe vlg blyplek en stel weer kamera. Kon toe net 2 foto's kry voor hul weer skuif, toe los ek hul maar in vrede. As jul die foto's wil sien moet iemand my n e mail adress gee dan mail ek dit vir die persoon en hy kan dit op forum sit, ek kan nie foto op forum plaas nie( is te rekenaar gestremd) ek kan darem n foto e mail.
Groete Tjops
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by wlm »

Wiliston-omgewing gewaar nog geen afname in draaijakkals-getalle. Word ongelukkig nog deur sommiges as probleemdiere beskou.
Sprinkaanplaag is goeie nuus vir draaie, bakore en maanhare, dit is mos lekker proteien-ryke kos.
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Ponkie »

More Manne

Verlede week haastig oppad na 'n "vermoede Rooijakkalsnes". Het so 4 ure by die nes gesit voordat ek met sekerheid kon se dat dit draaijakkalse is. Klein draaijakkalsies het 'n skerper neus, rooi bakkerige ore en dan moet jy duidelik op die buig van die agterbeen 'n swart kol kan sien. Die nes het net 2 kleintjies gehad en soos ek hoor is dit maar die norm vir draaijakkalse?

Was maar taamlik suur toe dit nie rooijakkalse is nie! :( Ek het my sente al getel voor die skote geklap het! Haha!

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Dawid »

Word ongelukkig nog deur sommiges as probleemdiere beskou.

Ja WLM en dis die nadeel, mense dink n jakkals is n jakkals en moet dood, dieselfde geld vir die katte maar die probleem is dat mense nie regtig omgee vir sekere diere of die eko sisteem nie.
Alles word teveel as vanselfsprekend ervaar.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Gerhard »

Manne was dit nou lekke om 2 draai jakkalse gister aand in te roep en vir hulle te sit en kyk soos hulle die foxpro bekruip...  :laugh:
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by visstok »

Goeie more, hier by n vriend, 35km uit Wesselsbron op die Makwassie pad uit, is daar n Draaijakkals nes net lanks die grondpad tussen die mielie lande. Ekt hulle verlede Vrydag aand bietjie gaan sit en dophou met die lig en dimmer. Daar is net 1 kleintjie. Ekt ook so twee maande gelede oppad Wesselsbron toe, 07H00 die oggend twee volwasse vosse met vier kleintjies lanks die teerpad gekry, weet nie of die ouers die kleintjie geskyf het nie, hulle was nog bietjie klein om saam te jag. Ek sien nog gereeld vosse waar ek jag, Wesselsbron omgewing asook in die Virginia en Ventersburg omgewing. Groete Visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
fiela

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by fiela »

Laas nag 3 enkel lopende draaijakkalse gekry. Almal op sy eie gebied. Later n jongetjie ook gesien.
Bultfontein - Brandford distrik.
User avatar
Dirkie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Dirkie »

More manne,ek wil dam net met julle deel dat ek gisteraand 3 draaijakkalse gekry het. Ons bly in die prieska omgewing. Dit is nogal n oulike ding. Het 1 geroep dat hy op my afstorm en amper teen die bakkie se wile vashol. Groete dirkie    ;D
Ou honde loop laat...
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by johann »

Naand manne, wil ook net bylas hier by ons in die bokaroo is hul nog volop!! By ons self op die plaas en by kleinte sien ek tenminste 3 'n aan as ek uitgaan. Interesant genoeg in die Douglas en Kimberly omgewing waar ek ook jag sien ek selde ooit draaijakkelse, weet nie of dit die habitat is nie. Dit is dam ook te kodig en oulik as die ou vossies na die roeper toe ingehop kom oor die lang gras en bosse!! Dam al 'n paar aande lekker gelag!!
Groete Johann
25-06 Remington
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Geno »

2 gesien vir die eerste keer in 10 jaar. Die afgelope naweek tussen Secunda en Charl Cilliers.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Jassie »

Twee jong vossies ingeroep tot baie naby oor die Paasnaweek

Prieska/ Vosburg
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Geno »

Een vos ingeroep die afgelope vrydag nag.
Baanbreker-pad tussen Bethal en Trichardt
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by visstok »

Ek begin nou self sien dat kaapse vosse se getalle minder word. By die vriend wat ek Vrydag aand 13 April gejag het, het ons elke aand vosse gekry, maar Vrydag aand nie eers een gesien nie wat vir my baie snaaks was. Plaas net buite Virginia Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by johann »

praat met boer wat self jakkals jag, tussen Prieska en Britstown, het 3 vosse raak gelig en 2 vosse het ingestorm speaker toe.

Groete Johann
25-06 Remington
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by visstok »

26 Julie een vossie ingeroep, net na hom het 4 bakore ingekom. Plaas in Hoopstad distrik.

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by visstok »

Ek sien hier is meer as n jaar laas gepost, sien die manne nie meer draaie nie of maak ons nie meer opname van hulle nie?

Sal nogal intresant wees om te hoor of die getalle al bietjie opgetel het vandat ou vossie beskermd is?

Ek het woensdag 06/11/2013 n nes ontdek, eintlik perongeluk raak gesien. Teen die teerpad lanks die draad in langplaas. Ek sien hul elke dag vroegoggend en laatmiddag, 2 volwassenes en 2 kleintjies. Die kleintjies duik vir die gatte as bakkie verby gaan maar die ouers le rustig en kyk anderpad.

Ek wil nie daar stop en hul rus verstoor nie so ek bekyk hulle maar elke dag terwyl ek stadig verby ry.

Eks net bang as die kleintjies wat al redelik groot is bietjie verder van die gatte gaan speel gaan hulle onder n kar se wiele beland.

Groete Alex
WILLEBEES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 370
Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by WILLEBEES »

Ons het tydens 'n jag in Julie (Gemsbokvlakte, Molopo area) drie keer 'n paartjie van hierdie diertjies gesien op twee verskillende plase. Baie oulike goedjies om dop te hou. Hulle was ook glad nie gepla oor ons teenwoordigheid nie.
Die mense daar rond noem hulle "katoessies" - enigeen al van die benaming gehoor?
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A

Sola Gratia ~ Deur genade alleen
Post Reply