Page 3 of 3

Re: Wanneer is n bok gekwes?

Posted: Mon Jun 24, 2019 11:35 am
by Jakkie07
Na n boogjag vroer die jaar glo ek die opvolg tyd is belangrik, my storie.
Sit heeldag waar bokke in en uitkom maar kon nooit n skoot kry, kry n skoot op n springbok, dit was al sterk skemer.(hier blameer ek myself, ek een van my eie reels gebreek dat as jy nie opvolgtyd het nie pak op)
Elkgeval skoot was goed en toe bok draai kon ek n duidelike kol sien.

Ek kan hoor hoe die rooibokke wat ook naby was almal blaas, kry radio en sien oo gits hy is pap, en hier kom die bakkie, was nie eers 5min.
ons probeer opvolg maar dit is stik donker en die PH se met al die sand kan ons nou net meer spore toe trap en ons kom volgende oggend terug.

Die bloed spore is van n bok wat hardloop druppeltjie elke paar meter en toe kom ons op n punt met niks.
in die pad so 10 meter van hide en dan so 5meter uit die pad ook is daar goeie bloed en sommer baie bloed en vandaar is die bloed hardloop bloed spatsels.

Ek vermoet as die bakkie nie gekom het nie sou daai bok net daar langs die pad gele het (maar dan ook n goeie skoot sou hy seker ook nie vergegaan het nie hoe ver kan n bok gan as hy tweede asem kry?) , ek kon nooit die bok kry na ure se loop in daai kamp, ek kan net dink hy moes in n bos of iets ingaan het of wie weet.

Skoot voel goed, maar dan opad huis toe begin jy vra, was my skoot goed...

Vir my is n kwes as jy nie n goeie vital skoot geskiet het nie, n swak skoot.
n kwesbok is die een wat jy agterlos en voor betaal, soos in visvang "the one that got away"

Re: Wanneer is n bok gekwes?

Posted: Mon Jun 24, 2019 11:38 am
by DWB
Ek het een keer op my vriend se plaas gejag vê van waar hy en ander besig was om te jag. Ek hoor die doep en toe die skoot (Ek was vêr weg) en ry toe nader om te gaan help laai. Skoon mis reken hulle, ek het lank gestry daaroor want ek het die doep gehoor. Daar was wel nooit 'n kwesbok opgemerk of opgetel nie, en die hoeveelheid bulle het nie verminder nie (SWB). So, dit kan seker soms misleidend wees.

Re: Wanneer is n bok gekwes?

Posted: Mon Jun 24, 2019 2:41 pm
by Dolf014
en pasop ook vir die storie.............."neeee man jy het bo-oor die springbok geskiet, ek het die stof agter hom sien uitslaan".........

10 minute later kry ek die springbok met n perfekte "agter die blad" skoot.
Die 243 het toe dwarsdeur die springbok gegaan en die stof agter laat uitslaan.

Re: Wanneer is n bok gekwes?

Posted: Mon Jun 24, 2019 3:27 pm
by toelie
Dolf, ek dink dit het al baie kwesbokke in die veld laat agter bly oor daai stoffie wat uit slaan agter die bok.

Self al gesien hoe n bok geen reaksie toon met n perfekte blad skoot en weg hardloop vir die knal van die skoot soos die ander en n stuk verder mors dood slaan.

Dan weer ook al gesien hoe vinnig n bok val na n skoot in laang gras en mens se oog saam die trop volg en die bakkie vinnig draai om nie die "kwes bok" te verloor nie en dan le die bok kapoet net daar op die plek van die skoot en jagters aanvaar later hand na die trop deur gekyk is dat die skoot mis was want geen diere lyk of hulle n skoot in die trop het nie.

Re: Wanneer is n bok gekwes?

Posted: Mon Jun 24, 2019 3:36 pm
by Toxxyc
Ons gaan skiet hase langs 'n groentetuin. .22LR met opvisiere. Ek skiet 'n haas langs die pad, nie ver van die bakkie af nie, seker so 10~15 tree. Skiet 'n skoot, haas staan stil. "Jy skiet #$# man, gee hier laat ek jou wys!" is die kommentaar. Ek sê nee, gee my nog 'n kans. Laai, skiet weer. Haas staan stil. Ek gee maar op, en gee die .22 vir vriend. Hy skiet haas dood. Ek tel die ding op, twee gaatjies reg langs mekaar deur albei ore, ek het nog fotos en alles. Partykeer reageer diere net nie.

Re: Wanneer is n bok gekwes?

Posted: Tue Jun 25, 2019 8:43 am
by Baasvark
DWB wrote:Ek het een keer op my vriend se plaas gejag vê van waar hy en ander besig was om te jag. Ek hoor die doep en toe die skoot (Ek was vêr weg) en ry toe nader om te gaan help laai. Skoon mis reken hulle, ek het lank gestry daaroor want ek het die doep gehoor. Daar was wel nooit 'n kwesbok opgemerk of opgetel nie, en die hoeveelheid bulle het nie verminder nie (SWB). So, dit kan seker soms misleidend wees.
Dieselfde het 2 naweke terug met ons gebeur.

2 manne jag bo op die kop. Ek en 'n pel loop onder langs. 2 skote klap met die kenmerkende "Dup" van 'n raak skoot.

Die einaar kom verby met die bakkie om te laai.

Geen bokke. Skote was mis.

Hoe dan nou. Einaar stry, ons stry, ander 2 jagters stry. Gelukkig in goeie gees - ons is almal goeie vriende.

Ons klim toe almal op die bakkie en gaan soek die trop. Daar moet 150 springbokke wees.

Daar is toe 150. Seker 'b uur geneem om almal stadig deur te kyk vir kwes bokke.

Niks nie.

Die volgende 2 dae hou ons die trop dop (so tussen die gejag) maar die getalle klop en daar is geen tekens van kwes bokke nie.

Hoe dan nou? Maak nie sin nie.

Al wat ek kan dink is dat die skote bome/grond/grond wal of muurshoop getref het om 'n soortgelyke geluid te maak?



Sent from my SM-G975F using Tapatalk

Re: Wanneer is n bok gekwes?

Posted: Tue Jun 25, 2019 9:10 am
by Jonathan 6.5
Ek het al gesien en gehoor as n mens n stewige graspol raakskiet maak hy ook die “dup” geluid asof dit n bok was.
Dit was ook met n relatiewe vinnage kaliber.

Re: Wanneer is n bok gekwes?

Posted: Tue Jun 25, 2019 11:46 am
by Eduard Venter
Nou nie 'n kwesbok nie maar aangesien dit 'n jakkals jag forum is dink ek 'n kweshond is ook van toepassing...

Winter 2016 jag ek eland toe die jakkals weg van my af draf in die paadjie by die watergat. Dis 'n area waar jakkalse moeilik geroep word agv ruigtes en lang gras so ek dink nie 2 keer voor ek laat loop nie. 180gr A frame slaan hom en hy tol daar rond voor hy weg in die gras is. Ek tel 'n klein stukkie been op en ek volg die bloedspoor so paar honderd meter in die buurman se plaas in maar kry hom nie. Ek laat weet die buurman daar is 'n gekweste jakkals in sy veld maar hy sal seker nie lank hou nie.

'n Paar weke gelede gaan roep ek vir die eerste keer ooit by daai spesifieke watergat. Sien die oog baie ver. Dis moeilike tyd so hy kom nie maklik in nie, maar met die wind wat mooi saamwerk kry ek hom eventueel tot in skietafstand en dop hom om. Ou reun so 8 jaar volgens die tande... Toe ek hom mooi deurkyk is daar 'n gat reg deur sy regter agterpoot. 3 jaar later skiet ek my kwes jakkals dood presies waar ek hom gekwes het in die eerste plek.
20190526_232433.jpeg
20190526_232638.jpeg
20190526_232718.jpeg
Sent from my SM-A520F using Tapatalk

Re: Wanneer is n bok gekwes?

Posted: Tue Jun 25, 2019 1:38 pm
by knipmes
As dit nou n kwesbok was waarvoor jy destyds betaal het sal hierdie een seker darem gratis wees. Groete

Re: Wanneer is n bok gekwes?

Posted: Tue Jun 25, 2019 1:41 pm
by sako 30-06
Blikskottel, as ek jy is speel ek vanaand die Lotto. ;D

Dit wil gedoen word, geluk.

Re: Wanneer is n bok gekwes?

Posted: Wed Jun 26, 2019 1:27 pm
by Koos Barnard
Dagsê
Ek is deur 'n forumlid gevra om kommentaar te lewer oor die kwesbokkwessie.
My mening is kort: As jy bloed getrek het, het jy die bok gekwes en behoort jy daarvoor te betaal sonder enige argumente. Die uitsondering is as die grondeienaar by is en hy persoonlik stel jou vry van die betaling. Dis ongelukkig so dat wildboere jaarliks te veel wild verloor aan mense wat bokke "misgeskiet" het. So, as daar 'n druppel bloed is, is die bok gekwes. As 'n bok gekwes is mag die PH hom verlos as die jagter nie kan nie. Ek het ongelukkig nie veel vertroue in sommige van ons sogenaamde PH's nie. Daar is te veel trigger happy jongelinge met bitter min jagkennis wat 'n PH-lisensie het. My raad aan enige jagter is om dadelik te herlaai, moenie jou eerste skoot staan en bewonder nie. Skiet so gou moontlik na jou eerste skoot 'n opvolgskoot as die dier nie plat is nie. En soos genoem... dis soms nodig om eers te wag en nie dadelik op te volg as die dier buite sig verdwyn nie. Dis egter 'n moeilike een daardie en daar is grys areas. Daar kan dalk omstandighede wees waar dadelik opvolg beter mag wees.
Mooi loop

Re: Wanneer is n bok gekwes?

Posted: Thu Jun 27, 2019 7:42 am
by Izak H
Dankie Koos,

Sent from my SM-G950F using Tapatalk