Landrovers

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Landrovers

Post by JACQUES BOTHA »

TAFFIE
EK HET VIR TOMCAT SAKKIE GESE HY MOET ASB TOG SY KUITE INPAK AS HY GAAN JAG ..MA EK SIEN HY HET HULLE ALWEER IN BLOEM VERGEET...
EK SIEN N LANDIE IS N MULTI PURPOSE TOOL.. SIEN JY HET SOMMER N INGEBOUDE LESSENAAR......
Shoot straight and tell the truth!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Landrovers

Post by Freek »

Sit vir daai "starter" 'n slinger aan en siedaar probleem is opgelos... ;D

Net my 4c
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
tafjak

Re: Landrovers

Post by tafjak »

Freek

Darie raad is meer as 4c werd. :D

Taffie
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Landrovers

Post by Caller »

Freek

Waar op dees aarde was jy. Was laasweek weer daar in jou w?reld en het weer daar langs die Vaal gebly. Die krokodille trek mos nou daar in jou geweste in. Wonder of 'n man hulle kan inroep.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Ambessa

Re: Landrovers

Post by Ambessa »

Hallo Caller
Caller wrote:Was laasweek weer daar in jou w?reld en het weer daar langs die Vaal gebly.
Lyk my jy is baie bedrewe met die tikkery. Post asb hier hoe die kappies (w?reld) en deeltekens direk (sonder om MS Word te gebruik) getik kan word?

Ambessa
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Landrovers

Post by Tomcat »

Jacques

Jou hele agterent. Ek het nog nooit kuite gehad nie en sal seker ook so doodgaan. Moet dit nou nie nog kom invryf ook nie ;D

Groete
Tomma
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Landrovers

Post by Christo »

Taffie

Ek sien die starter is voor die jakkies afgehaal. Of spog daai landie ???
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Izak02

Re: Landrovers

Post by Izak02 »

Hi Ambessa,
Sorry as ek in-chip, ? = alt 136(hou alt in), ? = alt 137.
Speel rond met Alt en verskillende nommer kombinasies om al die verskillendes te kry.
Izak H
tafjak

Re: Landrovers

Post by tafjak »

Christo

Nee, ek hou altyd 'n paar opgestoptes aan die bakkie sodat die mense moet dink dat ek van die goed dood kry.

Groetnis

Taffie
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Landrovers

Post by Freek »

Mr L. (CALLER) nou nie hier oor of daaroor nie. Ek het die afgelope ruk mooi by die bosvarke geleer hoe jy moet ruik en die wind gebruik ens. maar om hemels naam gee my 'n kans. Ek kon nou regtig nie ruik dat julle weer (so gou na mekaar) teen die Vaalrivier kamp nie. Volgende keer stuur hin sms of gee my 'n lui (mens noem dit goeie etiket) en ek waarborg jou ek sal julle "ambush" daar op die kamp terein. Inwag met 'n glasie muscadel of ou bruin skoene wat sal help om die koue so bietjie te laat weg smelt. ;D

Kan nou nie hier op die site sommer so blatant oop gooi waar ek was die laaste tyd nie, hier is te veel sensitiewe lesers... he,he,he! Maar een van die redes was die slaai dieet my pikante ligaam was so uitgeteer dat ek skaars my arms kon oplig om by die sleutelbord uit te kom - duidelik is ek ook nie 'n "vegitarian" nie. Gelukig het die aantie my begin vleis voer voor dit te laat was.  Die ander bydraende faktor was die skietstoel bouery, my vingers was in die pad toe ek die 4 pond gebruik het om bietjie liefde op 'n hardnekkige stukie yster toe te pas. Vingers was so geswel dat wanneer ek op die sleutel bord tik druk ek 2 letters op 'n slag - julle sou nie kon lees en verstaan wat ek vir julle probeer skryf nie, was geforseer om te wag dat die swelsel sak :P

Ek dink julle moet daai plat honde in die Vaalrivier los, daar is te veel Jetskiers en Boodryers op die rivier. Sal nie skade doen as ons van hulle verloor nie. Daai rivier klink en lyk die afgelope ruk soos 'n "high way" soos wat die rape daar op en af jaag met hulle speelgoed. So die krokodille het genoeg werk om hulle af te skrik en as dit nodig is om hul getalle in toom te hou.

Net my beskeie 4c
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Landrovers

Post by JACQUES BOTHA »

CALLER
EK WEET PREASIES HOE OM DAIA KROKIES IN TE ROEP....
JY GEE HULLE GEEN KOS VIR 21 DAE NIE, DAN GAAN SIT JY OP DIE WAL OF JETTIE MET JOU VOETE EN SKOP SO IN DIE WATER
SODRA DIE KROKKIE AAN JOU VOET BYT, TREK JY HOM UIT EN BIND SY BEK TOE...
DIT WERK ELKE KEER...
(MA EK DOEN DIT LIEWER NIE SO NIE)
ALTERNATIEF KOOP AL DIE KROKODIL HUNTER SE DVD EN CD EN GAAN TERUG NA BASICS..
LOOK AND LEARN.....
EK HET GISTER BIKI MET DIE MAN GEPRAAT WAT DIE JAKKALSE SE PENSE OOPGEMAAK HET WAT IN EX- OOM MAGNUS SE GROND (SPENS JAGTERS) GESKIET IS
IN GEEN EEN VAN DIE 16(AS EK REG ONTHOU) IS SPORE VAN SKAAP OF BEES OF MAK DIER  GEVIND  NIE. SLEGS HAAS EN BOK...SWAARSTE VAN DIE KLOMP WAS DAAI OU TEEF 13 KG..
SO JULLE SAL JULLE PROEF MOET UITBREI NA DIE GRENSPUNTE VAN DIE WEERGMAG GROND EN DAAR IN DIE HOEKE GAAN SKIET EN KYK OF JULLE NIE DAAR KRY WAT SKAAP VREET NIE.....
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Landrovers

Post by Kruger »

Dalk verstaan ek jou verkeerd, maar van wanneer af boer daai Magnus nageslag met skaap op Company grond? Jakkals kan mos net skaap vang as daar skaap is om te vang.
Winners never quit - Quitters never win.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Landrovers

Post by JACQUES BOTHA »

KRUGER
DIS EINTIK DIE BOERE OM DE BRUG WAT KLA DIE JAKKALSE UIT DIE WEERMAG GROND VREET HULLE BANKROT....
EN HULLE WIL NIE BETAAL VIR JAKKALSE NIE EN VERWAG DIE WEERMAG MOET BEHEER TOEPAS WAT NOU GEDOEN GAAN WORD EN EK VERNEEM ALMAL SE PENSE WORD OOPGEMAAK BY DIE VARSITY EN ONTLEET, GEWEEG EN GESEX EN GE OUDERDOM ENS....
SO DIS SOMMER SO KLIPPIE IN  CALLER SE SOEN GEGOOI MA HY WOU NIE REAGEER NIE......
Shoot straight and tell the truth!
Ambessa

Re: Landrovers

Post by Ambessa »

Hallo Izak H

Dankie sou ek s?...

Num lock moet ook net aan wees en gebruik die regterkantse syfers "pad".

Mooi. Eintlik was ek bietjie lui...

Ambessa
Ambessa

Re: Landrovers

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak

..het weer mooi na die foto gekyk.

Hoe gemaak met die lus vir die camel tydens die lang wagtery in die nagte? ...of is die rooijakkalse ook al daaraan gewoond? Weet hoe 'n ou se kieste naderhand bloed deursyfer vir 'n ou dampie as jy nie mag nie?

;D

Ambessa
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Landrovers

Post by Tomcat »

Ambessa

Jy hoor mos hoeveel klem le Taffie op n baie skoon windafkant ;)

Tomma
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Landrovers

Post by Ja3 »

hahahaha...
Tomcat wrote: ........ baie skoon windafkant ;)
tafjak

Re: Landrovers

Post by tafjak »

Tomma
Posted on: June 08, 2009, 10:13:48 PMPosted by: Tomcat wrote:Jy hoor mos hoeveel klem le Taffie op n baie skoon windafkant
Dankie Tomma dat jy my so uit die warmwater haal.

Taffie
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Landrovers

Post by WillJak »

Ambessa, die geheim is kry 'n pyp en rook Boxer, dan dink tanneman dis die plaaslike werker wat so lekker rook...
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Landrovers

Post by Freek »

Onthou ook om so bietjie pappegaai slaai in te meng saam met die BOXER tabak. Dan kan jy sommer wind op roep ook, as vlekkie daai klankie eers in geasem het klim hy sommer self op die Landrover... ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ambessa

Re: Landrovers

Post by Ambessa »

Hallo Willjak
WillJak wrote:..die geheim is kry 'n pyp en rook Boxer, dan dink tanneman dis die plaaslike werker wat so lekker rook...
Daar was tyd toe die man self aan 'n pyp gehang het... Lekker gewees...

Ambessa
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Landrovers

Post by Caller »

Ambessa

As ek op die kantoor rekenaar werk, gooi ek die alt 136 en 137 kodes. Op die laptoppie weet ek net so min soos jy hoe dit werk.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Ambessa

Re: Landrovers

Post by Ambessa »

Hallo Caller

Dankie. Op my laptop grawe ek gou deur die argiewe en tel die letters met die kappies en deeltekens by ander (meer begaafde) ouens se posts op en cut-en-paste dit eenvoudig nas my teks.  ;D ::)

Ambessa
tafjak

Re: Landrovers

Post by tafjak »

So lyk die ou wat Landy se skoene moet vol staan:

Image
Toe ek hom gekry het.
Image
Kom hom so bietjie by met die kwas, "touch up" joppie.
Image
Toe ek homklaar met die kwas bygekom het.

Sal maar sien , Francois het my darem moet in gepraat en hierdie is net vir hom. Ek en die bakkie het al ietsie saam doodgemaak en lyk baie of ons nogal sal regkom.

Taffie
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Landrovers

Post by Ja3 »

Mooi so Taffie en baie geluk.
Goeie model wat jy daar het, en hy lyk 'n bietjie ho?r.
Sien die hakke sit ook nou aan die regte kant.
Daai groot hakke so aan die voor kant, is hulle vir jou RPG backup?

Kan jy my asb die verf se naam gee asook die spesifieke kleur?
Of spy ek nou...

grte
Ja3
Post Reply