Koe?l Punt Vorm

Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Vlakvark »

Elke aksie het n reaksie soos doc reeds gese het. Al word daai punt van tungsten gemaak sal hy nooit skoot vir skoot reguit deur takke gaan nie en dis tog wat Koos en Gerard hier probeer verkoop. dankie aan manne soos Doc Neels en Wouter en ander wat ons vermaan oor die risikos van sulke skote
Image
Image
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by DWB »

Wil iemand nie dalk hierdie thread skoonmaak en net die konstruktiewe inligting agterlos nie?

Ek persoonlik voel dis roekeloos om claims te maak dat mense deur takke kan skiet.

Lees 'n nuweling dit, kan dit onnodig skade veroorsaak.

Hierdie is 'n baie interresante onderwerp en ek sien nie dat dit nodig is om die klomp modder hierop te los nie.

                                                     
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Geno »

Right.
As almal nou klaar hulle speelgoed teen die mure gegooi het, kan ons hoor watse koeelpuntvorm die beste is, en hoekom?
Plat, rond, spitzer, semi-spitzer, VLD ens..........?????????
Last edited by Geno on Tue Nov 01, 2011 8:02 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Flip Nel »

right

Ek het eenslag 'n gekweste Kudu bull wat by my verby gestorm het deur 'n bos geskiet, die oomblik toe ek die sneller trek het ek net bos in die teleskoop gesien, die bul het 20 m verder gaan val, dit was met 'n gewone herlaaide 225 grain Hornady Interlock, spoot was +- 2800 fps, die koeel moes takke getref het want waar die koeel in is was noggal 'n groterige gat, wat my laat dink het die koeel het al begin expand, ek kan nie s? of dit getuimel het nie, ek kon nie bywees met die afslag nie en kon nie die koeel herwin nie, ek het ook nie gaan kyk of ek takke kan kry wat raakgeskiet is nie, die bul was baie naby die boom so ek dink dit is die rede hoekom dit okay gewerk het, Kudu was met die skiet so 50 m van my af
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Jaco Swart »

Koos...

Ek wil graag vir jou die volgende vraag vrae?

Sal jy jou kinders of mede jagters aanraai en leer om deur takke en bosse te skiet ? Jy jag baie , en moet mense saam jou h? wat nie altyd met GS punte skiet nie. Hoe verduidelik jy dit aan hulle? S? jy dat dit reg is om deur takke en bosse te skiet , maar slegs as jy met GS punte skiet.

Ons moet dan eerder hierdie onderwerp verander en vrae: Wat is die uitwerking van normale punte as jy deur takke en bosse skiet, want ons weet dat GS deur takke en bosse kan skiet sonder enige afwykings. Miskien moet jy nie verder deelneem nie , want jou punt is nou gemaak en ons weet nou wat GS se vermoe is. Ons sal nou graag eerder wil hoor wat die ander vervaardigers te punte doen.

Jy moet miskien 'n nuwe topic begin waarin jy verduidelik hoe GS deur 'n Army Tank skiet , sonder enige afwykings.
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Jaco Swart »

Koos ..

Verduidelik dan asb vir my wat jy bedoel met konsekwentheid..

In my opinie is daar nie een bos of tak wat dieselfde as 'n ander een is nie. As jy deur een bos of tak geskiet het , en die dier gedood het , gaan dit nie beteken dat elke keer as jy deur 'n bos of tak skiet die punt dieselfde gaan reageer nie. Daar is te veel veranderlikes.

Ek verstaan dat dit wel kan gebeur , maar die risiko is vir my te groot om dit te aanvaar as vanselfsprekend dat jy maar elke keer deur 'n bos of tak kan skiet.

Waar l? die perke dan waarvan gepraat word?

Ek dink Flip(Flip jy moet help as ek verkeerd is) het nie geweet dat die punt so gaan optree nie , en ek dink ook nie hy het die bos gesien nie. Ek dink nie Flip aanvaar nou dat hy deur takke en bosse kan skiet nie, dit was in my opinie net per toeval.(Flip weereens moet jy s? as ek verkeerd is)..

Met al die jong manne op die Forum en al die manne wat nuut is in die jag game , dink ek die boodskapp word verkeerd oorgedra. Ons moet eerder mense leer om nie skote te neem as die dier nie vol sigbaar is , en die jagter seker is van sy skoot.
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Vlakvark »

Genade, lees dit 'n slag en verstaan tog wat ek s?:
Dit is riskant om deur takke te skiet, maar as jy weet dat jou koe?l onder normale jagtoestande keer op keer (konsekwent) betroubaar reageer, LEER mens mettertyd die perke waaraan jy hierdie koe?l kan blootstel en steeds 'n baie goeie kans het dat die koe?l steeds betroubaar sal reageer.

Nou hoe weet jy hoe gaan daai koeel (konsekwent) betroubaar reageer deur n bos, takkies of gras is hierdie inligting oor hoe om dit te doen in pamflet form of op die pakkie waarin die koeels kom sodat die leek wat jy die storie aan verkoop het weet hoe om dit toe te pas .Dis oneties om op n dier te skiet in die hoop om hom te tref
Ons jag ons skiet nie sommer so moggetrofe nie dit gaan ook nie vir my of ek moet betaal as ek mis of gekwes het nie dis eties om nie kanse te vat wat beteken dat n dier ly nie as jy egter skiet om n gekweste dier te dood en jy skiet deur bos of takke dit kan ek verstaan maar om doelbewus daai skoot te vat net om nog een te kry of nog vleis te kry spreek boekdeele van so persoon se persoonlikheid vir my . Ek sal hom eerder los vir more dan slaap ek beter as om na die tyd te dink, damn ek moes nie daai kans gevat het nie wonder of hy al dood is of suffer hy nog
Daar is geen koeel wat (konsekwent)betroubaar deur takke kan wees nie. vir elke koeel wat julle al getoets het deur takke het daai Amerikaaners al 10000 so getoets. man daai ouens is julle ligjare voor
Laastens
Dit is seker ook so dat as ons vir julle 100 Barnse en 100 Hornadys en 100Gs punte gee sal julle sin die beste wees en vice versa sal Hornady die toets doen en bo uit kom so ook sal Barnse bo wees in hulle toets
DIT IS NIE ETIES OM OP N DIER DEUR TAKKE TE SKIET NIE
Image
Image
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by DawieKotze »

Ek lees nou hierdie topic al van die begin af, maar met al die moddergooiery is ek nogsteeds niks wyser nie  ;D

Mag ek probeer? Daar lyk my 'n groot bymekaar-verby-pratery te wees.

Die een groep manne s? dat GEEN koe?l op aarde nie deur takke/ies gedeflekteer sal word nie. Maak nie saak hoe swaar/vinnig of op watter afstand geskiet word nie. Ek stem hiermee saam.

Soos ek dit verstaan, s? die GS manne dat hulle koe?ls, indien volgens voorskrifte gelaai, die MINSTE gedeflekteer sal word. En daaroor is daar baie navorsing en praktiese ondervinding gedoen/opgedoen.

Dit is oor hierdie stelling dat die manne vir GS aanvat, want hulle (en ek) wil die praktiese toetsuitslae sien.

Ek glo nie vir een oomblik dat GS probeer s? dat hulle koe?ls nie gedeflekteer word nie. Dis tog absoluut onsin!

Op die oorspronklike vraag en ter aansluiting by Geno - wil ek ook nou vra.....

Watter koe?l vorm/gewig sal die minste gedeflekteer word. Dis soos om te vra....as ek dan nou noodgedwonge 'n opvolgskoot moet deur bosse en takke skiet, watter koe?l sal ek wens ek het?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Biltongjagter

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Biltongjagter »

Jaco/Vlakvark,

Ek het reeds hier verduidelik:
Dit is riskant om deur takke te skiet, maar as jy weet dat jou koe?l onder normale jagtoestande keer op keer (konsekwent) betroubaar reageer, LEER mens mettertyd die perke waaraan jy hierdie koe?l kan blootstel en steeds 'n baie goeie kans het dat die koe?l steeds betroubaar sal reageer.

Na agt jaar se jagervaring met GSCHV koe?ls, skiet ek nie sommer net blindelings deur bosse na diere nie. Nee, die enkele situasie wat ek dit wel gedoen het, met sukses, was dit vir my duidelik dat die takkies in die koe?lpad nie 'n onoorkombare obstruksie sal wees nie.
Hoekom so? Omdat ek in talle jagte gesien het hoe reageer die koe?l met die tref van baie swaarder been as Rosyntjiebos takkies - bly steeds reguit penetreer.
Ook hier:
Elke jagter ken, of behoort sy toerusting en hulle werking wat hy gebruik te ken, en dus sal elke jagter sy eie besluite moet neem gebaseer op wat hy uit vorige ervaring gesien en geleer het, met die gepaardgaande risiko daarby.
Dankie madako vir jou korrekte siening hier:
Ek glo nie vir een oomblik dat GS probeer s? dat hulle koe?ls nie gedeflekteer word nie. Dis tog absoluut onsin!
Elke jagter wat erns maak van sy toerusting gebruik in sy jagte, maak tog sekerlik waarnemings van al die gebeure vandat hy die skoot afgevuur het tot waar hy die bok kry - reaksie van die dier, afstand voordat hy dood is, skootplasing (is dit waar jy gemik het en bedoel het om te tref), ingangs- en uitgangswond (kaliber grootte gaatjies of is daar aanduidings dat koe?l getuimel het - langwerpige gate of uitermatig groot), l? die bok met uitgangs- of ingangswond na bo (net interessantheidshalwe) en dan met die slag van die bok - vleisskade en skade aan lewensnoodsaaklike organe, is been getref en wat dui die koe?lpad in die karkas daarn? aan, ens. ens.

D?t is waar en hoe 'n jagter mettertyd die perke leer waaraan hy sy koe?l gebruik, met verwagting van sukses kan blootstel

Groete,
Koos.
Last edited by Biltongjagter on Tue Nov 01, 2011 9:49 am, edited 1 time in total.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Stefan764 »

Biltongjagter wrote:
Elke jagter wat erns maak van sy toerusting gebruik in sy jagte, maak tog sekerlik waarnemings van al die gebeure vandat hy die skoot afgevuur het tot waar hy die bok kry - reaksie van die dier, afstand voordat hy dood is, skootplasing (is dit waar jy gemik het en bedoel het om te tref), ingangs- en uitgangswond (kaliber grootte gaatjies of is daar aanduidings dat koe?l getuimel het - langwerpige gate of uitermatig groot), l? die bok met uitgangs- of ingangswond na bo (net interessantheidshalwe) en dan met die slag van die bok - vleisskade en skade aan lewensnoodsaaklike organe, is been getref en wat dui die koe?lpad in die karkas daarn? aan, ens. ens.

D?t is waar en hoe 'n jagter mettertyd die perke leer waaraan hy sy koe?l gebruik, met verwagting van sukses kan blootstel

Groete,
Koos.
Dankie Koos. So jy stem saam dat jy, met al hierdie faktore hierbo in ag geneem, na redelike ondervinding, n patroon begin sien in hoe jou toerusting perform, maar nooit (klem op nooit) n akkurate voorspelling kan waag as daar eksterne faktore betrokke is nie?

In die lig van die aanvanklike vraag gevra op die eerste bladsy van hierdie topic, is dit mos net logies om te se dat geen maar geen  koeel in sy koeelbaan sal bly as enige eksterne veranderlike (grassie takkie tak of stam) teen enige hoek getref word nie. Die een wat reguit anderkant uitkom is luck, PUNT STOP AMEN. Kan ons almal ten minste net hieroor saamstem? Dan het ons darem n basis om verder op te redeneer en dan ook om op trug te val.

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Flip Nel »

JACO

Jy is 100% reg, teen die tyd wat ek die bos gesien het was my vinger al verby die point of no return, maar ek sou elkgeval geskiet het want let wel, die bul was gekwes, die Hornady's was net die patroon wat in die geweer was, dit sou rerig nie my eerste keuse gewees het om te gebruik nie maar dis al wat ek by my gehaad het.  Dit was onmoontlik vir my on te kan s? dan die patroon nie rigting verander het nie, doodeenvoudig die skoot was agter die blad met 'n groter as gewoonlik wond, ek het vir die blad geskiet maar oor die bok beweeg het kon ek hom verder agter toe getref het, of die koeel het  van rigting verander sal nooi weet nie.  Die Punt is ek sal nie sommer enige koeel vetrou deur bosse nie.  Net om 'n voorbeeld te noem as Skoolseun het ek op 'n slag met 'n 9.3x62 twee kudu bulle geskiet bymekaar waar altwee bymekaar  agter die bosse gestaan het, die een bul het ek net sy buitelyne uitgemaak, dit was met 258 H mantels teen 2500 fps.  Nie iets wat ek nou sal doen nie maar as ek net op die geval moet vertrou sal ek s? die H mantels werk uitstekend in die bos, waarheid is dit was net geluk, kon maklik hulle gekwes het.  Laaste wat ek wil vertel en ek is nog skaam daaroor toe ek 'n groot Eland bul geskiet het wat nadat ek die eerste skoot mis geskiet het agter 'n bos gaan staan en vir my gekyk het. Ek het dadelik uit die vuis geskiet waar ek skat is sy skouer, let wel ek kon net sy kop sien.  Die skoot is agter sy blad in en hy het geval na 'n paar meter, om dinge te vererger was dit met 'n weermag staalpunt, die Bul het 349 kg uitgeslag.  ASB mense dit was baie jare terug toe ek nog 'n kind was, daar het baie water in die see geloop tussen toe en nou.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Vlakvark »

So, Koos jy stem dan saam dat  of dit Barnes Hornady  Speer PMP of wat ook al jy skiet dit maar hoop dit is raak gaan wees as jy deur die takke skiet of voel jy tog GS het n voordeel bo n ander fabrikaat
En as GS dan voordeel het is die voordeel so groot dat ons jong nuwe manne dan kan leer om GS te koop en net te skiet boom tak voor maak nie saak nie
Image
Image
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Vlakvark »

SO, Koos dit is jy en nie GS wat so goed is nie!Persoonlik dink ek jy sal nog beter wees met Barnes dan skiet jy dalk twee bokke met een skoot dood agter die tak
Image
Image
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Vosman »

Ek wil Madako se vraag beaam. Dalk die wiel bietjie meer aan die rol sit.
Ons aanvaar dat enige koeel se baan sal verander sodra dit iets solied tref, hetsy dit gras, takke, bakstene of watter vorm ookal aan neem. Ons weet ook dat om deur enige medium na 'n dier te skiet soek is. Maar kom ons se vir die doel van die oefening is daar 'n booswig agter 'n rosyntjie bos wat Blok en Geno se potch dames iets wil aandoen, of vir een van die manne met 'n 9mm polisie pistool wil aanval.
Sal 'n 375 met 'n 300gr koeel nie sy momentum en rigting beter deur 'n bos hou as bv 'n 22-250 met 'n 55gr koeel nie? Ek weet meer toetse sal dit beter kan bewys, maar kom ons hou die vraag vir eers teoreties van aard?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Wouter Roets »

Koos

Ek het jou nooit beskuldig dat jy hierdie forum susesvol gebruik vir n bemarkingsveltog nie net dat jy dit wel gebruik! Probeer dalk die roete om nice te wees, meskien werk dit. ;D

Ek lees hoe hierdie post nou verder ontwikkel het en wil amper van my stoel af val van die lag! Jou storie het nou 180 grade omdraai gemaak. Nou eweskielik is daar woorde soos "ruskant om deur takke te skiet"! Uitstekend! ;D ;D ;D Ook nie n woord verder oor die toetse nie! Moet nou net nie se jy kan dit vir ons wys maar dan sal jy ons moet dood maak nie! ;D

Waar is Gerhard nou? Het hy weereens bedank? ;D

Hel ek kry nou enige iemand jammer wat die post volg, ek is nou al skoon deurmekaar! ???

Groetnis en sterkte aan almal!
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Wouter Roets »

Vosman

;D ;D

Momentum is spoed maal met gewig. Indien die spoed nie geaffekteer word deur die meduim waardeur jy skiet nie gaan die 375 natuurlik meer momentum he as die 22-225. Die vraag bly net dat al sit jy met al die momentum in die wereld wat help dit jou as jy nie met SEKERHEID kan se jy gaan die teiken tref nie!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Lourens »

+1 Vlakvark, Barnes is bobaas!!!  ;D ;D

Laat ek ook nou maar my opinie ingooi.

Manne ek sien die ding so. Om mee te begin, as jy met opset deur een of ander medium soos takke, gras, boomstam of whatever moet skiet om 'n bok te skiet soek jy vir k#k wat kon gebly het. Gee kans en kyk eerder of die dier nie n beter skoot gaan bied nie. Dit is ook onmoontlik om alle tipes van media wat in die pad gaan kom elke keer te vermy, en almal van ons is slim genoeg om te weet deur wat hy kan skiet sonder om stront op te tel en deur wat hy liefs nie moet skiet nie. As jy 'n klein en vinnige kaliber skiet bv .223 of 243 bly weg van selfs die kleinste goed wat in die pad kan kom. Maak nie saak of jy nou die "magtige GSC"   :angel:  in die loop het en of jy nou 'n Hornady SP of 'n FMJ in die loop het nie. As jy 'n groter en stadiger kaliber met swaar koeels skiet soos 30-06 met 200gr, 8x57 met 200gr / 220gr, 375 met 300gr is daar sekere gras en takkies wat 'n kleiner effek op die koeel BEHOORT te he as gevolg van meer momentum en minder sensitiwiteit vir eksterne faktore. Dit is egter nie betroubaar elke keer die geval nie. MAAR geen koeel in die wereld, of jy nou 'n .22 of 'n 458 skiet, of jy nou GSC of Barnes of Rhino of Hornady skiet, gaan ooit betroubaar en sonder moontlike defleksie deur enige medium ploeg en 'n dier in die vitals slaan waar jy gehoop het hy gaan nie. As dit die geval was sou jag darm baie makliker gewees het. As jy dit reggekry het om deur wesenlike takke gras of watookal jou bok steeds in die vitals te skiet, well done, jy verdien 'n koue Black Label, maar moenie dink jy gaan dit elke keer regkry nie. Dis pure luck en basta. Geen jag-koeel in die wereld is vervaardig met die doel om betroubaar deur media te skiet sonder defleksie nie.

Oja, ek het nagelaat om te se Good, Better, Barnes!!  ;D ;D

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Jaco Swart »

Wout...

Gerhard is nog hier, maar OOM Gerard is nie vandag aktief nie , maar sy profiel bestaan darem nog.. Moet jou komplimenteer met die gebruik van jou smilies. ;) ;)

Koos..
Jou stelling:
Na agt jaar se jagervaring met GSCHV koe?ls, skiet ek nie sommer net blindelings deur bosse na diere nie. Nee, die enkele situasie wat ek dit wel gedoen het, met sukses, was dit vir my duidelik dat die takkies in die koe?lpad nie 'n onoorkombare obstruksie sal wees nie.

Dit is onmoontlik om na een ondervinding , die aflyding te maak dat takkies nie 'n onoorkombare obstruksie sal wees nie. Jy het dit reggekry en soos Wout al uitgelig het , was dit blote geluk. Jy het dit nog nie weer gedoen nie , so uit jou ondervinding kan ons geensins aflei dat dit herhaal kan word nie. Dit moet eers weer prakties getoets en bewys word. Deur die ondervinding te neem en afleiding te maak dat dit weer dieselfde eindresultaat sal h?, sal ek soos OOM Gerard s? "jy slaan jou naam met 'n plank".

Ons is almal bewus , en ons kan nie daarteen stry dat die punt anders sal optree as dit 'n voorwerp tref. Ons kan slegs hier bespreek wat ons dink watter punte en kalibers miskien minder gaan afwyk. Soos reeds ges? is al die hindernisse waardeur geskiet word nie dieselfde nie , dus sal die afwykings van die punt ook nie dieselfde wees nie.
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Vlakvark »

Ek sien daai 180 en amper het ek al my Barens op die soek hoek skuus betaal later forum gegooi om van die nuwe bush buster koeels te koop
Image
Image
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Flip Nel »

Terug na Madako

Ek weet nie of almal al gedink het aan wat alles met die koeel kan gebeur of hoe dit hom kan beinvloed nie.  Kom ons vat 'n voorbeeld net die neusboog, gaan die koeel die selfde regeer
as die takkie hom op verskillende plekke tref, en wat as meer as een tak hom tref, wat as hy een tak tref en begin blom en weer 'n ander tak skrams tref, en in die geval van 'n lood koeel, wat gaan gebeur as as die lood wegbeweeg in die koeel sal hy onstabiel raak.  Verbeel jou jy moet aan 'n nie jagter wat op die draad sit verduidelik hoekom jy die kaans sal waag om dalk 'n doodskoot te skiet. Sal jy hom kan oortuig dat dit reg was om te skiet met alles wat jy wat kan fout gaan. Op die ou einde kom dit neer het jy die reg om 'n duur te laat swaar kry oor jy 'n kans wou waag
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Wouter Roets »

Asuus Jaco ek het bedoel Gerard! :P

Lourens

Ek weet ons almal se koppe wil oorneig na die denke dat groter en stadiger kalibers MOET beter vaar deur takke as die vinniger klein kalibers maar die toetse tot ons beskikking wys dat dat dit nie so is nie. Ek gaan hierdie volgende konsep weer onder amal se aandag bring en dit is dat die stabiliseerings proses wat n koeel in verkeer in flug baie "fragile" is. Ek wens ek kan aan n meer gepaste Afrikaanse term dink maar dit ontglip my!

Ja soos ons nou al geleer het is daar dinge wat n mens aan die form van die koeel kan doen om dit te verbeter(dankie Koos en Gerard) maar dit lyk nie op die staduim dat n mens dit van so aard kan verbeter dat dit hierdie struikelblokke kan oorkom nie. Die stabiliserings toestand is net te breekbaar! Ons vergeet dat die voorwerp wat getref word ook met potensieele(rustende) energie sit wat die oomblik wat dit getref word geaktiveer word. Hierdie potensiele of rustende energie is in baie gevalle groter as die koeel in vlug sin. Hier is soveel komplekse ding betrokke by hierdie onderwerp en dit sal fantasties wees as n persoon soos Gerard dalk al die moontlike faktore wiskundig kan kom verduidelik. In een van my boeke by die huis is daar nogal n lang artikel in wat redelik uitbrei. Sal so bietjie gaan soek vir hom.

As jy kyk na die ontwerp van solide koeels en glo my hulle het baie verander oor die jare is ek seker van die logika en ondervinding daar kan oorgedra word na hierdie bespreking.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Nuweseun »

Rooijakkals wrote:
Manne ek sien die ding so. Om mee te begin, as jy met opset deur een of ander medium soos takke, gras, boomstam of whatever moet skiet om 'n bok te skiet soek jy vir k#k wat kon gebly het. Gee kans en kyk eerder of die dier nie n beter skoot gaan bied nie. Dit is ook onmoontlik om alle tipes van media wat in die pad gaan kom elke keer te vermy, en almal van ons is slim genoeg om te weet deur wat hy kan skiet sonder om stront op te tel en deur wat hy liefs nie moet skiet nie.

Groete,
Lourens
Ek stem, daar is bloot net helemal te veel veranderlikes en dit maak dat die kans dat jy gaan droogmaak, veel groter is as wat jy gaan slaag!! Ek voel dat dit ten alle tye afgeraai moet word en slegs gedoen behoort te word indien daar bv. 'n opvolg skoot na 'n kwesbok geskiet word.
Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Vlakvark »

Gewaagd, maar soos ek s?, uit moedeloosheid was dit nou of nooit! Puik gewerk.
.Die teoretiese feite rondom hierdie aspek in die jag van wild, is na my mening in hierdie geval bewys, indien dit binne die behalingsperke van die betrokke koe?l toegepas word..


.Wat maak jou koeel se behalingsperke beter as n ander koeel soos reeds deur jou self gese as jy iets tref gras of tak gaan sy rigting verander weer eens kan ons nou die jong manne maar leer koop GS koeels en skiet maak nie saak wat voor is nie jy sal die bok agter  die tak tref en dood.
Last edited by Vlakvark on Tue Nov 01, 2011 2:09 pm, edited 1 time in total.
Image
Image
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Vlakvark »

Sorry Manne uit n ou opleidings video van my dis so 10 minute lank.Ek sukkel al van gister aand af om hom kleiner te sny die dogters het my nou gehelp om hom kleiner te kry en te laai nee dis nie ek nie net materiaal wat ons mee opleiding gehad het
Image
Last edited by Vlakvark on Tue Nov 01, 2011 2:20 pm, edited 1 time in total.
Image
Image
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Koe?l Punt Vorm

Post by Vlakvark »

Hy skiet hier na nog n 50 ook en altwee skoote tuimel ek het dit af gesny maar sal dit more oplaai
Image
Image
Locked