Page 3 of 4

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Fri Oct 05, 2018 10:18 am
by JacquesT (Stompe)
Hierdie thread was beslus van groot waarde vir 'n groot kaliber leek soos ek.
Met die oog op 'n buffel jag volgende jaar het ek self onlangs 'n 375H&H aangeskaf, en het ek ook die hele interweb op gelees oor koel keuses. Ek dink my besluit is nou gemaak.

Dalk 'n volgende thread oor hoe julle manne lading ontwikkeling aanpak, skimp skimp.

Groete

PS. Julle sal volgende jaar my en my appie (Capt. Obl) op 'n BASA shoot of 2 sien.

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Fri Oct 05, 2018 10:29 am
by Wouter Roets
Matt

In daai teelkampe waar jy skiet kan jy maar enige tipe koeel gebruik. Kry sal jy jou buffel kry. ++>:

Nee wat Jacqeus niks snaaks daaraan nie. Kom op nodespoed dan begin jy oefen en nogmaals oefen uit veld skiet posisies. Glad nie nodig vir n ladder toets op 600m nie. Al wanneer jy weer n bench sien nadat jy lading ontwikkeling gedoen het is die dag wat jy jou geweer se zero check voor die jag.

Groetnis
Wouter

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Fri Oct 05, 2018 11:35 am
by OomMatt
Wouter Roets wrote:Matt

In daai teelkampe waar jy skiet kan jy maar enige tipe koeel gebruik. Kry sal jy jou buffel kry. ++>:

Nee wat Jacqeus niks snaaks daaraan nie. Kom op nodespoed dan begin jy oefen en nogmaals oefen uit veld skiet posisies. Glad nie nodig vir n ladder toets op 600m nie. Al wanneer jy weer n bench sien nadat jy lading ontwikkeling gedoen het is die dag wat jy jou geweer se zero check voor die jag.

Groetnis
Wouter
Ja , Ja
Wouter , maar as jy hom in my jag gebied van 100ha kampe SKIET , en of jy hom jag op plaas van 1 000ha en jy skiet n lekker poef skootjie , gaan jy besig raak.
Ek hou my opsie maar net oop om nie te veel rond te hardloop nie
HaHaHa

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Fri Oct 05, 2018 11:46 am
by Frederik
JacquesT (Stompe) wrote:
PS. Julle sal volgende jaar my en my appie (Capt. Obl) op 'n BASA shoot of 2 sien.
Julle kan al die jaar begin gooi volgende Basa skietdag is 24 November genoeg tyd om alles agter mekaar te kry. Daarna Februarie 2019. Ons kort nog Jaracal manne daar sal lekker wees.

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Fri Oct 05, 2018 11:49 am
by Frederik
Die 375 oor die algemeen laai baie maklik en groeperings is ook nie sommer probleem nie. Moet net nie 1/2 MOA verwag met Rhinos nie hulle werk op minute of buffalo. Maar 2" groep op 100 meter is meer as goed genoeg op grootwild en hulle val in daardie groep.

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Fri Oct 05, 2018 12:11 pm
by Gerhardu
Frederik wrote:
JacquesT (Stompe) wrote:
PS. Julle sal volgende jaar my en my appie (Capt. Obl) op 'n BASA shoot of 2 sien.
Julle kan al die jaar begin gooi volgende Basa skietdag is 24 November genoeg tyd om alles agter mekaar te kry. Daarna Februarie 2019. Ons kort nog Jaracal manne daar sal lekker wees.
Jacques en Siebert!!!!

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Fri Oct 05, 2018 1:45 pm
by tau
Die verskiet besigheid raak nou te maklik

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Fri Oct 05, 2018 2:18 pm
by Capt. Yoda
tau wrote:Die verskiet besigheid raak nou te maklik

Ons gaan nou begin ver skiet met die 375s!

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 23, 2018 9:41 am
by RiaanPretorius
Goeie More

Soos beloof gee ek graag terugbvoering oor die 350 gr Rhino wat ek laas week gebruik het op n buffeljag in Mosambiek.

Die koel het my loop verlaat teen 2220f/s en die buffel op die blad getref na hy plankdwars gestaan het op 102m. Hy het 45m gevorder en omgeval....die koel is deur die regter blad,die groot vate van die hart verwoes en onder die vel aan die ander kant vasgesteek.

Die fotos spreek vanself my tevredenheid van die rhino.

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 23, 2018 9:42 am
by ruaanb
Baie geluk Riaan wat 'n pragtige buffel!

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 23, 2018 9:47 am
by tau
Baie geluk. DIt is werklik 'n vrek mooi Bul.


Die Rhino het darem perfek reageer. Nou wonder ons almal wat groter gewere soek weer of dit nodig is. EK was op 'n Groot 5 jag, waar die junior PH so ou .375 Brno gedra het wat maar vreeslik gehawend was. Hy het op daardie stadium al 54 olifante gejag met kliente en het net PMP gekoopte solids geskiet. Hy was vreeslik lank en maer en het gespot hy kon nie groter gewere skiet nie.

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 23, 2018 9:53 am
by DWB
Welgedaan Riaan!

Pragtige bul!

Tau, moenie in die 375 groef val nie ou maat! Jy het 'n groter een nodig :) :)

Ek het self 450gr Rhinos in my kluis wat ietsie moet omdop!

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 23, 2018 10:35 am
by Carel Kolesky
pragtige buffel-swart en wit-foto n treffer

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 23, 2018 2:37 pm
by tau
DWB wrote:
Tau, moenie in die 375 groef val nie ou maat! Jy het 'n groter BANK BALANS nodig :) :)

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Oct 23, 2018 5:32 pm
by Flip Nel
Baie Geluk, mooi Buffel ek hou van sukses verhale

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Wed Oct 24, 2018 7:53 am
by Wouter Roets
Goeie more Riaan

Baie geluk met n pragbuffel! Bly alles het mooi vir jou uitgewerk.

Groetnis
Wouter

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Jan 07, 2020 4:57 pm
by rudib
300gr
Swift A-Frame
Rhino
Barnes TSX

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Tue Jan 07, 2020 5:04 pm
by Frederik
rudib wrote: Tue Jan 07, 2020 4:57 pm 300gr
Swift A-Frame
Rhino
Barnes TSX
Dis 'n ou thread wat jy nou herleef het maar ek moet op my eie posts ook nou Woodleigh bysit solank dit die 300gr HD koeel is.
Mooi geloop op my buffel koei en twee wildebeeste teen 2470fps

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Mon Mar 16, 2020 3:03 pm
by tau
Image

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Mon Mar 16, 2020 3:05 pm
by tau
Ja ek het GS Custom verkeerd gespel!!!!

Almal geskiet uit my .375 Ruger tussen 20-50 meter teen sand wal.

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Mon Mar 16, 2020 3:05 pm
by tau
Image

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Mon Mar 16, 2020 3:07 pm
by tau
Image

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Mon Mar 16, 2020 3:08 pm
by tau
Image

Die GS Custom raak ‘n groot monster

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Mon Mar 16, 2020 6:38 pm
by DWB
Tau, dra tog 'n pienk hempie as jy 200greiners skiet…

Re: Beste 375 punt vir buffeljag?

Posted: Mon Mar 16, 2020 8:53 pm
by tripodmvr
DWB wrote: Mon Mar 16, 2020 6:38 pm Tau, dra tog 'n pienk hempie as jy 200greiners skiet…
Daardie is nou juis vir die vêr skiet !!!!