Page 3 of 4
Re: Mes Maak beginner
Posted: Thu Apr 26, 2018 10:58 am
by Viking
Ek het darem al geleer hoe om die punte skerp te maak, maar na die eerste skerp maak, raak die boor punt nog vinniger stomp.
Sodra jy die boorpunt slyp ontstaan hitte....en dit beinvloed die boorpunt se "temper" m.a.w die staal raak sagter en daarom hou jou boorpunt nie lank nie.
Gebruik water of olie om die punt deurgaans af te koel terwyl jy skerpmaak!
Re: Mes Maak beginner
Posted: Thu Apr 26, 2018 11:17 am
by Dries101
Vat R80 en Koop a blikkie Tap matic- dit hou veraltyd en is basies die prys van 1 goeie boorpunt. Stel ook die spoed van jou boor om te pas by die groote van die punt wat jy gebruik. maw moet nie n 8mm gat teen 2000rpm prober boor nie
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Apr 30, 2018 6:33 pm
by HennieL
GooseMan wrote:Waneer ek gate boor in my messe, raak die boorpunt nogal vinnig stomp. Ek het n hand-boor masjien, en ek stel hom op n stadige spoed.
Enige raad in terme van makliker boor en punte te spaar.
Hier's 'n paar dinge om aan te dink...
* Gebruik verkieslik HSS Kobalt boore - hulle hou net baie langer
* Stupid vraag, maar jy grind hopelik voordat jy die lem verhard?
* Gebruik 'n "cutting fluid" - Tapmatic werk baie goed, maar is vreeslik duur. Ek gebruik 'n emulsifiseerbare olie. Mens verdun dit tot so 8% met water - dit lyk dan amper soos melk, en werk baie goed.
Ek het darem al geleer hoe om die punte skerp te maak, maar na die eerste skerp maak, raak die boor punt nog vinniger stomp.
Ek vermoed dat jou probleem dalk hier kan lê - vir messtaal moet jou boorpunte 'n 130° hoek hê, en nie 'n 118° hoek soos wat gewone boore het nie. Die "relief" agter die snyvlak is ook van kardinale belang - te min "relief" sal vir seker jou bore te warm laat word. Dit is natuurlik ook uiters belangrik om nie die boorpunt te warm te laat word terwyl jy dit slyp nie, anders verloor jy sy temper (ja, ook met HSS...). Dompel die boor gereeld in water, nes jy doen wanneer jy jou messe grind.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Apr 30, 2018 6:43 pm
by Dries101
HennieL wrote:GooseMan wrote:Waneer ek gate boor in my messe, raak die boorpunt nogal vinnig stomp. Ek het n hand-boor masjien, en ek stel hom op n stadige spoed.
Enige raad in terme van makliker boor en punte te spaar.
Hier's 'n paar dinge om aan te dink...
* Gebruik verkieslik HSS Kobalt boore - hulle hou net baie langer
* Stupid vraag, maar jy grind hopelik voordat jy die lem verhard?
* Gebruik 'n "cutting fluid" - Tapmatic werk baie goed, maar is vreeslik duur. Ek gebruik 'n emulsifiseerbare olie. Mens verdun dit tot so 8% met water - dit lyk dan amper soos melk, en werk baie goed.
Ek het darem al geleer hoe om die punte skerp te maak, maar na die eerste skerp maak, raak die boor punt nog vinniger stomp.
Ek vermoed dat jou probleem dalk hier kan lê - vir messtaal moet jou boorpunte 'n 130° hoek hê, en nie 'n 118° hoek soos wat gewone boore het nie. Die "relief" agter die snyvlak is ook van kardinale belang - te min "relief" sal vir seker jou bore te warm laat word. Dit is natuurlik ook uiters belangrik om nie die boorpunt te warm te laat word terwyl jy dit slyp nie, anders verloor jy sy temper (ja, ook met HSS...). Dompel die boor gereeld in water, nes jy doen wanneer jy jou messe grind.
Goeie advies- net by the way Tapmatic kos R70 vir n half liter- eks nou so halfpad deur een na 10 jaar
Re: Mes Maak beginner
Posted: Tue May 01, 2018 5:59 pm
by HennieL
HennieL wrote:...* Stupid vraag, maar jy grind hopelik voordat jy die lem verhard?
Ek sien nou eers dat ek hierdie heeltemal verkeerd geskryf het
Ek het eintlik bedoel: " maar jy BOOR hopelik voordat jy die lem verhard" Grind het niks hiermee te doen nie
net by the way Tapmatic kos R70 vir n half liter- eks nou so halfpad deur een na 10 jaar
Sjoe, ek gaan deur 'n blik in minder as 'n week as ek op verlof is (en dus voltyds met ysters kan speel...) - die goed verdamp vreeslik vinnig, veral as die staal warm word as mens boor, en nog erger met freeswerk (milling) en draaiwerk - dan is 'n byna konstante aanvulling van die Tapmatic nodig wat maak dat die blik sommer gou-gou leeg word. Die emulsifiseerbare olie kos 'n paar honderd Rand vir 5 liter, maar as mens dit tot 8% verdun dan maak dit sowat 60 liter "cutting fluid", wat (teen sê R250.00 per 5 liter) op sowat R2.00 per 500ml blik uitwerk - aansienlik goedkoper as die Tapmatic...
Re: Mes Maak beginner
Posted: Tue May 01, 2018 6:15 pm
by Dries101
HennieL wrote:HennieL wrote:...* Stupid vraag, maar jy grind hopelik voordat jy die lem verhard?
Ek sien nou eers dat ek hierdie heeltemal verkeerd geskryf het
Ek het eintlik bedoel: " maar jy BOOR hopelik voordat jy die lem verhard" Grind het niks hiermee te doen nie
net by the way Tapmatic kos R70 vir n half liter- eks nou so halfpad deur een na 10 jaar
Sjoe, ek gaan deur 'n blik in minder as 'n week as ek op verlof is (en dus voltyds met ysters kan speel...) - die goed verdamp vreeslik vinnig, veral as die staal warm word as mens boor, en nog erger met freeswerk (milling) en draaiwerk - dan is 'n byna konstante aanvulling van die Tapmatic nodig wat maak dat die blik sommer gou-gou leeg word. Die emulsifiseerbare olie kos 'n paar honderd Rand vir 5 liter, maar as mens dit tot 8% verdun dan maak dit sowat 60 liter "cutting fluid", wat (teen sê R250.00 per 5 liter) op sowat R2.00 per 500ml blik uitwerk - aansienlik goedkoper as die Tapmatic...
Ek mil nie en ek kan sien dat dit erg deur mens se goed kan gaan.- maar vir boor werk n paar drupels op n slag-ek doen so 3 messe n week.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Thu May 03, 2018 7:34 am
by GooseMan
Goeie More Manne,
Baie dankie vir die wenke.
Yes, boor die gate defininitef voor verharding.
Die oukies so 2 na 3 naweke terug begin, en die naweek die gate geboor en die eerste een gegrind.
Om die boorpunt koel te hou is definitief die wenner. Die 5160 vreet maar nogsteeds die klein 3.2 mm boortjie, maar het baie makliker gegaan.
werk in proses.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Thu May 03, 2018 7:48 am
by Dries101
Anneal jy die 5160 voor jy boor of boor jy die staal soos jy hom kry?
Re: Mes Maak beginner
Posted: Thu May 03, 2018 9:19 am
by GooseMan
Hi Dries,
partykeer anneal ek die staal. ander kere vergeet ek. hahaha
hierdie 3 het ek vergeet om the anneal
Re: Mes Maak beginner
Posted: Thu May 03, 2018 9:24 am
by Dries101
Dit maak n groot verskil op die boor werk. Ek sukkel baie om 5160 te boor as ek nie aneal het nie
Re: Mes Maak beginner
Posted: Thu May 03, 2018 1:30 pm
by GooseMan
jy is korrek daar.
Ekt gesien spoed van die boor is ook n groot faktor. Ekt gesien, veral met die groot gat van die lem soos bo, stadige spoed, en skerp punt, vreet die staal weg soos botter. (druk-loss aksie "stop-go") Sodra jy ongeduldig raak en die boor se knoppie te lank in hou, hardloop hy net in die rondte en raak warm. Dan kom jy nerens.
Na die lemme se geboor, het ek seker n sigaret na elke lem gerook net om die gedult terug te bring.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Fri May 04, 2018 8:00 am
by ZKK
Hierdie is so effens van die punt af.
Is daar iemand wat water based contact glue gebruik om hulle leer sakkies te plak?
Ek het dit erens op n youtube video gesien en dyt lyk asof dit makliker is om te gebruik as gewone contact glue.
Groete
ZKK
Re: Mes Maak beginner
Posted: Fri May 04, 2018 8:05 am
by Dries101
ZKK wrote:Hierdie is so effens van die punt af.
Is daar iemand wat water based contact glue gebruik om hulle leer sakkies te plak?
Ek het dit erens op n youtube video gesien en dyt lyk asof dit makliker is om te gebruik as gewone contact glue.
Groete
ZKK
Hi- het albei die water based een vat net te lank om droog te word- ek gebruik deesdae die transparent kontak gom. werk baie lekker vir my.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon May 07, 2018 7:39 am
by ZKK
Dankie Dries, het jy brand names vir beide die waterbased en kleurlose kontakgom?
En waar kan mens dit kry?
Groete en dankie vir die raad.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon May 07, 2018 8:46 am
by Chris Swart
GooseMan wrote:
Ek het n vraag vir die kenners:
Waneer ek gate boor in my messe, raak die boorpunt nogal vinnig stomp. Ek het n hand-boor masjien, en ek stel hom op n stadige spoed.
Enige raad in terme van makliker boor en punte te spaar. Ek het darem al geleer hoe om die punte skerp te maak, maar na die eerste skerp maak, raak die boor punt nog vinniger stomp.
groete
Gebruik drill and tapping fluid.
Dit hou die boorpunt baie koeler en die boor bly dus langer skerp.
Die ander opsie is om Kobalt boorpunte te gebruik, maar hulle raak duur.
(Ek neem aan jy boor gate VOOR verharding)
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon May 07, 2018 9:30 am
by Dries101
ZKK wrote:Dankie Dries, het jy brand names vir beide die waterbased en kleurlose kontakgom?
En waar kan mens dit kry?
Groete en dankie vir die raad.
Genkem en alcolin maak die kontak sement. Ek gebruik Fiebings se water gom- maar ek dink dis omtrent dieselfde goed as daai wit houtgom wat mens kry
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Jun 18, 2018 12:21 pm
by GooseMan
Gooi messe klaar gemaak die naweek.
5160 staal.
Asyn Patina
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Jun 18, 2018 4:53 pm
by ZKK
Baie nice, wil nog vir my ook n stelletjie gooi messe maak
Re: Mes Maak beginner
Posted: Wed Jun 20, 2018 10:53 am
by GooseMan
Heel lekker project, ook lekker oefening om bevels dieselfde te kry.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Wed Aug 15, 2018 8:41 am
by GooseMan
Hierdie Messie die naweek voltooi,
Gemaak uit 'n ou vyl.
Sleeper hout gebruik vir die hef.
Een brass pin en ander pin is van 'n gebreekde boorpunt.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Wed Oct 17, 2018 8:32 am
by GooseMan
Hierdie messie die naweek klaar gemaak.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Sat May 04, 2019 8:42 pm
by Raakgeskiet
Hallo
Ek het toe so bietjie meer as ñ jaar terug my masjien gekry en begin oefen. By Bloemfontein se mes club aangesluit, by Hennie Landman se manne. Baie lekker klomp manne, het baie by hulle geleer.
En tussendeur heeltyd ge-oefen.
Ek het nou so 2 maande lank by Tiaan, ook een van die lede, begin klas loop.
Dit het my baie gehelp.
Hier is Dan nou my klas mes.[IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201905 ... a2a4d3.jpg[/IMG][IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201905 ... 31dc50.jpg[/IMG][IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201905 ... bf37d0.jpg[/IMG][IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201905 ... 46b95e.jpg[/IMG][IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201905 ... 77df8d.jpg[/IMG]
Sent from my SM-N960F using Tapatalk
Re: Mes Maak beginner
Posted: Sat May 04, 2019 8:50 pm
by Raakgeskiet
Re: Mes Maak beginner
Posted: Sat May 04, 2019 8:53 pm
by Raakgeskiet
Ek het Elmax Staal gegruik, en 303 vir die bolsters en pins.
Sent from my SM-N960F using Tapatalk
Re: Mes Maak beginner
Posted: Sat May 04, 2019 8:55 pm
by Raakgeskiet
Julle kan maar raad vra by Hennie L, hy is ñ kenner op Staal, verharding, ens.
En hy maak vrek mooi messe ook!!!
Sent from my SM-N960F using Tapatalk