Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kaliber

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Carl »

Frikkie Coetzee wrote:Die herhinder my aan n gesprek wat ek en y vrou een aand gehad het oor die tydskrif Country Life. Baie intressant om te lees hoe jy eintlik moet lewe op die platteland. Daai mense, nou hulle ken van wat ons hier moet doen op platteland. Ongelooflik dat ons self nooit daaran gedink het nie.
;D ;D ;D ;D
Dis advies vir die die besigheids mense wat "aftree" om hulle miljoene op te boer.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Nella »

Basjan123 wrote:Net 1 Kaliber .......... 270 Win. Finish en Klaar
Haai die arm man.. onthou hy begin nou eers daar werk hy kan nie nou al sulke "foute"maak in sy proef tydperk nie ++>:
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Giepie »

Nee Nella, jy verstaan nie. Met 'n 270 is daar nie 'n proeftydperk nodig nie, dit is sommer van die begin af 100% reg. :laugh:
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by jdpretorius »

Giepie wrote:Nee Nella, jy verstaan nie. Met 'n 270 is daar nie 'n proeftydperk nodig nie, dit is sommer van die begin af 100% reg. :laugh:
Darrem nog 'n intelligen antwoord, so 'n antwoord moet jam kry ;D
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Nella »

Ok ok...lyk my julle 270 brigade is al so ge-oefen om te verdedig julle is nogal skerp ..... ;D
Met julle antwoorde natuurlik. ..nie julle kaliber keuses nie :laugh: :laugh:
Just smile and wave boys >:D
NicovanderMerwe
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by NicovanderMerwe »

Ek luister net so na julle, dis reg elkeen is geregtig op sy opinie. Carl, jy gaan 20 000 antwoorde kry. Besluit eers op die punt wat jy wil gebruik. Sê byvoorbeeld in die Karoo is die kleinste bokke springbokke, vir arguments onthalwe. En die grootste Kudu of Eland, en die taaiste is die SWB en die BWB... een koeël/punt vir almal van springbok tot Eland met al die verskillende wild tussenin, moet jy kyk na 180 of 190gr wat kan neersit. Kleiner wild moet jy dan maar kop skiet om nie vleis te mors nie. 'n BWB en SWB wil nie gekiellie word met 'n 243 of 222 of of selfs iets soos 'n 130gr punt nie, jy wil seker maak. En jy het nie altyd die voordeel om te kan kop skiet, of die geleentheid nie. As 'n gekweste SWB op 350m staan en kyk vir jou, gaan jy poeier nodig hê om hom neer te sit, en die regte skootplasing, dan help alles onder 130gr niks meer nie. DAAROM jag ek vir die laaste 14 jaar met 'n 300 WM alles... Hy hou sy momentum baie beter, en jy het genoeg krag agter daardie punt.

Hy skop so bietjie ja, maar ek het myself geleer om hom te hanteer, en ons behandel mekaar baie goed!

Sterkte met die besluit!
JDEls
Full Member
Full Member
Posts: 215
Joined: Wed Apr 20, 2016 1:37 pm

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by JDEls »

Carl wrote:
Jackalsniper wrote:7 x 64
Beskostigbare vervaardigers?
CZ 550 is redelik geprys en hulle doen goed in daai kaliber

Sent from my HUAWEI VNS-L31 using Tapatalk
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Hansieslim »

Die lewe is lank genoeg om meer as een kaliber te besit...
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
JDEls
Full Member
Full Member
Posts: 215
Joined: Wed Apr 20, 2016 1:37 pm

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by JDEls »

In vandag se tyd glo ek dat enige geweer wat onnodig terugskop bied taboe is. Jy wil tog jou geweer geniet en soveel moontlike skote deurjaag om te verseker jy as skut is reg vir wat voor jou verby hardloop. Daar is heelwat mense wat nie weet hoe goed werklik die penetrasie vermoë van die .264 kalibers is nie. Ouens het ook die wanpersepsie dat die 6.5 Creedmoor is platskieter is omrede hul vir verskiet aangewend word.
Vir die area kan ek nie sien hoekom jy meer as 'n 6mm of enige .264 kaliber nodig gaan kry nie. Min terugskop, min kruit. Kies dan nou maar net die een wat jou behoeftes die beste gaan pas, begroting, bekombaarheid ens
As jy meeste van die tyd net tot by 200m skiet, wat is beter as 'n 243 met 87gr Vmax? Dis heeltemal in die kop/nek skoot range. Ongelukkig met bladskote gaan daar baie gemors word.
My persoonlike keuse sou 'n 260 remington of 'n 6.5 Creed gewees het, dalk nog 6.5x55 ook. As dit moet kan 'n man wissel tussen die 123gr en 140gr klas koeels onderskeidelik vir plat skiet of ver skiet met die swaar koeels, ek is meer in die wereld van 1 gewig koeel vir alles.

Sent from my HUAWEI VNS-L31 using Tapatalk
VLAMGAT
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Mar 06, 2016 4:33 pm

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by VLAMGAT »

My oom was in die 80 en 90 's betrokke in die kommersiele skiet/oes van wild kruis en dwars oor die Karoo.Hy het eers alles met sy Sako 270 geskiet en later ook n 243 Sako en Remington Sendero 25-06 gebruik.Hy het letterlik honderde (ek dink sommige jare meer,ek is te bang om te se duisende) bokke vir die uitvoermark geskiet.Ek het gereeld saam met hom uitgegaan,sy 25-06 was sy gunsteling en alles van springbok tot gemsbok en koedoe het van naby tot ver voor die 25-06 geval.
Ek kan glad nie die argument insien van n 30-06 of 300 as jou enigste geweer vir die Karoo indien 90 % van jou jag springbok/blesbok grootte wild is nie.
Kry n 243/6 mm of 6.5 indien jy bietjie groter wil gaan en skiet hom BAIE.Dan kan n trekkoedoe maar verbykom,jy ken jou geweer en kan jou skoot plaas.En ja,n 25-06 bly nog steeds n uitstekende keuse vir die Karoo,daar is wel genoeg kwaliteit koeels vir hom beskikbaar.
Ek weet nie,soos iemand alreeds gese het,miskien het diie kaliber grootte tred gehou met die inflasiekoers.
Ek sien egter dat my mede jagters deesdae op een of ander stadium die groter kalibers opsy begin skuif en ook kleiner kyk.
Bosveldjag is natuurlik n heel ander ball game.
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by dehacked »

Julle vergeet meeste mense op jaracal is nie standaard skuts nie. Min normale mense skiet verby 300 en net so min skiet kop skote. Kalibers soos die creedmore staan spoed af vir bc en akkuraatheid op langer afstand tog het die gemiddelde man die meer slaankrag nodig om op te maak vir sy gemiddelde skietvermoee. My voorstel vir 'n eerste geweer sal bly by 308, 270 of 30-06.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Messor »

dehacked wrote:Julle vergeet meeste mense op jaracal is nie standaard skuts nie. Min normale mense skiet verby 300 en net so min skiet kop skote. Kalibers soos die creedmore staan spoed af vir bc en akkuraatheid op langer afstand tog het die gemiddelde man die meer slaankrag nodig om op te maak vir sy gemiddelde skietvermoee. My voorstel vir 'n eerste geweer sal bly by 308, 270 of 30-06.
Die probleem is jy kry slaankrag en skietvermoë, twee verskillende aspekte.
Slaankrag maak nooit op vir skietvermoë nie.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by jankraay »

6.5/6mm...maak dit n persoonlike keuse en maklik vir die sak. Min recoil en altwee is baie akkuraat.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Diesel Dog »

Ek het al n paar springbokke geskiet in die Karoo en uit persoonlike ondervinding is die standaard 6.5 kalibers(kleilat) nie so geskik vir n skut wat nie afstand vinnig en redelike akkuraat kan skat nie .Die haastige 6mm ,22250 , 2506 en self die onbeminde 270 vaar beter op die gebied .
Die eerste keer wat ek met my 6.5 en 123gr amax teen 2850fps gaan springbok oes het moes ek n hele paar bokke huis toe vat wat nekskote gehad het die enigste groter kaliber wat ek mee baie sukses gehad het was 300wsm met 168gr amax teen 3050fps
Vir teiken skiet is die 6.5 baas.

DD
JDEls
Full Member
Full Member
Posts: 215
Joined: Wed Apr 20, 2016 1:37 pm

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by JDEls »

Diesel Dog wrote:Ek het al n paar springbokke geskiet in die Karoo en uit persoonlike ondervinding is die standaard 6.5 kalibers(kleilat) nie so geskik vir n skut wat nie afstand vinnig en redelike akkuraat kan skat nie .Die haastige 6mm ,22250 , 2506 en self die onbeminde 270 vaar beter op die gebied .
Die eerste keer wat ek met my 6.5 en 123gr amax teen 2850fps gaan springbok oes het moes ek n hele paar bokke huis toe vat wat nekskote gehad het die enigste groter kaliber wat ek mee baie sukses gehad het was 300wsm met 168gr amax teen 3050fps
Vir teiken skiet is die 6.5 baas.

DD
Baie meriete in jou geskrewe, ek stem nogal saam al is dit effe in kontras met my stelling

Sent from my HUAWEI VNS-L31 using Tapatalk
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by dehacked »

Messor wrote:
dehacked wrote:Julle vergeet meeste mense op jaracal is nie standaard skuts nie. Min normale mense skiet verby 300 en net so min skiet kop skote. Kalibers soos die creedmore staan spoed af vir bc en akkuraatheid op langer afstand tog het die gemiddelde man die meer slaankrag nodig om op te maak vir sy gemiddelde skietvermoee. My voorstel vir 'n eerste geweer sal bly by 308, 270 of 30-06.
Die probleem is jy kry slaankrag en skietvermoë, twee verskillende aspekte.
Slaankrag maak nooit op vir skietvermoë nie.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
As ons almal se skietvermoe 100% was het ons alles op 4 bene met 'n .222 en staalpunte geskiet. Jy het mos nie 'n groter gat deur 'n dier se hart nodig om hom dood te maak. Kyk jy kry moegoes wat met 'n kanon steeds sal kwes. Ek glo net die gemiddelde ou het so bietjie margin of error nodig. Bietjie ekstra slaankrag help altyd. Tot die man begin bang raak vir sy roer se terugslag...
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Messor »

dehacked wrote:As ons almal se skietvermoe 100% was het ons alles op 4 bene met 'n .222 en staalpunte geskiet. Jy het mos nie 'n groter gat deur 'n dier se hart nodig om hom dood te maak. Kyk jy kry moegoes wat met 'n kanon steeds sal kwes. Ek glo net die gemiddelde ou het so bietjie margin of error nodig. Bietjie ekstra slaankrag help altyd. Tot die man begin bang raak vir sy roer se terugslag...
Slaankrag is 'n wye konsep maar basies verwys dit na 'n kombinasie waarin die koeel genoeg momentum het om deur te dring na die vitals en genoeg skade te maak vir 'n vinnige dood.

N skoot in die pens met n 375 het presies dieselfde uitwerking as 'n skoot in die pens met n 222, die groter slaankrag van 'n 375 help net as die skoot reg geplaas is, en die extra momentum benodig word om die vitals te penetreer.

Met deesdae se koeels penetreer basies enige kaliber van 6mm af op tot in die vitals van diere wat loop in die Karoo, daarvolgens gaan extra slaankrag jou nie help nie, skootplasing is basies die enigste konstante wat benodig word.

Slaankrag help as jy 'n gewonde dier van agter af moet skiet deur die lengte van sy lyf, maar weereens as 'n mens nie 'n stilstaande bok kan platskiet nie wat is jou kans op 'n dier wat hardloop?

Die konsep van 'n platskiet kaliber is maar 'n moelike ding, maar 'n kaliber waarmee jy net kan mik en druk tot op 250m help baie wanneer jy dit nodig het.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Flip Nel »

Slaankrag is 'n wye konsep maar basies verwys dit na 'n kombinasie waarin die koeel genoeg momentum het om deur te dring na die vitals en genoeg skade te maak vir 'n vinnige dood.

Met deesdae se koeels penetreer basies enige kaliber van 6mm af op tot in die vitals van diere wat loop in die Karoo, daarvolgens gaan extra slaankrag jou nie help nie, skootplasing is basies die enigste konstante wat benodig word.

Slaankrag help as jy 'n gewonde dier van agter af moet skiet deur die lengte van sy lyf, maar weereens as 'n mens nie 'n stilstaande bok kan platskiet nie wat is jou kans op 'n dier wat hardloop?

Messor

Ek dink jy verwar slaankrag met pennetrasie en momentum, ek kan 'n verskil agterkom met 'n 243 deur 'n kudu se longe en my 300 Win. En die gesegde van 'n klein kaliber deur die pens is die selfde as 'n groot kaliber is ook bog. "n groter kaliber doen selfs in die pens baie meer skade as 'n klein een. Ek het self die verskil agtergekom toe 'n poepol 'n Eland bul met 'n 223 in die pens geskiet het, na 2 dae het ek hom dood gekry. Al die ander bokke wat met 303, 270, 30-06,9.3x62 en 375 in die pens geskiet is, is relatief vinnig gekry. Dit klink na baie sleg skiet maar na 20 jaar van jag moes ek maar paar maal ander mense se bokke gaan soek.

kaliber sal nooit skootplasing vervang nie maar as jou koeel net een long vang of die kante van die long verkies ek 'n groter kaliber as die 243 by groot bokke.
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Messor »

Flip nel wrote:
Messor

Ek dink jy verwar slaankrag met pennetrasie en momentum, ek kan 'n verskil agterkom met 'n 243 deur 'n kudu se longe en my 300 Win.
Nee duidelik is ek nie op dieselfde bladsy nie :)

As jy praat van slaankrag op die longe watse fisiese/wetenskaplike eienskap presies verwys jy na as jy sê die 300 het meer slaankrag as die 243?
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Danie01 »

Ek self het in die karoo grootgeword en weet van baie baie min mense wat nie n 243 of 22-250 in sy kluis het nie. Meeste begin by 6mm kaliber of kleiner en koop dan later n 270 of grootter.

Soos Geno gesê het meeste goed wat geskiet word is springbokke, ongediertes en ook gemsbokke, blesbokke en trek koedoes.

Al daai kan met n 6mm geskiet word en ons het tot dusver baie suksesvol met ons 243's gejag.

As jy dan modern wil wees kyk na die nuwe dopontwerpe in die mark maar bly by n vinnige 6mm.

As jy n 300 daar gaan aanbring gaan die mense dink jy is nie lekker nie...

Groete

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Frikkie Coetzee »

Danie. Jy weet mos daai springbokke op Rosenhof het nie die nuutste Joburg Times gelees nie so hulle weet nie dat hulle eintlik met n 300 moes geskiet raak nie.

Jou pa kry seker skaam oor al die kere wat hy met my 22hornet springbok geskiet het. Genade. Ek onthou nou eers. Ek het my eerste blesbok by jou Pa geskiet met daai einste 22 Hornet van my.

Realiteit is dat Bitter min Karoo plase het iets groters as n 243 nodig as n bakie geweer.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Eugene »

458 Lott.........
Aim small, miss small
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Flip Nel »

Messor wrote:
Flip nel wrote:
Messor

Ek dink jy verwar slaankrag met pennetrasie en momentum, ek kan 'n verskil agterkom met 'n 243 deur 'n kudu se longe en my 300 Win.
Nee duidelik is ek nie op dieselfde bladsy nie :)

As jy praat van slaankrag op die longe watse fisiese/wetenskaplike eienskap presies verwys jy na as jy sê die 300 het meer slaankrag as die 243?
Messor, niks wetenskaplik nie, praktiese ondervinding, by ons is dit digte bosse, hoe meer daai bok bloei en hoe vinniger hy vrek hoe beter, hoe langer jy soek na die bok hoe beter is die kans dat die jakkalse hom gaan vreet in die aand. Ek skiet meestal net voor donker of in maanlig, vir my is dit uiters belangrik dat hy nie ver loop voor hy vrek nie.
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by Messor »

Ek hoor jou.

Ongelukkig is dit ‘n term wat vir verskilende mense verskillende dinge beteken.
As mens ‘n term gebruik om ‘n spesifieke konsep te verduidelik, dan moet almal die term dieselfde verstaan, anders gaan die debat maar soos die een.

Jy het gesê dat ‘n 300 op die longe van ‘n bok ‘n merkbare slaankrag meer het as ‘n 243.
Nou uiter aard kan die ding baie goed beteken.

Eerstens, die normale spoed van ‘n 243 en 300 is maar naby aan dieselfde, so daai konsep van hidrostatiese skok(vir die wat in dit glo) sal maar dieselfde wees. Die wat nie in dit glo sal sê die 300 is ‘n 7.62 en die ander ‘n 6mm, so die permanente wondkanaal van die 300 sal groter wees. Daai sal half waar wees, maar net as dieselfde fabrikaat koeel gebruik word teen dieselfde spoed. As jy ‘n Nosler partition skiet wat normaalweg expand 2x, en in die 243 gebruik jy ‘n ander koeel wat tot 2.5 expand, dan gaan albei wondkanale deur ‘n 15mm projektiel gemaak word.

Tweedens kan die koeel baie verskillend werk aangaande die fabrikaat. Jy kan ‘n normale soft point skiet wat omklink maar bietjie gewig verloor, jy kan ‘n berger skiet wat heeltemal uitmekaar kom, of jy kan ‘n barnes skiet wat reg deur penetreer sonder dat dit enige gewig verloor. Vir mens om ‘n vergelyking te tref moet die 300 en 243 met presies dieselfde gelaai wees. Menende ‘n monolithic van n 300 kan ‘n mooi gat deur ‘n bok skiet, en ‘n berger in ‘n 243 kan dieselfde bok se longe aan vlarde skiet en die bok vinniger laat val. Terminale ballistiek hang van ‘n groot hoeveelheid veranderlikes af, waar meeste van ons geneig is om een geweer kombinasie met ‘n ander geweer kombinasie te vergelyk.

Dit is wat hierdie thread baie confusing maak, hoe mense kan onderheid skep tussen kalibers sonder om verder as kalibers te gaan. Dit help nie jy soek penetrasie in ‘n 270 maar skiet sagte punte nie, ek waarborg jou ‘n 243 met barnes punte gaan dieper skiet. Dit is ook hoekom ek in my eerste post gesê het dis nie meer 1980 nie, ‘n monolithic in ‘n 243 penetreer beter as ‘n 270 van vroër jare.

Maar sorry ek dwaal nou van die onderwerp af.
Ek ken ook so half die karoo, ook daar groot geword, ook ‘n paar duisend bokke daar sien val.
Ons almal was jonk op ‘n stadium, die dae toe ons nog oop visier kon kompetisie skiet, nou kan ons nie eers meer die teiken sien nie. Meeste het begin met ‘n klein kaliber, soos ons ouer geword het, so ook het die kalibers en die scopes groter geword. My persoonlike gevoel bly dat as jy al die kalibers wat opgenoem is vat en jy sit dit in ‘n persentasie om, dan is kaliber 5% en skootplasing 95% op die vlaktes. Daar is nie baie dinge wat mens in gedagte moet hou nie, jy kort net ‘n kombinasie wat sal penetreer en die vitals beskadig, en die koeel moet reg geplaas word.

Ek self het ook maar onder begin met ‘n baie klein kaliber, bitter min gemis want al want ons daai jare gedoen het was skiet, heeldag. Nou sit ek met ‘n 338 van alle dinge, maar mag ek nooit vergeet dat ek dinge dood geskiet het vroeër jare net oor ek reg geskiet het nie. Ek wil nie my kinders leer jy het ‘n groot gun nodig nie, want jy het nie, jy moet net oefen. So ons moet hierdie draad maar dieselfde hanteer, ons moenie elkeen sy eie keuses ophemel net oor dit is wat mense doen nie. Ek het nie eers ‘n 243 nie, ek het nie eers die 270 wat ek wel het genoem nie, want die 243 is genoeg.

Die karoo is ‘n maklike plek, hy vra nie waste duur of groot gun jy het nie, hy vra net dat jy kan skiet. Baie mense met groot en duur gewere het dit al baie druipstert agter gekom.
1lum1nat1
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Wed Dec 19, 2012 2:18 pm

Re: Nuwe geweer Karoo plaas - skiet alles dood in een kalibe

Post by 1lum1nat1 »

Messor, jy ken nie die ding so lekker nie.

Jy moet na n slagter hier in jou geweste kom luister. Ek het n paar jaar terug n eland bul geskiet. 300WM met Nosler Accubond 200gr. Bladskoot, bietjie hoog, maar hy het daar geval.

Omie vertel my ek moes maar n 300H&H gebruik het, sou geen vleis skade gahd het nie. Het maar net gesê "ja oom, ek sal leer uit my foute uit . . ."

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Post Reply