Page 3 of 3
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Mon Oct 30, 2017 11:19 am
by Arnold
Dit was 'n lekker uitdagende skiet Saterdag en die 223s het presies dieselfde baan as die ope klas geskiet.
Ek weet nognie presies hoeveel ouens met 223s geskiet het nie maar dit klink soos amper 10% van die 160 skuts
Baan 1 - Jakkals uit die lê posisie met geen rus, +- 265m met 'n wisselvallige wind van seker iewers tussen 8 en 12 mph
Baan 2 - Vlakvark uit die staan posisie met 'n tweepoot rus, +- 100m
Baan 3 - Blesbok uit die kniel posisie met 'n wigwam as rus, +- 160m
Baan 4 - Gonge met 'n groot trekkerband wat gebruik kon word, afstand was rondom 275m vir 4 gonge en een op so 200m
Baan 5 - Gonge oor 'n kraal muur, afstand was rondom 200m vir 4 gonge en een op so bietjie minder as 300m
Baan 6 - Springbok uit die sit posisie met geen rus en 'n klein hooibaal so 5m voor jou, +- 100m
Afstande is rofweg geskat, soos ek dit geskiet het
Natuurlik was ons turrets toe getape en vergroting op 'n maksimum van 14x

Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Mon Oct 30, 2017 11:23 am
by ruaanb
en hoe het dit gegaan?
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Mon Oct 30, 2017 11:37 am
by Riebeeker
Arnold is maar beskeie - hy het 680 uit 900 geskiet en die klas gewen, tesame met 'n klomp ander pryse vir nie lid en lucky draw. Dag was fantasties gereël, nerens noemenswaardig gewag by die skietpunte nie en geselskap was uitstaande.
Die 222/223 klas is iets wat geweldig kan groei - dit is lekker en goedkoop om deel te neem. Daar was so 11 skuts in die klas volgens die organiseerders.
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Mon Oct 30, 2017 12:48 pm
by ruaanb
baie geluk Arnold!,
@Riebeeker - wanneer is daar weer so iets in die Kaap? Ek wil kom saam speel met my 222tjie.
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Mon Oct 30, 2017 1:19 pm
by Arnold
ruaanb wrote:baie geluk Arnold!,
@Riebeeker - wanneer is daar weer so iets in die Kaap? Ek wil kom saam speel met my 222tjie.
Dankie, soms is mens gelukkig
Volgende skiet in die kaap sal seker eers 2018 wees
222/223 Veldskiet
Posted: Mon Nov 27, 2017 7:07 am
by SakoTrippel2
Safari Outdoor Gauteng 222/223 Open
Saturday, 2 December 2017
Time: Practice Range 06:30-08:00
Registration 07:00-08:00
Briefing 08:30
Shoot Starts 09:00
Prize Giving 16:00
Where: Boavida dog training centre, R400, Hartebeeshoek, Hekpoort, Gauteng.
-25,886894 27,714729
Accommodation: 7 Chalets and campsite available
Contact: Danie van Gass Tel: 082 555 4233
Range fees: Members participating in 222/223 only R350.00
All Non-members participating in 222/223 only R450.00
Members to participate in the Open Class as well pay only R200.00
All Non-members to participate in the Open Class as well pay only R200
Juniors/Penkoppe members participating in Open Class as well only pay R100
Pay accordingly and mention in NOTES collum pse
Entries are limited to 120 entries, no on the day entries will be allowed.
Entries close 29 November.
Banking detail: OEMF marketing
Acc: 62141458960
Branch: 250 655
FNB
Reference: Membership number + Name Surname/ Visitor + Name Surname
General: Food and Drink will be for sale on the range.
Bring your own chair.
Lunch at prize giving included with range fee.
200m Practice Range.
For more info contact Barries at 0829084 six four four or
wildberg@lantic.net
Ek gaan hierdie skiet ook ongelukkig Misloop.
Soos ek verstaan is daar by elke skietpunt 'n aparte stel teikens een stel vir Ope ander stel vir 223 wat dit dus moontlik maak vir almal om deel te neem op die selfde dag.
Inskrywings kan hier gedoen word
http://www.sahuntingrifle.co.za/events/80
Groete
Frans
222/223 Veldskiet
Posted: Mon Nov 27, 2017 9:00 am
by SakoTrippel2
IMG_2844.JPG
IMG_2845.JPG
IMG_2846.JPG
Ek hoop die fotos wys. Nuwe foon nuwe gesukkel. Foto's geleen vanaf FB blad.
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Wed Apr 03, 2019 10:08 pm
by Armand Steenkamp
Naand vrinde, ek het nou nog nie als deur gelees nie maar ek wil sommer nou hier vra. Ek is besig om n 222tjie te koop en ek sal like om bietjie saam te skiet in die klas. Wat is n lekker scope vir die klas? Ek wil nie 10k vir hom betaal nie, dis juis hoekom ek hier wil deelneem omdat dit my goedkoopste opsie sal wees.
Groetnis
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Wed Apr 03, 2019 11:58 pm
by Blink Stefaans
Naand.
Sien nou vir die eerste keer die pos.
Het vinnig die reels gelees.
Ek neem aan my 223 Ackley sal nie kan deelneem nie.
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Thu Apr 04, 2019 1:07 am
by SakoTrippel2
Daar is bietjie 'n paar dinge wat gebeur het die afgelope jaar of wat in die 222/223 klas maar skiet sal ons skiet dis verseker.
Ja 223 Ackley is ongelukkig nie toelaatbaar
Scopes in die klas sal ek sê mens kan kyk na..
Vortex CrossFire en Diamond Back reeks
SigSauer Whiskey 3
Burris Full Field E1/ll, daars ook 'n MSR 223 scopie in daai reeks
Nikon Monarch 3
Sightron S-Tac reeks (net net binne begroting)
Dis wat ek nou vinnig aan kan dink...
Hou in gedagte Max vergroting is 14X so al gaan dis scope net tot by 12X is dit ook voldoende. Maar meer as 14x dan tape hulle die Zoom ring vas. En natuurlik geen verstelling aan Turrets dus sal 'n kruis met afmik merkies (BDC) 'n baie groot voordeel in hou.
Ek was gelukkig met n mooi 2de Handse Leupold VX3 Met 'n Varmint Hunters kruis wat idiaal is vir die skiet.
Ek skat die gemiddelde maksimum afstand wat daar geskiet sal word nie sommer oor 265m sal wees nie en dit sal meeste van die tyd 'n Gong of 2 wees... Papier Diere teikens is gewoonlik nader.
Groete
Frans
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Thu Apr 04, 2019 5:45 am
by ruaanb
lynx 2.5-15×50 met watter kruishaar jy ookal verkies
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Thu Apr 04, 2019 6:51 am
by Lamtjop
Meopta meopro 4-12×50 met bdc reticle. Sy strepies werk nogal mooi met 223 se trajek .
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Thu Apr 04, 2019 7:54 am
by Armand Steenkamp
Vrinde baie dankie! Plan is voorlopig om 52grNosler custom comps teen 3200fps te skiet. Dalk ook n ander kolf op die Kricotjie sit
Groetnis
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Thu Apr 04, 2019 8:28 am
by Philip_R
Armand Steenkamp wrote:Vrinde baie dankie! Plan is voorlopig om 52grNosler custom comps teen 3200fps te skiet. Dalk ook n ander kolf op die Kricotjie sit
Groetnis
Armand jy moenie die Kricotjie vlak kyk nie, ek het een wat ek van my oupa geërf het, wat ek sommer self die oorsponklike kolf se glas en pillar bedding gedoen het en die loop free float het, en hy skiet met Hornady 55gr soft point punte 'n 15mm, 4 skoot groep op 100m in 'n effense windtjie. Jy kan dalk met 'n R300 bedding job wat jy sommer by die huis self doen 'n lekker akkurate veldskiet geweer kry.
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Thu Apr 04, 2019 12:13 pm
by Armand Steenkamp
Die roertjie is klaar so akkuraat laat hy bard! Skiet duim groepe op 200m. Dis klaar beter as wat ek kan skiet!
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Thu Apr 04, 2019 12:28 pm
by Hein22
Ek het 'n Rudolph 4-12x50 met T3 reticle vir 'n goeie prys gekry so ruk terug, heelwat goedkoper as die ander make. Werk heel aangenaam op die 223 vir hierdie skiete.
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Sat May 04, 2019 6:16 pm
by Raakgeskiet
Vertel bietjie wat se punte skiet julle met julle se 223's.
Ek soek iets vir my 1 in 8 twist loop.
Sent from my SM-N960F using Tapatalk
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Sat May 04, 2019 9:42 pm
by savage(P Coetzer)
Deesdae is jy gelykkig as jy enige iets in die hande kry om te kan skiet. Maar die 53vmax is maar n groot gunsteling. Sy balans tussen spoed en bc maak hom moeilik om te klop in n 300m skiet. Net jammer dis deesdae leeu kuite
Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Sun May 05, 2019 2:31 pm
by Arnold
Raakgeskiet wrote:Vertel bietjie wat se punte skiet julle met julle se 223's.
Ek soek iets vir my 1 in 8 twist loop.
Sent from my SM-N960F using Tapatalk
Ek probeer maar die 75gr ELD-M en gaan een van die dae oorskuif na die 80gr as my loop se kroon oor gesny word. Hopelik skiet hy lekker uit my roer.
Ek sukkel om mooi groepe te skiet maar tref darem die teiken as dit nodig is

Re: 222/223 Veldskiet
Posted: Mon May 06, 2019 7:54 am
by Raakgeskiet
Ek het die 55g v max en 65 g sierra probeer sonder baie sukses.
Nou lees ek op die internet dat die manne 80g punte skiet met die 1 in 8" twist.