Page 3 of 3

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Mon May 21, 2012 12:39 pm
by SV MAD (Henk)
Henrie, ek het ook 'n klein peep gehad en ook gesukkel om te fokus deur hom. Nou het ek 'n groot opening peep op (weet nie wat size is nie) want ek het die klein peep sommer oopgeboor tot ek my sight ring net kon inpas op my peep. Nou kan ek my hele sight ring sien, wat nice is want nou weet ek my ankerpunt is reg as my hand posisie langs die oor inneem, sight ring binne peep sigbaar is en die snaar my neus net net raak.
Dink ek het 'n 5mm boortjie gebruik op die einde, nie seker nie...

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Wed May 23, 2012 6:13 am
by Gerhard
henried wrote: Die 2 o? ding werk weer vir my, ek kan my pyl mooi sien vlieg na die skoot.
Hehehehe...

Skiet die Z7 so stadig...  ;D

Moes jou bietjie byt.

Ek skiet ook 2 oe oop is vir my net gemakliker en minder stress op die oe as om met een oog te skiet.

Ek het n groot peep gebruik vir lank en toe n bietjie kleiner peep op gesit wat vir my bietjie beter werk.

Maar mens moet oppas om te klein te gaan.

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Wed May 23, 2012 6:56 am
by G-force
Haal af daai sights manne en skiet met jou oog ;D

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Wed May 23, 2012 8:33 am
by SV MAD (Henk)
Ons praat van daardie boogding met wieletjies en nie net stok en string nie hoor Ge ;D

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Wed May 23, 2012 8:51 am
by G-force
SV MAD (Henk) wrote: Ons praat van daardie boogding met wieletjies en nie net stok en string nie hoor Ge ;D
Myne kan double as n vistok.....wat kan joune doen? Bicycle? ???

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Wed May 23, 2012 8:59 am
by SV MAD (Henk)
nee hy kan nie. Stok en string is die beste, wens ek het meer tyd gehad om instinctive shooting te doen...

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Wed May 23, 2012 9:03 am
by G-force
SV MAD (Henk) wrote: nee hy kan nie. Stok en string is die beste, wens ek het meer tyd gehad om instinctive shooting te doen...
Jy sal dit baie vinnig kan optel.Ek het binne 6 maande vandat ek my eerste longbow gekoop het n rooibok geskiet by Johan Van Der Merwe.
Walk and stalk is baie moeilik ek stem,ook nie tyd daarvoor nie met die trad boog.As jy 10 pyle n dag kan gooi vir die eerste paar maande sal jy verbaas wees hoe akkuraat kan jy word.

Re: Boogjag so 3 jaar

Posted: Sun Jun 03, 2012 7:19 am
by henried
Hierdie springbok Vrydag oggend net voor 9:00 geskiet.
20y, QW, ek het weer met die Viking geskiet.

[img width=560 height=430]http://i464.photobucket.com/albums/rr5/ ... c35faa.jpg[/img]

Ek het hierdie groot haas Vrydag aand geskiet, dit was 'n lang dag... ;D
Was my vrou nou boos oor ek die haas geskiet het... >:(

[img width=560 height=287]http://i464.photobucket.com/albums/rr5/ ... g/Haas.jpg[/img]

Ek het gister oggend vroeg hierdie jong Blesbok ram geskiet. Jammer ek het nie 'n video gemaak nie. Skoot was 20y BS, hy het nie 30y gegaan nie.

Hierdie was my 3de bok met die Vikings.

[img width=543 height=480]http://i464.photobucket.com/albums/rr5/ ... g/BB-1.jpg[/img]

Die boer was nie op die plaas nie, maar hy het gereel dat een van die bure my help, 'n ou oom. Ek moes gesien het die oom ken nie van boogjag toe hy langs die hide stop, en rustig vir my sit en wag. My rugsak op die rug, kamera en 3 poot om die nek, boog  in een hand...ek hang soos 'n fink aan 'n 3m leer...

Ek stap nader en s? die bok l? daar, ek sien sy o? is op die horison en wys met my hand, hier oom agter die bos. Ek sit al my goed langs die krip waar die bok gestaan het. Teen die tyd is die oom by die bok. Ek stap nader en s? ek soek eers die pyl. Hy bly sit, ek soek so 5min en voel half ongemaklik.

Ek stap nader en s? ons moet maar laai, dan kan hy ry, maar ek sal bly, moet my pyl kry, hy kos meer as R350. Hy klim uit, "Nee heng dat ons daai ding soek"

Ek kry hom so 5min later, 30m verder as waar die bok gestaan het. Die oom  vra om die ding te sien.

Oom: Gaan die ding reg deur die bok?
Ek: Oom die bok het daar gestaan, wys na krip. Ja oom hy gaan regdeur die bok.

Ek stap verder om my goed te gaan haal, maar hou hom so uit die hoe van my oog dop. Hy stap tot by die bok en draai hom om, om seker te maak die ding is deur die bok....