Hoekom goeie jagplek minder en minder word

User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by Frikkie Coetzee »

Ek drink vanoggend koffie by n pel toe n groep jagters waarvoor hy plek gereel het, daar opdaag teen 9 uur. Die manne was klaar gedrink. En dit nadat hulle 5 ure op die pad spandeer het. Die plaas waar hulle gaan jag is n vriend sin. Vra hom oor die manne. Hy se hulle was laasjaar net so gesuip maar hulle het belowe die jaar sal hulle nugter wees.

Wat my pla is daar was jong kinders saam met hulle. Watter voorbeeld stel hulle vir daai laaitie?
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by Carl »

Frikkie Coetzee wrote:Wat my pla is daar was jong kinders saam met hulle. Watter voorbeeld stel hulle vir daai laaitie?
>:D Dis heeltemal normaal om te drink en bestuur en vuurwapens hanteer solank jy nie 'n O0 taxi bestuurder is nie. ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by 375fanatic »

Hierdie is n onsmaaklike onderwerp en dalk gaan ek nou n paar klippe deur my windskerm kry .

Ons moet mooi kyk na wat dit veroorsaak jy kry jagters wat op skietdae skiet met die doel om beter te skiet en so beter te jag hy gebruik die toerusting waarmee hy jag ligte geweer ligte skiet stok ens hy skiet nie altyd die beste tellings nie asgevolg hiervan maar sy doel is om meer effektief in die jagveld te wees

Dan kry die skieter wat ingerig is v baanskiet en het elke gadget denkbaar sy geweer is swaar sy skiet stok is uitstekend op die baan maar on prakties om mee te jag so die gevolg is dat as hy in die jagveld kom dra hy hom dood aan sy geweer en hy kan nie oor n paar stokke skiet wat met tube vas gemaak is nie want hy het dit nie geoefen nie . Sy tellings is briljant op die baan maar in die veld is hy uit sy gemak zone .

Moenie my verkeerd verstaan dit geld nie v almal nie dis net n tendense wat ek sien .

Hoekom ek dit as n probleem sien is dat nuwe jagters aan beveel word om wapens te koop om by die skiet opsie te pas hoe groter hoe beter en die skiet dae wat aangebied word bevorder die denk wyse .

Elke ou soen sy vrou op sy manier .

Sommige ouens dink n 100k geweer met n 50k scope maak jou n beter jagter . Ek het nou die dag v n paar ouens gese kom ons hou n skiet dag waar jy met jou geweer en stokke moet loop v 5km tot by die skiet punt en dan skiet ons die tabel en kyk dan wat is die tellings ek dink die prentjie sal bietjie anders lyk

Ongelukkig kan mens niks aan karakter doen nie al dra n aap n goue ring bly hy nog n lelike ding en daar kom verwysings in
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by Eugene »

375, dis baie waar wat jy hier sê en ek het self al in daai slaggat getrap.... Nie dat ek die beste tellings op skietdae skiet nie, maar ek oefen selde om vryhand of oor 'n miershoop of iets te skiet. Toe ek verlede jaar bietjie die 375 uit die vuis en oor gewone skietstokke skiet, toe kom ek agter dat ek ernstig ly aan Ass stuck to the Bench-sindroom. :-[

Ek besef ook dat SA Jagters geweldig baie gedoen het om die gemidelde jagter weer ten minste een Saterdag per maand op die baan te kry, maar ek wonder hoeveel van daai skuts werklik daai fancy skietstokke in die veld gaan gebruik....
Aim small, miss small
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by Wouter Roets »

Rudie

Jy praat baie waar woorde. Ek vat maar nou myself. Die gewere waarmee ek skiet op die skietdae is defnetief nie die gewere wat ek saamdrae in die jagveld nie. Dit is presies ook die geval by my pelle, al probleem by baie van hulle is dat hy nie verskillende gewere het om van te kies nie en is aanwesig op daai enkele baangeweer.

Maar ja dit het net mooi niks uit te waai oor hoe ouens optree op n jagtrip nie. Ek onthou nog baie goed wat n vrou vir my gese het wat n gaste huis bestuur op Upington toe ons daar oorgebly het op pad na Nam. Julle jagters is goeie en oordentlike mense oor die algemeen, maar die oomblik as julle gaan jag dan verander julle in diere. Nodeloos om te se het ek nie veel gehad wat ek vir haar kon terug se nie, want dit is al lankal ongelukkig n tendens.

Groetnis
Wout
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by Jean Marais »

Ek dink nie hierdie tipe gedrag is net beperk tot die jaggemeenskap nie. Dit sny beslis baie verder. Maak nie saak waar jy 'n klomp ouens bymekaar sit nie. Sommiges kan hulself maar netnie handhaaf nie, veral as die brannas begin vloei nie.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by 243Songdaug »

Slaan daai vrou nou 'n baie teer plekkie raak - maar soos jy sê - sys ongelukkig reg.
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by Born2Late »

Ek het een keer saam met "die manne" op Richardsbaai gaan visvang. Drie uur die oggend toe hulle my oplaai was van hulle al klaar voor. Amper 10ure later kom ons eers by die see aan want kort kort moes ons pitstops maak. Die terug rit was amper die helfte van die tyd. Van visvang was daar ook nie veel nie en ek het nooit weer so n fout gemaak nie. Nou kies ek my visvang en jagmaats baie versigtig want jou naam word aan die groep gekoppel wat droog maak. Dissipline en maniere loop maar hand aan hand.
Groete.
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by 375fanatic »

Stem saam Woutie
Jy kry dit by die hengelaars ook dink dis waar n logbook n uitstekende tool is en ons moet dit meer gebruik .
Laat die boere by wie jy jag hom teken en selfs comment dan kan jy altyd dit deurgee as jy op n nuwe plek jag en die boere kan selfs vra v dit as jy bespreek

Ek het 2 jaar terug die besluit gemaak of ek n jagter is en n skieter en dit het my al baie geld gespaar want ek ontwikkel my ladings met jag in gedagte en koop ook spesifiek en nie alles wat op die mark kom nie . Die manne by die gunshop lag bietjie as jy alles se gewig voel en kyk of dit maklik oop en toe maak maar dit werk v my .

Op die einde van die dag is jou naam meer werd as nie v n kwesbok te betaal nie . Karma is n black-sam
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Tertius Steyn
Full Member
Full Member
Posts: 241
Joined: Tue Jan 20, 2015 11:21 pm

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by Tertius Steyn »

375fanatic wrote:Stem saam Woutie
Jy kry dit by die hengelaars ook dink dis waar n logbook n uitstekende tool is en ons moet dit meer gebruik .
Laat die boere by wie jy jag hom teken en selfs comment dan kan jy altyd dit deurgee as jy op n nuwe plek jag en die boere kan selfs vra v dit as jy bespreek

Ek het 2 jaar terug die besluit gemaak of ek n jagter is en n skieter en dit het my al baie geld gespaar want ek ontwikkel my ladings met jag in gedagte en koop ook spesifiek en nie alles wat op die mark kom nie . Die manne by die gunshop lag bietjie as jy alles se gewig voel en kyk of dit maklik oop en toe maak maar dit werk v my .

Op die einde van die dag is jou naam meer werd as nie v n kwesbok te betaal nie . Karma is n black-sam
Daai is n baie goeie Idee van die logbook. Dink ek gaan daai een probeer.
Groete Tertius

Howa Stainless Varmint .243
Parker-Hale .303 Nr 4 mk 2
Baikal 12Br dubble loop
Beretta M92 9mm Parabellum.
Gecado mod 25 windbuks.
_____________________

From a place they can not see, Comes a sound they will not hear >:D
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by Eugene »

Jean Marais wrote:Ek dink nie hierdie tipe gedrag is net beperk tot die jaggemeenskap nie. Dit sny beslis baie verder. Maak nie saak waar jy 'n klomp ouens bymekaar sit nie. Sommiges kan hulself maar netnie handhaaf nie, veral as die brannas begin vloei nie.
Ek moes so jaar terug 'n klomp "gesiene" manne dagvaar na hulle 'n manne aand gehou het by 'n klient se perseel. Nou ek was al lekker onder die prop in my lewe (darem meestal as student), maar het nog nooit die drang gehad om 'n wasbak of toilet uit die muur te skop of om kaste van die mure af te breek en stukkend te skop nie.... Soos jy sê Jean, sommige mans kan ongelukkig nie besef wanneer hulle moet ophou drink as ma of vrou nie daar is om hom te sê nie!
Aim small, miss small
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by Wouter Roets »

Eugene

So paar jaar terug kom ek weer op STS, n baie smart plaas daar in Askamp se wereld, en ek sien hulle meubels lyk anders. Ek vra toe vir Bennie die bestuurder, en dit? Hy se toe vir my twee groeppe voor ons wat bestaan uit ons land se voorste maatskappy se CEO's was daar en die manne besluit toe een aand hulle gaan vuur maak met die rusbanke en kroeg stoele. Bennie kom toe die more daaraan en sien die skade. Hy maak toe die manne wakker waar een toe sy tjek boek vir Bennie gooi en se vul jy maar in! Bennie het toe die manne met hulle dik tjek boeke net daar uitgegooi. Daar was enorme drama daarna met groot druk van die manne. Gelukkig het die eienaar van die plaas agter Bennie gestaan deur die hele petalje. n Mens kan die storie amper nie oorvertel nie!

Groetnis
Wout
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by Supacow »

Ons hou mos van sterte meet. Veral as die vegwater vloei. So die een wat die meeste aanjaag is die een met die dikste stert. Hy is mos die alfa male en is so ver vevorderd in die lewe almal moet kan sien sy moola maak enigiets reg.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Balljoint
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Sun May 08, 2016 9:54 am

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by Balljoint »

Die ding van 'hengel' en 'visvang' met groot en bekende manne met groot en bekende ski-bote op 'n trip na Guinjata, Mosambiek toe het my ook al oorgekom. Die 'manne' kuier tot vroeg oggend om kwalik 'n uur of wat na hulle hulle le, langs 'los' vrouens wat hulle skelm ingesmokkel het, die bote te launch vir die dag se kompetisie. Na die eerste aand is ek op 'n vlug van Inhambane terug Lanseria toe.

Het dieselfde met ander manne en ongelukkig skoon familie op jag trips ook oorgekom.

Dis waarom ek nou van lank se tyd af net my eie gesin en miskien 'n baie goeie vriend saam neem op jagtogte.

Ek dink ook daardie logboek idee is uitstekend!
.303 JAGTER
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Mon Sep 01, 2014 1:56 pm

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by .303 JAGTER »

Dit is so hartseer en teleurstellend om sulke dinge te lees. Hier soek elke "Ordentlike en Eerbare" jagter net n plaas wat bullike pryse vra om saam met sy seun of vriende n JAG te geniet, en dan kom IDIOOTE soos die, en voeter alles op vir die volgende JATER. Dit is duidelik dat dit weereens een van daardie gevalle is dat die jagters meer geld as verstand het, en dink omdat hulle welaf is kan hulle doen wat hulle wil, soos hulle wil en basta met die res. Die feit dat hulle die plaaswerkers ook probeer "omkoop" om stil te bly beaam wat ek se. Sulke mense hoort in geen JAG Organisasie nie, en moet nie eers n wapen lisensie besit nie. As jy nie eers die disipline het, om nie "Trigger Happy" te raak en enige bok wat jou pad kruis te skiet nie, hoe kan jy dan oordeelkundig jag of n wapen hanteer vir enige ander doel. Ek hoop dat hierdie manne streng vervolg word en uit hulle Jag Organisasies geskop word, as hulle " Toegewyde Status" het, is dit die eerste wat weg geneem moet word, want dit is n belediging vir die res van ons wat ook "Toegeweide Status" het en alles in ons vermoë doen om JAG te bevorder, en ons VOORREG om te kan jag en ons wild te beskerm vir ons nageslagte.
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by Riebeeker »

My stuiwer in die armbeurs is meer gemik op die wildboer. 'n Klomp jagters is eerste generasie jagters, wat nooit 'n pa of oom gehad het om hul tou wys te maak nie. Nou het die gogga hom gebyt, maar hy weet nie wat aanvaarbare gedrag is nie. Hy het geld, maar kort nou sterk leiding.

My pleidooi aan die wildboer:
1. Maak dit duidelik voor die tyd watter gedrag nie geduld sal word nie;
2. Sê duidelik (wys sommer fotos) van watter wild nie gejag moet word nie; en
3. Gee duidelike riglyne aan gidse en die mandaat om die jag te stop as die jagters nie saamspeel nie.

Ek is in die wynbedryf, so uit die aard van die produk is daar dikwels kopers wat op promosie geleenthede soos feeste ensovoorts wil kyk hoeveel hulle kan drink van die gratis wyn. Ons maak dit gou duidelik dat dit nie is hoe ons wil hê die produk geniet moet word nie. Ja, jy is effens ongewild, maar die oorgrote meerderheid van mense waardeer die streng reëls.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by Dries101 »

Ek moet se as jy op n bosveld plaas gaan jag waar jy net met die voet mag jag en volprys vir mis skote betaal hou dit nogal die cowboys weg- of hulle kom net eenkeer. Dis n klein prys omnte betaal vir rus en vrede.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by tripodmvr »

Frikkie Coetzee wrote:Ek drink vanoggend koffie by n pel toe n groep jagters waarvoor hy plek gereel het, daar opdaag teen 9 uur. Die manne was klaar gedrink. En dit nadat hulle 5 ure op die pad spandeer het. Die plaas waar hulle gaan jag is n vriend sin. Vra hom oor die manne. Hy se hulle was laasjaar net so gesuip maar hulle het belowe die jaar sal hulle nugter wees.

Wat my pla is daar was jong kinders saam met hulle. Watter voorbeeld stel hulle vir daai laaitie?
Die gebruik is om vroeg te ry om darem nog 'n jaggie in te kry. Raak jy gedrink is jou heel eerste dag daarmee heen. So as jy eers begin hou jy net aan. Nou nie my idee van 'n jagtog nie. Jy kan mos maar voor die TV ook gekletter raak of by 'n braai saam met jou pelle.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by henning »

Ek is lief vir n drankie om te ontspan maar jag is te belangrik vir my om toe te laat dat drank my jag beinvloed.

Dit is duidelik dat party manne nie belangstel in jag nie maar net die drank. Voel jammer vir die wildsboere wat so moet sukkel.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Hoekom goeie jagplek minder en minder word

Post by Jake1 »

Skoolgeld.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Post Reply