JAGKLUB

User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: JAGKLUB

Post by Caller »

Lukas

Oranjejag (Artikel 21 Organisasie) was basies semi-Staat. Hulle het dus 'n deel van hul begroting van die staat gekry en moes die ander deel self genireer. Die Staat het die organisasie dus erken en aan die gang help hou.

Die jagklubs van die boere en jagters is absoluut privaat en funktioneer op eie inisiatief.

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: JAGKLUB

Post by LMB »

Caller
Dankie, het die staat se betrokkenheid heeltemal verdwyn?

Daar is geen manier wat die staat weer betrokke kan raak by so iets soos omstandighede tans is?
Lukas
Ambessa

Re: JAGKLUB

Post by Ambessa »

Lukas

...ek is bevrees van jammer nee, nie soos in die verlede nie, tensy daar 'n totale nuwe stratgie bedink word.

Ek glo egter dat die staat wel finansieel kan bydra tot sekere aksies soos navorsing, opleiding (beter gebruik van bestaande metodes), ens.

Caller, wat dink jy?

Ambessa
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: JAGKLUB

Post by LMB »

Ambessa

Dankie, ek het so verstaan. Ons het ons eerste vergadering gehad, `n komitee is saamgestel om al die vrese en probleme te ondersoek.
Die grootste probleem is mos maar die onbetrokkenheid, dan wou ek ook net seker maak dat daar nie dalk iets is wat aan die klub bietjie beskerming kan gee, of gesag binne die gebied. In die verlede was daar blykbaar `n ordinansie of so iets daaromtrent.

Die voorstel van die vergemakliking van die Gemene reg ten einde die betrokkenhid aan te moedig, weet jy of dit nog iewers nog op die tafel is in die samesprekinge om `n oplossing?

Lukas
Ambessa

Re: JAGKLUB

Post by Ambessa »

Lukas
LMB wrote:... Die grootste probleem is mos maar die onbetrokkenheid, ... ...van die Gemene reg ten einde die betrokkenhid aan te moedig, weet jy of dit nog iewers nog op die tafel is in die samesprekinge om `n oplossing?
Onbetrokkenheid (van boere) is 'n groter kopseer om reg te stel as enige van die ander uitdagings.

Ek glo die regsaspekte sal by 'n volgende vergadering deeglik bespreek/uitgerafel moet word.

Ambessa
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: JAGKLUB

Post by Caller »

Lukas

Jammer ek lees nou eers weer hierdie post.

Dit wat jy noem (opleiding en navorsing) is juis van die staat se verantwoordelikhede (daar is nog 'n paar), maar dit is juis my probleem. Die staat (lees provinsies), se kundigheid laat veel te wense en hulle wil om 'n oplossing te vind, bestaan amper nie meer nie. Dit lyk my dit is nog net die Vrystaat wat regtig die kennis het en iets probeer doen.

En nee, ek dink die dae van Oranjejag is verby, tensy daar miskien hongersnood in hierdie land uitbreek, wat die wat op hul troontjies sit, sal afbring aarde toe na die harde werklikheid. Voedsel sekuriteit is darrem op die staat se agenda, maar ek hoop nie hulle skrik te laat wakker nie.

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Post Reply