Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Wat verstaan julle as iemand die vraag vra of n kaliber/rondte goed doen met ons beskikbare poeiers? Met ander woorde wat kyk jy na?
Groetnis
Wouter
Ek gaan 'n kans waag!
Ek sal kyk of die kaliber sy optimale werksverrigting kan behaal met ons kruite. Maw, as die regte nodespoed bv 3000 ft/s is, moet hy dit kan haal, sonder dat jy te veel moet toegee op looplewe, doplewe en onnodige druk!
Dis n eenvoudige vraag, maar die antwoord, soos gewoonlik met die goed, is nie so eenvoudig en voor die hand liggend nie. Wel in elk geval nie vir my nie. As ek die vraag gevra word moet dit gebasseer word op spesifieke koeelgewig.
Die eerste ding waarna ek kyk is of die rondte met die spesifieke koeel en ons poeiers die volgende kreteria haal nl. maksimum drukvlak wat behaal word vir die kaliber so na as moontlik aan 100% dopvulling. Hierdie snelheid wat dan behaal word moet dan die algemene gepubliseerde spoed vir die kaliber en koeelgewig ewenaar. Dan kan ek voort gaan en se die kaliber doen goed met ons beskikbare poeiers.
Onthou nodespoed is n funksie van looplengte en het niks te doen met of die kaliber goed doen met ons poeiers of nie. Hierdie is natuurlik iets waarna jy kyk met koeelkeuse en jou looplengte maar moet nie misgis word met hoe die kaliber doen met ons kruite nie. Hierdie sal dan ook tel vir ontbranding want dit word ook gekoppel en is afhangend aan looplengte, maar weereens is dit nie n bepalende faktor of die kaliber goed doen met ons poeiers nie. Looplengte hier is wat hierdie aspekte bepaal.
Nou om hierdie in konteks te sit kan jy vind dat n kaliber met ons poeiers goed doen met ligter koeels maar sukkel met die swaarder koeels. Hierdie is meeste die geval hier by ons waar ons nie n stadig genoeg verbrandende poeier het nie. Maar soos reeds gese kan n kaliber nog steeds baie goeie resutate gee al is hierdie kreteria nie behaal nie. Maar dan kan die stelling nie volgens my gemaak word dat die kaliber goed doen met ons kruite nie. Of meskien is die beter manier om dit te beskryf, die kaliber is nie idiaal vir ons poeiers nie.
Jy is absoluut reg dan ES werklik net van groot belang is by die langafstand skut. Hierdie speel verseker nie so n groot rol by n persoon wat selde oor die 200m kerf gaan kuier nie. Die ander aspek is natuurlik groepering wat beinvloed word deur groot ES. Baie flyers se oorsaak is juis hiervan afkomstig. n Nodeband is ook maar net so breed as wat hy is en as jy uit hom beweeg as gevolg hiervan sien n mens dit gewoonlik op die teiken.
Ladings wat aan die lae kant is kan ook meer sensitief wees vir omgewingsfaktore. Ek het n skrywe daaroor op n kol gelees juis oordat die lading so vatbaar is vir flamtemeratuur van die primer. Hierdie was veral die probleem met flouerige primers. My raad sal altyd wees in so n geval om met so sterk as moontlike primer te begin en dan af te beweeg in die vlamtemperatuur band van primers.
Vullingspersentasies van 80% en laer kan ook detonation veroorsaak veral by stadig verbrandende poeiers en is iets wat jy nie mee wil speel nie. Hangfires of delayed fires is ook n konsidirasie met lae vullings persentasies en verseker n groot moontlikheid met die ladings.
Soos n mens hieruit kan afly is die tipe primer krities en moet daarmee geesperimenteer word. Kyk bv Eugene wat eers met n warmer primer soos Fed210 goeie ES en akkuraadheid gekry het. CCI Br was eenvoudig net te flou vir daai ladingspersentasie.
Met hoer vullingspersentasies is hierdie gewoonlik nie so n groot konsidirasie nie en kom jy selde n noemenswaardige verskil agter.
Soos jy weet is daar bitter min absolute reels by die goed maar ek sal nog steeds meer gemaklik wees, veral as ek n keuse het, om so naby as moontlik aan hierdie teoretiese idiaal te bly soos reeds genoem, want meskien is jy een van daai 7/10 wat wel nie goeie resutate kry nie.
Nee is so. Vullingvlakke alleen is verseker nie die enigste konsiderasie as dit kom by ES nie. Kamers, toestand van doppe en veral soos jy se, nekdiktes speel verseker ook n groot rol.
As ek ook n spanner in die werke kan gooi. Ek dink hoër druk is beter vir konstante ontbranding van balkruite en nie so groot issue by stokkies kruit nie ... enige opinies?
Johannes Schoeman wrote:My 260 Rem staan op no 1. in kluis. Dink enige 6.5 is better as geen 6.5...
DIt is darem waar!!!! my opinie vanaf 'n jagter/ skiet liefhebber, wat nie groepe jaag nie.
My minimale kennis en laai vir 6.5x57 Mauser en .260 Rem is dat albei sommer maklik ladings gegee het wat sub MOA skiet op 100m en vir normale jag omstandighede skiet albei baie beter as die drywers. Die recoil vs doodmaak vermoe is seker van die beste wat ek al ervaar het.
As jy hou van skiet en nie SA kampioen wil raak nie, koop 'n 6.5x55 en geniet elke skoot. Doppe is beskikbaar en die koeel droogte se rug is gebreek lyk dit my. EK is nou so lus vir my 6.5 en vat sommer die middag af en gaan skiet so paar gonge.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Ek weet presies hoe jy voel, 22-250 is kla in die geweertas gepak en reg om te gan skiet as dit bietjie afgekoel het na 5h se kant toe.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Arnold kan dalk vir ons sê hoe sy "flou" lading presteer het met die 140gr koeëls wat medium druk en dopvulling gehad het, teenoor sy 123gr lading. Kan jy iets sinvol aflei daaruit Arnold?
Al wat ek kan sê is dat teoreties ideaal beteken nie dat mens prakties swak resultate moet verwag as jy nie by daai sogenaamde ideaal is nie.
Goed geboude gewere, met goeie komponente, verbloem ook dalk swak resultate aangesien swak nou dalk 0.75 MOA groepe is instede van 1.5 MOA groepe en jy is in ekstase omdat jou geweer so mooi skiet maar hy moet eintlik 0.3 MOA groepe skiet ...
Ek het die vraag al voorheen gevra maar smaak my hy het ongesiens verby gegaan.
Na aanleiding van Vd Walt se post hierso http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=75&t=38464 asook n paar vrae wat al op die draad gevra is wil ek graag weet of iemand vir my asb op Ql kan loer wat die verskil tussen die volgende twee ladings in n 6.5 x 55 sal wees asb.
458Exp wrote:Geen idea oor die ackley nie. Ek was onder die in druk die 6.5x55 is een wat nie baat deur dit te ackley nie.
Rudi - ek baat miskien nie soveel nie, maar genoeg dat ek met my 24 duim loop
baie naby aan jou 31.5 duim loop gaan kom met die spoed. Dit maak van 'n walk en
stalk jaggeweer ook 'n gemaklike langer afstand geweer.