Zeiss of Swarovski
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Michiel
Op so 11-12x sal die jakkals die duidelikste wees, en jy sal op goeie aand dit maklik kan sien op 350m(ek reken nog verder). Dit is fine om net jakkalse tot op 200m te skiet, maar vir hoe lank? Maar ons praat later weer as die scope eers op is en die gogga het vas gebyt.
Mooiloop

Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: Zeiss of Swarovski
Dog ek val bietjie in, so na 'n laaang stilte.
Taffie en Louis
Hoop dit gaan goed met julle.
Louis. Ekt gedink ek sal jou hier vang.
Sien hierdie onderwerp ontlok sulke v?r skote.
Soos Taffie s? "Horses for courses". Dink die Diavari kom o.a eers tot sy reg in omstandighede wat dit moeilik maak by meeste teleskope om te presteer, ..oor die algemeen (groot afstand, mirage, ID, ens ens)
Kan nie praat uit ondervinding van Swarovski nie, so ek hou maar my mond.
Ek moet ook bys?,... vir een geweer wat net in die nag skiet, sal ek ook ernstig kyk na die Schmidt & Bender 8 x 56.
Grte

Louis102 wrote:
Ai, waar was ek? Namib, ek weet dat Swarofski se optics nie vir Zeiss se Diavari Victory-reeks klop nie - behalwe as hulle Z6-reeks 'n moerse verbetering op vorige modelle is. Nog nie ervaring van die Z6 (dink dis wat hulle dit noem?)-reeks nie, maar die Swarofski's voor die tyd, het nie by Zeiss se optics kers vasgehou as dit by nagjag kom nie (alhoewel Swarofski 'n top teleskoop is)
Net my nederige opinie.
Louis
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Hallo Jadri
gewonder waar was jy.
Manne,
ek sien Rodulph Optics is die nuutste lid, gou gaan loer op sy website, hy moet maar post en laat weet wat prys die scopes. Lyk goed en indrukwekkernd, met al die knoppe ens.

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Michiel(MCR)
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Wed Aug 11, 2010 7:24 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Hi julle,
Ek het toe my scope vrydag gekry en sondag hom gaan in skiet.Al wat ek kan se is dat hierdie SWAROVSKI is AWESOME!
Die beeld is fantasties helder en so duidelik.Ek het met laastelig deur hom gekyk en ek kan net se eish die beeld en kleure is fantasties. Ek sal seker so oor 2 weke kaans kry om hom te gaan toets op n jakkie.
Wat my baie beindruk het is die verligte kolletjie(IR) wat jy so kan uitdoof dat jy hom skaars kan sien en dit werk fantasties vir in die nag, baie baie beter as die kersboom IR.Ek glo die ouens wat wild "kulling" doen moet dit regtig gaan toets. Die kruishare is lekker dun en as jy sukkel in die dag om vinnig te mik en skiet, is daar n opsie om die dag kolletjie te gebruik wat jy lekker helder kan stel en dan baie mooi kan sien en nog steeds gekonsentreerd wees op die teiken.Jou aandag word nie afgetrek nie.
Manne ek is jammer as julle dink ek "breg" maar ek is regtig verstom wat ek sover gesien het.
ns. ek breg nie, ek is regtig baie beindruk.
Groete.
Michiel.

Remember the past, plan for the future, but live for today, because yesterday is gone and tomorrow may never come.
.22lr Brno, .223AI Brno shilen 28" loop 1:14, .22-250AI 28" Loop 1:8,.270w Brno.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Mechiel
Baie geluk ou maat en dit is gladnie brek nie net terugvoering. Dit is darem lekker as n persoon soveel tyd en energie in n ding ingesit het en die dinge werk of is selfs beter as wat jy jouself voorgestel het.
Geniet hom en maak seker dat jy hom nou nie in die steek gaan laat nie!
Ackley daai 223 en kry klaar!
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Ja eendag as ek groot is wil ek net graag een van daardie he
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
-
Michiel(MCR)
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Wed Aug 11, 2010 7:24 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Ja, ek moet se dit was nie n maklike keuse gewees nie,ek is net baie baie verlig oor die proe van die poeding.......
Dankie aan almal se insae, dit was verseker n moeilike een die!
ns: 223AI ek werk aan hom.
Groete.
Michiel.
Dankie aan almal se insae, dit was verseker n moeilike een die!
ns: 223AI ek werk aan hom.
Groete.
Michiel.
Remember the past, plan for the future, but live for today, because yesterday is gone and tomorrow may never come.
.22lr Brno, .223AI Brno shilen 28" loop 1:14, .22-250AI 28" Loop 1:8,.270w Brno.
.22lr Brno, .223AI Brno shilen 28" loop 1:14, .22-250AI 28" Loop 1:8,.270w Brno.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Mechiel
Dit sal weereens n geval wees van aangenaam verras!
Groetnis
Wout
Dit sal weereens n geval wees van aangenaam verras!
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Goeie raad !!!! Stap more by die winkel in met die geld en koop die scope wat jou hart begeer, maar......... koop die duurste wat jy kan bekostig. Eers dan sal jy vrede in jou hart he.
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Zeiss of Swarovski
Michiel
As ou Swarovski gebruiker maak dit my hart bly om te sien hoe baie jy die Swaro geniet. Het onlangs vir my 'n Z4 ook met verligte kolletjie aangeskaf en nou kan die ou oe stukke beter sien as die lig swak raak. Dankie ook vir jou ondersteuning van ons produk. As jy enige probleme ondervind met jou scope, kontak my gerus. Ek glo egter nie dat jy probleme sal he nie.
Groetnis
Koos
As ou Swarovski gebruiker maak dit my hart bly om te sien hoe baie jy die Swaro geniet. Het onlangs vir my 'n Z4 ook met verligte kolletjie aangeskaf en nou kan die ou oe stukke beter sien as die lig swak raak. Dankie ook vir jou ondersteuning van ons produk. As jy enige probleme ondervind met jou scope, kontak my gerus. Ek glo egter nie dat jy probleme sal he nie.
Groetnis
Koos
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Machiel,Wouter, Francois en die Koos(die man wat my in die penarie gesit het)
Ek het vandag teen 17h40 kans gekry om die scope in te skiet. Dit het nie meer gere?n nie, maar was bewolk en redelik donker.
Bore sight die ding sommer so op die sakke met blote oog op 40meter en die eerste skoot loop. Na nog een skoot en die verstelling beweeg ek die teiken na 112 meter en skiet nog 'n skoot, hoog maar presies op lyn. Verstel gou en die laaste 2 binne in een gat 33mm hoog. Dit klink nie watwonners nie, maar die laaste 2skote het geloop teen 18h05 sonder enige ligte. Hierdie rondte het die Swarovski gewen. Sal egter die scope na 20h00 neem vir 'n nagwandeling en sal m?re verder praat.
Mooiloop
Ps. Dit is 'n Z6 3-12x50L met 'n 4a 300 kruishaar.
Ek het vandag teen 17h40 kans gekry om die scope in te skiet. Dit het nie meer gere?n nie, maar was bewolk en redelik donker.
Bore sight die ding sommer so op die sakke met blote oog op 40meter en die eerste skoot loop. Na nog een skoot en die verstelling beweeg ek die teiken na 112 meter en skiet nog 'n skoot, hoog maar presies op lyn. Verstel gou en die laaste 2 binne in een gat 33mm hoog. Dit klink nie watwonners nie, maar die laaste 2skote het geloop teen 18h05 sonder enige ligte. Hierdie rondte het die Swarovski gewen. Sal egter die scope na 20h00 neem vir 'n nagwandeling en sal m?re verder praat.
Mooiloop
Ps. Dit is 'n Z6 3-12x50L met 'n 4a 300 kruishaar.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Michiel(MCR)
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Wed Aug 11, 2010 7:24 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Manne,
Ek het saterdag my nuwe scopie toe op n jakkie getoets.Die beeld is regtig fantasties en dit is vir my as of ek baie gouer op my teiken kom.Dit is asof ek gouer "aline" as julle weet wat ek bedoel.Daar is geen wit kolle of enige iets wat jou hinder om jou teiken mooi tekan sien nie. Verder kan ek maar net weer se dit is n awesome scope!
Groete.
Michiel
Ek het saterdag my nuwe scopie toe op n jakkie getoets.Die beeld is regtig fantasties en dit is vir my as of ek baie gouer op my teiken kom.Dit is asof ek gouer "aline" as julle weet wat ek bedoel.Daar is geen wit kolle of enige iets wat jou hinder om jou teiken mooi tekan sien nie. Verder kan ek maar net weer se dit is n awesome scope!
Groete.
Michiel
Remember the past, plan for the future, but live for today, because yesterday is gone and tomorrow may never come.
.22lr Brno, .223AI Brno shilen 28" loop 1:14, .22-250AI 28" Loop 1:8,.270w Brno.
.22lr Brno, .223AI Brno shilen 28" loop 1:14, .22-250AI 28" Loop 1:8,.270w Brno.
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Zeiss of Swarovski
Wat dink julle manne van die Z4i 2,5-10x56mm vir jakkalse skiet?
Stef
(Michiel, jy moet kom groet jong, ekt nog net vir Chris gesien!)

.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3649
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Stefaans,
Jy was so besig geen mens kan by jou uitkom nie.
Sterkte mater, ek sien jou more weer. Soek een van daai Leupold VX2's
Cheers
JP
Jy was so besig geen mens kan by jou uitkom nie.
Sterkte mater, ek sien jou more weer. Soek een van daai Leupold VX2's
Cheers
JP
-
Michiel(MCR)
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Wed Aug 11, 2010 7:24 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Stef
(Michiel, jy moet kom groet jong, ekt nog net vir Chris gesien!)
[/quote]
Hi Stef,
Ek sal dalk saterdag daar n draai maak,sal sien hoe my dinge loop.Ek glo julle gaan lekke baaaie bestig wees.
Chris het vir my gese dat ek moet n draai daar by julle gaan maak,die winkel lyk bykbaar awesome!.
En die diens is fantasties!
Groete.
Michiel.
(Michiel, jy moet kom groet jong, ekt nog net vir Chris gesien!)
[/quote]
Hi Stef,
Ek sal dalk saterdag daar n draai maak,sal sien hoe my dinge loop.Ek glo julle gaan lekke baaaie bestig wees.
Chris het vir my gese dat ek moet n draai daar by julle gaan maak,die winkel lyk bykbaar awesome!.
En die diens is fantasties!
Groete.
Michiel.
Remember the past, plan for the future, but live for today, because yesterday is gone and tomorrow may never come.
.22lr Brno, .223AI Brno shilen 28" loop 1:14, .22-250AI 28" Loop 1:8,.270w Brno.
.22lr Brno, .223AI Brno shilen 28" loop 1:14, .22-250AI 28" Loop 1:8,.270w Brno.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Iceman het seker maar gedink aan die Zeis Duralyte of Conquest reekse. Die duurste Zeis is die Hensoldt 6-24x72 SAM van $11900! Dis R83 000!!! Die duurste Victory is so R24500, Die duurste Z6 (Z6i 5-30x50) is so R22500. (direkte $ pryse.)Namib wrote: Hi Iceman1982
Eerstens het ek nie n 9000.00 randse Zeiss vergelyk met n 25000.00 Swarovski nie,weet nie waar jy dit lees nie.![]()
En hoe scopes werk ,glo ek weet hoe.Ondervinding n hele 15 jaar van dit (Dag oes/Nag oes,jak jag/gun shop)
My Zeiss kos ook nie 9000 nie en as jy praat van laaste lig is daar nie n manier dat n Swar..op n 4-12 x50 better is as daai Zeiss(3-12x56 Diavari) van my nie.....
Koos se hy die minste proebleme met Swar.. ondervind maar beteken dit dat hy geen proebleme gehad het of,as dit so is kan ek vir jou dit se hier by ons weet ek van n paar Zeiss scopes en nog geen proebleme.![]()
Iceman gaan kyk na Jaracal se antwoord oor Leupold en NF,die volg orde van sy keuse.![]()
![]()
Dan is volgens my 2c ,Zeiss beslis in die klas van Swarovski (as jy van die selfde prys klas praat)
Michiel ek is n groot voor stander van Swarovski en Zeiss.Zeiss het net eerste oor my pad gekom.Enige van daai twee sal nie n vout maak nie.
Groete
Zeis maak dus die duurste scopes.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Zeiss of Swarovski
DirtyOldsixDirtyOldsix wrote: .... Die duurste Victory is so R24500, Die duurste Z6 (Z6i 5-30x50) is so R22500. (direkte $ pryse.) ...
Namib se punt het juis oor "Appels met Appels"-vergelykings gegaan, soos ek dit verstaan. Ek's baie seker die "duurste" Victory waarvan jy praat, het 'n 56mm lens voor teenoor die Swarofski met net 'n 50mm lens (sien jou aanhaling hierbo). Dink jy dis 'n sinvolle prys vergelyking? Nie volgens my nie. Om die super-duur Zeiss'e se pryse aan te haal waarmee geen Swarofski kan vergelyk nie, het niks met die prys van eiers (of is dit scopes) te doen nie.
In die R 25 000 prysklas koop 'n mens in elk geval die beste vir jou behoefte en behoort 'n duisend of twee nie 'n rol speel nie. Dis 'n scope vir 'n leeftyd (soms ook vir jou erfgenaam) en 'n duisend of twee verskil is weglaatbaar klein as dit in 'n leeftyd ?f miskien twee leeftye, ingedeel word.
So dink ek.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Louis
Om scopes se pryse te vergelyk gaan maar 'n beroerde storie afgee. My keuse bly nog altyd die beste beeld, kruishaar en maklike verstellings vir die nag.
Nou sal jy by my wil weet watter make is die beste en ek gaan jou teleurstel en verveel met 'n paar name. Kom ons bekyk die ding so: Meopta het na my beste kennis nie die 4A 300 kruishaar nie, ook nie die Zeisse nie, maar baie naby aan dit is ook nie onmoontlik nie. Jy het toevallig 'n baie lekker kruishaar op jou teleskoop en kan miskien vir ons die naam daarvan gee. Namib het weet die #42 kruishaar wat maar net verkorte weergawe van die 4A-300 of TDS is. Tomcat het weer die TDS op sy scope en werk soos 'n bom. Ek het op my Zeiss 'n #8 en is toevallig van die dikste plex'e wat ek van weet en werk tog te lekker tot op die 350m afstande, maar dikker as dit sal ek nou nie sommer voorstel nie.
Die Zeiss Diavari-reekse is seker die helderste scopes om in die nag mee te jag en kan regtig nie die verskil sien teenoor die Z6 nie, maar dit is ook nie waar dit ophou nie. Goete soos betroubaarheid is tog die ding wat scopes popul?r maak, jy hoef nie te worry of dit gestamp is of op een of ander manier van teiken af is nie. Scopes soos die Swarovski's, Zeisse, Meopta's, Schmit en Bender' en Leupold's is maar net scopes wat hul POI behou in rowwe terrein en hantering.
Die kruishare soos bo genoem is toevallig ook almal in die #4 Europese grootte, nie te dik nie en nie te dun nie, net reg.
Helderheid van die beeld het ook darem baie met die ligbron ook te doen. Jy kan maw. 'n spesifieke scope se beeld verbeter deur om beter/helder lig op sit waaraan jy gewoond is. Vandat ek van die 170mm oorgeskakel het na die 240mm lig, gaan dit stukke beter. Moet darem vir Tomcat die eer hier gee, sy bracket maak dit moontlik.

Taffie, ek kan geen fout met jou argumente vind nie. Net miskien dit, as jy s? dat prys dus nie noodwendig 'n aanduiding van gehalte by teleskope is nie, hoe moet ons te werk gaan om die beste scope vir ons doel en o? te kies? Ons is nie almal so gelukkig dat Swarofski en/of Nikkon (darem jammer ek het daardie suurdruiwe-argument gemis terwyl ek weg was en nou's die onderwerp gesluut) vir ons 'n ou scopie stuur om te toets nie.tafjak wrote: .... Om scopes se pryse te vergelyk gaan maar 'n beroerde storie afgee. My keuse bly nog altyd die beste beeld, kruishaar en maklike verstellings vir die nag ....
Hoe nou gemaak as ek (ons gewone sterflinge) een keer in 'n leeftyd moet koop en reg moet koop? Om in die winkel deur die glase te loer, beteken tog nie eintlik veel vir 'n nagjag doel nie? En as prys en handelsmerk dan ook nie die enigste aanduiding is nie, hoe nou gemaak vir my en Jan-alleman?
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Die enigste punt wat ek wou maak is dat Zeiss se scopes wat met die Z6 vergelyk nie R9000 kos soos wat Ice aanvaar het nie. Jy het dit dan seker gemis.Louis102 wrote:DirtyOldsixDirtyOldsix wrote: .... Die duurste Victory is so R24500, Die duurste Z6 (Z6i 5-30x50) is so R22500. (direkte $ pryse.) ...
Namib se punt het juis oor "Appels met Appels"-vergelykings gegaan, soos ek dit verstaan. Ek's baie seker die "duurste" Victory waarvan jy praat, het 'n 56mm lens voor teenoor die Swarofski met net 'n 50mm lens (sien jou aanhaling hierbo). Dink jy dis 'n sinvolle prys vergelyking? Nie volgens my nie. Om die super-duur Zeiss'e se pryse aan te haal waarmee geen Swarofski kan vergelyk nie, het niks met die prys van eiers (of is dit scopes) te doen nie.
In die R 25 000 prysklas koop 'n mens in elk geval die beste vir jou behoefte en behoort 'n duisend of twee nie 'n rol speel nie. Dis 'n scope vir 'n leeftyd (soms ook vir jou erfgenaam) en 'n duisend of twee verskil is weglaatbaar klein as dit in 'n leeftyd ?f miskien twee leeftye, ingedeel word.
So dink ek.
Louis
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Taffie
Ek het so twee maande gelede besluit om 'n Swarofski aan te skaf, nadat ek eerstehandse ondervinding met my swaar se 5x30x50 Z6 gehad het. EK is, soos Louis en ander, 'n geharde Zeiss man, alhoewel ek net een het, "n 8x56 wat 14 jaar oud is, maar nog steeds 'n briljante scope is.
Ek is egter die tipe ou wat nie noodwendig bly by wat werk nie, en in daardie gees het ek besluit op 'n Swarofski, basseer op eie (bietjie) ondervinding, en dan die baie "testimonials" wat ou deesdae lees.
Lang storie, eintlik wil ek s? dat ek twee aande gelede eers jou ondervinding met die Z6 gelees het, ek het toevallig presies dieselfde scope gekoop, behoort hom vandag erens te kry.
Iets wat ek nie raak gelees het nie, is die kwessie rondom die verligte kruishaar. Myne het nie een nie, ek neem aan die een wat jy getoets het ook nie, is dit 'n issue? Jou opinie?
Louis Potgieter, kom kuier vir my dan kan jy met die ding skiet, sal graag jou objektiewe opinie wil hoor. Alternatiewelik kan ons altyd die beoogde afspraak finaliseer, in welke geval jy hom sommer op jou eie plaas vir 'n toetsrit kan neem. Ek het hoeka nodig om saam met die meester te jag, my beperkte ondervinding laat my in die steek.
Dawie

Dawid Blaauw, jou ou doring!!Dawie Blaauw wrote: .... Louis Potgieter, kom kuier vir my dan kan jy met die ding skiet, sal graag jou objektiewe opinie wil hoor. Alternatiewelik kan ons altyd die beoogde afspraak finaliseer, in welke geval jy hom sommer op jou eie plaas vir 'n toetsrit kan neem. Ek het hoeka nodig om saam met die meester te jag, my beperkte ondervinding laat my in die steek ....
Eintlik is dit dan 'n goeie ding dat ons nog nie by die be-oogde afspraak uitgekom het nie!? So tussen die kerk se bazaar, Windhoek trippies en m?re se rugby kyk en dans op Gr?nau nie. Hoe lyk volgende naweek?? Ek wil daardie scope baie graag onder o? kry.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Louis
Klink nommerpas. Sal die details met jou per e-pos finaliseer.
Groete
Dawie
Klink nommerpas. Sal die details met jou per e-pos finaliseer.
Groete
Dawie
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Zeiss of Swarovski
Oom leeu
Die beste scope is die een wat jy het,,, Se ek weer en weer en weer.
Al is dit n XYZ as hy werk en jy an sien is dit vir jou die beste scope...
As jy n Lynx en hy stel jou nie teleur nie is hy goed en dioe beste vir jou
So ook jou Zeis of nSmitengebuig of swartwors.
Die beste een vand ie 2 is beslis die een op jou geweer.. NOU tot jy hom omruil, dan is die ander een weer die beste of hoe??
Ek is nie so goed met woorde nie so ek herhaal soms goeters en dinge...
Gaan loer so bietjie oor scopes of die forum...(verlede)
Die scope ding is maar soos kalibers en ons gaan nog lank en lekker oor albei gesels
Groetnis
Jacques

Shoot straight and tell the truth!
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Ou Jakes, lyk my jy weet ietsie van scopes af wat jy my wil vertel, maar dink jy verstaan verkeerd. Ek wil geen scope omruil nie, verkoop of met 'n nuwe een vervang nie. Wat ek egter oor wonder, as daar 'n nuwe erdman-roertjie eendag in my kluis beland en ek wil met hom traai jakkalse skiet, watse scope sal ek op hom sit? Ek gaan beslis nie een van my ander roere se scopes afhaal nie (of miskien moet ek, nou dat ek daaraan dink - miskien maak jou redenasie tog sin)JACQUES BOTHA wrote: .... Die beste scope is die een wat jy het,,, Se ek weer en weer en weer.
Al is dit n XYZ as hy werk en jy an sien is dit vir jou die beste scope .....
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.