Page 3 of 3
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Mon Oct 27, 2014 12:27 pm
by Koos Barnard
Van my kant af ook dankie aan Safari & Outdoor en aan al die manne wat so hard in die son gewerk het om die dag 'n sukses te maak. Dankie ook aan Ronald vir die skoot met die .577. Ja, hy trap maar vas! Maar soos Ronald gesê het, die wangbeen ontgeld dit meer as die skouer. Een skoot en die mooi roer het my wangbeen lekker geëet.
En hoe het ek geskiet? Soos my gat. Score was nie te vrot nie maar die manne het later 'n kalender loop soek om my tyd te meet! Ek het op die buffel begin en toe ek aangooi toe hardloop daai scope die hele buffel se kop vol. Na 'n halwe dag beur ek toe twee kopskote af pragtig in die 7-punt kill zone, herlaai en die derde kopskoot flinch ek toe af tot net onder die 7 score se lyn. Toe die bees storm kry ek darem die 5-punt hartskoot in. 19 punte altesaam. Maar die tyd is 18+ sekondes, blegh!
Toe is ek krokodilbaan toe. Dit gaan effens beter. Kry altwee die skote in die krok maar mis een skoot op die seekoei, net-net te hoog!
Leeubaan. Daar skiet ek toe met die Merkel omdat my seun die goed smous by Safari. Hy waarsku, "Ou Ballie jy moet hoog mik die geweer skiet laag." Eerste twee skote laag, nul. Lekker gerattle, nou vat ek my tyd. Beur die laaste twee skote af en breek darem albei kleie. Maar die tyd is 'n hele 9+ sekondes.
Serengeti-baan. Full score!! Maar wag dis nie al nie. Ek laat stoor die .375 en toe ek op die sebras aanlê bewe ek so dat Benand wat die tyd neem seker later wou vra of ek nog op die Saterdag gaan klaar skiet. My tyd? 31 sekondes. Nou ja. Met sulke swak tye en 'n powere leeubaan het ek seker 139ste uit die 138 skuts gekom.
Maar tog het ek dit geniet. Dit het my ook laat besef dat jy darem so af en toe die tipe skiet op die baan moet gaan oefen. Mag hierdie tipe skiet van krag tot krag gaan.
Mooi loop
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Mon Oct 27, 2014 12:33 pm
by DWB
Nou wie is die top tien manne gewees?
Wie het gewen?
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Mon Oct 27, 2014 1:25 pm
by Hercules Louw
Baie dankie aan Benand, Stefan en al die ander Safari manne en dames wat weer eens 'n besonderse lekker dag aangebied het. Ek en my seun het dit ook vreeslik baie geniet.
Soos baie ander skuts het ek ook my laagtepunt op daai krokodil en seekoei baan gehad, die dooierus baan lyk so maklik voor die tyd, maar die tel area is klein en die tyd baie min wat laai ingesluit het. Om te sien wat op die seekoei se kop aangaan, moes die teleskoop op maksimum (6x) vergroting wees, maar dan is die krokodil wat baie naby was, weer uit fokus en sy tel area is nog kleiner en moeiliker. En dan was die seekoei nou net mooi op die afstand waar jy te hoog skiet as jou geweer op 100m gezero was - nodeloos om te sê die Safari manne het vir my net soos vir baie ander manne uitgevang en het ek die seekoei te hoog geskiet en dus gekwes!
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Mon Oct 27, 2014 1:45 pm
by Hilux01
Deon
Ons het laas jaar n vol score card gekry so ek glo die email is nog oppad met wie waarle in die 140 skuts
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Mon Oct 27, 2014 1:51 pm
by DWB
Dankie
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Mon Oct 27, 2014 6:01 pm
by Homer
Ja Ronald
Gelukkig het ons vir jou by die afterparty gehad om die sede te bewaar
Will net sê aan Stefan en kie baie weereens baie lekker dag gewees
En in dieselfde asem will ek almal nooi om BASA se laaste skiet vir die jaar by te woon op Fred Everet Skietbaan op die 22ste November 2014
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Tue Oct 28, 2014 7:07 am
by BRNO (Pierre)
Homer wrote:Ja Ronald
Gelukkig het ons vir jou by die afterparty gehad om die sede te bewaar
Will net sê aan Stefan en kie baie weereens baie lekker dag gewees
En in dieselfde asem will ek almal nooi om BASA se laaste skiet vir die jaar by te woon op Fred Everet Skietbaan op die 22ste November 2014
Ja nee wraggies. As dit nie vir Ds. Kopskoot was nie, het die partytjie heeltemal uitgerafel.
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Tue Oct 28, 2014 7:35 am
by Hilux01
Stefan
n Voorstel van een van my vriede wat n draai kom maak het deur die loop van die oggend was om so half n veilige area te he waar die manne kan "show en tell" miskien na die tyd of deur die loop van die dag
Ek weet ek sou graag daai 577 NE van Kopskoot wou sien - daar was ook n paar dubbels wat baie mooi was
Ek verstaan dat dit amper is soos om jou vrou te laat adverteer, maar ek reken n veilige area, met n paar tafels en dalk n x-bag of 5 waar gewere "uitgestal" staan, en as die manne nie wil het die ouens moet dit gewere hanteer nie en dit is net vir kyk sal dit ook reg wees
Ek dink net daar is so min kans om soveel prag gewere bymekaar te sien dat n ou dalk die manne kan trek om so iets te doen
Dis maar net n voorstel
Sal hoor wat die ander manne dink
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Tue Oct 28, 2014 7:55 am
by Flip Fouche
Hallo Stefan
Baie dankie vir die DSG skiet van verlede saterdag,dit was LEKKERRRRR.
Dankie aan die hele span van Safari & Outdoor, vanaf Sam tot by die admin dames.
Well done.
Flip
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Tue Oct 28, 2014 12:59 pm
by JAGTERSREG-JRM
Gaan die link met die fotos nog geplaas word? Ek is al erg nuuskierig
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Tue Oct 28, 2014 1:56 pm
by Stefan764
Hi Kobus
Jammer man, moes hom gister aand al opgesit het.
https://www.dropbox.com/sh/3apumn6v1co7 ... BMCHa?dl=0
Groete!
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Tue Oct 28, 2014 2:01 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dankie Stefan...........wag dat daai kleinding da is dan is jou brein eers soos n sif....
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Tue Nov 04, 2014 7:30 pm
by vossie1
Waar kan n man gaan kyk hoe die manne se tellings en posiesies lyk vir die dag?
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Tue Nov 04, 2014 7:41 pm
by JAGTERSREG-JRM
vossie1 wrote:Waar kan n man gaan kyk hoe die manne se tellings en posiesies lyk vir die dag?
Safari het n lys uitgestuur vir al die deelnemers as ek dit nie mis het nie
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Tue Nov 04, 2014 7:58 pm
by vossie1
Dankie Kobus,ek het nie deelgeneem nie so dit sal seker maar geheim bly. Hoop een van die deelnemers sal dit met ons deel.
Groete
Vossie
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Tue Nov 04, 2014 8:22 pm
by JAGTERSREG-JRM
Die lys is redelik lank nie seker hoe n man dit hier kan pos nie
Re: Safari & Outdoor DGS - 2014 Post Season Shoot 25 Oktober
Posted: Tue Nov 04, 2014 8:48 pm
by Flip Fouche
Ek het n epos gekry met al die uitslae.Al die bane en n lys met punte van elke deelnemer algeheel.Nogmaals dankie S&O se DGS span.
Groete
Flip