Page 3 of 3

Re: Pensmis op karkasse.

Posted: Tue May 06, 2014 1:01 pm
by 243Songdaug
"Ek maak ook net altyd die borsbeen oop voordat ek die pens begin oopsny, dan gly hy sommer maklik uit as jy die mantelvlies los sny, en sny jy die pens met longe en gorrel one shot uit!"

Dis presies wat ek ook doen ja - dis net soveel makliker. Verseker dat jou karkas mooi skoon is binne.

Re: Pensmis op karkasse.

Posted: Tue May 06, 2014 3:23 pm
by regal
Ek het in my lewe nog nooit 'n bok geslag(verwerk) nie en sal ook seker nooit, ek is nie 'n slagter se gat werd nie en om die waarheid te se ook nooit die behoefte gehad nie. My local slaghuis doen sommer 'n goeie job van alles

Dit gese, is ek heel verbaas hoeveel manne nie hulle eie bokke se pense uithaal nie, alhoewel ek nie my bok self opsny nie, het ek nog altyd die pens in die veld uitgehaal onmiddelik na 'n bok gaan le het. Om te wag vir daai pens om te swel is mos net vir moeilikheid soek, veral so vroeg in die oggend en dis nog 'n lang tydjie voor die wild opgetel word in die veld. Dit vat jou nie 5minute nie en dan is dit als verby en kan mens met geruste verder die jag geniet.

Re: Pensmis op karkasse.

Posted: Tue May 06, 2014 4:30 pm
by win270
Daar moet goeie video's wees wat al die stappe baie mooi verduidelik . . . dalk ook op YouTube? As alternatief kan iemand dit vervaardig en verkoop!!

Re: Pensmis op karkasse.

Posted: Tue May 06, 2014 4:54 pm
by Hugo
Carl wrote:Weet iemand waar mens 'n goedkoop belly ripper kan kry. Maw meer 'n stuk gereedskap as mooi hout en en. Ek wil een op die plaas los.

Carl

Ekt 2 sulkes, asook die matmes, elk het sy voor en nadele as dit by pens oopzip en vel sny.

http://www.bladehq.com/imgs/shop-by-bra ... -large.jpg

Re: Pensmis op karkasse.

Posted: Tue May 06, 2014 5:03 pm
by Carl
Ja Hugo dis die regte ding maar met die handels merk op kos hy so R150+ meer as wat ek betaal. Ek dink mens moet so paar kan maak niks luuks, net redelike staal en maklik om skerp te maak.

Re: Pensmis op karkasse.

Posted: Tue May 06, 2014 5:05 pm
by Hugo
Ekt R150 vir hom betaal, hiers n plek hier wat dit aanhou, ek laat jou weet as ek een se prys sien dan se ek jou.

Re: Pensmis op karkasse.

Posted: Tue May 06, 2014 5:10 pm
by Carl
Ok my fout ek gaan niks verniet kry ;) Nee die pryse vir so ding op Zimbi is R260 Buck.