Page 3 of 3

Re: nosler CC

Posted: Thu Apr 10, 2014 4:45 pm
by Scrappies
Hi Cassie,

Ek kon nog nie oor die chrony skiet nie. Het hom nou maar eers 2 weke. Het wel al n paar ladings gaan skiet en ek moet se ek kan Sien hoekom die manne so aan die 308 hang. Daar regtig min om van te kies tussen verskillende ladings.

Ek weet gewere verskil maar wat sal die max lading wees met S355 en 155CC?

Ek het al 46.5gr geskiet en tekens van druk lyk nog aanvaarbaar.

Re: nosler CC

Posted: Thu Apr 10, 2014 7:31 pm
by Fritz
Scrappies. Van wat ek in QL gesien het kan mens met S355 hom maar push. Ek wonder of jy ooit genoeg kruit gaan inkry. Ek het juis vandag 155CC's gekoop vir die .308 Howa. Maar mens moet met chrony skiet!

Re: nosler CC

Posted: Thu Apr 10, 2014 11:28 pm
by Scrappies
Hi Fritz,

Sal hom bietjie saam vat as ek weer baan toe gaan. Se bietjie waar jy daai 155gr gekoop het. Sal ook graag n hele paar wil he.

Lekker aand.

Re: nosler CC

Posted: Fri Apr 11, 2014 9:14 am
by Fritz
Scrappies wrote:Hi Fritz,

Sal hom bietjie saam vat as ek weer baan toe gaan. Se bietjie waar jy daai 155gr gekoop het. Sal ook graag n hele paar wil he.

Lekker aand.
Dit was 'n vriend van 'n vriend wat weet van 'n ou wat 'n ou ken wat gehoor het van iemand wat die koeëls by 'n ander ou gekoop het en nie meer wil hê nie :laugh:

Alle grappies op 'n stok, ek mag verkeerd wees, maar sou mens genoeg S355 in die doppie kan inkry dan kan mens 2900fps uit 'n 24" loop haal op 'n node. Lot 9 is heelwat stadiger as Lot 7 en ek twyfel of mens dit gaan regkry.

Groete

Re: nosler CC

Posted: Fri Apr 11, 2014 9:28 am
by LUAN
S335 sal jou makliker daai spoed gee maar of dit onder maks druk is sal julle maar moet uitvind. Volgens Ql is my hoogste veilige node op 2812fps met S335 in n 26" loop maar met S355 is daar n veilige node op 2896fps en dit kan ek net kry met Fed match primer en lekker kompreste lading in lapua dop.