Page 3 of 4

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Mon Jan 27, 2014 9:57 pm
by tripodmvr
Koeëls teen die groewe is volgens my iets wat jy kan gebruik in 'n skyfskietgeweer. Jy wil nie oorhaal en die koeël wil nie kamer nie.

In skyfskiet gebruik jy een koeël en jou kamer is daarvolgens gesny sodat jy nek integriteit het en nog die koeël teen die lande kan hê. Die 308 moet van 110 - 180 grein kan skiet en daarom het jy 'n kompromie met die lengte van jou keel.

QL kan wel kompeseer vir teen die lande en gewoonlik beteken dit dat jy 2 na 3 grein moet aflaai.

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Mon Jan 27, 2014 10:16 pm
by DawieKotze
Francois - baie mooi geweer!!

Ek verstaan die rede vir swart nekke ook soos jy, nl. lae druk, maar dit behoort minder te raak soos wat die ladings hoër raak.

So vinnig gekyk....

0 jump - 54435 psi (LW)
0.5 - 43654
1.0 - 44199
1.5 - 44783
2.0 - 45396

Sterkte!!

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Thu Jan 30, 2014 8:22 pm
by Francoisv
Ek het gaan skiet en tot die slotsom gekom:
Die geweer hou nie van een of altwee van die volgende punte:

1. Groot jump
2. 155g NCC

Groepeer glad nie met die 43.5, 44.0, 44.2, 44.4, 44.6. My laaiwerk was so noukeurig as moontlik gedoen. Die laaste 4 skote was duplikate.

Vir die wis en onwis het ek 5x 168 NCC met 1mm jump (40gn S335) gelaai vir kontrole en 'n groot gat in die teiken geslkiet. Iets klop erens GLAD nie. Ek sal met die 168's verder gaan.

Dankie vie die raad, maar dit lyk vir my na 'n verlore saak

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Thu Jan 30, 2014 10:02 pm
by tripodmvr
Jy het nie die spoed deurgegee nie. ???

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Fri Jan 31, 2014 6:53 am
by Francoisv
tripodmvr wrote:Jy het nie die spoed deurgegee nie. ???
44.6. 2898,2892,2898,2898 Blink merk op casehead
44.4. 2911,2911,2904. Blink merk op casehead
44.2. 2867,2886,2876,2867 Ligte blink merk op casehead
44.0. 2860, 2861,2873,2855. Geen tekens
35.5. 2836,2830,2836,2842. Geen tekens
40.9. 2682,2672,2677. Geen tekens

40.9 Kleinste groep, +\- 25mm die res 25 -55mm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Fri Jan 31, 2014 7:46 am
by tripodmvr
Die lading van 35.5 neem ek aan moet wees 43,5 en gee spoed van 2836vps - ES is 12vps. My teikenspoed was 2840vps en ek het gewaarsku dat dit naby piek druk was. Die kruit se brandtempo het dus met hoër druk toegeneem.

Nou moet ek vra hoekom jy toe nog die ander geskiet het na jy op 44,2gr reeds druktekens sien en vêr oor die teikenspoed was.

Hoe het die groep op 43,5gr gelyk? Moontlik kan jy hier met korter TPL speel om die groep beter te kry.

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Fri Jan 31, 2014 9:03 am
by Francoisv
tripodmvr wrote:Die lading van 35.5 neem ek aan moet wees 43,5 en gee spoed van 2836vps - ES is 12vps. My teikenspoed was 2840vps en ek het gewaarsku dat dit naby piek druk was. Die kruit se brandtempo het dus met hoër druk toegeneem.

Nou moet ek vra hoekom jy toe nog die ander geskiet het na jy op 44,2gr reeds druktekens sien en vêr oor die teikenspoed was.

Hoe het die groep op 43,5gr gelyk? Moontlik kan jy hier met korter TPL speel om die groep beter te kry.
Jy is korrek, dit moet 43.5 wees. Die groepering was erger aas die 40.1 lading van voorheen.

Wat die aanhou skiet betref, myns insiens bou druk stelselmatig op soos 'n max lading bekrui word. Daar was geen ander tekens van druk op die dop, die slot het oopgemaak soos hy maar oopmaak, dus het ek besluit om verder te skiet. Ek het ook die raad van 'n gesoute benchrest skut op die baan gevra.

Ek sal verseker verder met 43.5 werk. Dankie vir die volgehoue belangstelling.

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Fri Apr 11, 2014 7:46 am
by Francoisv
Vir interessantheid, ek het die geweer laat bed, die ladings het toegemaak op 41.4 gr S335 @2632fps met 'n 71.35 patroon lengte (ong 1.5mm jump). En daarby gaan ek volstaan.

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Fri Apr 11, 2014 8:48 am
by Ferdi Bam
Hallo Francoisv,

Ek het nie die kennis van die QL rekenaar program nie maar skiet die 155gr NCC in altwee my .308W gewere met goeie gevolg. Die gewere het onderskeidelik n 31" en 30" loop met RSA Lyttelton aksies. Die een met die 1 - 12T skiet die NCC teen 2920vps en die ander een met n 1 - 13T teen 2944vps. Ek laai 42.7gr S335 met n .3mm jump in eersgenoemde en 43.2gr met n .3mm jump in die ander. Ek is oortuig dat die 155NCC koeëls hou van n .3 - .5 max jump. Die exteme spread wissel tussen 8 en 12 vir die twee gewere. Ek skiet ook nie groepering nie maar werk bloot op extreme spread omdat ek lang afstande skiet(300 - 900m) en doen lading ontwikkeling op 300m. Die extreme spread is belangriker as n 100m groepering vir die lang afstand maar dis weer n onderwerp op sy eie vir n ander dag.

Dit is goed om na die rekenaar programme te kyk en moderne tegnologie te gebruik. Aan die einde van die dag is dit egter wys om te luister na wat die geweer vir jou sê wat om te doen. As die laaste lading (41.4gr S335....) is wat jou geweer van hou en al die gegewens dui daarop is dit die kombinasie wat jy gebruik. Jy moet egter gereeld met jou geweer skiet om sy grille te leer ken en waarvan hy hou en nie van hou nie. 308W of nie.

Ek aanvaar dat jy n ervare skut en herlaaier is en my kommentaar is maar bloot om n bietjie te help, n bietjie advies aan die wat nog miskien sukkel en ook wat ander moontlik doen wat ook die draad lees.

Geniet jou gewere en veral jou .308W

Groete

Ferdi Bam

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Fri Apr 11, 2014 9:36 am
by PWV

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Fri Apr 11, 2014 9:46 am
by Smous v.d. Vyver
Hi Francois,

Ek is bly jy kon hom mooi uitsort.

Die spoed wat jy skiet is te stadig vir my,ek skiet maar op die boonste node.

Ek weet daar is manne wat baie mooi groeperings skiet met die onderste node maar ek doen ook veldskiete met die 308 en benodig dus soveel spoed moontlik vir die effe platter trajek.

Maar in dieselfde asem is dit nie nodig om spoed te jaag nie.Dit hang af wat die doel gaan wees vir die 308.

Maar my 2 sent soos die manne sê.

Vriendelike Groete,

Corné

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Fri Apr 11, 2014 9:54 am
by LUAN
Corné v.d. Vyver wrote:Hi Francois,

Ek is bly jy kon hom mooi uitsort.

Die spoed wat jy skiet is te stadig vir my,ek skiet maar op die boonste node.

Ek weet daar is manne wat baie mooi groeperings skiet met die onderste node maar ek doen ook veldskiete met die 308 en benodig dus soveel spoed moontlik vir die effe platter trajek.

Maar in dieselfde asem is dit nie nodig om spoed te jaag nie.Dit hang af wat die doel gaan wees vir die 308.

Maar my 2 sent soos die manne sê.

Vriendelike Groete,

Corné
Stem saam

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Fri Apr 11, 2014 11:07 am
by Francoisv
.303 wrote:
Corné v.d. Vyver wrote:Hi Francois,

Ek is bly jy kon hom mooi uitsort.

Die spoed wat jy skiet is te stadig vir my,ek skiet maar op die boonste node.

Ek weet daar is manne wat baie mooi groeperings skiet met die onderste node maar ek doen ook veldskiete met die 308 en benodig dus soveel spoed moontlik vir die effe platter trajek.

Maar in dieselfde asem is dit nie nodig om spoed te jaag nie.Dit hang af wat die doel gaan wees vir die 308.

Maar my 2 sent soos die manne sê.

Vriendelike Groete,

Corné
Stem saam
Cornè/303

Die ding het lank by my gespook. Die 155 is ek tevrede mee op daai spoed.

Vir 'n platter trajek gebruik ek nou 135g SMK met 44.3gr S335/74 agter dit. Ek kry daar 2895@ 51511psi reg op die 1.172 node vir my 650mm loop. Patroon lengte is 65.5. Groepering in onder 15mm

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Fri Apr 11, 2014 11:19 am
by Smous v.d. Vyver
Francois,

Ek het hulle ook probeer maar die 155 greine teen 2800 ft/s doen ballisties beter as die 135 greine teen 2900 ft/s.

Ek het daardie toets gedoen en duur skoolgeld betaal.Goeie groepering,maar groepering is nie alles nie.

My berekeninge het gedui dat ek die 135 greine teen 3050 ft/s moet skiet om ballisties beter af te wees as die 155 greine en ek kon ongelukkig nie die spoed veilig bereik met my 26" loop nie.

Maar solank jy tevrede is,is ons almal tevrede.

Vriendelike Groete,

Corné

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Fri Apr 11, 2014 11:45 am
by Francoisv
Dankie Cornè

Hierdie ontwikkeling is lank nie oor.

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Tue Jul 08, 2014 3:04 pm
by Gerhardu
Ek sit met dieselfe probleem.
Ek gebruik die Sierra 155gr MK Palma punte en soek n node spoed van so 2900fps.
My TPL wat ek wil maak is 70mm.Ekt die naweek soos volg gelaai 45gr S335 met n TPL van 72mm en spoed van 2806fps met geen druk tekens nie.
Volgens QL moet ek begin laai op 45,5gr-46,3gr met n TPL van 70mm om my node spoed van 2900fps te haal.En sonder max druk.Dit is op nuwe Win doppe.As hulle gefire form is en ekt klaar geneck size is die water volume 2.4gr meer.

Groete Gerhardu

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Wed Jul 09, 2014 6:03 am
by Francoisv
Gerhard

Wat is jou loop lengte? Ook 26?

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Wed Jul 09, 2014 7:46 am
by Gerhardu
Ja en dis ook n CZ Varminter.

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Wed Jul 09, 2014 9:33 am
by Smous v.d. Vyver
Wat is die Lot nommer van di S335 kruit?

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Wed Jul 09, 2014 9:37 am
by Gerhardu
Lot 705

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Wed Jul 09, 2014 9:44 am
by Smous v.d. Vyver
Wat is die H2O dop volume?

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Wed Jul 09, 2014 10:23 am
by Gerhardu
Nuwe Doppe is 55,5gr water
Fire Formed doppe wat net geneck size is 57,1gr water

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Wed Jul 09, 2014 11:10 am
by Smous v.d. Vyver
Ek het gou geloer daarna en ek skiet toevallig ook S335.In my opinie sal daar geen manier wees wat jy 2900ft/s bereik met 26" loop sonder druktekens nie.My voorstel sal wees om weer te gaan chrony deur iemand ander s'n.Ek skat as jy regtig wil sal jy hom kan skiet teen so 2850 ft/s maar dit gaan touch en go wees wat druk aanbetref.

Arnold hier op die forum het ook so geweer gehad so ek glo hy sal ook min of meer kan noem wat bereikbaar is met die CZ.

Laastens hardloop jy uit dopvolume wat dus ook duidelik is dat jy nie die 2900ft/s node kan haal nie.

Hoop dit help.

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Wed Jul 09, 2014 11:19 am
by Gerhardu
Dankie Corne.

Ek sal nogal heel tevrede wees as ek 2850 fps kan haal. Anders moet ek maar die loop af skroef en n .260 Rem loop op skroef.lol!

Groete Gerhardu

Re: 308 Win QL NAVRAAG

Posted: Wed Jul 09, 2014 11:21 am
by Arnold
Soos Corne sê is 'n 26" loop bietjie kort om veilig 2900 fps te kry. Jou node gaan hier tussen 2800 tot 2850 fps lê.
Om dit te verhoog kan jy kyk om S321 te gebruik, maar werk ook die lading stadig op. Hiermee kan jy moontlik naby aan 2900 fps kom.

Hoekom wil jy jou TPL so kort maak, hoe langer jou TPL hoe hoër gaan jou nodespoed wees (as jy nou nie binne in die lands in laai nie)