Geweer onderstebo skiet
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
willebees, ek stem glad nie saam met jou punte nie. Sodra jy n bubble level op jou geweer sit sal jy agterkom hoe maklik jy die geweer kantel en dat jy nie op die terrein kan vertrou om jou level te hou nie.
Hercules, my en jou jbm verskil want ek kry die uitwyking op die 22-250. Ek stem ook nie saam oor die invloed van die scope hoogte op die poi verskil as jy op jou zero afstand skiet nie. Die eerste kruispunt het geen invloed hier nie. Soos ek sê dit is hoe ek dit sien en jbm bevestig dit so?

- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1481
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
willebees, 'n mens kantel baie maklik 'n geweer en veel meer as 3 grade. Soos arnold se, eers wanneer jy na 'n bubble level kyk kom jy agter hoe maklik dit gebeur en hoe verbasend baie dit kan wees.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Uit julle vorige data aanvaar die 70mm val op 100m vir die spesifieke kaliber = 0,12 sek wat die koeël vat om die 100m af te lê. Teleskoop is 40mm bo senterlyn van loop. Die teleskoop is waterpas en die geweer roteer daarom.
Uit bogenoemde moet die loop se senterlyn gerig wees op 'n punt 70mm bo die kol op 100m om die kol in die middel te tref. Dit dui op 'n hoek van 0.03'.47" tussen die 2 senterlyne. Word die prentjie gespieël beeld sodat die loop nou bo is beteken dit dat die trefpunt nou 70mm onder die kol is en dat swaartekrag nou 'n verdere 70mm effek gaan hê.
Afleiding is dus dat die skoot 70 + 70mm onder die kol gaan tref = 140mm laag.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Tripod, wat het die hoogte van die scope met die 70mm of 140mm te doen?
-
WILLEBEES
- Sr. Member

- Posts: 370
- Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Dagse weer manne,
Ek beweer nie dat enige stellings hier verkeerd is nie. Ek kan slegs uit eie ondervinding praat.
Ek probeer om met elke liewe skoot 100% daarop ingestel te wees om die vertikale lyn van die kruishaar so vertikaal as moontlik te he as ek die skoot skiet.
Natuurlik sal ek nie weet of dit dan 100% reg is nie, maar om uiters bedag daarop te wees het nog altyd vir my gewerk. Miskien is ek dalk net gelukkig hiermee!
Dit is verseker so dat as jy die geweer kantel mens 'n afwyking gaan sien. Dit kan mens ook nie weg redeneer nie.
Ek het ook al lang skote geskiet (tot omtrent 350m). Van die bakkie af, deur die mik van 'n boom, van 'n rots af en selfs een keer van die knie af.
Dalk is ek verseker maar net gelukkig dat al hierdie skote op die regte plekke getref het.
Ek het nog nooit eers daaraan gedink om 'n bubble level as hulpmiddel te pas nie.
My slotsom is dat wanneer enige skut daarop ingestel is, dan is die "margin for error" heelwat kleiner.

Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Manne.
Hier is 2 verskillende ballistiese rekenaars se bevindinge:
Normale teleskoop bo-op die geweer:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Normal%20Sight.JPG
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Screenshot_2013-12-12-07-51-13.png
Geweer onderstebo.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Scope%20under.JPG
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Screenshot_2013-12-12-07-53-24.png

Goed, beter, 6millimeter!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Geno, daai program (of jy
) doen nie die verstelling reg nie. Jy laat die geweer om sy loop roteer terwyl hy om sy teleskoop moet roteer.
Let dat daar geen verskil op 200m is waar die geweer gezero word nie. Lees ook mooi wat ek verduidelik oor dat dit slegs gaan geld op jou zero afstand. Vir afstande nader en verder maak die scope se hoogte bo die loop wel 'n verskil op jou POI
Let dat daar geen verskil op 200m is waar die geweer gezero word nie. Lees ook mooi wat ek verduidelik oor dat dit slegs gaan geld op jou zero afstand. Vir afstande nader en verder maak die scope se hoogte bo die loop wel 'n verskil op jou POI
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Arnold.
As die loop om die scope roteer, en of die scope om die loop roteer, wat is die verskil?
Die mikpunt bly tog dieselfde?
As die loop om die scope roteer, en of die scope om die loop roteer, wat is die verskil?
Die mikpunt bly tog dieselfde?
Goed, beter, 6millimeter!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Geno, op jou zero afstand gaan die mikpunt dieselfde bly.Geno wrote:Arnold.
As die loop om die scope roteer, en of die scope om die loop roteer, wat is die verskil?
Die mikpunt bly tog dieselfde?
Hoe 'n rekenaar program dit intrepeteer kan gesien word uit jou plasings hierbo. Die geweer in altwee gevalle is gezero op 200m of hy onderstebo of regop is. Jy gaan tog nie weer die geweer zero as jy onderstebo skiet nie?
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Arnold,
Ek hoor jou en verstaan.
Quicktarget het 'n canting field ook. As ek dit op 180 grade sit (onderstebo) kom die tabel as volg uit:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Table%20180%20deg%20Cant.JPG
Lyk dit beter? Of wat se velde moet nog aangepas word?
Hier kan ook gesien word dat jy slegs eenkeer die L.O.S gaan kruis met 'n onderstebo roer, en nie tweekeer soos met 'n regop roer nie.
Regop:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Graph%20Positive.JPG
Negatiewe scope hoogte:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Graph%20negative.JPG

Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Arnold, in die proses om jou te antwoord het ek weer mooi na my eie redenasies gaan kyk, en spesifiek na die 22-250 voorbeeld.
Om op te som:
1. Die hoogte van die teleskoop het geen effek in hierdie redenasies nie. Ek gebruik die hoogte tesame met die eerste kruispunt tussen die trajek en siglyn bloot om die hoogte van die mikpunt bo die teiken te bepaal op die zero afstand. Hoe hoër die teleskoop, hoe verder die eerste kruispunt en in die formule kansselleer die twee mekaar dus uit, op die zero afstand is die mikpunt bo die teiken dus dieselfde ongeag teleskoop hoogte. Jy kan ook net sowel gravitasie en time of flight gebruik vir dieselfde resultaat.
Ek het tevore reeds op die onderwerp "Die effek van geweer tilt op langafstande" http://jaracal.com/viewtopic.php?f=140&t=21760&start=25 die volgende gesê:
Die artikel is interessant, maar die skrywers maak 'n fout om te beweer dat die effek van kantel groter word soos die teleskoop hoër bo die loop gemonteer word.
Die hoogte van die teleskoop montering het geen effek nie, ek het dit met my berekeninge getoets vir 'n hoogte van 2cm tot 10cm. Ek het die berekende antwoorde met JBM ballistics bevestig.
2. Die effek van onderstebo skiet is dubbel die effek van gravitasie alleen as gevolg van die hoeke tussen die siglyn en looplyn. Jou standaard geweer met 70mm gravitasie effek sal dus 140mm val indien onderstebo geskiet en nie net 70mm soos aanvanklik beweer nie.
3. Ek het 'n fout met my redenasie oor die 22.250 gemaak wat op 100m sy eerste zero en kruispunt het. Dit is nie eintlik 'n kruispunt nie, net 'n raakpunt. Die swaartekrag effek is al klaar 4cm op die lang afstand en hoewel dit die eerste kruispunt is, is die eintlike mikpunt reeds 4cm bo die teiken. Die val sal dus 80mm wees as die geweer onderstebo geskiet word en 40mm laag en regs as dit dwars gehou word. Sou die 22-250 op 300m zero, dan is die eerste kruispunt op 26m en die effek van gravitasie slegs 3mm op 26m wat beteken dat jy maar die geweer op die afstand (26m) onderstebo kan hou, jy sal nie meer as 6mm weg van die kol wees nie.
Dis in elk geval beter om hieroor op Jaracal te redeneer as om te redeneer oor of Madiba 'n kommunis was of nie.

Willebees, jy is heeltemal reg. Hierdie is egter 'n lekker oefening om jou breinselle weer te laat werk en mooi oor trajekte, kantel ens. te dink. Ek het Arnold aan die dink gesit en hy vir my, ons het beide foute gemaak aanvanklik maar ek dink die saak is nou opgelos.wiLLebees wrote:Manne, manne, manne - niemand gaan OOIT sy geweer onderstebo of 90 grade gekantel na enige kant skiet nie....!
Dis in elk geval beter om hieroor op Jaracal te redeneer as om te redeneer oor of Madiba 'n kommunis was of nie.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Al die grafieke en goete is heeltemal te baie slim vir my. Ou pleb wat ek is, sal ek maar more op die skietbaan gaan speel en sien hoe naby of ver die werklikheid van die wiskundige berekenings is.
Mooi loop
Mooi loop
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Ek kyk uit vir die "field testing" resultate!Koos Barnard wrote:Al die grafieke en goete is heeltemal te baie slim vir my. Ou pleb wat ek is, sal ek maar more op die skietbaan gaan speel en sien hoe naby of ver die werklikheid van die wiskundige berekenings is.
Mooi loop
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Hercules, dit lyk of ons 100% saamstem
Hierdie is op bladsy een en word voortgesit in my opvolgende verduidelikingsHercules Louw wrote: 2. Die effek van onderstebo skiet is dubbel die effek van gravitasie alleen as gevolg van die hoeke tussen die siglyn en looplyn. Jou standaard geweer met 70mm gravitasie effek sal dus 140mm val indien onderstebo geskiet en nie net 70mm soos aanvanklik beweer nie.
Arnold wrote: Onderstebo gaan jy twee maal die grawitasie gedeelte laag skiet.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Oom Koos het gevra dat ek die Foto's laai Hy sal self kom kommentaar lewer.
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/Onderstebo002_zps9f489aa9.jpg
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/Onderstebo001_zpsd702d05c.jpg
http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/OndersteboII002_zps8b277f9b.jpg

Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Dagse
Net 'n vinnige terugvoer oor waar die geweer groepeer as jy dit onderstebo hou. Ek het foto's geneem en vir Frederick Loretz gevra om dit vir my hier te plaas. Hy sal dit een of ander tyd doen.
Ek het my .22 Hornet gebruik, gelaai met 35gr V-Max-koeels. Omdat die koeels stadiger trek as die .223 s'n sou die trajek krommer wees en dus die verskille beter uitwys. Die ideaal sou wees om die geweer op verskillende afstande te toets, byvoorbeeld 20/25m (eerste kruispunt van siglyn en koeel) en dan op 100m en ook op 200m ens. Ek het egter te min patrone gehad (my seuns het die Hornet beet gehad) en die Remington fabrieksammo wat ek saam geneem het skiet vreeslik bont. Dit sou ook ideaal gewees het om die loop op presies dieselfde hoogte te hou en net die geweer te roteer, maar om so 'n jig te bou is baie moeilik.
Ek het dus bloot die geweer oor my skietsak geskiet en in die verskillende posisies gehou. Vir diegeene wat dalk nog getwyfel het: as jy die geweer na links kantel, sit jou skote links op die teiken en as jy na regs kantel, sit jou skote regs. Wat egter vir my baie interessant was, is dat my skote laer getref het toe ek die geweer na links draai as wat die geval was toe ek dit na regs draai. Dit sal julle sien op die foto. Die geweer het ongeveer 10mm laag en 15mm regs geskiet op 100m. As gevolg van my min ammo het ek nie die zero na die middelpunt van die bull's eye gestel nie.
Met die geweer 45 grade na links gedraai het dit 1.5 duim (ongeveer 38mm) laag geskiet en omtrent 2.5 duim (63mm links). Na regs gedraai was die skote skaars 13mm laag maar oor die 100mm regs.
Toe ek die geweer 90 grade links draai het die skote ongeveer 110mm links getref en ongeveer 132mm laag. Maar, na regs 90 grade gekantel was die skote slegs 70mm laag en 136mm regs. Hoekom dit so getref het weet ek nie. Ek het toe die links kantel met 45 grade weer herhaal op 'n ander teiken en die twee skote het basies op presies dieselfde plek getref as my eerste twee skote - dus laer as toe die geweer regs gekantel is maar nie so ver na die kant toe nie.
Toe ek die geweer onderstebo gehou het, het die skote baie laag geval, net van die vel papier af en 26.5cm laag van my mikpunt. Wat ingterssant was, is dat die skote 50mm regs getref het en nie presies op die 6-uur posisie nie. In die foto sal julle sien dat die meeste van die skote in elke geval naby mekaar le. Toe die geweer onderstebo geskiet is was die maklikste posisie die een op die foto en dan absorbeer jy die recoil met jou kop. Met die Hornet is dit geen probleem nie, maar ek sal nie aanbeveel dat julle so iets met 'n .30-06 doen nie.
By my op die baan was Deon de Villiers een van ons top Jaggeweerskuts en 'n man wat ook SA Jagters se presidentskiet al 2 keer gewen het. (Hy was besig om geweerlope in te breek). Hy het die skietery aanskou en kan as getuie optree en hy het ook die foto van my by die skietbank geneem.
As ek tyd het sal ek die toets dalk later herhaal maar met die Hornet het die toetse op 100m al klaar gewys wat jy te wagte kan wees. Luister maar vir die langafstandmanne as hulle jou vetel die skote tref links en regs as jy jou geweer kantel. Met minimale kanteling is die effek dalk nie so sigbaar op korter afstande nie (se maar tot 250 of 300m) maar as jy jou geweer net effens kantel sal dit op langer afstande 'n groot invloed he. As jy wil ver skiet, kry maar vir jou 'n bubble level en sit dit aan die geweer.
Ek het nou nie weer die manne se wiskundige berekeninge gaan lees om te sien hoeveel die koeels veronderstel was om uit te wyk nie maar hou asseblief in gedagte dat ek die geweer nie in klampe vasgeskroewe het nie. My 45 grade was dalk nie heeltemal 45 grade nie (of 90 nie). Wat die toetse wel onteenseglik bewys is dat jy nie jou geweer moet kantel nie en dat skote links sit as jy links kantel en regs as jy regs kantel.

Dankie vir die laai van die foto's
Dankie vir die laai van die foto's
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Dankie Oom Koos, ek het die foto's gelaai net bo Oom se post.
Was die teiken A3 grootte?
Dus beteken dit dat sou die teiken A4 grootte was sou die teiken heeltemal mis geskiet gewees het.
Was die teiken A3 grootte?
Dus beteken dit dat sou die teiken A4 grootte was sou die teiken heeltemal mis geskiet gewees het.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Freek ja die teiken was A3-grootte
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Wat is die trompspoed van die 35gr koeëls?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Ongeveer 2700vps as ek reg onthou, het dit lanklaas gechronograaf
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Dit is bitter interessant. Baie dankie Koos.
Die nou nie dat mens jou geweer onderstebo gaan hou as jy skiet nie, maar die kantel van 'n geweer na links of regs het 'n merkwaardige invloed op langer skote, en dis beslis dan raadsaam om 'n bubble level op te he.
Groet

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Baie interessant! Dankie vir die toetse en foto's oom Koos, asook die berekeninge en grafieke van die manne met die ingeboude rekenaars wat dit bevestig.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Geweer onderstebo skiet
Arnold kan jy die 22 se data in jbm bevestig? Ek is nie baie slim met die rekenaars nie
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Geweer onderstebo skiet
Dankie vir die moeite Koos.
Sien is glo en die manne hier op Jaracal sluk maar swaar aan enige iets "volks-vreemd"
Groete,
Gawie.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!