Page 3 of 4
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Fri Jan 29, 2016 10:06 pm
by rockrabbit
Somchem kruit
Op 3200fps al druk tekens gekry met S385 en 150gr Sierra Match
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Fri Jan 29, 2016 10:20 pm
by tripodmvr
Daardie klink na 'n wilde spoed as ek na die maksimums kyk wat oorsee verkry word. Het jy enige termochemiese inligting sodat jy kan kyk vir oordruk?
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Fri Jan 29, 2016 10:28 pm
by JPS
Nee dit klink baie belowend.
Die toets kruit is daar enige indikasie van waneer dit dalk beskikbaar gaan wees?
Ek glo my 338LM met 30" loop sal sommer baie lekker met dit en 300gn koeëls perform. Op die stadium kry ek 2924 ave spd met die 250gn koeëls maar almal wat 338LM skiet in S A en 300gn koeëls kry vinnig druk met min spoed.
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Fri Jan 29, 2016 11:37 pm
by Johnnie De Wet
http://www.somchemreload.com/faqs
Hierdie urban legend het nou so ver versprei tot Somchem dink s405 is oppad...

Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Fri Jan 29, 2016 11:43 pm
by tripodmvr
As jy daardie spoed kry dan is jy heelwaarskynlik oor maks druk as dit met S385 is.
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Sat Jan 30, 2016 6:48 am
by rockrabbit
Dit is balkruit, het geen specs, net begin en max lading.
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Sat Jan 30, 2016 7:00 am
by tripodmvr
Soiets klink na 'n donker paadjie om te loop. Ek sou verwag dat genoeg inligting bekend is sodat toetse tesame met 'n behoorlike ballistiese program gedoen kan word. Ql sal darem antwoorde kan gee wat jou op moontlike gevaarlike ladings kan wys.
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Sat Jan 30, 2016 10:15 am
by Wouter Roets
More Rockrabit
Is dit balkruit of stafie kruit? Somchem se dit is stafiekruit op die FAQ van hulle en jy se jy het balkruit gekry om te toets. Kan jy asb meer inligting verskaf oor wie hierdie kruit vir jou gegee het om te toets? Wat se metodes gebruik jy vir druktekens op die toets? Ons is maar opgewonde oor die nuwe poeier so verskoon ons vra. Meskien kan ons so bietjie help rondom die toets van die produk en die tegniese aspekte daarom. n Maksimum en minimum lading is verseker nie die veiligste herlaai praktyk om op te werk nie.
Groetnis
Wouter
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Sat Jan 30, 2016 1:00 pm
by Capt. Yoda
Met die goed gaan ek n 215gr Hybrid laat sing uit n 30 uit!!! Nou moet die goed net op die rakke kom
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Mon Feb 01, 2016 8:52 am
by Armand Steenkamp
Dourie tyd toe dit nog Musgrave kruit was, was daar n bal kruit, MR 405... wat gekik was vir 7mmRM en daai nommers. Noggal toevallig dat die nuwe kruit ook 405 is.....
Groetnis
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Mon Feb 01, 2016 9:28 am
by Johnnie De Wet
Tans as die kruit nommer op n 5 eindig is dit stafie kruit, 1 is balkruit en 0 is vlokkie.
Ek kan nie onthou hoe die kruit se nommers eers gewerk het in die outyd nie.
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Mon Feb 01, 2016 9:45 am
by swc-tr
Armand Steenkamp wrote:Dourie tyd toe dit nog Musgrave kruit was, was daar n bal kruit, MR 405... wat gekik was vir 7mmRM en daai nommers. Noggal toevallig dat die nuwe kruit ook 405 is.....
Groetnis
Daai ou MR405 is deesdae S361.
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Tue Feb 02, 2016 8:54 am
by Capt. Yoda
rockrabbit wrote:Hello, het kruit gekry om the toets. 7mm STW 27" loop 168gr Nosler CC, RP doppe : 80gr 3198fps en 84gr 3401fps
:
.
Wouter kan jy dalk raai soos wate oorseese kruit die goed sal brand as jy so na die nommers kyk?
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Tue Feb 02, 2016 9:16 am
by Wouter Roets
Cappie
Rockrabbit het my per PM laat weet dat die poeier wat hy ontvang het net n vinniger batch B12.7 is. Ek het geantwoord met nog n paar vra, maar nog nie terugvoer gekry nie. So as ek n gevolgtrekking moet maak is dit nie die nuwe poeier onder bespreking nie, maar eenvoudig net n batch van B12.7 wat heelwat vinniger brand as die norm.
Dit is baie moeilik om hond haar af te maak met daai informasie aangesien daar nie n poeier file vir B12.7 is nie. As ons wel na oorsese poeiers kyk waarop die nuwe poeier onder bespreking gebasseer kan word sal ek se iets soos RL25, Hodgen H1000/Retumbo en Norma MRP2. Iets in daai lyn sal mooi werk vir die nuwe poeier. Persoonlik sal ek ook n stafie poeier verkies en dit lyk darem of Somchem in daai rigting loop.
Groetnis
Wout
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Tue Feb 02, 2016 9:42 am
by Capt. Yoda
Ok dankie Wout, jammer dit is nou nog nie die nuwe magiese wonder kruit vir die groot doppe nie
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Thu Jun 02, 2016 1:08 pm
by swc-tr
Enige iemand met verdere nuus oor die ontwikkeling van S395 of waatookal?
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Thu Jun 02, 2016 1:15 pm
by tripodmvr
Sampioen wereld - keep them in the dark and in the sh???????.
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Thu Jun 02, 2016 1:19 pm
by swc-tr
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Thu Jun 02, 2016 1:43 pm
by LoopSoosStroop
Sal so 'n kruit goed verkoop? Is daar 'n groot genoeg mark? As mens die lot nommers van S385 met S365 vergelyk blyk dit dat hulle baie meer van laasgenoemde produseer (as ek so 'n afleiding kan maak).
Ek sien ook baie minder besprekings met manne wat S385 gebruik as oor die ander kruite. Dink ons mark is beter aangepas vir "underbore" as "overbore" kalibers. Dalk oor die pyn om lope te vervang ens. Amerikaners is nie bang vir 'n 6.5-284 of 7 mm STW nie, want hulle koop tjop tjop nog 'n loop.
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Thu Jun 02, 2016 2:14 pm
by Boersonderroer
Ek het saterdag die ou by somchem stalletjie gevra daaroor toe se hy teen einde van die jaar sal ons S406 sien, ek het gese dis Wat ek laas jaar ook gehoor het, toe smile en wave hy net
From a Experia far away
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Thu Jun 02, 2016 4:19 pm
by Armand Steenkamp
Ek verstaan nie hoekom hulle nie net weer MR5 uit bring nie... Dit was n stafie kryt stadiger as S385 maar vinniger as B12.7
Groetnis
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Tue Jun 07, 2016 2:41 pm
by Johnnie De Wet
Vandag se update:
Johnie
We work on the end of the year
We will as even now update the reloaders on the process of the development on the “somchemreload.com” website
Kind regards,
Manie J Johannes
Business Systems
Somerset West Site
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Mon Sep 26, 2016 9:11 am
by Smitstertjies
More manne
Ek het vanoggend die epos vanaf Somchem gekry na ek hulle gemail het laas week:
Good morning
The S405 propellant will only be available in 2017 - I unfortunately have not got a specific timeslot for that.
We will also advertise it on our website when it will be available.
Kind regards.
Elmarie Zikmann
Marketer : Reloading and Chemical Products
New Business Development & Sales
Tel: +27 21 850 2541
Fax: +27 21 850 2992
Mobile: +27 829414917
http://www.somchemreload.com
http://www.rheinmetall.com
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Mon Aug 28, 2017 7:05 am
by Pinkes
Het enigiemand al weer iets gehoor van die somchem kruit??
Re: Stadiger kruit as 385 vir groter kalibers
Posted: Mon Aug 28, 2017 7:17 am
by tripodmvr
Daardie produk bly maar 'n hersenskim. Loer maar kort-kort op hul webtuiste of daar enige nuus is.