E-mail die foto's vir Kalahari. Dan kan hy dit opsit soos hy met die ander gedoen het.Stefan Fourie wrote:Kalahari, jy praat van gewig. As 'n vlakvark 'n "maklike" lewe het, dus nie ver te loop vir kos nie word hulle baie swaar. By ons en daar by julle ook word hulle maklik 80+kg. Ek al van nog swaarder gehoor, maar dan bly hulle basies langs 'n mielie land. As ek net die kuns verstaan om fotos kleiner te kry sal ek fotos laai van 'n 85kg beer. Ek praat onder korreksie, maar dis seker die 2de swaarste wat ons geskiet het, die ander een was swaarder, maar nie verby 90kg nie.
Werner hou die tande rekord. Maar ek moet bysê ek het 'n groot aandeel in daardie rekord, met my bakkie vol kinders en mense gejaag toe die skietery nie na wense verloop nie, hom in 'n volgende vlei ingejaag waar Werner hom toe uitgesort het. Dit was 'n lekker geveg! My bakkie het maar woes gelyk en die kinders was bleek geskrik, maar ottie was op die bak...
Sukses (waarde van trailcam)
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Ok, sal daai een probeer
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Stefan, jy kan maar die foto's vir my epos. Ek pm vir jou my epos adres.Stefan Fourie wrote:Ok, sal daai een probeer
Ek sal vir jou probeer opsit.
Die varke hier by my raak nie so swaar nie, nou moet ek ook bysê ek het nog nie baie geweeg nie, maar net so met die oplaai as ek voel die vark is swaar sal ek hom weeg. Sovêr is die een van 65kg met pens in die swaarste by my.
Stuur groete vir Werner, ek is nou ook "pf" vir die laaste 10.5jaar, maar eintlik werk ek ook maar by Fnb en Agribank gelyk
Groete
Johan
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Ek probeer foto opsit
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
AntonF
- Jr. Member

- Posts: 97
- Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Wel gedaan kalahari dis baie mooi varke daai geniet dit terwyl jy kan matter
Naas1 oom moet skree as ek moet kom help ry gou gou deur ek dink nie om 270km te ry om een van n mens se drome te laat waar word is te ver nie
of hoe se ek 
Naas1 oom moet skree as ek moet kom help ry gou gou deur ek dink nie om 270km te ry om een van n mens se drome te laat waar word is te ver nie
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Great Stefan, nou moet jy laat loop met die ander foto's. Dit is 'n lekker varkie wat daar aan die hak hang.
Bly jy kon regkom met die foto.
Dankie Anton, ek geniet regtig die varke, dit is baie kort duskant 'n verslawing.
Bly jy kon regkom met die foto.
Dankie Anton, ek geniet regtig die varke, dit is baie kort duskant 'n verslawing.
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Hier is nog 'n paar fotos, het die dag 7 geskiet. Ry deur al die ruigtes en laagtes en jaag hulle so uit. Dis vet pret maar glad nie 'n oplossing as hulle getaal op groot skaal beheer moet word nie. Gyro het tot nou toe die beste gewerk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Hier is nog 'n foto. Ons gebruik die varke se vleis vir rantsoen.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Mooi Stefan, ek sou graag daardie laaste ene aan die hak se tande wou sien, lyk van die kant af sommer baie mooi.
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Johan, ek het 'n foto van 'n ander hoek prober laai, maar hy wys nie hier op nie. Ek weet nie of mens beperk word deur net sekere hoeveelheid fotos te laai nie. Gaan weer prober laai.
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Ons kyk of hy nou werk, foto was te groot.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Hierdie is die duidelikste foto wat die tande wys. Ek was te besig om my gesondheid na daardie jagtog te geniet om aan nog fotos te dink!
Agter op daardie bakkie (rally kar) was 7 varke en drie mense en die bestuurder is 'n rally drywer...
Agter op daardie bakkie (rally kar) was 7 varke en drie mense en die bestuurder is 'n rally drywer...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Wat lê agter die groot vark se rug ook op die bakkie?
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
'n Groukat. Hy het in 'n soetdoring laagte opgespring.
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Stafan nou wat is 'n Groukat? jammer ken nie die naam nie Groukat
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Kom baie in die suide en sentrale gedeeltes van Nam voor. Is bietjie kleiner as 'n rooikat. Hy is daardie valerige kleur en sy bene het dowwe swart kolle of kringe. Hy vrek oor veral 'n boklam, maar sal skaap lam ook vang. As hy eers kleinvee begin eet word hy baie groot, het al van man gehoor wat 'n 6kg kat geskiet het.
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Dankie Stefan,
sien hulle noem dit ook African Wildcat/Vaalboskat/Grou-Kat
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/Grou_Kat_op_pad_na__zps037d3e08.jpg
sien hulle noem dit ook African Wildcat/Vaalboskat/Grou-Kat
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/Grou_Kat_op_pad_na__zps037d3e08.jpg
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Dankie Frikkie, dis 'n baie mooi foto.
Ons het op 'n tyd 'n mak wyfie kat op die plaas gehad, sy het 2 keer kleintjies van 'n groukat gekry. Daai goed was vuurklits! Mens mos maar aardig om hulle klein tyd van kant te maak, maar toe hulle groot word moes ek hulle jag, het als wat hoender is gevang en die werkers se vleis wat buit aan die dak hang ook gevreet. Daai jagtery was nogal pret.
Ons het op 'n tyd 'n mak wyfie kat op die plaas gehad, sy het 2 keer kleintjies van 'n groukat gekry. Daai goed was vuurklits! Mens mos maar aardig om hulle klein tyd van kant te maak, maar toe hulle groot word moes ek hulle jag, het als wat hoender is gevang en die werkers se vleis wat buit aan die dak hang ook gevreet. Daai jagtery was nogal pret.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Stefan, jy kan groukatte teel en laat jag!Stefan Fourie wrote:Dankie Frikkie, dis 'n baie mooi foto.
Ons het op 'n tyd 'n mak wyfie kat op die plaas gehad, sy het 2 keer kleintjies van 'n groukat gekry. Daai goed was vuurklits! Mens mos maar aardig om hulle klein tyd van kant te maak, maar toe hulle groot word moes ek hulle jag, het als wat hoender is gevang en die werkers se vleis wat buit aan die dak hang ook gevreet. Daai jagtery was nogal pret.
Wonder hoeveel kan mens vir 'n groukat vra?
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Dankie Stefan.
Ek het self al een geskiet wat 7kg geweeg het, moddervet van dorpervleis. Die groot katte kry later so geel pens/ onderkant en hulle vang sommer sterk dorperlammers lag-lag.Stefan Fourie wrote:het al van man gehoor wat 'n 6kg kat geskiet het.
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
As hulle skaapvleis eet word hulle so groot. 'n Boer in Aroab se rigting sê daardie klas groot vet katte wat skaap lam vang hoef jy nie baie verder as 2 duine van die water af te soek nie. Daardie vet kat wat hy geskiet het wou die werkers ook eet nie oor hy te vet was. Vir die on-ingeligde, groukat vlais is 'n delicates vir meeste plaas werkers.
Kalahari, sal interessant wees om te weet hoe ver was joune van die naaste drinkplek af?
Kalahari, sal interessant wees om te weet hoe ver was joune van die naaste drinkplek af?
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Pieter, ek sal my bure baie onrustig maak as ek daardie sort telery begin...
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Johan, het jy nie weer 'n paar varke afgestof nie?
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Hallo Stefan, soory ek vat so lank, die week was daar nou 2 dae wat ons omtrent 19 ure elke dag (woensdag en vrydag) sonder krag was.
Ek gaan so oor 'n uur weer gaan soek, hulle kom nog by die water, maar ek mis hulle die laaste 2weke aanmekaar, maar een of ander tyd sal ons mekaar raakloop
Die groukat wat jy oor gevra het: ek kan nie onthou hoe ver dit van die naaste water was nie, dit was te lank gelede. Ons waters is egter goed versprei, so dit sal nooit te vêr van water wees nie. Donderdag 'n wyfiekat geskiet agter die eerste duin van die water af, seker 200m.
Darem gisteraand so 4mm by die huis gehad en die weer lyk baie mooi, hoop die reen kom gou.
Ek gaan so oor 'n uur weer gaan soek, hulle kom nog by die water, maar ek mis hulle die laaste 2weke aanmekaar, maar een of ander tyd sal ons mekaar raakloop
Die groukat wat jy oor gevra het: ek kan nie onthou hoe ver dit van die naaste water was nie, dit was te lank gelede. Ons waters is egter goed versprei, so dit sal nooit te vêr van water wees nie. Donderdag 'n wyfiekat geskiet agter die eerste duin van die water af, seker 200m.
Darem gisteraand so 4mm by die huis gehad en die weer lyk baie mooi, hoop die reen kom gou.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Hier is so paar varkies wat weer kom kuier het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.