Page 3 of 4
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Fri Sep 20, 2013 7:52 am
by alecjohnson
Baie dankie ek het sopas 5 minute terug my geld ontvang.
Weereens baie dankie almal!
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Fri Sep 20, 2013 8:07 am
by theedge
Dit wonderlike nuus maat - Stem dit is great om deel te wees van n groep wat mekaar so bystaan
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Fri Sep 20, 2013 8:49 pm
by stephensonsknives
baie bly dinge kon mooi uitgraai ,,,maar n vraag in my kop ,,hoe laat n boer toe dat manne in n kamp jag waar r150k se springbokke loop
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sat Sep 21, 2013 9:54 am
by ROBBIE1
Bly vir jou Alec. Stephen daai is my vraag ook, en dan was die jagter seker ook sonder iemand wat die bokke kon aanwys wat te jag is. Gewoonlik identifiseer n gids of die boer vir jou, veral as daar eksotise wild betrokke is.
Ons ken natuurlik nou nie die hele storie nie, maar as dit ek was, en die gids of boer het nie die bok uitgewys nie, sal ek nie betaal nie. My 1c.
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sat Sep 21, 2013 10:39 am
by alecjohnson
Ja maar dis 'n hele ander storie daai! Ek verstaan ook nie die logika daarvan nie. Ek verstaan ook nie dat so 'n duur bok nie verseker is nie. maar oor die maande het die prys gestyg van 120K na 150k en noudie dag in epos genoem was dit 180k se skade??? toe ek op internet kyk het ek geadverteer gesien 'n silwer springbok ram en ooi vir 25k???? ek het ook 'n foto van die gevalle bok, dis werklikwaar nie 'n trofee nie! afhoring en kort ook. sal later probeer foto plaas. Dan kan julle wat weet probeer dink wat die waaarde is.
Ek hou my egter uit daai een uit.
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sat Sep 21, 2013 11:24 am
by ROBBIE1
Jy moet daai advertensie vir jou pel aanstuur. Ek sal maar n goeie prok kry as ek hy was, nogal n taamlike verskil van R25k na R180k!!! Kan maar n prok n paar grand betaal vir daai besparing! Hoop nie hy het al skulderkenning geteken nie.
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sat Sep 21, 2013 11:38 am
by alecjohnson
nee hy het niks onderteken nie
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sat Sep 21, 2013 7:39 pm
by Jake1
Ek het die betrokke "Jas" laat verstaan dat indien hy vir Alec betaal ek sy naam in 'n mate weer sal in ere wil probeer stel. Alhoewel ek Alec se eis ferm aan hom gestel het het ons toe later ook sommer jag gesels en die ou klink op die oog af nie na 'n bad ou nie. Hy het sy geld betaal en kom ons vergewe hom nou maar en gee hom nog 'n kans. Die goue springbok is totaal irrelevant tot die aanvanklike geskil en het gebeur sonder enige kontrak tussen Jas en plaaseienaar en het totaal niks met Alec te doen nie, die probleem is dat mense soms geneig is om irrelevante goed met mekaar te verweef en dis volgens my wat hier gebeur het.
Die kwessie oor die goue Springbok hoort nie eers in die thread nie, maar mens kan seker maar vir interessantheid dit ook hier bespreek as julle wil.
Die topic se naam is "nou is ek raadop" Alec was raadop omdat hy nie sy deposito teruggekry het nie en ek kon sien die arme ou sit met sy hande in sy hare en ek het hom gehelp, hyt sy geld gekry- nou is hy nie meer raadop nie- goeie einde.
Groetnis
J1
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sat Sep 21, 2013 9:52 pm
by vossie1
Jake, baie dankie vir jou profesionele hantering van die saak,wel gedaan. Goed om n "top gun" op die forum te he

Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sun Sep 22, 2013 9:04 am
by alecjohnson
Mods, as julle kan maak die thread toe ek het mos nou reggekom. As my vriend wil raad vra oor sy storie sal ek 'n nuwe een maak vir hom.
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Mon Sep 23, 2013 10:01 am
by Stefan764
Laat weet tog waar die nuwe thread is? Sal graag die record prys Springbok wil sien....
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Mon Sep 23, 2013 10:07 am
by Hardyman
Hier is n link na silwer springbokke wat in Junie vanjaar vir R150k verkoop is.
http://hunting-africa.co.za/ads/silver- ... e-te-koop/
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Mon Sep 23, 2013 12:41 pm
by Stefan764
Betwyfel glad nie die wild se pryse nie, besit self n paar bokkies wat duurder as die gweone kleur is, sal net graag wil sien waste boer laat jag in sy Skaaer Wild Teelkamp en dit sonder toesig.
Maar net gedink die ou fototjie van die duur bokkie sal meer lig op die onderwerp plaas....
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Mon Sep 23, 2013 3:22 pm
by Jake1
Sou ook die foto wou sien.
J1
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Thu Nov 07, 2013 4:15 pm
by Jake1
Weet enige iemand waar ek bogenoemde jas aan die hande kan kry, kry nie sy profile nie.?
Jake1
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Thu Mar 13, 2014 11:03 pm
by Swys14
Ons het self in 2013 daar gejag...met gemengde gevoellens daar weg. Sal nie weer saam hulle jag nie.
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Fri Mar 14, 2014 12:32 pm
by Jake1
Ek is steeds besig met nog 'n saak vir 'n mede lid.
Jake1
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sat Mar 15, 2014 12:59 am
by Swys14
Die manne moet vasgevat word ek stem. Gee die hele bedryf 'n slegte naam.
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sat Mar 15, 2014 1:00 am
by Swys14
Jake1 wrote:Weet enige iemand waar ek bogenoemde jas aan die hande kan kry, kry nie sy profile nie.?
Jake1
hulle is blykbaar naby stilbaai
http://www.coastalhunt.co.za/
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sun May 18, 2014 6:03 pm
by Dyllie
Naand Naand
Laat weet my asb as jy iets reg kry. Ek sit met dieselfde probleem, ook n deposito betaal en die man weg met my geld, nooit terug betaal nie ,antwoord nie briewe van my prokeruer nie. Ek is sad om te sien julle het dieselfde as ek oor gekom.
As julle dalk weet van n lekker jag plek iewers in daai omgewing lat weet my asb.
D
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sun May 18, 2014 7:29 pm
by Jake1
Ek het navorsing gedoen oor persoon x, dis die piek van die ysberg, ek het my amptelik onttrek van hierdie saak.
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sat May 16, 2015 4:47 pm
by tobielouw
Manne, hierdie sogenaamde ''Jas'' is 'n opperste bedrieër en 'n skelm swendelaar! Sy regte naam is Johan Jacobs en hy hoort eintlik agter tralies. Hy het gedurende 2010/11 slagoffers in Malmesbury en Swartland letterlik met miljoene besteel en bedrieg! Weet iemand dalk waar hy woon, want daar is 'n lasbrief vir sy inhegtenisname, maar hy bly die owerhede ontduik.
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sat May 16, 2015 7:23 pm
by vossie1
Sulke gemors hoor nie eers agter tralies nie ek het n beter plek vir hom.
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sat May 16, 2015 8:15 pm
by Swys14
tobielouw wrote:Manne, hierdie sogenaamde ''Jas'' is 'n opperste bedrieër en 'n skelm swendelaar! Sy regte naam is Johan Jacobs en hy hoort eintlik agter tralies. Hy het gedurende 2010/11 slagoffers in Malmesbury en Swartland letterlik met miljoene besteel en bedrieg! Weet iemand dalk waar hy woon, want daar is 'n lasbrief vir sy inhegtenisname, maar hy bly die owerhede ontduik.
blykbaar in stilbaai van wat ek laas gehoor het by mense wat daar gaan jag het. Die man sien my nooit weer vir 'n jag nie dit kan ek jou verseker!
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sun May 29, 2016 7:46 am
by tobielouw
Ek het die afgelope week gehoor die berugte Mnr Jas Jacobs is in hegtenis geneem en is tans verhoor-afwagtend op verskeie aanlagte van bedrog. Ek hoop hy word goed vasgevat!