Page 3 of 4
Re: Kamoeflering
Posted: Thu Nov 11, 2010 5:11 pm
by GREYHOUND
222SWIFT
Jy moet dit by enige lightforce agent(skap) doen jy kan nie dit direk by Lynx Optics kry nie, en omdat dit op bestelling gebou word by lightforce moet jy eers n paar rand neersit voordat hulle dit maak.
GH
Re: Kamoeflering
Posted: Fri Jan 07, 2011 5:36 pm
by MANADINI
Hallo almal, Jammer ek was so n bietjie van die lug af, maar hier is my fotos van my bakkie
Groete
Manadinie
Re: Kamoeflering
Posted: Fri Jan 07, 2011 5:39 pm
by MANADINI
Re: Kamoeflering
Posted: Fri Jan 07, 2011 5:45 pm
by MANADINI
Re: Kamoeflering
Posted: Fri Jan 07, 2011 8:39 pm
by tafjak
Manadini
En amper dink ek die goete hang aan 'n bos!

mooiman.
Re: Kamoeflering
Posted: Mon Mar 07, 2011 12:57 pm
by Hunter xxx
Hier is my Kamoeflering
Hier is pa se man
Groete
Hunter
Re: Kamoeflering
Posted: Mon Mar 07, 2011 2:16 pm
by herley
Ek het toe ook D$D se manier gebruik en hensien saam gevoeg en walla nie die beste naaldwerker nie maar die jakkies het tot so 60 meter van die kar af ingekom.

Re: Kamoeflering
Posted: Thu Mar 10, 2011 9:01 am
by Hunter xxx
Bradley lyk lekker.
Het die kinders gehelp.
Groete
Hunter
Re: Kamoeflering
Posted: Thu Mar 10, 2011 1:07 pm
by herley
Hunter xxx
Lag my gat af. Nee man ekt dit aleen gedoen my meisie is amper 3 en ek kan my indink as sy moes gehelp het dan het dit erger gelyk, maar Oom hy help met die jak

Re: Kamoeflering
Posted: Thu Mar 17, 2011 5:05 pm
by Hunter xxx
Bradley geen fout nie

Re: Kamoeflering
Posted: Wed Jan 30, 2013 8:59 am
by Geno
More manne,
Na eindelose frustrasies met hessian nette, het ek ook vasgetrap en die Isuzu laat wrap.
Ek het by Ludwig angeklop vir toestemming om sy logo te gebruik. (Die een wat hy ontwerp het vir Mooihuill 2012).
Verder, het ek vir Eugene Heynike van Xtreme Signs in Hartbeespoort gekry om die werk te doen. Eugene doen gereeld werk vir Netstar op hulle helikopters, asook ander maatskappye, insluitend Lanseria lughawe.
http://www.xtremesigns.co.za
Koste was R7500.00
Lila like nogal die lorrie soos hy nou lyk!
Logo:
Sal later 'n beter foto neem as die tralies weer opgesit is.

Re: Kamoeflering
Posted: Wed Jan 30, 2013 9:03 am
by henried
Nice!
My Lada sal kwaai lyk met daai pakkie, en die prys is mooi.....

Re: Kamoeflering
Posted: Wed Jan 30, 2013 9:04 am
by Carl
Mooi Geno, sal groet as ek jou op die N4 sien!

Re: Kamoeflering
Posted: Wed Jan 30, 2013 9:05 am
by Geno
Carl wrote:
Mooi Geno, sal groet as ek jou op die N4 sien!
Carl,
Jy gaan my eers moet raak sien!

Re: Kamoeflering
Posted: Wed Jan 30, 2013 9:13 am
by PJS
Sjoe Geno dit is nou netjies gedoen. Ek moet sê ek sal ook nie met hessian regkom nie. Ek het vir my n kombers vir die bakkie van materiaal laat maak en dan trek ek hom oor soos n kous.
Jou plan is volgens my nog die netjieste en beste oplossing. Daai prys is net bietjie styf, maar nou ja. Geen goeie produk, wat werk, is goedkoop nie.
Mooiloop
PJ
Re: Kamoeflering
Posted: Wed Jan 30, 2013 9:29 am
by C.J.
Geno,
Die manne loer seker kwaai vir jou op die pad! Dit lyk baie nice!
Die lappe oorgooi en weer opvou maak 'n man nogal moeg in die na-nag, partykeer is dit ook maar raserig om die lorrie toe te gooi as jy gestop het, die feit dat jy dood stil is as jy gestop het kan defnetief in jou guns tel.
Groete,
C.J.
Re: Kamoeflering
Posted: Sun Feb 03, 2013 8:56 am
by Gert Odendaal
Geno, wat van die "rims" daai jakkalse is laag op die grond...maak jou rims "desert cammo" kleur met `n boomstam profiel dan sal die jakkalse daarteen hulle bene lig...jy kan dan sommer hom met die kolf doodslaan....

Ek hou van die oortreksel...sal dit regtig self wil laat doen...my bakkie se glinster kleur wys krappe baie vinnig...moes maar `n wit kleur gevat het....met jou kleur sal krappe nooit wys nie ...ek moet dan net nie die bakkie in die tuin was nie sal hom nie opspoor nie...

Re: Kamoeflering
Posted: Mon Feb 04, 2013 7:59 am
by Geno
Oom Gert,
Volgende om te doen is hoeka rims, nudgebar en rollbar instuur om matt swart te maak.
Hier is 'n beter foto van die trokkie:

Re: Kamoeflering
Posted: Thu Apr 10, 2014 10:44 am
by Ian
Wat dink julle van die kamoeflering?
Re: Kamoeflering
Posted: Thu Apr 10, 2014 11:16 am
by Reggie Gerber
Ek hou baie van hom Ian
Baie maklik om te gebruik
Re: Kamoeflering
Posted: Fri Jun 05, 2015 7:48 am
by Geno
Nuwe lorries, nuwe planne...
Ons het bitter lekker met die camo bakkies gejag, maar toe begin dit voel of daar te veel bakkies met daardie camo patroon begin rondry. Daarom het ek en Gé ons nuwe bakkies weer anders gemaak.
Hy het sy Hilux gewrap met vinyl, en ek het my Cruiser met Plasti-Dip laat spuit.
So lyk hulle nou:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Green%20Hilux.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Green%20Cruiser.jpg
Re: Kamoeflering
Posted: Fri Jun 05, 2015 8:27 am
by NicoSmit
Het die Isuzu Sondag oggend in Nylstroom gesien ry Wie het hom gekoop?
Re: Kamoeflering
Posted: Fri Jun 05, 2015 8:29 am
by Geno
Die Isuzu staan nog by Automark in Brits. Hulle het die wrapping afgehaal.
Jy het moontlik Gé se ou Ford gesien. Christiaan De Beer het hom gekoop.
Re: Kamoeflering
Posted: Fri Jun 05, 2015 8:33 am
by NicoSmit
Kan wees dat dit die Ford was het probeer kyk wie ry die bakkie en wat staan op die deure gelyktydig
Re: Kamoeflering
Posted: Fri Jun 05, 2015 7:19 pm
by Capt. Yoda
Geno daai lorrie lyk nou somer baie mooi met die tralies op