50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in April

Adverteer jagte hier gratis/ Advertise hunts here for free
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr

Post by Jean Marais »

Naandse manne

Wat 'n onvergeetlike jagervaring was die nie gewees nie. Nou ja, dis nou nie aldag dat 'n hoofsaaklik bosveldjagter (dis nou ekke) die geleentheid kry om die vlaktes aan te durf nie. En vlaktes was dit voorwaar, want ons jagkamp was maar net 'n skamele 1000ha klein. Daar op ons hoogtetjie waar ek en Johan gesit het, kon mens so ver sien dat dit gevoel het jy sien sommer al die volgende dag en nag se lig- en swartstrepe aankom.

Die reelings was klopdisselboom, en elke jagter het presies geweet waar die ander in die veld uitgeplaas is, so dit was veiligheid van hoogstaande gehalte. Ons spot was 'n kookpot, en het ons gereeld skote gekry op bokke wat in puik kondisie was, en het ekself 4 baie mooi ramme platgetrek. Afstande het gewissel van naby tot so 'n knerts verder as wat die Vereniging gemaklik mee is, maar, as die skoot geloop het, het die bok geval. Saam het ek en Johan 10 bokke platgetrek.

Jaco, staande aplous vir 'n puik jagervaring. Jy sal my beslis weer sien, en terloops, ek is darem al deel van die Jaracal familie.

As ek nou net die foto ding kan uitsort, plaas ek 'n paar hier.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr

Post by Jakkalsgat »

Jean


Plrsier ek het dit dat jy deel is van die familie, sit maar 'n fototjie op asb

Lekker aand
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr

Post by Jean Marais »

Nouja, hier's darem so 'n paar fotos van ons jag:

Kyk net hoe lyk daai vlaktes vanuit ons spot:

http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/DSCF0089_zpsfd76ce1c.jpg

En toe val die eertse ene:

http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/DSCF0085_zps37b4f8d2.jpg

Dis tye van niksdoen:

http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/DSCF0088_zps2163acdf.jpg

Meeste van die ramme was in die klas, party self groter.

http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/DSCF0087_zpsfae2d400.jpg

Ek sal volgende keer meer fotos neem.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Post Reply