Page 3 of 3
Re: leeu skiet
Posted: Thu Jan 31, 2013 7:33 pm
by Martin Marais
Spanner se teorie maak vir my sin. Julle soek daai leeu,maar hy is nerens te vinde nie. Dit is natuurlik 'n pappa leeu en hy het nou eers gou vir mamma leeu rivier toe geneem om vir haar iets te gaan wys
Hoop julle manne kan darem die plaasboer uithelp met hierdie ene.
Sterkte.
Re: leeu skiet
Posted: Thu Jan 31, 2013 9:08 pm
by JK
Aan die ander kant leeus jag nie gewoonlik alleen nie, alhoewel hulle groot diere aandurf. So n enkele leeu gaan bietjie sukkel om n groot bees plat te trek.
Ek was nog bietjie jonk toe ons baie leeu probleme gehad het, so onthou nie veel nie, maar n paar goeie honde is onmisbaar. Ons het maar die spore gevat en die leeus gesoek. N paar skoon onderbroeke is ook nodig, want as hy gekwes is storm hy met n groot geraas, en n paar honde maak hom ook niks nie. Dan moet jy staan en raak skiet. Maar ander sins gaan sit hy en hou net die honde weg van hom af, en dan het jy kans om te skiet.
Re: leeu skiet
Posted: Thu Jan 31, 2013 9:36 pm
by mariusr
JK
Nou weet ek hoekom daar altyd twee of meer ouens moet wees op so jagtog?jy sal hulp nodig he om skoon onderbroek aan te trek deur dat jy te veel gaan bewe!!
Groete
Re: leeu skiet
Posted: Fri Feb 01, 2013 7:20 am
by marno
stan man wrote:
so entjie suid van kroonstad. daar is n paar manne wat leeus teel,maar almal pleit bewusteloos.
Die leeus raak nou baie. Ons het een gekry op my skoonpa se plaas ook daar in die virginia area.
Re: leeu skiet
Posted: Fri Feb 01, 2013 9:13 am
by visstok
Hul se mos die Vrystaat is leeu wereld!
Lyk my ons gaan met groot roers hier begin jakkals roep, net vir ingeval!
Groete Alex
Re: leeu skiet
Posted: Fri Feb 01, 2013 4:36 pm
by ou Bles - Gert
Dit raak nou intressant as dit so aan hou sal ons een van die dae nie ver van die huis af moet gaan om n leeu te kan skiet nie
Re: leeu skiet
Posted: Mon Feb 04, 2013 9:12 am
by stan man
more manne.
dit wil my voorkom of daai leeu verdwyn het. ek weet nie of een van die leeu boere iets daarmee te doen het nie ,maar ons kry niks. daar is nie spore nie. daar is nie beweging nie. daar gaan net mooi niks aan nie. die jakkalse het feesgefier op daai karkas, sy is nou al wit bene. ek sal julle op hoogte hou.
ek dink daar het iets anders gebeur wat daai leeu van kant kon maak, maar ek kan dit nie hier bespreek nie.ek sal dit op n ander dag bespreek.
Re: leeu skiet
Posted: Mon Feb 04, 2013 10:38 pm
by mariusr
Klink vir my soos 'n WEERWOLF dat wat op volmaan uitkom!!
Re: leeu skiet
Posted: Thu Feb 07, 2013 2:35 pm
by .20 Air Ranger
CWL!!!!!!! WEERWOLWE skiet,gan ons dit vervang met die jakkals?