Dieet

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Dieet

Post by SV MAD (Henk) »

Eugene.

Wat is jou huidige dieet, lengte, gewig en as jy weet, bodyfat %.

Dan werk ons van daar af.
ek soek nog wapens...
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Dieet

Post by Eugene »

Henk. ek is 1,83m en tans 99kg. Ek weet ni van bodyfat nie, maar ek het 'n lekker Desemberpens...

Ek eet tans 'n piesang elke oggend 5 uur voor ek gaan oefen en daarna (omtrent 7 uur) 2 wheatbix met skimmelk en 1/2 tl suiker. Dan eet ek so tussen 9 en 10 weer 'n bruimbrood toebroodjie met peanutbotter of marmite en 'n vrug of yougurt. Vir middagete eet en proteine en groete en bietjie stysel, tussen 3 en 4 'n vrug en dan tussen 6 en 7 pm eet ek proteine en groente of slaai sonder enige stysel. Ek eet nie enige soetgoed of chips deur die week nie, maar naweke eet ek effens meer.

My porsies is omtrent hospitaal porsies en ek eet aansienlik meer slaai en groente as vleis!

Help asseblief!
Aim small, miss small
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Dieet

Post by SV MAD (Henk) »

Eerstens, jy neem heeltemal te veel koohildrate in. Sny alle vrugte, suiker, suiwel (kaas, melk, joghurt ens uit)

Jou dieet is nie baie gestruktureerd nie, sal kyk of ek iets kan bymekaarslaan in die volgende paar dae en vir jou stuur.

Hoe en watse oefeninge doen jy in die gym?
ek soek nog wapens...
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Dieet

Post by Eugene »

Henk, kyk hier:
Terywl julle slim manne nou mekaar se programme bespreek, help my ook bietjie asseblief! Ek wil niks bou of sny nie! Ek wil my bierpens afbreek! Ek weet dit beteken dieet en reg eet en ek het daai gedeelte onder die knie, maar ek moet intussen oefen ook om die bestaande vet weg te kry!

Ek doen nou elke oggend soos volg: Eers ry ek 5 min fiets om warm te word, dan roei ek 5 min en dan doen ek die circuit met lae gewig en 3 stelle van 15 repetisies elk. Tussen oefeninge "draf" ek vir 60 sek op daai klein trampolientjies!

Dit vat my so 40 na 45 min om alles hierbo te doen en ek oefen basies alles van bors tot kuite elke dag!

Is ek op die regte pad? Want 2 dae bou en 2 dae kardio maak my spiere effens groter maar my pens sit maar...
Aim small, miss small
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Dieet

Post by SV MAD (Henk) »

Okay Eugene.

Ek gaan eerlik wees.

Jou dieet is baie sleg (as jy jou maag wil weghe) en jou oefen program is gans en al te min. Maag is die laaste ding wat mens verloor.

Jy moet bou (hoe meer jy bou, hoe vinigger jou metabolisme). Ek praat nie van anaboliese steroide bou body builder tipe bou nie, net om in verhouding te kom. Onthou, Abs are made in the kitchen, not in the gym. Dit gaan oor wat jy eet. Ek kan nie onthou wanneer ek laas 'n vrug geeet het nie. Vrugte is goed, moet asb nie verkeerd verstaan nie, maar daar is klomp suikers in vrugte wat nie goed is vir jou liggaam nie.

Gee my 'n dag of wat, dan kom ek terug na jou toe.
ek soek nog wapens...
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Dieet

Post by Eugene »

SV MAD (Henk) wrote:Okay Eugene.

Ek gaan eerlik wees.

Jou dieet is baie sleg (as jy jou maag wil weghe) en jou oefen program is gans en al te min. Maag is die laaste ding wat mens verloor.

Jy moet bou (hoe meer jy bou, hoe vinigger jou metabolisme). Ek praat nie van anaboliese steroide bou body builder tipe bou nie, net om in verhouding te kom. Onthou, Abs are made in the kitchen, not in the gym. Dit gaan oor wat jy eet. Ek kan nie onthou wanneer ek laas 'n vrug geeet het nie. Vrugte is goed, moet asb nie verkeerd verstaan nie, maar daar is klomp suikers in vrugte wat nie goed is vir jou liggaam nie.

Gee my 'n dag of wat, dan kom ek terug na jou toe.
Geen probleem nie Henk, as ek geweet het wat ek doen, sou ek nie raad gevra het nie!

Dankie, ek wag om van jou te hoor!
Aim small, miss small
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Dieet

Post by savage(P Coetzer) »

Het vanoggend weer geweeg en staan op 94kg. Het 21kg afgeskud. Solank ek onder 95kg bly is ek tevrede. Weet amper nie meer ek het asma nie!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Dieet

Post by Gerhard »

BAIE NETJIES!!!

Hou hom nou daar...
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Dieet

Post by SV MAD (Henk) »

Baie netjies.
Ek is afgelope 2 weke al siek, kon nie in gym kom nie. Om dieet skoon te hou was maar moeilik. Maar van volgende week klap ek die gym en kos weer hard!
ek soek nog wapens...
Arnold van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am

Re: Dieet

Post by Arnold van Wyk »

Hier is my storie, 20Oktober 2012 besluit to hier toe en nie verder nie, ook manne belowe ek gaan nie weer jag tot ek kan saan loop nie.

Google en werk my eie dieet uit, 7 maande later 92.5kg het begin op 128kg minus 35.5kg gemiddeld -5.07 per maand, 26cm om my maag.

Beste van als ek eet lekkerder as ooit te vore, een groot nadeel van 42 broek na 36, weet julle wat kos klere deesdae.

Het baie meer energie plus kon saam die manne loop hele jag trip, plus nog meer.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Dieet

Post by Gerhard »

Arnold van Wyk wrote:Hier is my storie, 20Oktober 2012 besluit to hier toe en nie verder nie, ook manne belowe ek gaan nie weer jag tot ek kan saan loop nie.

Google en werk my eie dieet uit, 7 maande later 92.5kg het begin op 128kg minus 35.5kg gemiddeld -5.07 per maand, 26cm om my maag.

Beste van als ek eet lekkerder as ooit te vore, een groot nadeel van 42 broek na 36, weet julle wat kos klere deesdae.

Het baie meer energie plus kon saam die manne loop hele jag trip, plus nog meer.

Awesome!!!!

Ek self moet al weer begin kyk vir kleiner size broeke.

Hou so aan!!!

Consistency is the secret ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Dieet

Post by JPS »

So ja,

Ek is nou 17kg ligter van begin January tot en met laas week Sondag.

Die jag seisoen se lekker braai vir die jagnaweke het my so bietjie gepooitjie. Wou baie graag al 25kg verloor het maar sal aanhou. Is darrem al 2 derdes daar.

Mooiloop
JP
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Dieet

Post by Gerhard »

JPS wrote:So ja,

Ek is nou 17kg ligter van begin January tot en met laas week Sondag.

Die jag seisoen se lekker braai vir die jagnaweke het my so bietjie gepooitjie. Wou baie graag al 25kg verloor het maar sal aanhou. Is darrem al 2 derdes daar.

Mooiloop
JP

Mooi man!!!

Hou net aan met vasbyt jy is amper daar!!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1093
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

Re: Dieet

Post by Dries Skiet »

Ok manne, nuwe jaar nuwe voornemings.

Ek het die 06/01/2014 120.6Kg geweeg, alle pasta, brood, lekkers, stysels en wegneem etes uit gesny, doen niks oefening nie, ek nurse n ligement wat geskeur was. Eet baie hoender sonder vel en ook groen groente en BAIE water, 8-10 glase n dag.

Vandag 17/01/2014 116.6Kg

Hoe vorder julle?
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Dieet

Post by FCLoretz »

Dries ek weeg 94kg eb is 181cm lank. moet eers 'n nuwe skaal kry voor ek jou kan se hoe vorder ek om te verloor tot op so 83kg.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1093
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

Re: Dieet

Post by Dries Skiet »

Hoe maar wil jy wees? Ek is 178cm en wil so 95 weeg, glo my onder 95 begin ek lyk of ek siek is.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Dieet

Post by FCLoretz »

Ek wil net redelik oraait lyk, ek dink as ek ophou bier drink sal dit heelwat beter gaan.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Frikadel
Full Member
Full Member
Posts: 123
Joined: Mon Mar 31, 2014 11:15 am

Re: Dieet

Post by Frikadel »

Manne, hierdie is my derde week wat ek "reg" eet, alle carbs uitgesny, suiker is uitgesny en my toelaatbare KJ vir n dag is 3640.

Ek het al 4 kilos geval en 5 cm om die middel.

Alle bier en daai lekker goed is uit, al wat ek nou nuttig om n bok se biltong te vier is whisky en water, in moderasie natuurlik.

Net vasbyt, vasbyt, vasbyt.....
Net een gunne, 30.Sukses! Howa Harvest Moon!
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Dieet

Post by sako 30-06 »

Het enige iemand al die Tim noakes diet probeer?
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Dieet

Post by sako 30-06 »

Ludwig wrote:
sako 30-06 wrote:Het enige iemand al die Tim noakes diet probeer?
Ek was vir so 4 maande op die Ketogenic Dieet. Kyk, dis nie maklik om absoluut alle koolhidrate uit te sny nie. Mens kom nie agter hoeveel koolhidrate in 90% van al ons gewone kos vandag is, voor jy nie op 'n Keto Diet gaan waar jy bykans niks hiervan mag inneem nie. Ek het gewerk op 'n 50gram totale koolhidraat innname per dag. Dis gelykstaande aan die totale koolhidrate in 4 snye brood oftewel 2 appels. Die moeilikste was, al die goed wat mens nie sou dink te veel koolhidrate bevat nie soos baie groente soorte. Natuurlik is enige vrugte of enigiets wat net effens soet proe uit. Selfs baie kunsmatige versoeters bevat die veel koolhidrate. Melk was uit en natuurlik enige graan. In die begin is die moeilikste om al die koolhidrate uit te sny, maar die keersy was net so moeilik. 75% van jou dieet moet uit vet bestaan. Klink miskien soos 'n droom vir baie manne, maar glo my, dis moeilik om soveel vet in te neem en terselfde tyd jou koolhidraat inname op of onder 5% van jou daaglikse dieet te hou. Mens begin gou vriende maak met al die verskillende olies, want mens kan net nie genoeg vet inneem uit 'n normale dieet, sonder om alles te bedruip met Avo of olyf olie nie. Eiers en bacon word 'n stapel voedsel en die enigste ding wat mens omtrent toegelaat word om te drink is water, of swart bitter koffie. Geen vrugtesap, geen bier, geen wyn, geen alkohol, geen soda drankies nie In die oorgangs fase waar jou liggaam moet leer om sonder koolhidrate klaar te kom en sy energie eerder uit Ketone te kry, wat van die vet metabolisme afkomstig is, kry mens 'n kondisie wat hulle noem "Keto Flu". Dis hel op aarde. Vir 4-5 dae dink jy jy is besig om dood te gaan, maar skielik op 'n stadium begin dinge beter gaan en voel mens goed. Ja, ek het in 4 maande se tyd 12kg verloor op hierdie dieet, maar ek dink nie ek sal ooit weer vrywilliglik dit aan myself doen nie. EK sal eerder 10 keer so hard oefen om ekstra kaloriee te verbrand as om weer op die Keto dieeet te gaan. Ek is te lief vir kos en kan myself nie beperk tot net sekere voedsel groepe nie.
Ludwig,dankie vir die terugvoer.
Ek volg die Tim noakes eetplan,maar sal ook nie se 100% nie.Ek het op n stadium baie probleme gehad met sooibrand en daai opgeblaaste gevoel as ek klaar geeet het.Met die manier van eet gebeur dit glad nie meer nie.

Ek moet eerlik wees om vetterige kos te eet is nie vir my n probleem nie,ek het basies net alle koolhidrate uitgesny,eet glad nie brood,pap of pasta nie.Ek was verslaaf aan slapchips so eet nogsteeds eenkeer n week slapchips en skaapstertjies ;D Ek eet glad nie suiker of soetgoed deur die week nie maar wel coke op n saterdag as ons braai.
Ek gym 4-6 keer n week en het in twee maande al 5 kg opgetel maar 5% bodyfat verloor.

As ek drank uitsny sal dit seker beter gegaan het maar ek gaan nie myself so martel om my bier en kaptein op te gee met saterdag se rugby nie.

Die lewe is te kort en op die stadium beperk ek myself maar net en dit werk vir my.
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Dieet

Post by SV MAD (Henk) »

Dankie vir die deel Ludwig.

Baie geluk met die gewig verloor.

Kan ek jou aanraai asb om volledige bloedtoets paneel te ondergaan, met nierfunksies ens. Keto dieete is ongelooflik gevaarlik, en om dit vir so lank te doen kan jy die kans staan om jou liggaam skade te maak. Die bloed sal jou vertel of jy skade gekry het of nie.
ek soek nog wapens...
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Dieet

Post by sako 30-06 »

Ludwig wrote:Sako, die probleem met die ware keto dieeet, is as jy in ketosis is, en jou liggaam metaboliseer vet na ketone, en jy neem net 'n rapsie te veel koolhidrate op een slag in, selfs so veel as jou daaglikse toelaag op een slag, verval jou liggaam weer uit ketosis en begin hy onmiddelik omswaai om weer koolhidrate na glycogen om te skakel en moet jy weer deur die hele oorgangsfase gaan van 'n paar dae om in ketosis te kan kom. So uit wat jy my vertel, kan ek aflei dat jy basies net 'n laer kaloriee dieet volg en nie 'n ware ketogeniese dieet nie, maar as dit vir jou werk, dan is dit goed. Passop net om te dink jy volg 'n keto dieet, en dan baie hoë inname vette in te neem, maar jou liggaam is nie in Ketosis nie. Dan word meeste van al daardie vet net gestoor en nie verbrand vir energie nie. Dis baie ongesond en dis een van die groot gevare van die Keto dieet.

Henk, dankie vir jou bekommernis. Ek is perd fris en gesond. ;)
Jy is doodreg Ludwig,ek eet baie minder en eet nie meer elke aand n stysel nie.
Glo my ek weet ek is nie op die ware jakob nie.Ek sny maar net koolhidrate uit en eet nou my hoender met sy velletjie en my skaaptjoppie met die vet :laugh:

Waar ek altyd weetbix geeet het vir ontbyt en n uur later honger was maar tog opgeblaas gevoel het eet ek nou eiers met n stukkue bacon en n groente soos bv spinasie.Voel glad nie opgeblaas nie en eet eers vir middagete.

Nou die dag my cholesterol laat toets en dis op 4 so die ekstra vet verhoog nog nie my cholesterol soos die dieetkundiges se nie.

Soos hulle se eet wat vir jou werk en wat vir jou gemaklik laat voel.
As n dieeet te erg is gaan jy nooit by hom hou nie en na 3 maande gaan jy weer begin eet soos voorheen en dalk weer die gewig optel.Ek kon nog nooit net slaai en hoenderborsie eet nie so die eetplan as ek dit so kan noem werk vir my.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Dieet

Post by sako 30-06 »

Ludwig wrote:Sako, dit klink vir my asof jy dalk 'n glutenintoleransie kan hê as jy praat van 'n opgeblaaste gevoel na jy pap geeet het. Veral Wheatbix is baie hoog in gluten. Is jy al ooit daarvoor getoets?
Ludwig ek vermoed dat al baie lank maar het nog nooit vir dit getoets nie.
Dis dalk tyd? ;D
Post Reply