Page 3 of 11

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 04, 2012 5:22 pm
by grumpy
Ek sal saam met die een gaan wat die prys wen. Ek is mos baie stil, hoor nie eers die skoot klap nie maar sien die stof en die bok wat val!! ;D

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Tue Dec 04, 2012 5:31 pm
by Jakkalsgat
Al wat ek op hierdie oomblik se is dat die verkope en voorlopers as volg lyk:

1ste plek - 23 kaartjies
2 de plek - 20 kaartjies
3 de plek - 10 kaartjies (2 Lede)
4 de plek -  8 Kaartjies (2 Lede)
5 de plek -  5 Kaartjies

Julle staan in totaal so op 121 kaartjies
19 lede het reeds deelgeneem.
14 deelnemers wat reeds in aanmerking kom vir groot prys.


R 6 050 in totaal

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 7:40 am
by Beretta
Manne
Koop die kaartjies julle sal nie spyt wees nie lekker jag vir n man.
Beretta

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 7:50 am
by Frederik
Ek kon net nie wegbly om ook in aanmerking te kom vir die GROOOOOOOT prys nie.  ;D
Jaco, POP na jou email gestuur.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 8:20 am
by Carl
madako wrote: Aan Oom Beretta se dogter.............

Nou re?l asb ook so 'n plekkie vir ons manne hier naby die Kaap  ;D ;D ;D

Ek grap sommer!! Baie goeie inisiatief en aan al die manne (en dogters) wat dit re?l....KUDUS!!!

Groete

Dawie
Dawie jy kan by my oorbly oppad na die plaas, ek sal jou wys hoe om te ry van hier af!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 8:26 am
by Danie01
Jaco, baie goeie werk van jou!

Ek stuur nou vir jou n PM.

Groete
Danie

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 8:31 am
by Silent Hunting
Jaco,

Baie dankie vir die gebaar. My Chrony sal maar moet wag tot Januarie.

Groete,

Henk

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 8:49 am
by Beretta se dogter
More More

Gaan kyk n bietjie na die link wat Jaco opgesit het van die plaas!
Kom manne koop, koop, koop!!!!

Boog en geweer welkom

Groete

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 8:56 am
by At308
Hi Manne,

Het sopas 'n verdere R350 oorbetaal namens Jean Marais hier op die forum, hy het goedhartig van sy herlaai doppe afgestaan om my te help en om darem ook 'n bydrae tot die fonds te maak.

Jaco, soos gevra in die epos, stuur asb Jean se kaartjies direk vir hom per PM.

Dankie!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 10:25 am
by Jakkalsgat
More Almal

Henk, Silent Hunter het vir ons nog 'n prys geskenk naamlik 'n Gewone Silence ter waarde van R 1000 en kom by die pryse by as 'n prys op sy eie.

Dankie Henk

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 10:33 am
by Lourens Potgieter
Kan net hoed afhaal vir al die manne wat pryse skenk.....my kaartjies sal 14 Desember gekoop word.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 10:34 am
by Jakkalsgat
Pryse is dan nou as volg:

Groot Prys:

2 x Blouwildebeeste 
2 x Rooibokke
2 x nagte verblyf vir 2 jagters (selfcatering) in hierdie 5 ster Lodge

Slegs vroulike diere mag gejag word.

Hierdie prys kan opgeeis word by Marius Barnard self en sal die kontak besonderhede bekend gemaak word aan die einde van die kompetisie. Hierdie pakket sal die wenners gedurende die 2013 jagseisoen kan jag en moet die wenner self reel vir datums wat beskikbaar is. Hierdie jagplaas hanteer slegs buitelandse jagters en kan die wenner homself gelukkig ag.

Volgende pryse bly dieselfde:

1ste prys - 500mm x 700mm Ottoman (Imvusa Trading)
2de prys - Silencer (Silent Hunting)
3de prys - Jaracal Hemp en Xbag (Greyghost)

Die persoon wat die meeste kaartjies koop kry Jaracal hoed + X Bag.

Die trekking sal as volg geskied:

Alle kaartjies word saam gegooi en trekking vir die kleiner pryse word gedoen van 3de af op, daarna word almal wat 4 en meer kaartjies gekoop het 'n kaartjie per 4 toegeken en word die wenner van die Grootprys hieruit getrek.

Formes Bfn
FNB Lopende rekening:  62311112982
Takkode : 250655

Verwysing is jou Jaracal naam

Faks bewys van betalings deur na 0866965803 of E-Pos jacostander@telkomsa.net

Sodra jy bewys van betaling deur gestuur het en my PM gestuur het sal ek jou PM stuur met jou nommer, hou asb die nommer vir jouself en sal dit net ek en jy wees wat die nommer sal he. Nommers word toegeken deur 'n klomp nommers in 'n sak te gooi en dan kies ek 'n nommer daar uit wat ek dan aan jou toeken. Sou Beretta instem gaan ek hom vra om die trekking dan by hom te doen deur weereens net die nommers wat gebruik is aan hom deur te stuur, dit in 'n hoed te gooi en trekking van 3de prys af tot wenner te trek en aan te kondig. Kompetisie sluit op Maandag 17 Desember, 17h00 en trekking geskied vanaf 19h00 as dit julle pas.

Gaan groot

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 10:43 am
by Jakkalsgat
Situasie lyk op die oomblik as volg:

1ste plek - 24 kaartjies
2 de plek - 23 kaartjies
3 de plek - 20 kaartjies
4 de plek - 14 Kaartjies
5 de plek - 10 Kaartjies (10 Lede)

Julle staan in totaal so op 177 kaartjies
24 lede het reeds deelgeneem.
20 deelnemers wat reeds in aanmerking kom vir groot prys.


R 8 850 in totaal

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 10:51 am
by DWB
Dis awesome manne!

Kyk net wat gebeur as ons saamstaan!

Ek is seker ons kan dit verdubbel!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 10:56 am
by Lourens Potgieter
Jakkalsgat wrote:
Situasie lyk op die oomblik as volg:

1ste plek - 24 kaartjies
2 de plek - 23 kaartjies
3 de plek - 20 kaartjies
4 de plek - 14 Kaartjies
5 de plek - 10 Kaartjies (10 Lede)
Julle manne het groot harte, baie mooi!!!! ;D ;D

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 3:39 pm
by Jakkalsgat
Op aanvraag van die deelnemers het ek vanoggend met die kinderhuis geskakel en gevra dat daar indien moontlik eerste na die du Plessis kinders se behoeftes omgesien moet word en daarna kan hulle met die res maak net wat hulle wil vir die ander kinders en het hulle bevestig dat dit so kan gebeur. Dit is dan ook die rede waarom hulle name op die lys apart is.

Ek het reeds bewys van betalings gekry soos hieronder aangedui en behoort die meete more in my bankrekening te reflekteer. Ek glo nie enige van julle sal beswaar he as ek dan solank vir die mense R 10k oorbetaal nie. Indien daar besware is laat weet my asb.

Situasie lyk op die oomblik as volg:

1ste plek - 50 kaartjies
2 de plek - 24 kaartjies
3 de plek - 23 kaartjies
4 de plek - 20 Kaartjies
5 de plek - 14 Kaartjies (10 Lede)

Julle staan in totaal so op 227 kaartjies
25 lede het reeds deelgeneem.
21 deelnemers wat reeds in aanmerking kom vir groot prys.


R 11 350 in totaal

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 3:51 pm
by Eugene
Ouens, ek sien ons het 2521 lede op die forum. Kom ons aanvaar dat net 40% nog hier en aktief is, dan gee dit ons 1008 lede! As elke ou net een kaartjie van R50 koop, dan kan ons vir die mense 'n bedrag van R 50 400 oorbetaal!

Dankie vir die ouens wat reeds kaartjies gekoop het, dis lekker om deel te wees van so iets en dankie Jaco vir jou hulp en werk hierin.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 3:56 pm
by Jakkalsgat
Net een groot plesier :laugh:

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 3:58 pm
by PJS
Jaco

Geld is oorbetaal. Laat maar weet as dit nie more wys nie.
Mooiloop
PJ

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 3:58 pm
by Beretta
Dankie aan die manne wat reeds gekoop het go Jaco
Beretta

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 8:17 pm
by Jakkalsgat
Jis maar julle manne is stil vanaand?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Wed Dec 05, 2012 8:57 pm
by Marc
Ek sluip hier rond, was vier dae laas ordentlik hier, daar is te veel om op te vang. Ek weet nie waar om te comment en waar om net te gly nie  ;D ;D ;D ;D

Die veldtog van jou het soos bom ontplof, goeie dade word altyd die beste beloon  :angel:

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Thu Dec 06, 2012 10:42 am
by Jakkalsgat
More Almal

Ek het solank vanoggend R 10000 oorbetaal sodat hulle solank die du Plessis kinders se goedjies kan koop.

Groete
Jaco

[url=https://dl.dropbox.com/u/39344711/Forum ... tification_
BP67S27B272_FNBRSA02.pdf]DOWNLOAD[/url]

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Thu Dec 06, 2012 11:33 am
by Jakkalsgat
Op hierdie laat stadium in die kompetisie wil ek net asb 'n paar reels duidelik maak.

1. Aangesien hierdie kompetisie 'n Jaracal inisiatief is, is dit net oop vir Jaracal lede, jy gaan nie kan deelneem as jy nie 'n lid is met lid naam nie.
2. Slegs lede wat al lid was met die afskop van hierdie kompetisie sal in aanmerking kom om hierdie pryse te kan wen om te verhoed dat ons net lede kry wat inteken om te kan deelneem.
3. Slegs lede wat 4 (R200 plus) en meer kaartjies gekoop en betaal het tot en met die afsluiting sal in aanmerking kom vir die grootprys.
4. Slegs kaartjies wat betaal is of bewys van betaling gelewer het op afsny tyd sal in aanmerking kom vir trekking.
5. Versending van pryse sal vir die wenner se eie rekening wees.
6. Die beoordeelaar en organiseerder mag nie deelneem nie.
7. Borge kan wel deelneem maar sou hy sy eie prys wen word die trekking vir daardie prys oor gedoen en gaan dit na die volgende gelukkige kaartjie se eienaar.
8. Die beoordeelaar se besluit is finaal.
9. Geen pryse kan vir kontant geruil word nie.

Byvoorbaat dank

Jaco Stander

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie

Posted: Thu Dec 06, 2012 11:33 am
by FHM
Jakkalsgat wrote: More Almal

Ek het solank vanoggend R 10000 oorbetaal sodat hulle solank die du Plessis kinders se goedjies kan koop.

Groete
Jaco

[url=https://dl.dropbox.com/u/39344711/Forum ... tification_
BP67S27B272_FNBRSA02.pdf]DOWNLOAD[/url]
Great dankie Jaco.
Gedink jy moet miskien maar voorlopig daaraan dink en laat ons vorentoe hoor by die lede, of ons nie maar elke 6 maande (2 x p/jaar)) so skenkings fonds- kompetiese kan hou nie. Daai kinders het nie net Des maande n behoefte nie, en elke duisend rand wat Jaracal insamel en skenk help n paar kinders deur diep waters. Net n idee wat draai in my kop.