Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Enige iets waarna jy soek/Anything you want
Danie Lombard .243

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by Danie Lombard .243 »

Oom Pieter Willem Vorster

Dit was nou vir jou 'n vreeslike gedoente. Jy het voorwaar iets gemis. En dit net oor 'n woord. Al noem jy 'n dinges 'n watzit, net solank mens weet waarvan jy praat is die saak mos reg.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by PWV »

Niks met koeel of punt te doen nie, maar met spelling. Is dit nie moontlik om 'n fasiliteit hier op te sit sodat ons "symbols" kan gebruik nie. Ek kan nou nog nie die deelteken op die "e" van koeels sit nie en so ook ander tekens. Daar is al gese om Alt. en 'n paar syfers te gebruik. My rekenaar reageer nie daarop nie. Dit is simpel om te skryf en jy kan die die goed korrek spel nie.
Help, asseblief.
Groetnis
Pieter W.V.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by PWV »

Baie dankie Ludwig. Ek gaan probeer. Wat ek al gedoen het is om dit wat ek wil se, in Word te doen en dan te copy en te paste op my post. Maar dit is baie omslagtig.

Voorspoed
Pieter W.V.

Koeëls, sê, : Het dit met character map, copy en paste reggekry!!!!!, maar dit is flippen omslagtig.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by Marc »

Afrikaans is nie jou maat nie Oom Pieter :) :)

Dankie Ludwig, wou ook al iets se, maar my eie spelling gaan my laat pakslae kry as ek my kop uitsteek haahahhaaaa
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by Johan Nel »

Ludwig wrote:Oom Pieter, ongelukkig werk ons op die VSA Sleutelbord standaard, en word daar nie vir ons taal se spesiale leestekens 'n eenvoudige oplossing gebied nie. As mens nou nog met 'n skootrekenaar werk, moet jy van die "function" key gewoonlik gebruikmaak om die "NumLock" aan en af te sit voordat jou ALT kodes sal werk.

Daar is vir Windows gebruikers 'n taamlike maklike alternatief. Dit word geneom die "Character Map".

Jy kan hom oopmaak deur in Windows se Start Menu in die "Search Program and Files" blok die volgende in te tik en Enter te druk:

Character Map

Dit behoort 'n skerm oop te maak met alle ascii karakters. Dit dui hulle ALT kodes aan, en mens kan ook deur te dubbel kliek op 'n karakter, hom na die geheue copy, en weer paste op jou onderwerp in Jaracal. Hy is eintlik heel maklik om te gebruik as mens eers bietjie met hom gespeel het.

Die weglating van deeltekens is regtig nie 'n kritiese aspek by die gebruik van die regte terme nie. Ek tik omtrent altyd koeels, in stede van koeëls, omdat ek haastig is. Dit maak geen afbreek aan die korrekte term nie.
Dankie Ludwig,
Jy het my nou iets geleer. Ek hou maar van reg spel en ek het ook gesukkel met die deeltekens en kappies, en die ascii waardes het ook nie gewerk nie, nou weet ek hoekom.
Groete,
JHN
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by grumpy »

Ek wil net weet waarom mag ek dit nie n punt noem nie? AS ek praat van punte dan weet die meerderheid waarvan ek praat. Ons was tog almal in die weermag en ek is so daar geleer.

Sou iemand praat van n koeel dan week ek ook waarvan hy praat.

Elke ou het mos sy eie manier van praat en ons weet wat hy bedoel.

Ek wil nie weer hier begin met n ding nie asb. Ek noem dit nog altyd n punt my hele wat ek met wapens te doen het nou waarom kan my regte nie ook gesien word nie.

As MNR A dit n koeel noem sal ek steeds met hom kommunikeer maar ek noem dit n punt en ons bespreek die onderwerp soos beskaafde mense.

Dis net soos ek eet al my kos voor ek my vleis eet maar jy eet jou vleis saam met jou ander kos op die bord.

Ek het nooit iemand aangevat of pm gestuur en my wil en sienings op hulle probeer af forseer nie! Ek het nog almal op die forum gerespekteer en nooit my siening op iemand probeer af dwing nie.

Jammer maar ek wil ook net se hoe ek voel.

As jy praat van Datsun en ek praat van Nissan gaan ek mos nie kwaad wees vir jou nie want dit gaan mos kinderagtig wees!!
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by Boertjie »

Grumpy

Ek het destyds n foto van n pakkie(punte, koeels of wat ook al)opgesit, waar die verkoops man dit punte noem.So as die geweer winkels nie die korrekte benaming geleer is nie en handel in dit, dan kan ons dit seker ook n punt noem.
Ons koop tog van n handelaar af so noem dit wat hy dit noem en wat hy sal verstaan.

Boertjie
PS Maar kom ek en jy los die onderwerp voor ons weer geban word omdat ons dit noem wat ons wil.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by Wouter Roets »

Boertjie

Ek wil net iets hier baie duidelik maak vir almal op hierdie forum. Die persone wat destyds vir n tydperk geban was, was nie oor hulle die woord punt wil of wou gebruik nie. Die ban het gegaan oor julle optrede teenoor mekaar en tesame daarmee die gebrek aan respek teenoor hierdie forum en sy lede. Iets wat ons bitter graag in die toekoms sal wil vermy, maar ook nie sal skroom om daarteen wel op te tree indien dit voortgesit word nie.

Ons vra mooi dat lede wel Jaracal se standpunt sal respekteer in die verband. Kom manne laat ons asseblief nie weer hierdie pad stap nie. Hierdie lelike wond se rofie is skaars af so kom ons los nou hierdie sodat hy mooi kan genees.

Groetnis
Wouter
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by Boertjie »

Wouter

Ek was persoonlik aangevat oor die woord punt.Ook was daar n opmerking omdat my 1 post na 2 uur die oggend gemaak was(Dit deur n lid op die forum wat se naam in BLOU verskyn).Die pesoon wat vir die hele storie veroorsaak het en vir baie konflikte verantwoordelik was moes net betyds gestop gewees het.

Boertjie
PS Dit is hoekom ek nie wil reageer op hierdie onderwerp nie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by PWV »

Ek sit nou op die punt van my stoel, maar dit lyk my die koeel is nou deur die kerk wat hierdie onderwerp betref! :angel: :angel:
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by Carl »

JA oom Pieter, die ergste van alles is ons het 'n baie goeie bron van uitstekende tegniese kennis verloor. Maar ek dink as ek gaan Google sal ek erns kry dat 'n oorlog begin het oor 'n woordjie ;-)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by Eugene »

'n Vriend van my is ook 'n "net 'n hond het koeëls"-tipe ou. Nadat hy nou die dag vir omtrent 20 min vir my probeer verduidelik het van sy "gepunte" punte en dat hy holpunt, skerppunt en stomppunt punte gebruik en "hoe ver moet die punt van sy punt" van die lands af wees, het hy besef dis net makliker om van koeëls te praat, veral as dinge begin tegnies raak!
Aim small, miss small
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by PWV »

Kom ons gee eerder volpunte aan Pine vir sy uitstekende vertellings van sy wedervaringe en gebruik koeels om ons patrone te maak vir ons volgende jagtog. En as jy by die S&O kom vra jy, jy wil koeels koop om op die punt van jou doppie in te druk. En as hulle nie weet wat dit is nie, vertel jy hulle dit is 'n langwerpige, silindervormige projektiel met 'n effense spits punt wat uit skietwerktuie gelanseer word.
Hoe sou die spreekwoord, die koeel is deur die kerk, klink as jy gese het, die punt is deur die kerk? of Ek het 'n koeel deur sy kop gejaag teenoor ek het 'n punt deur sy kop gejaag?

En dan kan jy sommer ook 'n punt daarvan maak om die ouens te vertel dat die Stormers vanjaar meer punte as enige ander span gaan opstapel in die Super 15. En onthou om punte agter jou sinne te plaas.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by Eugene »

Pieter Willem Vorster wrote:En dan kan jy sommer ook 'n punt daarvan maak om die ouens te vertel dat die Stormers vanjaar meer punte as enige ander span gaan opstapel in die Super 15. En onthou om punte agter jou sinne te plaas.
Met daai "punt", kan ek nie fout sien nie! PUNT! ;D ;D ;D
Aim small, miss small
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by Carl »

Oom Pieter hier kom nou weer oorlog. Die manne in Blou ondersteun almal die ander manne in Blou ;-)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by PWV »

Carl wrote:Oom Pieter hier kom nou weer oorlog. Die manne in Blou ondersteun almal die ander manne in Blou ;-)

Carl, vir die punt wat jy maak, gee ek nie 'n bloue duit voor om nie. Al wat ek kan kry is 'n blou oog, maar ek sal dit nie gelate aanvaar nie! :angel:
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.

Post by Johan Nel »

Pieter Willem Vorster wrote:
Carl wrote:Oom Pieter hier kom nou weer oorlog. Die manne in Blou ondersteun almal die ander manne in Blou ;-)

Carl, vir die punt wat jy maak, gee ek nie 'n bloue duit voor om nie. Al wat ek kan kry is 'n blou oog, maar ek sal dit nie gelate aanvaar nie! :angel:
Oom Pieter en Carl.
Ja, ek dink die moderators het hulle punt gemaak. Dis nou tyd dat die koeëls die teikens tref, en basta.
(Dankie Ludwig die character map werk lekker vir al die ë; ï; ²m; ³m; °C of wat ek ookal wil insit).

Groete en lood (koeëls) in die lug.
JHN
Post Reply