Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hierdie stukkie het in 'n Lanbouweekblad raakgeloop:
Laubscher is erg gekant teen die gebruik van gif en slagysters. Hy s? gif is nie spesie-spesifiek nie en kan tot 'n kettingreaksie van vrektes lei as ander diere aan 'n vergiftigde karkas vreet. Slagysters vang ook onskuldige diere en vele van die slagysters wat in Suid-Afrika gebruik word, is baie wreed.
Ambessa
Dis nou juis dinge soos wat hier nou genoem word wat boere, wat reeds geen vertroue in die regering het hulle nog meer in opstand gaan bring. Indien dit wel so is gaan geen boer sy samewerking gee nie. Ek het met paar boere gesels die naweek, almal soek 'n werkende oplossing. Hulle algemene gevoel is daar word politieke besluite gemaak om sekeres te bevoordeel en die boer moet op die ou einde vir die gelag betaal. Sal liewers nie hier noem wat 'n paar van hulle kwyt geraak het nie.
Wil natuurbewaring regtig 'n werkende oplossing daar stel, of is dit 'n slim plan om nog groter finansieele laste op die boer te bewerkstellig ?
Het hulle die nodige fondse om daatwerklike navorsing te doen ?
Het hulle die mannekrag om so 'n studie aan te pak, ouens wat weet hoe en wat, en die erns van die saak besef ?
Dit gaan hier nie net oor die oorlewing van 'n dier wat as ek so kyk gladnie bedreig is nie, maar die oorlewing van ons land se boere en ekonomie.
Daar is maar altyd ouens wat vir hulle eie sak iets sal doen ten koste van ander. Ek sal die vo?tjie bietjie vra en julle laat weet. Ek dink ek weet wie die jagter is en sal vir hom direk vra. Net om julle te se ek weet amper 100% dis nie G.L. nie
Die ouens weet nie wat akkreditasie behels nie. Indien dit so is sal dinge soos SETA inkom en dan is dit 'n perd van 'n ander kleur. Dit is hoekom ek baklei vir vrye mark stelsel. Elkeen is geregtig om 'n kursus te gee as hy dink hy het die regte en korrekte ondervinding, daar is selfs ouens met min ondervinding wat kursusse gee.
Moenie iets wat werk kontroleer en beheer nie, dit maak dit onmiddelik vatbaar vir korrupsie.
Glo 2 of drie amptenare en een persoon wat iets van jakkalsskiet af weet
Is dit 'n jagter of iemand wat iets van jakkalsskiet af weet??? Of dink CN maar net dat die persoon iets daarvan weet. Ek is nog nie oortuig dat CN werklik mense met kennis en ondervinding wil betrek nie, want dan word jou eie onkunde tog so maklik blootgel???
Vandag 'n baie goeie gesprek gehad met 'n instansie wat 'n belangrike produk van die veeboer (dit is nou vleis...) verkoop gehad. Ek glo baie groot dinge is aan die kom. Ons moet net intussen ons neuse (?) skoonhou.
Sal die vo?ltjie gou sing? Stel baie belang om te weet...? Miskien kan/mag die vo?ltjie nie sing nie?
Ouens het my vandag geglo oor die stelling dat die tyd nou min raak om opleiding deur ervare jagters aan andere te gee. Verwys na sommige ouens (ervare jagters) wat al bietjie lank in die tand raak - langer as myne!
AM
Daar is seker n mate van waarheid in die stelling, maar ek glo ondervinding kan nie gekoop word nie, So daar is ook van daai OU MANNE wat ondervinding en geduld het ....
En moenie die boek net op sy buiteblad beoordeel nie....sorry hein so verdraaide bewoording van jou boek storie....
Lees op Bl.85 Landbouweekblad 12 Nov 2010 wat Petrus de Wet van N&S s?
Uit 'n skrywe van AWK 8 Nov 2010
"Die nasionale proses is nou op ?n punt waar daar voorspel word dat die norme en standaarde binne drie maande vir publieke deelname beskikbaar sal wees."
Ek hou glad nie my asem op nie, en natuurlik moet boere in die weskaap nog steeds permitte uitneem of verkriminaliseer word deur die jagordinansie tot die aborsie afgehandel is...as dit ooit gaan gebeur.
Dis jammer AWK wou nie die erns van die saak einde 2008 insien nie, ons was mos te emosioneel, nou sit ons boere met die gevolgskade.
Last edited by Dawie on Sat Nov 13, 2010 9:43 am, edited 1 time in total.
Met erkenning aan LBW soos op internet beskikbaar.
Probleemdiere ?kan kleinvee uitwis?
Deur JOYLENE VAN WYK
Die kleinveebedryf in die land sal in minder as tien jaar uitgewis wees as nie nou ingegryp word om die probleem van ongediertes op te los nie.
Die bedryf verloor jaarliks sowat ?n R1 miljard met meestal jakkalse en rooikatte wat baie meer skade as veediefstal aanrig. Ongediertes vreet meer vleis as dit wat Suid-Afrika invoer.
Een van die laaste dokumente wat me. Buyelwa Sonjica, Minister van Omgewingsake, afgeteken het nadat sy die trekpas gekry het, bedreig glo nie net voedselsekuriteit nie, maar kan werkskepping in die platteland tot stilstand dwing. Di? dokument heet die norme en standaarde vir die bestuur van probleemdiere in Suid-Afrika en reguleer hoe boere ongediertes mag beheer.
Mnr. Petrus de Wet, voorsitter van die nasionale probleemdierbeleidskomitee, het by die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye, gepleit dat die goedkeuring van di? dokument gestop moet word.
Op dowe ore
Selfs die Departement vir Landbou, Visserye en Bosbou het Omgewingsake ingelig dat di? voorgestelde norme en standaarde ?n groot impak op voedselsekuriteit gaan h?. Hul peidooie het egter ook op dowe ore geval.
De Wet het ges? dat verliese weens ongediertes in 2009 sowat R1,1 miljard beloop het. Vir vanjaar is dit al sowat R1,3 miljard. Dit terwyl boere net sowat elke vyf jaar R1 miljard weens droogte verloor. ?Duisende diere verloor hul lewens daagliks vir 500g vleis.?
Hy meen veediefstal is ?n grap wanneer dit met die verliese weens ongediertes vergelyk word. Ongediertes het in die afgelope 20 jaar s? toegeneem dat die situasie nou heeltemal handuit geruk het. Die Karoo Nasionale Park in Beaufort-Wes moet nou springbokke aankoop want die rooikatte en die jakkalse het hulle daar uitgewis.
Kos bedryf miljoene rand
Veediefstal vir klein- en groot diere kos die bedryf sowat R400 miljoen jaarliks. Dit is slegs sowat ?n derde van die verliese waarvoor ongediertes verantwoordelik is. Sowat 55% van die verliese aan skaap en bokke in die land is weens jakkalse en sowat 30% weens rooikatte.
Die impak oor die afgelope twee dekades was enorm. De Wet, wat ook voorsitter van die NWKV is, het ges? in 1990 was 103 miljoen kilogram wol geproduseer, maar vanjaar is slegs 48 miljoen kilogram wol weens ongediertes en veediefstal geproduseer.
Die angorabok is een van die diere wat baie onder di? roofdiere deurloop Die sybokhaar-bedryf, wat ?n groot inbringer van buitelandse kapitaal is, het van 10,1 miljoen kilogram in 1990 na 2,6 miljoen kilogram vanjaar geval.
Misnoe? oor norme
Lede van die portefeuljekomitee het hul misnoe? uitgespreek oor die voorgestelde norme en standaarde wat die Departement vir Omgewingsake wil gazette.
?Die kwessie raak voedselsekuriteit en hulle het hul eie norme en standaarde opgestel sonder dat ons daarvan weet,? het mnr. Salam Abram, ANC-LP, ges?.
Mnr. Lulu Johnson, voorsitter van die portefeuljekomitee, het aangedui dat in die belang van voedselsekuriteit die probleem spoedig opgelos moet word en dat Omgewingsake nog voor die resses sy aksies aan die komitee moet kom verduidelik.
4 November 2010
"Die nasionale proses is nou op ?n punt waar daar voorspel word dat die norme en standaarde binne drie maande vir publieke deelname beskikbaar sal wees."...
...Dis jammer AWK wou nie die erns van die saak einde 2008 insien nie...
...en nou? ...weet die linkerhand van die regterhand...?
Dis uit 'n skrywe deur Johan Bothma Hoofbestuurder AWK. Ek weet nie waar hy aan daardie periode van 3 maande kom nie. Is dit w?l so? Jy behoort te weet, indien dit nie so is gaan ek dit aanspreek.
Dawie wrote:...weet nie waar hy aan daardie periode van 3 maande kom nie. Is dit w?l so? Jy behoort te weet, indien dit nie so is gaan ek dit aanspreek.
As die Portefeuljekomitee [wat oorsig het oor die doen en late van die Departement van Landbou - DAFF - insluitende aanbevelings aan die Parlement oor DAFF se begroting] hulle voorneme gestand gaan doen, gaan die N&S in sy huidige vorm beslis gestop word. Verskeie lede van die komitee was nogal erg opgeklits omdat hulle in die duister gehou is oor hierdie saak (bedreiging van voedselsekerheid) wat op landbou betrekking het.
Daar is sprake dat 'n openbare sitting die laaste week in November gehou gaan word waar DAFF en ook DEA (omgewingsake) verskeie aspekte moet kom verduidelik.
Die oorhoofse samevoegende rol van die PMF (Predation Management Forum) mag moontlik ook nog nie op alle vlakke deur rolspelers gesnap word nie.
Ek glo steeds die koppe sal almal mettertyd (hopelik gouer dan nou) in dieselde rigting draai.
...gebrekkige of selfs geen kommunikasie speel 'n groot rol...
...die oorhoofse rol van die PMF (ipv RPO, NWKV, SASTV, Wildboere SA, ens) word steeds swak begryp...
...te veel kokke wat elk sy ding wil doen is beslis 'n groot faktor omdat elkeen sy eie resep wil deurdruk...
...ten spyte hiervan moet ons vasbyt en deurdruk...
Ambessa
jaracal wrote:...amper bly geword want dit lees amper soos koppe sal rol,... ...jy is reg die rol van PMF word besef nie.
Dawie wrote:
jaracal wrote:...sterk vermoede jy's reg oor die "...weet die linkerhand van die regterhand...?", Is daar nie ook nog "too many cooks" daarby nie?... ...Of is dit net 'n gebrek aan komunikasie?
Last edited by Ambessa on Sun Nov 14, 2010 10:47 pm, edited 1 time in total.