mees akkuraatste ysters?

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Hein M. »

Met 'n onderwerp soos hierdie is dit seker moeilik om 'n objektiewe mening uit te spreek ;D

Jaggewere gelaai met ammunisie vir jagdoeleindes is nie die akkuraatste gewere wat bestaan nie.  Francois is reg.  Dit is algemeen bekend dat die 6mm PPC die akkuraatste kaliber is.  Die opstel van die wapen en die laai van die ammunisie vir hierdie kaliber is egter bepalend.

http://www.precisionrifles.com/FAQ's.htm#why
http://findarticles.com/p/articles/mi_m0BQY/is_4_48/ai_83483904/

Hein M.
Last edited by Hein M. on Sun Mar 14, 2010 9:13 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Raven »

Dit is definitief moeilik om 1 geweer uit te sonder en s? dit is die akkuraatste kaliber ooit. Ek glo meer in wat 'n man wil doen/jag/kompetisie ensovoorts, en baie manne sal glo hul "hartgeweer" is die beste. Die geweer in jou kluis wat jy altyd eerste wil saamvat is definitief die een waarmee jy gemaklik gaan wees, en dan kom akkuraatheid.

Dis ma my 2c..  ;)
Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Hein M. »

Raven,

Heeltemal reg.  My persoonlike opinie is ook dat elke skietgeleentheid uniek is en dat dit eintlik maar die skut is wat die gaatjie daar voor op die regte plek moet maak. ;D  En ja, die 308 is sonder enige twyfel - en op enige dag - 'n beter veelsydige jagkaliber as 'n 6mm PPC.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Francois Marais »

Hein
En ja, die 308 is sonder enige twyfel - en op enige dag - 'n beter veelsydige jagkaliber as 'n 6mm PPC.
Jy is n 1000% reg...............ongelukkig nie onder die regte topic nie, hierdie topic het niks met jagkalibers te doen nie. Sien die opskrif. ;) ;)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Francois Marais »

JB

Ek het nou hierdie topic van voor af deurgelees en tot die volgende gevolgtrekking gekom.......
mees akkuraatste ysters?
het niks met n sekere kaliber te doen nie, eerder met n sekere geweer, as ek "yster" = geweer reg vertolk het.

So, in n mate was ek ook verkeerd om n kal aan akuraatheid te wou koppel, sorry.

Kyk ons egter na Tau se aanvanklike vraag:
My vraag is as jy wat jy is in jou wereld en bedryf net een geweer kon he wat sou dit wees?
.........dan is dit vir my bietjie dubbelsinnig met die post se opskrif......

....een geweer vir wat jy in jou bedryf nodig sal he (volgens die vraag)........OF
....een geweer vir akuraatheid (volgens die topic opskrif)?????

Dan is ek weer jammer om julle teleur te stel, nie in een van die twee gevalle sou myne n 308 Win gewees het nie.

In geval 1. n 375 H&h Magnum, sommer n ou CZ ZKK 602.........
en in geval 2. n 6mm BR, sommer n Oom Chris van Niekerk weergawe, Krieger loop op n Lyttleton aksie, ek het altwee en weet waartoe hulle in staat is.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by tau »

OK francois nou laat jy my wonder oor my eie vraag!!!!

Ek is in windhoek gebore en my jagtande indie Auas berge gesluip so be nice......

Kyk ek wou nie stir nie, maar eerder ervare jagters se opinie kry oor wat hulle voel is hul mees veelsydige akkuraate geweer. Ek besef die akkuraatste geweer is nie noodwendig die mees volsydig nie, en visa versa. Ek soek daardie real world geweer nie die een in boeke wat ons van lees nie. Ek soek daai musgrave met die ou weaver scope wat jy weet skiet 'n jakkals of kwesbok plat al hardloop hy draai draai!!

FM stem met als saam wat jy se behalwe .375 antwoord. My eerste gemsbok op 17 met krieghoff double geskiet in die briljante kaliber so dis soos .308 na aan my hart.

WIE sal daagliks mets so geweer werk,jag,boer??
ek besef hy kan als doen, maar hoeveel jakkalse gaan jy met R38 + patroon skiet?

FM vertel my meer van die 6mm in my onkunde verstaan ek dis naby .243
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Hein M. »

Francois Marais wrote: Hein
En ja, die 308 is sonder enige twyfel - en op enige dag - 'n beter veelsydige jagkaliber as 'n 6mm PPC.
Jy is n 1000% reg...............ongelukkig nie onder die regte topic nie, hierdie topic het niks met jagkalibers te doen nie. Sien die opskrif. ;) ;)


Mooi loop
Francois
Dit was net my oningeligte mening.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Francois Marais »

Tau

Eks oppad om n paar Gemsbokke in die koeltrok te gaan laai, tyd is bietjie beperk, maar, kyk hier

http://www.6mmbr.com/6mmbr.html

Alles wat jy wil weet en nog n bietjie, van die min kalibers (as daar nog is weet ek nie van hulle nie) maar daar is moontlik wat n 5 skoot groep van ONDER n duim op 600 Yards kon skiet.

Sien ook my post oor die 6mm BR hier.

http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=8

As jy hier gebore is, is jy mos nog steeds n Suidwester??

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Francois Marais »

Hein

Sorry as ek bietjie kras klink, dam niks bedoel nie, sien die gesiggies, en as ek moet se ook glad nie so "ONINGELIG" soos jy wil voorgee nie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Francois Marais »

Tau

Jy het my nou nuuskierig.

Watter kal was daai double, wat ek dan nou ook aanneem jou gunsteling gaan wees. 470 Nitro???

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by tau »

FM jy's reg. Die .470 nitro is my alltime droom geweer net so voor die .375 h+h krieghoff double wat ek mee gejag het.Ek dink jy weet wie die eienaar van die 2 krieghoff's is daar in julle wereld. pm my wie jy dink dit is dan sien ons.

As jy uitskiet in windhoek area het jy al daar geskiet.

Ek dink nie hy sa daarvan hou as ek sy details  op net sit nie.
Last edited by tau on Tue Mar 16, 2010 2:04 am, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Hein M. »

Francois,

No hard feelings ;D  Kan sien julle Nam-manne vat 'n ding reguit - soos wat ek daarvan hou ;D

Heerlik onderwerp, is dit nie?  So lekker om te lees en deel te neem.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Brno308 jagter »

Manne

Ek ken glad nie die 6MM br nie, het enige iemand al van die geweer gehoor op 'n PMP Pro - Amm Skiet kompetisie.???  ;D Hy klink darm vir my vreeslik akkuraat...

AL wat ek altyd daar in die top 3 sien is die 308WIN...  ;D

Sorry stem nie saam die.. hoekom gebruik die U.S Army dan die .308Win vir sniping.?

Daar is net een dodelike akkurate roer... die 308Win.!! ;D Bewyse - PMP Pro-amm, U.S.A Sniping rifle. Do I need to say more..??? 

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by JOHANNIC »

Bruno
Jy weet seker hulle gebruik ook  338 EDGE  ;)
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Gerhard »

en die 12.7mm  :o
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Brno308 jagter »

Hi Johan

Ek hoor hulle gebruik ook die 300 Win Mag.. ;D

Maar eks seker die 308Win word maar nogsteeds in die oormaat gebruik.!  ;D

Die manne sal nog kwaai emosioneel raak vir my op die onderwerp, maar ek sal stry tot die einde..  ;D

Ek haal die Sierra handbook aan.. " The 308 is an extremely accurate cartridge.." ;)

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Gerhard »

Brno308 jagter wrote: Hi Johan

Ek hoor hulle gebruik ook die 300 Win Mag.. ;D

Maar eks seker die 308Win word maar nogsteeds in die oormaat gebruik.!  ;D

Die manne sal nog kwaai emosioneel raak vir my op die onderwerp, maar ek sal stry tot die einde..  ;D

Ek haal die Sierra handbook aan.. " The 308 is an extremely accurate cartridge.." ;)

Brno

Jy kan jou 308 vat en ek my 303Brit en dan skiet ons ewe akkuraat oor die selfde afstande.

Kalibers doen almal die selfde.

Skiet 'n stukkie lood oor 'n afstand na 'n teiken.

Die verskil kom egter in met die man wat agter die geweer staan.

Dan kan die 308 net so sleg of so goed wees soos wat die skut se vermoens is.

Die bench rest manne met hulle kalibers het bewys wat gedoen kan word.

Maar vir my gaan dit oor wat die geweer, kaliber en man in die veld kan doen wanneer daar geskiet moet word.

So dit help regtig nie om "emosioneel" te raak oor verskillende kalibers nie.  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Brno308 jagter »

Gerhard..

Jou redenasie is sekerlik billik, maar ek gaan gou vir jou 'n vergelyking doen dan se jy vir my of ek reg is of verkeerd is.

Jy se alle kalibers kan akkuraat wees - My vraag wat beskryf jy as akkuraat.. om 'n A4 papier op 'n 100m raak te skiet, ja elke geweer kan dit doen, maar kan elke geweer 'n 3.4mm groepering skiet soos Ronnie Viljoen gedoen het met die PMP Pro - Amm 'n paar jaar gelede met sy 308Win.?  ;D

Om te se alle kalibers is akkuraat is soos om te se elke kar op die mark is dieselfde in terme van petrolverbruik, ja alle karre ry, maar nie alle karre se petrolverbruikvermoe is dieselfde nie.  ;)

Ek vergelyk 'n 375H&H met 'n Toyota Land Cruiser - Baie betroubaar maar petrol verbruik is hoog en en kos duur om te ry.  ;D

Ek vergelyk 'n 308Win met 'n Toyota 2.4D bakkie, baie betroubaar, goekoop om te onderhou en kan feitlik als doen met hom.  ;D

Daarom glo ek nie mens kan se elke geweer is dieselfde in terme van akkuraatheid nie.!  ;)

Maar dis my opinie.!

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Gerhard »

Gaan kyk na die groepeerings wat die geweere geskiet het voor hulle uit die wapen fabriek gestuur is.

Selfs die R4 moes 10 skote op 100 meter in kol so groot soos klein pakkie sigerette skiet anders is hulle nie release nie.

Al die wapens word vas geskroef en meganies geskiet.

Jy verwys weereens na 'n skut saam met die kaliber.

Wonder met wat se kar jy my 500 Jeff gaan vergelyk...  ;D ;D

Maar nou ja mens is geregtig op sy eie opinie...  :D ;D :D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Brno308 jagter »

Gerhard

Ja op die ou einde van die dag het elke persoon seker maar sy eie "vrou" en elke man se "vrou" is mos maar die beste.  ;D

Jou 500 Jeff... HaHa... Kom ons vergelyk hom maar met 'n Ford F250 Bakkie, Baie groot, kan feitlik enige iets doen, maar bitter swaar op 'n man se sak.. HaHa...  ;D Ook nie te veel van hulle in die omloop nie..!

Ek reken my .308Win is maar sekerlik soos 'n aambui.. Elke 2de p$$ph@l het een...  ;) HaHaHa..

Ek besit ook 'n ou sanna 303 ek glo my Gerhard hy skiet enige ding mors dood in die bos, maar eish daai 308 is darm maar koning..  ;D

Groete

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Raven »

Manne gaan kyk bietjie hierna ook http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=0
Ek glo nie hier gaan maklik 'n wenner uitstap, want elke man hou maar van sy "hartgeweer"
Ons sal 2 jaar lank praat oor die onderwerp  ::) en nog steeds nie 'n besliste antwoord het  :D

Ek wonder waar is Danie243, ek weet hy sal ook sy spanner in hierdie wielspeek wil indruk.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Gerhard »

Ja ek stem saam...


Eendag gaan ek nog daai 243 Win AI bou waaroor ek droom...  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Janjak »

Brno,
om jou vraag oor die 6mm BR op Pro-Amm kompetisies te antwoord.

Die Pro-Amm kompitisies laat slegs kalibers toe wat PMP ammo voor vervaardig, jy skiet die kompetisie met hulle ammo.
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Brno308 jagter »

Janjak

Is die 6mm br die 6mm wat afkomstig is vanaf die 303British.?

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by KSV »

BRNO,

Die 6mm met die 303 dop is die 6mm Musgrave, iets anders in amerika.

As ek reg onthou is hy ontwikkel deur norma. Ek mag verkeerd wees.

KSV
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Post Reply