Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Jis Piet, baie dankie, ek sien nou eers jy het my vraag ivm Boretech geantwoord. Wat ek wel ondervind met Boretech se Eliminator is dat dit vir my 4 skote neem voor my 25-06 weer groepeer. Het iemand n mening rondom dit?
Groete
Ribbok
Ek het dieselfde ondervind as ek die loop so skoon maak dat die lappie spierwit uitkom. As ek hom na skoonmaak met n lappie Kroil olie deurtrek werk dit beter en kry ek nie meer die probleem dat hy so paar skote vat om te foul nie
Piet Breedt wrote:
Ek het dieselfde ondervind as ek die loop so skoon maak dat die lappie spierwit uitkom. As ek hom na skoonmaak met n lappie Kroil olie deurtrek werk dit beter en kry ek nie meer die probleem dat hy so paar skote vat om te foul nie
Daai raad druis nou in teen alles wat ek tot nou toe geglo het! Ek het altyd gesorg dat my gewere se lope heeltemal droog is voordat ek skiet.
Piet - is dit nie moontlik dat jy jou loop so kan beskadig nie? Is dit 'n ouvrou storie dat die koe?l die olie in die loop kan vasvang teen die loop se binnewand en baie klein duikies kan veroorsaak?
Ek glo wat jy s?, maar ai.......verduidelik asseblief! Mens is nooit te oud om te leer nie
Gerard wrote:
S&O het M98. Ek weet nie of dit Pretoria of Kaap is nie maar een van die takke het. Nic Yale hou dit ook aan.
Vir die manne hier in jhb suid en alberton, vereeniging, ek het nog 'n man ontdek wat m98 aanhou, bel my maar as julle soek
0832782112
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Madako, ek maak wel die loop weer droog voor ek skiet. Ek wil maar eintlik net s? dat as ek Kroil olie ipv enige ander olie wat ek al gebruik het gebruik, dan sien ek nie die verskynsel dat ek eers n paar foulers moet skiet nie.
Kroil olie is verskriklik dun en gaan in elke moontlikke krakie en porus in en daarom werk hy so goed. Dit is seker maar soos kookolie in n pan. Sonder die dun lagie wat dit maak, brand die eiers aan.
Gerard wrote:
Ek het vergeet van Techfund in Witbank. Hy het ook M98 en sal met graagte dit pos.
Gerard, ek het van jou GSC gunoil ook gekoop, die man vertel my dit is "penetrating"??Selfde effek dan as Kroil olie??
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Ek ken nie Kroil nie. Die basis van die olie wat ek op wapens gebruik, is dieselfde as wat ons gebruik op die 'slides' van ons CNC draaibanke. Daar is 'n paar byvoegings in die konkoksie en dit het dus eienskappe wat gegee het dat daar zero slytasie op daardie dele van ons masjiene gebeur het. Ons woon by die kus en die oudste masjien is sedert 1992 by ons en dit het geen roes op die slides nie. Die olie het ook die eienskap dat dit kruip na dele wat nie bygekom kan word nie.
Gooi 'n klein hoeveelheid olie in 'n houer en sit skroef of bout se punt in die olie. Los dit oornag en sien hoe dit met tyd opkruip teen die skag van die bout.
Indien die geweer binne 'n dag of so weer gebruik gaan word, sit ek niks deur die loop na ek met M98 skoongemaak het nie. Dit vermy die skiet van 'n eerste skoot om die loop te stroop van wat ookal laaste daarin gesmeer is.
Indien die geweer vir 'n tyd nie gebruik word nie en nie vlekvry is nie, moet 'n roeswerende middel daarin gebruik word. 'n Goeie olie is dan noodsaaklik.
Indien die loop ge-olie is, haal ek die olie uit met 'thinners' en maak dan een keer skoon met M98.
Enige olie (gedistilleerde produk) laat 'n mikroskopiese laag in die loop al word dit hoe goed met lappies deurgetrek. Die laag moet met 'n oplosmiddel heeltemal verwyder word en thinners doen dit. Omdat thinners ook 'n baie vlugtige olie distillaat is, word dit dan met M98 uitgehaal.
Enige vloeistof laag in die loop is ongewens wanneer dit geskiet word en moet soos die pes vermy word.